Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17725 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6184 |
Bostoe | 5456 |
BrianB | 5262 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3220 |
mulderpm | 2608 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1997 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1763 |
steamer | 1700 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1243 |
Louvan | 1241 |
Gerden | 1149 |
RichardJ | 1136 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 847 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 774 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 432 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 397 |
LEEN | 383 |
Kamp is Koning | 372 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 183 |
BigG | 182 |
Maurits | 171 |





Kokoriba Nonsens
Sommer vies. Staan tans by Kokoriba op privaat ablusie staanplek. Het bietjie toilet papier aangevra, maar jy kry twee rolle wanneer jy arriveer en die res moet jy self koop. Ons het so 11/3 rolle gekry! Dit is teen omtrent R600 per aand. Nog nooit sulke snert gehoor nie. Dit is maar ‘n kleinigheid maar laat my twee keer dink of ek sal terug kom. Grrrr…
Never too old to have a happy childhood
Jy kry tenminste 2x Rolle.
My 1ste asook my laaste naweek kamp asook besluit nooit ooit weer by Klipdraai het ons 1x Rolletjie op n "Clipboard" gekry as n "Welkom Geskenkie"

Jy kry tenminste 2x Rolle.
My 1ste asook my laaste naweek kamp asook besluit nooit ooit weer by Klipdraai het ons 1x Rolletjie op n "Clipboard" gekry as n "Welkom Geskenkie"

