Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21972 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17714 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6165 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5260 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3218 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2590 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1996 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1761 |
steamer | 1698 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1242 |
Louvan | 1236 |
RichardJ | 1135 |
Gerden | 1132 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 846 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 768 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 430 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 388 |
LEEN | 382 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 182 |
Trev1 | 182 |





Lion vuurhoutjies
Kyk, ek (dink) ek is 'n vriendelike en gemoedsame outjie - goed, goed, my vrou dink nie altyd so nie - maar ek is!
Dus kla ek nie altyd nie, maar vandag wil ek keel skoonmaak ....... wil protesteer oor die gehalte van vuurhoutjies.
Ons braai (of maak potjie) baie - maklik 5/6 maal per week. Dus gebruik ek baie vuurhoutjies, en daar lê die probleem.
Die LION vuurhoutjies wat ons deesdae koop is werklik pateties, brand skaars (as die koppe nie afbreek nie) en dan gaan die vlammetjie sommer dood. Neem partykeer 4 of meer vuurhoutjies per aansteek. Dan ook is die mark, wat vuurhoutjies aanbetref, redelik beperk. Vroeër dae kon mens kies en keur, en by kongresse/troues ens. was vuurhoutjies - as advertensie - sommer by die tafels neergesit.
Ek dink persoonlik die probleem is Lion se swael inhoud van die koppe is bitter min, en daarmee saam is die koppies ook maar aan die skrapskant. Ons is nie rokers, so sigaret aanstekers is ook skaars. Die BIC aanstekers is beskikbaar, maar die ewige aanvul van gas is ook maar 'n probleem.. Die gas kannetjies is nie oral beskikbaar nie, en dan vergeet ek ook om ekstra te koop vir die karavaan!!!
Maak my so kwaad! Of, is dit net ek wat kla?
Daarenteen moet ek erken die Lion Strikers is tops. Steek aan soos 'n vuurhoutjie en brand soos 'n aansteker/"Blits"
Het die swael op die kop nie ook "Klein Koppie" geraak nie?
Ek dink met die afname in verkope het hulle begin Spaar op die duurder aansteker gedeelte.
Op n ligte noot, as die kwaliteit van vuurhoutjies jou grootste probleem is, is jy een van die gelukkigesð
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons gebruik herlaaibaare gas aansteekers en vurrhoutjie in n' noodgeval. Vuurhoutjies het pateties swak geword.
Ek wonder ook hoe Blitz fuur aansteekers dit gaan oorleef met die toename van gas bottle aansteek stokke..."cheat sticks"? Ek gebruik al jaare nie meer "fire lighters" nie.
Groete,
Paul
Ek koop nooit vuurhoutjies nie....laas nog gekoop toe ek skelm op skool gerook het...het toe nie geld gehad vir n Bic lighter nie. Deesdae dink ek vuurhoutjies werk duurder uit as n lighter.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Ons gebruik herlaaibaare gas aansteekers en vurrhoutjie in n' noodgeval. Vuurhoutjies het pateties swak geword.
Ek wonder ook hoe Blitz fuur aansteekers dit gaan oorleef met die toename van gas bottle aansteek stokke..."cheat sticks"? Ek gebruik al jaare nie meer "fire lighters" nie.

Ek het so n stok maar gebruik hom nooit. As ons kampeer, vat ons ook geen gasbottel saam nie. Ek dink wel die stok werk beter as hout aan die nat kant is.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Vir my werk saamgeperste hout (chipboard) of superwood wat in paraffien gelê is goed. Dis netso effektief as gekoopte vuuraanstekers maar is n fraksie van die koste. Ek kry gewoonlik sulke afvalhoput en saag dit dan in stukkies soortgelyk aan vuuraanstekers en hou dit dan in n bottel met paraffien.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons het ondervind dat ons eintelik altyd gas saam het. Al is dit net in die neuskas van die woonwa.
Deesdae vat ons 3 van die ou No 3 Cadac gas bottles saam. Een vir n' gas stoof kop as daar nie krag is nie. Die tweed is vir die "cheat Stick". Die derde is in die woonwa neus kas vir die geyser (waneer dit op gas moet werk) en die binne stoof om koffie te maak as ons een nag staan sonder krag.
n' boxie gemors vuurhoutjies is in die kar vir absolute nood gevalle....word min gebruik.
Waneer ons toer vat ons een No 10 gas bottle saam. Hy werk oortyd in afgelee plekke.
Groete,
Paul

Ek het so n stok maar gebruik hom nooit. As ons kampeer, vat ons ook geen gasbottel saam nie. Ek dink wel die stok werk beter as hout aan die nat kant is.

