Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22123 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17866 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6324 |
Bostoe | 5503 |
BrianB | 5423 |
HM | 4790 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3224 |
mulderpm | 2729 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2153 |
Chris Boucher | 2014 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1875 |
Nico | 1775 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1693 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1471 |
Mars Member | 1000 + |
DK | 1324 |
George | 1281 |
Louvan | 1260 |
RichardJ | 1192 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 863 |
JohanMarais | 821 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 665 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Douglas Green | 578 |
Willie54 | 456 |
Platinum Member | 250 + |
1Pierre2 | 444 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 422 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 387 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 370 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
captiva | 279 |
Meerkat | 271 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 199 |
BigG | 187 |
Stephan | 182 |
Maurits | 173 |





Self berging van spaar parte opbou
More almal
Na ek ons Raven aan gekoop het, was daar net een sleultel aan my oorhanding. Ek het toe by Campworld in Monumentpark my sleutel nommer in gegee en het toe 2 nuwes kon aankoop. Ek vra toe hoe maak mens sou die "barrel" dalk beskadig word, en die dame se toe dat jy dit ook kon koop toe dit vervaardig was maar jy is gelukkig as jy nog kan kry waar plekke dit dalk aanhou. Sy het in die winkel n boksie gehad met nog n paar maar niks wat vir myne was nie. Het toe maar orals soos ek in die karavaan winkels rond loop (Baie gevaarlik vir n bank rekening) gevra vir n "barrel" wat my sleutel pas. By een in Gezina het hulle wel n paar gehad en ek het toe die som totaal van 3 aangekoop ingeval ek dit sou nodig he eendag en in my gerage gestoor. Ek moet by se op die stadium is dit ons wens en plan om te karavaan met ons Raven tot ons nie meer kan nie, ek is nou 54 jaar oud, so as die Here wil het ek met genade nog n klompie jare wat voor le.
My vraag is, met die tipe karavane wat meeste mense nog het, ou Sprites, Gypsey's ens. word daar nog spaar parte vervaardig vir hulle? Ek wil maar begin om klein parte soos binne kaste se plastiek skarniere, handvatseltjies ens. dalk net so 5 van als moet bymekaar skraap soos ek in die winkels dit tee kom nie en in my gerage bere sodat ek nie, as iets onklaar raak n probleem optel nie. Soos ek verstaan word die dinge nie meer vervaardig nie en wat in die winkels is is maar stock wat hulle dra vir nou.
Is dit korrek of maak hulle darm nog die tipe parte vir ons ouens wat nie die 300k karavane en nog duurder kan bekostig nie?
Groete
Dries
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Middag Andries.
Ek glo nie jy moet jouself bang maak en "Spoke" jaag en bekommerd raak nie.
Jy gaan n "Maagseer" ontwikkel (LOL).
As jy goed na jou bates kyk en goed hanteer en jou hand op dit hou, voorspel ek nie sommer probleme nie, veral na die "Gadgets" waarna jy verwys.
Hierdie forum "CP" is sterk en beskik oor lede met wyd verspreide kennis en idees.
Daar sal altyd n antwoord wees met baie goeie idees of waar om iets te kry.
Hoe is die gesegde:- n Boer maak n Plan.
Destyds met die aankoop van my Swift het n tragedie ons ook getref.
Met ons 1ste kamp met hom terwyl ons pak kies die karavaan sleutels die "Hasepad", gelukkig ongesluit behalwe die Neuskas.
Die Neuskas slotte moes ek ongelukkig beskadig en n Skroewedraaier by die sleutelgleuf ingedruk en gedraai met n Waterpomp tang sodat ek hulle kan sluit met enige sleutel.
Met tuiskoms het ek die deurslot uitgehaal en na n Locksmith geneem en binne 10- minute met sy Gadget, sny hy n gepaste sleutel en sommer nog 3x ekstra.
Die Neuskas slotte het ek by hom gekoop teen R25 elk
(Glo my vry: Na 1x jaar kry ek die sleutels in my Viskas).
Met die aankoop van die Penta was hy ongelukkig van die modelle waarvan die Plakpapier binne die karavaan losgetrek het.
My vrou en ek het ingespring en die ou papier verwyder nadat sy 2x haardroêrs uitgebrand het.
