Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21748 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17549 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5979 |
Bostoe | 5431 |
BrianB | 5077 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3206 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2420 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1951 |
Swanie | 1850 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1729 |
steamer | 1686 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1661 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1445 |
George | 1197 |
Louvan | 1180 |
RichardJ | 1094 |
Gerden | 1056 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 827 |
JohanMarais | 811 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 658 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 417 |
Andre Smit | 415 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 373 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
1Pierre2 | 327 |
RD | 319 |
Izak | 307 |
Kurper | 302 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
ONWETTIGE BRAAIHOUT
Ek het pas 'n verslag van 'n persoon op 'n Whatsapp groep gelees waarin vertel word hoe sy seun naby Pafuri voorgekeer is omdat hy Mopanihout langs die pad gekoop het. Sy voertuig is gekonfiskeer, hy is gearresteer en hy moes voor die hof verskyn. Na ernstige pleit by die staatsaanklaer dat hy heeltemal onbewus van die verbod was, is hy toegelaat op 'n afkoopboete te betaal en hy was gelukkig om sy voertuig terug te kry. Die tien sakke hout wat hy teen R10 elk gekoop het, is gekonfiskeer. Hy sê hy is nêrens, ook nie in die Kruger wildtuin, ingelig dat Mopani nou 'n beskermende boom is nie. Die beamptes wat hom aangekeer het, het hom meegedeel dat die plaaslike bevolking die bos stroop en geweldige onherstelbare skade aan die omgewing aanrig en dat daar nou baie streng teen beide verkopere en kopers opgetree word.
In die Pretoria- omgewing en seker ook elkers, is daar verskeie garages en ander plekke wat reuse voorrade inheemse hout aan naweekbraaiers verkoop. Dit is ook baie waarskynlik uit bosse wat gestroop word. Almal wil graag braai en ons koop ewe lustig die hout sonder dat dit ons gewetes pla. As ons deur 'n omgewing wat eens bebos was en nou braak lê ry, vloek ons waarskynlik op die stropers wat die veld so verniel maar ons vergeet gemaklikheidshalwe dat ONS eintlik die skuldiges is wat die mark vir hulle skep. Ons vloek ook op mense wat renorters vir hulle horings skiet en die Oosterlinge wat die mark daarvoor skep, maar is ons nie maar netso skuldig nie? "Maar wat gaan dit nou help as EK nie meer braai hout koop nie?" As elkeen van ons so redeneer, sal ons mooi Bosverld uiteindelik maar net 'n herinnering wees.
Ek braai nie vleis nie. Ek hou nie daarvan nie en ek kan ongelukkig nie sê ek braai nie omdat my gewete dit nie toelaat nie. As en 'n braaier was, het ok waasrkynlik ook maar gehelp om die omgewing te vernietig. Ons mense is mos maar so nê.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, daar is baie mense wat slegs op gas braai, dan is daar die wat ook op donkie dr@lle braai - wat gemaak word van indringer bos - om die natuur te beskerm.
Daar is die wat van hout gebruik maak om te braai - sommige van die hout soos Wattel - is ook 'n indringer en baie van die OK se hout vir braai is wattel hout
In Stilbaai gebruik ons almal Rooikrans, ook n Wattle soort, vir braai en kaggel. Dis nie die probleem nie. Gas ook nie. "Regte" braaiers dring egter aan op Bosveldhout en dís die probleem.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Thanks for that Fred. I did not know!!
That road to Pafuri has many piles of wood. Clearly left as a trap? (not confiscated and 'stoopers' not jailed!)
These days whilst camping, I braai on gas, eat meat, preferably braaied, daily.(Carnivore diet) Now also use Air Fryer.
One and a half months worth cost R50's gas. Barely one bag of charcoal and firelighters. Don't have to wait for coals. Light up braai, switch off.
Living the dream
Wonder hoekom arresteer hulle die persoon wat onwetend die hout gekoop het, maar die ou wat fisies die bome afsny staan seker nog steeds langs die pad met sy stalletjie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Dink ook Sanparks het n groot aandeel daaraan dat mense so baie hout van buite afbring met hul geweldige groot "mark-up: op hul hout....ek dink al R60 n sakkie. Hulle skep n mark...
