Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22123 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17866 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6324 |
Bostoe | 5503 |
BrianB | 5423 |
HM | 4790 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3224 |
mulderpm | 2729 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2153 |
Chris Boucher | 2014 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1875 |
Nico | 1775 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1693 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1471 |
Mars Member | 1000 + |
DK | 1324 |
George | 1281 |
Louvan | 1260 |
RichardJ | 1192 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 863 |
JohanMarais | 821 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 665 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Douglas Green | 578 |
Willie54 | 456 |
Platinum Member | 250 + |
1Pierre2 | 444 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 422 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 387 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 370 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
captiva | 279 |
Meerkat | 271 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 199 |
BigG | 187 |
Stephan | 182 |
Maurits | 173 |





Roadque Karavaan aste
Het enige iemand op die forum ondervinding van die Roadque karavaan aste .

Ek dra kennis van hulle trailer aste maar weet nie van die Rub-axle vir karavane wat hulle het nie. Net klein Rub-axles vir trailers.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Hulle het wel rub -axle karavaan aste .Het vir my n 1.8 Ton as gebou vir my karavaan wat reeds ingesit is .

Dit is great om te weet dankie Willie. Hoop dit pas netjies in die plek van die ALKO aste siende dat Alko nie meer beskikbaar is nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ja Leon hy pas perfek, in dieselfde gate geen probleem met dit .Ek het gevra vir n 1.8.Ton.as en hulle het hom so gemaak .Die 1.8.Ton as se wieldromme is ook groter in deursnee ek het ook gevra hulle moet die as so plaas op sy end plate dat die karavaan 50 mm hoër is ,wat hulle ook gedoen het ,en die 1.8.Ton as lig outamaties ook die karavaan bietjie hoër .Die as is vierkantig, en hulle gebruik 4 rubbers, die Alko aste het 3 rubbers in ,want hulle aste is meer 3 hoekig .Die Roadque as se tubing is 6 mm dik en die end plate is ook 6 mm .Ek sien Sensation se as vorm is ook vierkantig ek praat onder korreksie, maar ek dink dit is n Duitse Maatkappy wat hulle maak met die naam.BMC .Ek het hom nou in ,so ek sal julle op hoogte hou hoe die as doen ,want dit is vir my ook n eerste van Roadque .

Ek het intussen vir my 'n BPW Tow coupler gekoop wat die anti-sway stabilizer funksie reeds in het. Het dit op die Sensation gehad en dit het fantasties gewerk.
Sal hom op die Exclusive monteer en dan die Straightliner verkoop.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Leon plaas asb n foto van die BPW tow coupler ek sal graag wil sien hoe hy lyk .En wie is die agente vir die Coupler in Suid Afrika .En waar is hulle besigheid ?

Hier is hoe hy lyk.
Soos genoem het ek dit op my Sensation gebruik. Baie gebruikers vriendlik en hy werk puik as 'n stabiliseerder.
Die een op my Sensation was net swart. Ek het nou so wit een gekry vir my Exclusive. Splinternuut van 'n persoon in Jefferys baai.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Destination karavane sit dit ook op hulle waens as jy daarvoor vra. Skakel hulle dalk kan hulle help.
Alko het 'n soortgelyke coupler gehad wat selfde gewerk het, maar net anders gelyk het.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dis hoe die een op die Sensation gelyk het.
As jy die handvatsel plat druk knyp die coupler die sleep haak stewig vas en verhoed so dat die karavaan "snake".
As jy by jou bestemming kom en jy moet die wa met voertuig rond skuif lig jy die handle op soos op die foto dan is die wa steeds gehak maar die coupler knyp nie die sleep bal vas nie.
As jy die wa afhaak lig jy die handvatsel nog 'n entjie verder en die coupler los die sleep haak heeltemal soos jy die jockey wiel uit draai.
Die handvatsel kannie plat druk soos hy op die foto is as daar nie 'n plastiek bal/knop onder in die plek van 'n sleep hak ingedruk word nie. Die plastiek knop/bal kry jy saam met die coupler as jy hom koop.
Baie stewige opset.
Hy word vandag by my afgelewer van Jefferys af.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek moet by noem dat daar is 'n rooi en groen aanduiding met 'n pyltjie wat aandui hoe ver die knyp blokke in die coupler geslyt is. Dit is dele wat werk soos die brake pads op kar se brieke.
So dra pyltjie naby aan die rooi is moet die blokke vervang word. Iets wat mens self kan doen.
Ek het my Sensation 6 jaar gehad en basies elke maand gesleep asook ver sleep gedurende vakansies. Daai knyp blokke se aanduiding het basies geen slytasie omtrent getoon oor die 6 jaar nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dankie Leon die hak lyk na n baie goeie keuse .Ek sleep ook met n Straight Liner, is ook goed ,maar ek gaan beslis kyk na so hak .Ek gaan bietjie uitvind rondom prys, jy sal weet hy behoort seker op die Classique tepas .?As jy dalk hoor van so een laatweet my asb.


Dankie Leon die hak lyk na n baie goeie keuse .Ek sleep ook met n Straight Liner, is ook goed ,maar ek gaan beslis kyk na so hak .Ek gaan bietjie uitvind rondom prys, jy sal weet hy behoort seker op die Classique tepas .?As jy dalk hoor van so een laatweet my asb.

Myne is so 10min terug by die huis afgelewer. Ek sal seker teen vanaand kyk hoe pas hy op die Exclusive karavaan terugstoot/rem stang.
Ek het by Trailer plek nuwe terugstoot/rem stange gesien wat netjies op die coupler sal pas teen R260.00 as ek reg onthou. Moet net kyk of ek die huidige stang met daai een kan vervang.
Sal jou ingedagte hou as ek weer sien.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