Ons het n koste beraming gedoen vir die goedkoopste en gemaklikste herstelkoste tussen weer plakpapier of verf.
Die uitkoms was verf met Jurgens Grys waarna menige wie ek ken dieselfde gedoen het.
Die dak het ons besluit op: 3D tipe Grys en Swart plakpapier.
Op einde van die dag het dit spoggerig gelyk en verbylopers wat dit opgemerk het, het altyd gevra of hulle mag inloer en die terugvoering was "Thumbs Up" met die woorde "Welgedaan en Uiters Netjies"
Gevolgtrekking: Daar is altyd n Plan en Uitkoms.
My eerlikke opinie is: Belê eerder in n kompleet "Jockey Wheel Meganisme met Wiel".
Ek was al 2x gestrand agv bogenoemde.
1x Met Swift.
1x Met Penta.
Met n foutiewe "Jockey" laat dit jou as "Gesoute Kampeerder" met n "Rooigesig".
Dit is n gesukkel en jy gebruik dan redelik "Mechanic Woorde" (LOL).

Middag Andries.
Ek glo nie jy moet jouself bang maak en "Spoke" jaag en bekommerd raak nie.
Jy gaan n "Maagseer" ontwikkel (LOL).
As jy goed na jou bates kyk en goed hanteer en jou hand op dit hou, voorspel ek nie sommer probleme nie, veral na die "Gadgets" waarna jy verwys.
Hierdie forum "CP" is sterk en beskik oor lede met wyd verspreide kennis en idees.
Daar sal altyd n antwoord wees met baie goeie idees of waar om iets te kry.
Hoe is die gesegde:- n Boer maak n Plan.
Destyds met die aankoop van my Swift het n tragedie ons ook getref.
Met ons 1ste kamp met hom terwyl ons pak kies die karavaan sleutels die "Hasepad", gelukkig ongesluit behalwe die Neuskas.
Die Neuskas slotte moes ek ongelukkig beskadig en n Skroewedraaier by die sleutelgleuf ingedruk en gedraai met n Waterpomp tang sodat ek hulle kan sluit met enige sleutel.
Met tuiskoms het ek die deurslot uitgehaal en na n Locksmith geneem en binne 10- minute met sy Gadget, sny hy n gepaste sleutel en sommer nog 3x ekstra.
Die Neuskas slotte het ek by hom gekoop teen R25 elk
(Glo my vry: Na 1x jaar kry ek die sleutels in my Viskas).
Met die aankoop van die Penta was hy ongelukkig van die modelle waarvan die Plakpapier binne die karavaan losgetrek het.
My vrou en ek het ingespring en die ou papier verwyder nadat sy 2x haardroêrs uitgebrand het.
Ons het n koste beraming gedoen vir die goedkoopste en gemaklikste herstelkoste tussen weer plakpapier of verf.
Die uitkoms was verf met Jurgens Grys waarna menige wie ek ken dieselfde gedoen het.
Die dak het ons besluit op: 3D tipe Grys en Swart plakpapier.
Op einde van die dag het dit spoggerig gelyk en verbylopers wat dit opgemerk het, het altyd gevra of hulle mag inloer en die terugvoering was "Thumbs Up" met die woorde "Welgedaan en Uiters Netjies"
Gevolgtrekking: Daar is altyd n Plan en Uitkoms.

Die helder ligte was toe ek LED's insgesit het binne die Penta se kassies agv Baie Swak beligting ontwerp dmv Jurgens op daardie model Pentas.
Ek is met Gerden oor hierdie een. Ek glo julle kyk mooi na die wa so hy behoort sy kondisie vir n redelike tyd te hou. As iets wel verkeerd loop, is daar altyd n plan te make. Handvatsels bv kan met ander vervang word as die oorspronlikes nie meer beskikbaar is nie. Die groot komponente soos die as en haak, is redelik algemeen en sal sekerlik herbou of vervang kan word. Daar kan ook redelik maklik elektriese toerusting geruil word. En dalk besluit julle na n paar jaar om die wa self te vervang. Dit is n ongelukkige feit dat moderne woonwaens nie so stewig en duursaam gebou word as n paar dekades gelede nie, moontlik omdat ons almeer luukse toerusting aan boort wil hê en sleepvoertuie nie al swaarder waens kan of mag hanteer nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek lees nou eers dat jy 54-jaar oud is.