Dit was 1-Ply en jy kon behoorlik n kar afskuur.
Meeste oorde met privaat badkamers vereis dat kampeerders hulle eie toilet geriewe moet voorsien.
Ons is wel Permies met privaat badkamer en voorsien ons eie toilet en badkamer benodighede asook skoonmaak, maar die maandelikse tarief betaalbaar voorsien daarvoor.
Ons was al by plekke met familie badkamers wat ook nie voorsiening tref vir toiletries nie.
Moontlik moet jy net die "Fynskrif" bestudeer.
Ons was al op verkeie geleenthede by Kokoriba en sien geen fout met die oord nie.
Vir ons is Kokoriba "Tops".
Ek dink ons moet anvaar toiletpapier word nie in kampe voorsien nie, dis is na my ondervinding min of meer die norm. Ons ry altyd die noodsaaklikheidjie saam. As jy dit wel kry, in die toilet verskaf of by Ontvangs oorhandig,,is dit 'n bonus. Maar soos Dennis sê, dis nie altyd die beste kwaliteit nie en dit is maar beter om jou eie te voorsien- dit kos tog nie veel nie!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Laas was daar bespreking op facebook gewees waar oorde nie meer toilet papier verskaf nie. Ek was verbaas om te hoor hoe baie mense sê daar waar hulle kampeer moet jy jou eie papier bring. Ek ervaar weer heeltemal die teenoorgestelde....oral waar ek kampeer word dit voorsien. Die enigste plek waar ons moes self bring was by Weesgerus so 10 jaar terug, maar dit het ook intussen verander....hulle verskaf nou. Ander plek waar ons geransoneer is op 1x rol vir die hele naweek was Klipdraai.
Een oord wat ek gelees het noem dat hulle nie toilet papier verskaf nie, want kinders maak dit nat en gooi dit teen die dak. Klink vir my maar na flou verskoning.
Dink die probleem is dat werkers toilet papier steel en al hoe hulle dit kan beheer is deur niks te gee nie of sekere hoeveelheid per eenheid toe te laat.
Ek verstaan hoe Louvan voel...as mens na jou totale rekening kyk, gaan daai R7 hul armer maak? Daai â rol wat oorgebly het is seker left overs van vorige kampeerders....het hulle hom gerefund? Of hy kry â keft over rol en vol rol gaan saam iemand huis toe
Hoe gaan hulle tewerk met gemeenskaplike ablusies Louvan?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Hier by ons het ons die probleem dat die oord deurgaans oop is vir dagbesoekers.
Ons het al gevind dat dagbesoekers die papier wat beskikbaar is oormatig gebruik word sodat die hoeveelheid te veel is om af te spoel of hulle neem kruideniers sakke saam toilet toe om hulle weeklikse/maandelikse voorraad op te bou.
Dit is ook so dat onopgevoede kinders vind dit as n goeie speel plek is om nat papier teen die dak te gooi.
Die volgende persoon kom en vul maar net verder op en dan "K@k en Kerm" hulle oor badkamers.
Daarom beskerm ek reels en regulasies van bestuur.
Die skoonmakers hardloop op en af om alles netjies te hou met geen "Tip" nie, maar slegs hy/sy se loon per maand of week.
Dagbesoekers is al gevang dmv opvou braaiers en staande braaiers op hulle sleepwaens of voertuie te laai.
By my is n opvou braaier wat ek gevang n dagbesoeker laai hom.
Ek het aangevra: Please, unload or must I contact management.
Ek het sy registrasie nommer geneem en aan bestuur oorhandig.
Bestuur was so gaaf om te noem: Nou is dit joune en nie n dief se braaier nie.
Kampeerders moet alles maar in "Perspektief" neem as oorde "Suinig" raak.
Ons koop ook ons eie vullis sakke en toilet papier om die oord te ondersteun.
By eintlik al die oorde waar ons gekamp het sedert ons weer terug is in die kamp ding was toilet papier verskaf gewees. Klipdraai die enigste oord waar dit vooraf gegee is en dit net die een rol.
Een rol papier vir my en ma vir naweek is meer as genoeg so ons kan nie kla nie.
Ons was die naweek by Wagondrift gewees en by die oord is die papier ook verskaf. Dit is enkel ply en baie dun weens die chemiese put waarin dit spoel. Die dun papier breek dan makliker af deur die organismes daar in.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ons was Oktober '24 by Kokoriba en daar was toiletpapier voorsien in die toilette? Weet nie of dit nou 'n nuwe ding is nie??
Mense steel die papier. Meeste oorde waar ons was is die toilet papier in n’ toegesluete verskaffer of op n’ handoek rail met n’ slot.
Challet se Potte panne en borde verdwyn ook gereeld. Veral as dit gooie kwaliteid is.
Groete,
Paul
Party kampers is regtig BAIE arm (baie agterlik?)as hulle dit nodig vind om toiletpapier te steel. Wonder waar kry hulle geld vir die uitkamp. Wat my betref, dit maak nie saak of 'n oord toiletpapier verskaf of nie, ons ry dit altyd saam. Ek verstaan ook nie waarom dit 'n probleem is nie, dis tog maar 'n goedkoop item. Waarom verwag ons nie ook tandepasta, snesies, gesigseep en so aan nie?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja Fred ek stem saam maar party mense dink nie steel is verkeerd nie. Hulle het tog immers betaal vir toilet papier met hulle kamp vooi. Daai eenvoudiges steel ook bad proppe en ongebruikte koekies seep en shampoe en bad gel en handoeke……?
Ek is net so bly ek is nie in die hospitalityds bedryf nie.
Groete,
Paul
En stortkoppe! Ons ry nou ook so-een saam na ons enkele kere in storte sonder koppe moes stort.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Waar kampeer julle? Nog nooit êrens gekampeer waar stortkoppe gesteel is nie. Ek sal nie graag daar wil kampeer nie, want in daai geval sal hulle seker ook jou kampeer toerusting wat buite staan steel. So sal gaaf wees om name te hê waar ek weet ek moet wegbly.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Waar kampeer julle? Nog nooit êrens gekampeer waar stortkoppe gesteel is nie. Ek sal nie graag daar wil kampeer nie, want in daai geval sal hulle seker ook jou kampeer toerusting wat buite staan steel. So sal gaaf wees om name te hê waar ek weet ek moet wegbly.

Soos die een oord hierbo genoem waar dagbesoekers die kampeerders se braaiers steel.....die oord is nou van my lys af.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert, een van die plekke was Tietiesbaai by Paternorter aan die Weskus Daar was ook ander maar ek kan nie onthou watter dit was nie. Ons kampeer reeds lank en sommige van die gevalle het lank gelede gebeur. Tietiesbaai was die laaste een en was sowat tien jaar gelede as ek reg onthou. Ek aanvaar dit word seker maar vervang so dis nie geval dat sulke plekke altyd sonder stortkoppe is nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek vat altyd exstra wit goud saam oorde waar ons nog was gee gelkkig wit goud maar nood vooraad in karavan indien nodig
Haak daai wa kamp bly koning
Ons het 10 rolle in die woonwa en een in die kar.
Groete,
Paul
