Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22082 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17816 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6274 |
Bostoe | 5480 |
BrianB | 5361 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2715 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2152 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1869 |
Nico | 1773 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1690 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1467 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1268 |
Gerden | 1256 |
Louvan | 1255 |
RichardJ | 1179 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 857 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Willie54 | 444 |
1Pierre2 | 435 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 367 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 187 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
mplester | 157 |





Kabel lengtes
Goeie more
Nuut op die forum en splinternuwe karavaan kamper. Ons het in Februarie n Gypsey Raven gekoop en heerlik gekamp in die Krugerpark. Lang storie kort - Ek het na my wiele gekyk en so ligte skok (kielie) van die wiel gekry. Ek kon niks fout vind nie behalwe dat die kabel nie n grond draad in gehad het nie. Ek is in die proses om n nuwe "3 core" kabel te koop maar sal graag wil hoor sal 25 meter die ding doen, of dalk n 25 meter en n ekstra 15 meter sou ek kort kom op sekere tereine? Wat sou n goeie lengte wees om aan te skaf? Ons sal sekerlik die meeste na die Kruger Park toe gaan.
Groete
Andries
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Hi Andries. Welkom hier op die forum. Hoop dat julle met daai wa miljoene se genotvolle kamp kilometers gaan ervaar.
Rakende die lengte van die Elektriese kabel is dit maar persoonlike voorkeur. Ek myself het 'n kort 3m kabel wat ek by die huis gebruik want die kragpunt is gemaklik naby. Die kabel wat ek normaal weg gebruik tydens kampe is 25m lank. Dan het ek 'n tweede verleng koord ook van 25m wat maar saam ry en ek gebruik dit vir hier en daar en nie noodwendig om die karavaan kabel te verleng nie.
Die ekstra verleng koord is somtyds nodig as mens by 'n dam gaan vis vang en die water vlak is redelik laag dan is hy nodig as jy steeds naby die water wil kamp.
Ons het die naweek by 'n oord gekamp waar die ekstra 25m verleng koord gehelp het om lede in ons kamp groep ook met krag te voorsien.
Oor die algemeen behoort mens oral oor reg te kom met 'n lengte van 25m dan kan jy jou wa op 'n staanplek in enige rigting laat staan.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

The two lead lengths are fine but please buy 2.5mm flexible cable and black as it is UV protected.
Hi Andries and welcome to the forum. Good advice given above re 2.5mm cable.
I have 30 meters of 2.5mm. The main reason for 30 & not 25 is that Voltex only sells in 10 meter denominations. 25 m is the standard. I regularly camp in Kruger and I have never needed to use the original 25 m cable as well.
Ask for the thick insulation cable. Mine is white for visibility.
The absence of the earth is giving you the buzz.
Groete,
Paul
Ek het n 25m een....die enigste keer wat ek addisioneel benodig het was in Satara toe ek op n nie-krag staanplek kamp opgeslaan het terwyl ek vir krag betaal het. Andersins nog altyd meer as genoeg.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

As jy te lank kabel koop, rol hom ordentlik af sodat die opgerolde lengte nie opgerol bly nie en versprei die kabel eweredig.
Opgerolde elektriese kabel is n baie groot brand gevaar en jy mag bure ook kwaad maak en n verlies aan jou en bure se eie bates berokken.
Ek was in n geval waarvan bure n 25mt kabel gehad het en slegs 3mt gebruik het met die res opgerol.
Einde van die dag, brand kabel agv hitte en brand my "Krag Insert Koppel" tot my karavaan.
Ek moes n ander "Hoof Toegvoer Koppeling" vervang.
Goeie more, Baie dankie fvir al die goeie raad. Ek dink ek gaan begin met een kort en een 25meter, 2.5 kabel (Swart). En dan oor so maand die 2e een aanskaf en Luhan se raad volg. Ons was ook uit gehelp met n water koppeling van n buurman 2 weke terug in die wildtuin en dit was gaaf dat jou buurman altyd iets spaar het om n nuweling uit te help.
Baie dankie vir die raad.
Groete
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dries koop Å swaar / dik insulasie kable. Dit is sodat karre oor hom kan ry.
Die 30 m 2.5mm heavy insulation by Voltex kos so R700. Ek rol myne op Å Trim Rite weed eater cable se tol. Koop dit by builders by die weed eaters.
Groete,
Paul

Dries koop Å swaar / dik insulasie kable. Dit is sodat karre oor hom kan ry.
Die 30 m 2.5mm heavy insulation by Voltex kos so R700. Ek rol myne op Å Trim Rite weed eater cable se tol. Koop dit by builders by die weed eaters.

Ja, mens moet net versigtig wees vir die material van die tol waarop die draad gerol word.
Jare terug het ek 'n staaltol gebou met "bearings" aan die kante.
In my geval, rol ek die geheel van die kabel af van die tol, elke keer as ek die kabel gebruik, anders form die magnetisme 'n sweismasjien op die tol.
Ons het die geval gehad waar die kabel van 'n park in die grond in gelek het en skok op die hand tot gevolg gehad het as aan die wa se metaal geraak word
Ek het 'n kort stuk kabel aan die wa vasgeskroef en die kabel se anderkant aan 'n tentpen vasgesoldeer wat ek dan by die karavaan se waterkraan in die (nat)-grond inkap, wat enige lekkasie dan direk af na aarde toe lei en geen Skokke op vingerpunte meer tot gevolg het nie.
One is never too old too learn

Die geel gevlegte aard-kabel aan karavaan vasgemaak.

One is never too old too learn

Ja nee, ek leer meer hier as op die terein ð! Iemand het my al vertel van die grond draad wat mens in die grond inslaan maar het nie mooi verstaan nie. Nou met die foto maak dit heel sin. Ek sal die naweek die "3 core" draad gaan kry en sekermaak die isolasie is dik.
Ek het nog n vraag oor die spaar wiel maar sal seker n nuwe bespreking moet oopmaak om die geslesies te groepeer.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
kyk na 25m 3core cabtyre
die belangrikke deel met so lang draad is dat hy nie opgerol hoet le as jy hom gebruik nie
deur hom in n roll te los maak jy van hom in stoofplaat en hy gaan smeld
"Heat Generation:
Loose Coils: Form the coil with minimal contact points between the cable and itself.
Avoid Tight Packing: Don't force the cable into a tight, dense coil.
Consider the Over-Under Technique: Some videos demonstrate a method of coiling where you alternate the cable over and under the loops to create a more manageable and even coil.
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Also get yourself a plug-in polarity tester and test the park's supply for earth.
Most hardware stores & electrical distributors keep them.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!

