Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22007 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17761 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6219 |
Bostoe | 5460 |
BrianB | 5289 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3222 |
mulderpm | 2655 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1999 |
Swanie | 1863 |
Nico | 1771 |
steamer | 1701 |
Hennie Botha | 1682 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1460 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1253 |
Louvan | 1246 |
RichardJ | 1166 |
Gerden | 1165 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 851 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 807 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 438 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 409 |
LEEN | 385 |
Kamp is Koning | 372 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 269 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 184 |
BigG | 183 |
Maurits | 172 |
Andal | 167 |
Andrew | 149 |
Dolrik | 144 |





Lank staan kampers tyd verwyl
More almal
Ek wonder net, wat doen die lank staan kampers met hulle tyd deur die dag?
Mens kan net soveel saamvat om te doen, plek is beperk. Ek het nou begin staan vir 2 maande.
Ek het modelle om te bou, slaan so bietjie golf balle, doen dit en dat om die karavaan, ry rond
Finansies is ook soms beperk, so die rond ry, koop en besigtiging, ens. is ook maar beperk
Wat is ander se tyd verdryf?
life is a journey... not a destination.

Ons doen dit nou al vir bykans 5 - jaar aaneenlopend.
Glo my vry, elke dag is daar iets om te doen.
Ek noem nou die dag aan my vrou: Ek is hier meer besig as wat ek by die huis was.
As jou karavaan die regte grootte is, is spasie nie Å probleem nie.
Die karavaan is slegs n slaapkamer vir ons.
Wat finansies aanbetref: Hierdie lewe is baie goedkoper.
Ons laai ons 100 - eenhede krag/maand en het nog oor by die einde van die maand.
Stoor plek:- My Rally is agter my karavaan opgeslaan waaronder ek n klein Campmaster tent geplaas het vir stoor plek.
Ek het nou begin lank staan, gaan nou vir 2 maande staan dan sal ek skuif.
Dit is baie goedkoper so ver en spasie is ook nog nie 'n probleem nie
life is a journey... not a destination.