Ons vat wel van hierdie klein gasbotteltjies saam as ons stofie of braaipan wil gebruik....verder is dit maar Snappy chef met extention waar ons hom ook al soek. So terloops, wat kos n boksie vuurhoutjies deesdae?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert, ek het omtrent van my stoel af geval toe ek hoor 'n boksie vuurhoutjies kos al R1-00.
Ek dink ek het nog die laaste keer wat ek vuurhouthies gekoop het 1 sent betaal.
Moeg geploeg.
Dis hoekom ons rokers lighters gebruik.
Vuurhoudjies steek alles aan die brand. Jou klere, kar se sitplekke en matte, stoele tafels net mooi alles BEHALWE jou pyp of sigaret.
At last !!!!

Nog nooit 'n probleem met Lion vuurhoutjies gehad nie. Ek gebruik dit pal.


Geert, ek het omtrent van my stoel af geval toe ek hoor 'n boksie vuurhoutjies kos al R1-00.
Ek dink ek het nog die laaste keer wat ek vuurhouthies gekoop het 1 sent betaal.

Een Rand is nie geld nie. Jy sal nie eers so 'n muntstuk optel nie. As jy dit vir die parkeer ou wil gee, gee hy dit vir jou terug. In Europese geld is dit sowat 'n halwe sent.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het gister ook gevind Lion vuurhoudjies is nie meer effektief nie. Na ek sowat vyf vuurhoudjies probeer gebruik het, moes ek maar n gasaansteker gaan soek. Behalwe dat die swaelkoppie maar swak brand kom dit vir my voor die hout is ook maar traag om te begin brand. Ek wonder of dit dalk in iets gedoop word om die branbaarheid te verhoog en die vervaardiger dalk nou daarop afskeep daarmee. Dalk is die vervaardiging soos met baie produkte deesdae, ook na Sjina verskuif?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek dink ek het 12 jaar laas 'n vuurhoutjie in my huis gehad of selfs iewers gebruik. Ek gebruik maar 'n gas aansteker (die met die lang nek) en maak hulle vol uit 'n aanvul blik uit.
Ons gebruik gas binne die huis en daarvoor het ek 'n elektriese vonk aansteker vir die gas want daar is nie 220v by die gas plate op die eiland in my kombuis nie. Die lighter in die karavaan moet darem die blitz ook kan aansteek.
Ek kamp altyd met twee gas bottels. Een in die wa (bystand) en een wat ek met die weber gasbraai gebruik.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

So die gebruik van vuurhoutjies is maar baie beperk.

Op n ligte noot, as die kwaliteit van vuurhoutjies jou grootste probleem is, is jy een van die gelukkigesð

Wil ook se ............................ kyk jy het nie worries nie hoor. Om dit ook uit die weg te ruim vir jou sal ek jou sponsor met 'n bic lighter.
ð
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Can`t find the article now but there is a huge counterfeit problem with Lion Matches and they give you all the indicators to look out for fakes, I never thought people would fake matches.
Ek dink die grootste probleem is miskien daai MIC vandag, 90% is gemors
(made in china)
life is a journey... not a destination.

We have a fire just about every night in the lounge in winter. Before I bought the fire-stick, I dried all of our old teabags out then soaked them in paraffin. Works as well as an expensive fire lighter.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!

Nico, ek stem volmondig met jou saam! Jy verwoord my frustrasie daarmee baie goed. Ek koop Three Stars vuurhoutjies, dit word in Swede vervaardig. Mens kry dit nie orals nie, maar hou tog jou oë oop daarvoor en koop dan sommer baie!

Nico, ek stem volmondig met jou saam! Jy verwoord my frustrasie daarmee baie goed. Ek koop Three Stars vuurhoutjies, dit word in Swede vervaardig. Mens kry dit nie orals nie, maar hou tog jou oë oop daarvoor en koop dan sommer baie!

Theuns, dankie vir daardie wenk ... sal beslis daarvoor uitkyk!