Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22029 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17782 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6241 |
Bostoe | 5466 |
BrianB | 5314 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2705 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1261 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1183 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 443 |
Harv | 424 |
1Pierre2 | 421 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 385 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 359 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |





LEEFTYD VAN 'N KARAVAAN
Dagsê! Ek het baie jare gelede gekamp en 'n het 'n nuwe Penta gehad. Ons het die wa slegs sowat drie jaar gehad en sy leeftyd was dus nie 'n kwessie nie. Ek wil egter nou weer 'n wa aanskaf, maar dié keer salop 'n meer permanente basie wees. Wat sou julle sê is die leeftyd wat 'n karavaan kan hou, met inagneming dat onderhoud gereeld gedoen is (sal word). Kan 'n mens 'n karavaan wat tien, twintig jaar oud en in 'n puik toestand is, baie langer benut? Ek luister by die radio ..... !
Marius ek het my karavane altyd mooi onderhou en sou steeds met my Penta gekamp het is dit nie dat ons behoefte oor die jare verander het nie.
My opinie is dat dit wel moontlik is om met 'n wa vir baie jare te kamp. Die kode woord is onderhoud. As jy jou hand mooi op die wa hou, gereeld laat herseel en dinge wat breek of uit slyt dadelik vervang sal daai wa jou regtig 'n leeftyd hou.
Met die Heer se Genade kon ons weer 'n Wa koop na 'n tyd in ons lewe wat ons nie graag weer sal wil ervaar nie. Hierdie wa is 'n tweedehanse een en die onderhoud was nie so gedoen soos ek dit normaal weg oor die jare gedoen het nie. Maar so stelselmatig kry ek beheer oor alles en maak ek seker alles werk en is diensbaar op my standaard. Kos bietjie tyd en geld maar ons glo vas dat oor so jaar of wat sal ons gereed wees om met die wa permanent te gaan kamp.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

My wa is 32 jaar oud - 'n 1993 Caravette 6B, en in 'n puik toestand. Ek het dit in 1998 tweedehands gekoop. Dit het voorheen twee eienaars gehad. Ek moes intussen die "3-way" yskas vervang met 'n 220v dubbeldeur-yskas. Die 13" wiele is vervang met 14" wiele. "Movers" is intussen aangebring. Die matras is al tweekeer vervang. Ons het nou onlangs die "dinette" kussings vervang. Hierdie "ou lady" hardloop nog gereeld langpad. Ons vertrek juis Saterdag op 'n 4 maande vakansie uit die Boland o.a. wildtuin en Eiland Spa toe. Ek laat haar gereeld voor elke lang trip (gemiddeld elke tweede jaar) diens. Die wa staan in 'n doelgeboude garage en word op bokkies geplaas ten einde dit nie op die bande te laat staan wanneer dit nie gebruik word nie. Die krag is 24/7 gekoppel ten einde die battery volgelaai te hou en omdat ons die yskas as 'n "back-up" gebruik. Die vorige diepsiklus- battery het langer as 9 jaar diens gedoen.
Pas jou wa mooi op en jy kry dekades se diens daaruit.

Daar is eintelik net twee dinge wat n' woonwa verouder en dit is son (Ultraviolet) en water. Al wat slyt is die bande, wiel laaers en die veere. En laas genoemde kan jy minimaliseer met instandhouding.
Soos Leon genoem het as jy jou woonwa mooi op pas en diens en probeer om die son en water weg te hou sal dit vir ewig hou.
Die is hoekom good opgepaste woonwaens met tyd vermeerder in waarde.
Groete,
Paul
Met die rubax veerstelsel wat ongelukkig algemeen is, is dit belangrik op die wiele op te lig sodat daar nie spanning op die swaaiarms en dus op die rubber is nie anders gaan jy dit elke paar jaar moet vervang of laat herbou. Plaas die blokke of standers dus onder die as.
As jy n ou karavaan kry het hy dalk staalvere maar soos Chris sê is dit steeds nodig om die wiele te lig om die bande te beskerm. Maar dan is dit nie so noodsaaklik om die stutte onder die as te plaas nie. Nog n voordeel van die ouer karavane is dat hulle stewiger gebou is. Nuwer karavane het bv maar n baie ligte onderstel wat kan verwring soos die wiele due profiel van fue pad volg en mettertyd die bakwerk verswak.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Daar is eintelik net twee dinge wat n' woonwa verouder en dit is son (Ultraviolet) en water. Al wat slyt is die bande, wiel laaers en die veere. En laas genoemde kan jy minimaliseer met instandhouding.
Soos Leon genoem het as jy jou woonwa mooi op pas en diens en probeer om die son en water weg te hou sal dit vir ewig hou.
Die is hoekom good opgepaste woonwaens met tyd vermeerder in waarde.