Ek het geen ondervinding van lankstaan nie, so my mening is nie op ondervinding gebasseer nie. Ek dink nie ek (ons) sal lank op een plek kan staan nie, ek dink ek sal verveeld raak. Daar is mense soos George, wat gereeld verskuif en so die hele land sien. Dit klink doenbaar. As ek tyd het om te verwyl, wat deesdae eienaardig genoeg al meer raak soos die ouderdom aanskuif, lees ek. As ons lank staan en in die proses toer, weet ek nie hoe ek genoeg boeke sal kry om my besig te hou nie- miskien hope tweedehandse boeke koop en dit weer by 'n volgende handelaar afgee.
Daar is egter mense soos oa Dennis, wat wel gelukkig lank op een plek staan en dan raak dit dalk maar soos om by die huis te bly. Ek sal dit egter nie oorweeg nie en verkies eerder om gereeld kort wegbreke te neem.
Laat weet gereeld van julle ondervinding Theu. Gaan julle toer op op een plek bly?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
More Fred. Ek verstaan jou punt dat die permanent staan op een plek raak dalk om soos by die huis te bly.
Ons het wel begin by Soetdoring, daarna Klein Paradys - Modimolle en nou Klipspringer.
Dit was nie op ons agenda om dit n permanente staan te maak nie.
Ongelukkig het die insident plaasgevind waar ek my gehoor in beide ore verloor het wat veroorsaak het dat ek nie 100% balaans het nie wat die op en afslaan dalk te veel en moeilik kan maak, daarby verloor ek ook vinnig konsentrasie.
Daarom het ons dit nou ons hoofbasis geword.
As dinge bietjie bedruk raak, klim ons in die kar, elkeen met sy tassie klere en ry na oorde/plekke en bly in chalets, rondawels, lodges of woonstelle.
So ons toer nog, maar sonder karavaan.
Ek bedoel met die "by die huis" dat n mens tuis en gemaklik raak en nie die behoefte meer het om aan te beweeg nie. Dan raak jy rustig.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek sal altyd iets he om te doen. Onderhoud op die wa is belangrik. Ek het nou 'n wa gekoop en dit is duidelik dat vorige eienaars lank gekamp het met die wa. Baie onderhoud is agter wee gelaat.
Selfs die skroefies op die kas deur slotte is geroes en moes ons dit vervang het. Dit is iets klein en die Cup washertjies kos R30 'n pakkie van 50. Verbasend die verskil as dit nou weer skoon en blink is.
Ek het die tent pale begin brasso en blink vryf. Weereens verbasend hoe gemaaklik die pale in mekaar skuif en die Aussie locks weer gemaklik werk. Die pale maak ook nie meer my hande swart as ek daaraan vat nie.
Tans besig om die karavaan se agter kant en skuins agter kant te polish. Ons het sulke donker bruin merke gehad weens swart plakkers wat op dit geplak was. Met nog 'n polish sessie behoort dit alles weg te wees.
Wa se aliminium strips waardeur tent gereig word moet skoongemaak word. Rally sukkel om aan agterkant deur gereig te word.
So as mens dit nie instand hou nie sien ek gaan dit vreeslik agter uit. 'n Mens let dit nie op nie want jy is elke dag maar in en om die wa.
Hier praat ek net nou van onderhoud en het ek nie eers geraak aan stokperdjies soos visvang en dies meer nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Nie heeltemal die onderwerp nie maar n stukkie raad met die stroke waardeur die tent ryg: ek ry n stuk sagte tou wat net dik genoeg is om deur die gleuf te gaan saam. Ek trek dit deur die gleuf voor ek die tent deurryg. Die alimunium maak steeds die "beading" swart maar die stof is uit wat slytasie veroorsaak.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit is soos dit hier is. Onderhoud aan die wa moet gereeld gedoen word ens..
Daar is geen stads rumoer of gejaag nie.
Ons het n groot huis gehad met n hengse groot erf te Albemarle op die grens van Germiston en Alberton.
Van die huis het ons slegs net 4x vertrekke gebruik:-
- Kombuis.
- TV Kamer.
- Slaapkamer.
- Laundry.
Die ander vertrekke was slegs ornamente.
My vrou het nie geglo aan domestiek werkers nie en sodoende het sy elke Saterdag die huis "ge-springclean" ongeag of die vertrekke in gebruik was of nie.
Woensdae en Saterdae ingesluit "springclean" was dit klere was en stryk wat sy self gedoen het.
Ek het n tuin jong gehad wat vir my gewerk het vir 15-jaar lank op Saterdae, want grassny het my gewoonlik 2x dae geneem.
Gelukkig het hy geweet wat hy doen omrede hy deur die week vir n tuindienste gewerk het.
Ons het in n systraat gebly wat bedoel was vir "inwoners alleenlik" waarvan die munisipaliteit die eiland moes onderhou wat hulle "as hulle lus was slegs +/- elke 3de maand onderhou het".
Ek het toe besluit om my eie gedeelte te onderhou
Ek was maar altyd doenig in die motorhuis gedurende naweke.
Ons het soggens 6- uur die huis verlaat vir werk, alhoewel my ure vanaf 8:30 was, maar moes vroeg ry vir my vrou se vervoer.
Na werk het ons teen 18:00 by die huis gekom: Aand ete moes aangeslaan word asook toebroodjies vir werk.
Ons het dit om die beurt gedoen.
Ons lewe was een "Hengse" gejaag!! wat ons besluit het om tuig te land en gedraai na rustigheid.
Nogsteeds kry ons albei erg "Nagmerries" agv "Werk Stress".
Ons albei was betrokke in "Procurement Management".
Ek was "Procurement & Enviroment management".
Daarom geniet ons die rustigheid en "Verveligheid".
Ons het n "Nuwe Lewe" gevind.
Fred, ek staan nou op een plek vir 2 maande en sal dan skuif na 'n ander plek, seker vir dieselfde tydperk.
Ongelukkig werk wederhelfte nog en moet eenmaal 'n week kantoor toe. As dit nie meer nodig is nie, sal ek graag wil toer
life is a journey... not a destination.

Wat doen die dames om besig te bly?
life is a journey... not a destination.

My vrou doen bykans dieselfde as toe ons by die huis was omrede sy baie "Presies" is.
Die karavaan, sytent gedeelte, rally gedeelte asook ons privaat badkamer word elke 2de dag "ge-springclean".
Gelukkig is dit baie kleiner as die huis.
Ons ooreenkoms met die eienaar is, is dat ons self ons area sal netjies hou en somtyds as ek vanaf die dorp kom het sy alreeds gras ook gesny.
Verder is sy "versot" op "DOT Painting" en sal dit vir ure sit en doen.
Sy het alreeds 100de van die skilderye gedoen.
Ek het ook al gewonder hoe ek dit sal doen die dag as ek kwalifiseer vir lankstaan. By die see en wildtuin sal ek maklik so 2 -3 maande kan staan op n slag. Maar dink tog ek sal daarna weer rukkie tuis wil wees. Dit is seker wel n aanpassing van kampeer leefwyse wat mens doen, want tans as ons kampeer gaan ons voluit....braai elke aand, maak spesiale ontbyt/brunches. Maar as mens eers baie lank staan gaan mens seker min braai en ontbyte eet soos pap eet. Niks fout daarmee nie, maar die lekker kos maak en braai is maar deel van my kampeer pret.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Ek het ook al gewonder hoe ek dit sal doen die dag as ek kwalifiseer vir lankstaan. By die see en wildtuin sal ek maklik so 2 -3 maande kan staan op n slag. Maar dink tog ek sal daarna weer rukkie tuis wil wees. Dit is seker wel n aanpassing van kampeer leefwyse wat mens doen, want tans as ons kampeer gaan ons voluit....braai elke aand, maak spesiale ontbyt/brunches. Maar as mens eers baie lank staan gaan mens seker min braai en ontbyte eet soos pap eet. Niks fout daarmee nie, maar die lekker kos maak en braai is maar deel van my kampeer pret.