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
In die Magalies Berg omgewing is dit al 'n geruime tyd 'n probleem dat die Berg gestroop word van bome vir braai hout. Naby my huis is 'n vulstasie wat hope en berge pakke hout verkoop wat met groot interlink trokke afgelaai word. Ek kan nie sien dat al daai hout indringer hout is nie. Maar ja ek is nie 'n boom kenner nie en kan dus nie al die soorte hout uit ken nie.
Dus die enigste manier vir my om seker te maak ek koop nie van die onwettige hout nie is ek braai 55% op gas en dan ongeveer 40% met Etosha Brikette die ander 5% is hout wat ek by 'n plaasboer koop wat dit self sny en verpak teen R15 vir 8kg sakkie.
Ons maak ook baie vuur in die konka vir geselige kuier tye om 'n vuurtjie. Dan brand ek 99% pine stukke hout afkomstig van opgebreekte palette. Redes is maar hoofsaaklik maar:
- Ons wil om 'n vuur sit en nie om kole nie. Die pine brand baie makliker as nat bosveld hout.
- Die pine is baie goedkoper en kos my in die omgewing van R30 vir groot Whielie Bin Swart sak driekwart vol stukkies hout.
- Die pine is lig om te vervoer en laat toe vir meer hout om te brand.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Wonder hoekom arresteer hulle die persoon wat onwetend die hout gekoop het, maar die ou wat fisies die bome afsny staan seker nog steeds langs die pad met sy stalletjie
Dalk omdat motoriste wat gearresteer word, wel die boete betaal en die verkoper nie want hy het nie geld nie. Die verkoper is waarskynlik ook familie. Die verkoprs sal ook waarskynlik begin betoog as hulle beboet word.
Nou wonder ek skielik wat van die gekonfiskeerd hout word.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As ek reg onthou word op die Etosha brikette of houtskool aangedui dat dit van harde houd gemaak word, dus inheemse hou van Namibië. As ek dit reg het, is dit dus netso skadelik vir die omgewing as om ons eie inheemse hout se brand. Ons is seker sonder uitsondering natuurliefhebbers maar net as dit nie met ons behoeftes inmeng nie. En weereens, ek preek ook vir myself.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As ek reg onthou word op die Etosha brikette of houtskool aangedui dat dit van harde houd gemaak word, dus inheemse hou van Namibië. As ek dit reg het, is dit dus netso skadelik vir die omgewing as om ons eie inheemse hout se brand. Ons is seker sonder uitsondering natuurliefhebbers maar net as dit nie met ons behoeftes inmeng nie. En weereens, ek preek ook vir myself.
Alles wat jy se is waar Fred. Dit is maar elke ou vir homself of jy regtig geworry is deur die wereld wat so deur ander mense verniel word.
Ry mens verby 'n sakkie hout wat teen R8 aangebied word of stop jy en koop of dit nat is of nie. Want teen R8 is dit bv 'n groot bargain. Kanse is goed dat dit "onwettige" hout is.
Dan die oer oue argument van braai met charcoal of braai met hout, Ek dink almal braai met charcoal want die wat hulle hout self aansteek en brand tot dat dit charcoal is braai nie terwyl die hout in vlamme staan nie. Hulle braai as dit ook warm houtskool is.
Brikette is die houtskool fyn gemaak en gepers in 'n form.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Laasgenoemde is seker 'n topic op sy eie.
ð
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek kom uit die boere gemeenskap en voel egter verplig om die skaapboere te ondersteun deur nou en dan 'n lam te koop.
Watse hardehout is daar alles in die laeveld?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Houtskool ....... ek het talle male in my professie na Zambië gereis, en daar die verwoesting gesien in die woude en bosse rondom Kitwe ..... met houtskool! Die plaaslike bevolking daar kap bome (en boompies) af en verbrand dit tot houtskool. Dié word langs die pad verkoop aan trokdrywers en die publiek. Dit is dus nie die antwoord om hout te vervang met houtskool en dink dat jy die omgewing 'n guns bewys nie. Ek glo dat die gebruik hier plaaslik ook in gebruik is. My opmerkings omtrent Zambië het verskeie soortgelyke gevalle omtrent die bome in Zebedela tot gevolg gehad.