Met die rubax veerstelsel wat ongelukkig algemeen is, is dit belangrik op die wiele op te lig sodat daar nie spanning op die swaaiarms en dus op die rubber is nie anders gaan jy dit elke paar jaar moet vervang of laat herbou. Plaas die blokke of standers dus onder die as.
As jy n ou karavaan kry het hy dalk staalvere maar soos Chris sê is dit steeds nodig om die wiele te lig om die bande te beskerm. Maar dan is dit nie so noodsaaklik om die stutte onder die as te plaas nie. Nog n voordeel van die ouer karavane is dat hulle stewiger gebou is. Nuwer karavane het bv maar n baie ligte onderstel wat kan verwring soos die wiele due profiel van fue pad volg en mettertyd die bakwerk verswak.

Die laaste 10 jaar het Al-Ko syntetiese "rubber" gebruik wat baia meer duursaam is en min uitsak. Die ouer waens het maar uit gesak soos die "rubber" verouder en slyt. My 1965 Slipstream het in 1998 in die Kagalagadi dwars deur sy rubax aste geval.
Ek dink die veerstelsel en die bande is maar slytbaare onderdeele en is deel van die instandhouding.
Groete,
Paul
Dis gaaf dat daar verbeterings aan die stelsel is Paul maar ek hou steeds nie daarvan nie. Spiraalvere en bladvere hou die leeftheid van n voertuig, beslis van n karavaan. Die rubax lyk goed en die ruimte wat hy opneem is waarskynlik die groot rede vir hulle populariteit maar die gebrek aan duursaamheid is vir my n besliste NEE! Dieselfde voordeel kon waarskynlik bereik word deur n wringstaaf in plaas van die rubber te gebruik soos VW met die Beetle en Renault met die R16 gedoen het. As ek so n karavaan sou oorweeg sal ek beslis die moontlikheid ondersoek om die stelsel met staalvere te vervang. Gelukkig het ons Skipper bladvere en ons sal waarskynlik hom gebruik tot ons nie meer kan kamp nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek sou sê die belangrikste oorweging by die aankoop van 'n tweedehandse karavaan is hoe dit gestoor was, en waar. 'n Karavaan wat onderdak gestoor was aan die Natalse noordkus is dood gebore wat roes aanbetref, teenoor een wat sy lewe geslyt het onder 'n afdak op Touwsrivier.
Tweede op die lys is die vraag of nate gereeld herseel was, want dit is waar houtvrot vandaan kom, en dan eers kyk jy na vervangbare dele soos bekleedsel , yskas, bande ens.
En moet nie die toestand van die seil komponente oorsien nie. Dit kan jou duur te staan kom.
Hoe ouer die model hoe stewiger is die bakwerk. Karavane en oorgetrekte sitkamer meubels word mos op dieselfde metode aanmekaar gesit - met karmme (staples), en waar die oog nie sien nie word die goedkoopste hout gebruik.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
My 1997 Gypsey Raven D na 18 jaar en my 2015 Exclusive na 10 jaar het al twee op beste net op hoek stutte gestaan en hulle het niks gesak nie. Ek dink die Exclusive se rubax gaan my camp leewe tyd oorleef. Ek moet ook net noem al my woonwaens was ten minste een keer per maand gebruik.
My Penta wat ek net twee jaar gehad het moes ek na n' ongeluk met n' stomp in Tsendze die rubax deur Al-ko laat vervang. Dit het die verseekering R10 340 gekos vir n' nuwe rubax. So hulle is nie vrek duur nie.
Staalvere het ook nie n' ewige lewe nie. Hulle word ook maar papper met gebruik. Hulle is wel goedkooper om te vervang? Ek dink so?
Vir Marius, as hy dink om n' 30 jaar of ouer woonwa te koop dan sal onder andere die rubax nagegaan moet word.
Groete,
Paul
'n Karavaan is soos 'n vliegtuig. Onderhoud is die wagwoord. Dit sal so lank hou soos wat jy onderhoud korrek en gereeld doen. Ons het twee karavane gehad. Die eerste een 'n Sprite Sunway. Daarmee gekamp en gereis vir 23 jaar. Drie stelle bande opgery. Dit het te groot geword vir ons nadat die kinders uit die huis is. Dit verkoop vir 3x die oorspronklike aankoopprys weens die goeie toestand daarvan. Die tweede een 'n Gypsey Regal. Nou reeds 20 jaar oud en lyk soos die dag wat dit uit die fabriek gekom het. So, 'n karavaan word nie eintlik oud nie maar moet nooit verniel word nie. My Cessna 172 is hierdie jaar 44 jaar oud en so goed soos nuut. Verpligte onderhoud op vliegtuie is die wenresep. Ongelukkig moet instumentasie en navigasietoerusting op 'n gereelde basis opgegradeer word wat ook bydra tot die lang lewe daarvan. Dieselfde geld vir karavane.
Reisrakker
Zylie. I hope you enjoyed Aeroclub Airweek.
Groete,
Paul
Diens jou wa as iets nie reg lyk nie maak reg geniet
Haak daai wa kamp bly koning