Maar om by Theu se vraag uit te kom. Ek dink jy moet n oord kies in n omgewing waar jy weet jy kan besig bly as jy nie ander hobbies het nie. Soos by my....eks is bitter lief vir die see en wildtuin....sal kortkort op die strande loop, op rots sit en kyk vir see of as dit in wildtuin is kortkort n trippie in die veld vat. Beide van hierdie areas geniet ek ook om net in die areas te wees....die atmosfeer. Ek wil nie kampeer en my besig hou met onderhoud nie.....seker omdat onderhoud doen my werk is, gaan dit nie werk vir pret vir my nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert, oor die algemeen is ons nie braai tipe met die feit dat ek nie juis vaste kosse kan/mag eet nie.
1x/Maand saam vriende is genoeg.
Ons eet slegs "Brunch"/dag en daarna is aand ete soos normaal.
Deur die dag, maak my vrou n vinger happie.
Bv: Ek is aanbewys deur medisie om slegs sagte kosse te eet.
Ons hou van vis, maal vleis, pasta disse, hoender ens..
As ek vuur maak, maak ek gewoonlik:-
- Boerewors potjie.
- Biltong potjie.
- Chicken ala king potjie.
- Maalvleis potjie.
- Tamatie bredie potjie ens...
Ek sit ook gewoonlik n heel hoender of roast in die Weber of op Rotesserie.
As ons braai word my Steak in biltong skywe gesny (Medium) na gaar.
Oor die algemeen met braai, sal ek slegs n braai broodjie, slaai en wors eet.
Ons hou ook van hoender vlerkies saam rys gaar gemaak op Skottel braai.
My gunsteling is:-
- Weermag Bredie: Bully Beef of Bully Beef Herders Pastei.
Dankie vir almal se insette, dit is nogal baie interessant.
Dankie Fred vir die idee met die tou, ek gaan dit beslis gebruik
Ek dink ook mens moet so normaal soos altyd probeer aangaan, veral wat die eetgewoontes betref.
As ek normaal gaan kamp, is dit net braai en potjiekos, dit gaan beslis nie nou die ding doen nie.
Die onderhoud is ook belangrik, by die huis het mens nie altyd tyd agv ander verpligtinge nie, nou kan dit volle aandag kry
life is a journey... not a destination.


Nie heeltemal die onderwerp nie maar n stukkie raad met die stroke waardeur die tent ryg: ek ry n stuk sagte tou wat net dik genoeg is om deur die gleuf te gaan saam. Ek trek dit deur die gleuf voor ek die tent deurryg. Die alimunium maak steeds die "beading" swart maar die stof is uit wat slytasie veroorsaak.

Ek het so groot seil laat maak vir afdak vir die sleepvoertuig. Dis vir aan die agter kant van die wa. Die ripstop materiaal sukkel om deur die gleuf te trek. Gaan die tou ding probeer.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Met 'n tong in die kies
As jy sien hoe stadig stap baie van die lang staners, dan kan jy verstaan hoekom almal altyd besig is, vat lank tussen punt A na punt B.

Met 'n tong in die kies
As jy sien hoe stadig stap baie van die lang staners, dan kan jy verstaan hoekom almal altyd besig is, vat lank tussen punt A na punt B.

Ons is nie tydgebonde nie en jaag nie teen tyd nie.
Ons doen n ding wanneer jy lus voel, want ons het baie tyd om te kamp en is nie bang kamp tyd hardloop "UIT NIE".
Altemits, ek dra nie eens meer n horlosie vir die afgelope 5x Jaar nie.
Ons het nie eens n kalender nie. Ons kyk slegs TV wanneer dit ons pas.
Die laaste wat ons TV gekyk het, was die Krieket teen die "Phakies - 50- Over Game".
So ler ons bymekaar lankstaan ons beurt kom
Haak daai wa kamp bly koning