Geert. Eintlik enige bosveldbome is harde hout en dit geld waarskynlik vir die hele land.
Nico, daarmee srem ek saam, maw dat hout of houtskool maar dieselfde skade doen. Daar is hierbo genoem dat van die brikette wat deur groot winkelgroepe verkoop word, van uitheemse hout gemaak word en dan is dit seker n goeie idee.
Ek het n paar jaar gelede gelees Haïti het redelik onlangs hulle inheemse bome vir brandhout uitgeroei en selfs die bome se wortels uitgegrawe. Dit sal nie ooit hetstel word nie. Ek het ook gelees die Griekse eilande was eeue gelede digbegroeide bosgebiede met hoë reenval. Metterryd is die bosse uitgeroei en nou het die land n baie droë klimaat.
Daar is n gesegte wat sê wat ons uit die geskiedenis leer is dat ons niks uit die geskiedenis leer nie. Hier in ons eie land word dit weereens waar bewys.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred
Eks nogal geskok met jou post.
Ek ry daai pad gereeld. Neem buitelanders na veskillende lodges naby Pafuri. Daar is hope en hope Mopani hout verkopers langs die pad. In n jaar se tyd het ek nog net 3 keer Spietkops op daai pad gekry.
Al die Lodges gebruik Mopani hout vir hul braais en Bomas. Soos ek Limpopo ken (15jaar hier) is dit alweer n oppurtinistiese self aangedrewe Mafia wat sulke snert bedryf.
Limpopo is die 2e armste provinsie in die land. Maar dit het al die myne 35+ Goud, diamante, platinum ens.
Ons het die Wildtuin en baie natuur reservate. Safaris en Jag lodges. Die gemiddelde Amerikaner spandeer R450 000 per jag trip per persoon.
Toe ek 15 jaar terug hierheen getrek het was ek verbaas oor die hoeveelheid luukse karre in Polokwane. Karre wat ek net op TV gesien het... Ashton Martin DB9 ens.
Nou se ek ook.... Pafuri se kant toe
Musina se kant toe
All Days se kan toe
Daarbis duisende, duisende Mopani bome. Nie eers die Olifante kry dit uit geroei nie.
Laat mens dink ne?
At last !!!!
Hannes, as jy sê jy is geskok oor my plasing, dan hoop ek dit is omdat jy die probleem insien.
"Daar is so baie, daar kan nie 'n einde aan kom nie". Dis wat ook oor die Knysnabonsse gedink is en kyk hoeveel is daar nou oor. Ek is ook 'n Bosvelder en bly ook soos jy in Pietersburg so en weet ook hoe dig die mopaniveld staan, maar as ons aanhou uitkap, gaan dit ook tot 'n einde kom, dalk nie in my of jou leeftheid nie, maar sekerlik.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Stem Fred
Maar die feit dat hulle.sy kar konfiskeer...
Hier is mense wat kanse vat. Ek sweer. Pla my.
At last !!!!
Die ander probleem is dat n’ groot deel van ons bevolking net hout het om op te kook en warmte te kry. Ook om self versorgende groente en mielies te kan plant verwyder hulle die boome.
Groete,
Paul
Wel, daar kan geredeneer word vir hulle is dit 'n noodsaaklikheid, vir ons 'n desturktiewe luuksheid.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Of Johannes die hout nou gebruik om sy kos gaar te kry en of ek dit gebruik om my kos gaar te kry is seker maar dieselfde. Ek betaal immers vir my hout en verseker dat Johannes geld het om ook kos te koop. Dit is n gebruik van die begin van die mens se bestaan en daar was nog altyd hout. Indien ons hierdie denke soos, bo genoem, het is daar eindlik baie min goed wat ons kan gebruik wat natuurlik voorkom of van n natuurlike produk verwerk word. Die aarde SAL op n stadium tot niet gaan en nie een van ons sal dit kan keer nie.
Ek geniet wat ek wettiglik kan bekom.