Nee!!!, jy is nie te oud nie en as jy gesond en fiks is:- Go For It.
My vrou en ek het vroeg afgetree op ouderdom van 57.
Ons het gekamp vir 21- Jaar lank en begin met n tent vir 3- jaar.
Na dit het ons begin met n 1980 Gypsey Caravette 4 as probeerslag en verkoop na 1x jaar met slegs 3x kampe.
Toe dit werk, koop ek die Swift aan en met hom gekamp vir die al die jare met ons laaste kamp met hom by DeVoetpad Kloof toe COVID aanbreek en gemerk mense verkoop links en regs, het ek aangegruip en die 2001 Penta gekoop teen slegs R15k.
Redelik spandeer op die Penta, maar my geld 6x teruggekry na 5x jaar se kamp met hom.
Ek moet byvoeg: Na 5x jaar se permanent kamp het ek meer ondervinding opgetel en geleer hoe om kamp en natuur te waardeer.
Ons albei is nou 62- jaar oud en die tuig vaarwel geroep en weer hervestig.
Ons kamp nogsteeds, maar ongelukkig in chalets.
Groete.
Daarshy, baie dankie vir die raad. Gedink ek is te "OCD" en nat agter die ore met die karavaan kamp LOL! Ek sal rustig wees en nie my gerage omskep in n CAMP WORLD winkel wat Raven parte aanhou nie. En soos Gerden se, wie weet soos die jare aan loop kry ek dalk ook n ander karavaan of twee mens weet nooit hoe dinge loop nie dan sit ek met al die parte. En ja ons pas ons goed baie mooi op, sou iets gebeur is hiedie forum hier met jare se raad.
Interesant ons het ook vir klomp jare tent op en af geslaan. Maar die op en afslaan het net te veel geword en my grootste vrees was n opslaan eendag in die reen. Als het nog altyd goed gegaan met geen reen. Februarie 2025 die Raven gekoop en in plaas van tent, het ons in April Berg en Dal toe met die karavaan en in die reen (sous). Dit was so lekker en n verligting om nie die tent te gehad het nie, net parkeer en die volgende oggend toe daar n opening was van geen reen nie het ons die awning oopgemaak en opgeslaan, kurk droog.
Ons waardeer die karavaan so baie na tent ondervinding, maar het nog baie te leer.
Baie dankie vir die raad en vertrootsting! ð!
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Om tent op te slaan in die reën is beslis nie n goeie idee nie, dit neem net te lank en die nat seil hanteer moeilik. n Rallytent is heelwat makliker. Ons kamp meestal net daarmee en slaan die groot tent net op as ons meer as twee dae staan of die weer, veral wind, lastig raak. Hoe minder omslagtig die kamp is, hoe aangenamer en hoe meer het n mens lus om dit te doen.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons kamp ook altyd met net die nodigste. (95%) van die tyd met net die Rally. Het al 'n paar keer Desember maande met ons wa getoer en elke keer net die rally gebruik selfs toe ons langer gestaan het in die Kaap by Hardekraaltjie.
Rakende die onder dele en dies meer vir die karavane sal ek ook voorstel om nie groot bekommernisse daaroor te he nie. Die verskaffers is steeds daar buite al is die Jurgens fabriek wat maar die middel man was nie meer daar nie.
Camp World, Camp & leisure, Camp & Climb and Outdoor warehouse kry mens die onder dele steeds in die hande.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Jammer, ek het gese tent opslaan. Ek het vir my n "awning" gekry (3.5m) en hy is aan die bokant klaar ingeryg. Ek moet net die ding oopzip en dan die kante met velcro vassit.
My missie was om soos julle wel se, opslaan en afslaan to minimum te beperk. Hierdie "awning" werk vir my fantasties! Die hoek pale is klaar aan die awning vas sowel as die twee kante. As hulle op is dan staan hy al klaar. Ek sit dan net die middel paal op en siedaar ons kan kamp.
Ek gaan nou net vir my daai 300mm paaltjies maak met die tennisballe om n "dome" tipe iefek te kry om water af te lei. (idee wat julle my nou die dag gegee het, kry nie die pos nou nie maar dink dit was Fred, Leon of Gerden).
Die storie is nou nie so stabiel soos a rally nie maar werk waar daar nie te veel wind is nie dink ek. Ek het vir my n stel storm straps gekry net vir ingeval.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek onthou nog my dae van tent kamp!!!.
By Malonheni in Suikerbos Rand waar al die tipe "Winde" n "Ordegroep" hou waarheen elkeen gaan/dag, was gewone tent opslaan 150% uit.
Met die winde daar was dit uiters onmoontlik, selfs met karavaan tent, rally ens....
By Weesgerus met gewone tent met hitte van +/- 40- grade en langs n "Gesuipte Polisieman" het dit sake erg gedemp.
Ek moes naderhand elke 10-minute onder koue water stort gaan staan met klere en al.
Dit het my gedwing om naderhand die tent opslaan te los en eers my Soliede Lapa Windseile inplek te kry om vrede te kry vir verder opslaan.
Dalk doen jy dit reeds, maar indien nie, 'n stukkie raad vir wind: Kap die tentpenne so na as moontlik aan die pal in die grond. Die ou manier wat nog steeds baie gevolg word, is teen 'm 45º hoek. Die wind lig die seil en veral as die paal in twee stukke is, kom die paal uit. So kan die wind nie maklik die seil van die paal af lig nie. Dis 'n stukkie raad wat ek hier op die Forum gekry het, ek dink amper van Oom Jeep wat nie meer met ons is nie, en dit werk. As dit nodig is om ook die styf seil te span vanaf die wa na die paal omdat daar nie 'n horisontale paal tussen die wa en die vertikale pale is nie, moet 'n tweede tou maar teen 45º gespan word.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het my "Guy Ropes" vasgeslaan 1mt vanaf pale af in x3:-
- Nadat ek "Storm Toue" opgemaak het.
- 1x In elk middel van elke paal, daarna vanaf middel Tou 2x Tou 45 grade na beide vanaf bestaande middel Tou, ook 1mt uitmekaar sodat dit n 90 Grade vorm het: i.e. 45 grade elk vanaf middel tou.
- Daarna stewig getrek en "Ge-Lock met Cable Ties"
- Die Groen Cable Tie is meer sterker en Weer bestand.
Tydens permanent kamp het ek die Bynaam gekry van: Mr. Cable Tie.
In erg storms met hulle "Fancy Spring Penne" moes hulle klou en vashou terwyl ek in vrede n Wishkey geniet sonder hulle "Luxuries" wat hulle het.
My vraag was altyd:- Shoe, julle het Rondgestaan Gisteraand, maar my vrou en ek was altyd daar om uit te help
Ek slaan my penne seker nie meer as 30cm vanaf paal nie. Vir wind gebruik ek daai sirkel penne om paal. Wind waai nie tente om nie....wind lig paal en as tou skuins is trek hy eenkant toe...paal onderuit en tent "collapse". Met hierdie het ek al in sterk winde gestaan soos by Buffelsbaai sonder dat dit nodig is vir storm nette en straps
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Gelukkig het die ergste my nog nie getref die afgelope 5x jaar van permanent nie.
Jou idee is perfek, maar ons het gestaan by nuwe ontwikkelende staanplek teen die Waterberg en moes penne kap tussen rots en klip.
Vir my het die 3x Raduis van 1mt mooi gewerk en nooit n geval gehad agv Noorde of NW Winde nie.
Ons het slegs toegekyk hoe mense val en gaan help.
As jy raad aanbied wat om die volgende dag te doen, word jy met n slegte oog gekyk en sodoende my onttrek in val gevalle, veral as kampeerders nie raad wil volg nie.

Ek onthou nog my dae van tent kamp!!!.
By Malonheni in Suikerbos Rand waar al die tipe "Winde" n "Ordegroep" hou waarheen elkeen gaan/dag, was gewone tent opslaan 150% uit.
Met die winde daar was dit uiters onmoontlik, selfs met karavaan tent, rally ens....
By Weesgerus met gewone tent met hitte van +/- 40- grade en langs n "Gesuipte Polisieman" het dit sake erg gedemp.
Ek moes naderhand elke 10-minute onder koue water stort gaan staan met klere en al.
Dit het my gedwing om naderhand die tent opslaan te los en eers my Soliede Lapa Windseile inplek te kry om vrede te kry vir verder opslaan.



I know all about those winds at Malonjeni been there and got the badge :) That was Dec 2012. We did remove the awning and have since only used the rally since then, with great success.
