Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21695 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17513 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5936 |
Bostoe | 5427 |
BrianB | 5059 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3206 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2364 |
Lennie | 2188 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1932 |
Swanie | 1846 |
Nico | 1725 |
steamer | 1681 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1658 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1440 |
George | 1194 |
Louvan | 1159 |
RichardJ | 1085 |
Gerden | 1016 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 825 |
JohanMarais | 810 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 696 |
ELU | 656 |
snys | 631 |
Benkie | 586 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Andre Smit | 414 |
Willie54 | 413 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 367 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
RD | 319 |
1Pierre2 | 312 |
Izak | 305 |
Kurper | 302 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
REAList | 230 |
Hennie1968 | 229 |
Robbie | 225 |
Onnosel in die Wildtuin
So ry die !#$%% met sy Prado en Karavaan voor hope getuienisse in n Leeu vas.
Hoe dom kan jy wees?
Ek ry baie in die wildtuin in. Pafuri hek om gaste by Lodges af te laai.
My GROOTSTE vrees is om n dier te tref. 50km/h of 10km/h maak nie saak nie.
Hy kry R1500 boete. Met my, verban en mag nooit weer besigheid in Wildtuine doen nie.
Ag nee man!!!!
At last !!!!
Môre Grumpy/Hannes,
Onverskoonbaar wat hy gedoen het MAAR:
Hy het heel moontlik vir HOELANK moes sit en wag vir onbeskofte, "ek voel f...al vir die res van julle" boewe wat by so 'n toneel stop, hulle brood en koffie uithaal en daar sit en vreet tot hulle 'n goeie foto kan kry.
Stel liewer boetes in vir daardie tipe selfsugtige boewe wat glo hulle het alleenreg op dierekyk.
Nie vies vir jou nie maar êrens moes ek stoom afblaas oor die aspek
Ja Andre, ek was al netso gefrustreerd. Wanneer sommige mense in die wildtuin kom, geld verkeersreëls en hoflikheid blykbaar nie meer nie. As mense maar aan hulle kant van die die pad wil bly en van die pad aftrek on te kyk sodat mense wat ver moet ry wel kan verbykom, sal dit baie frustrasie vermy. Hierdie mense moet ook R1500 boetes opgelê word.
Ek neem ook die ou kwalik wat die leeu gestamp het, hy kon maar bietjie versigtiger gewees het, maar op die foto wat ek gesien het, was dit presies so 'n situasie wat hy beleef het. En ek kry ook nie die indruk dat hy deurgejaag het nie- dit was onmoontlik agv die mense wat aan die verkeerde kant van die pad op die ryvlak geparkeer het.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Stem 100% saam. Jy kry oral mense wat nie weet wat dit is om gedagsaam te wees mie
Never too old to have a happy childhood
Verstaan my mooi - ek keur geensins daardie ou se optrede goed nie. Maar na my mening het hy die leeu 'n drukkie gegee en nie gestamp nie. Baie waarskynlik kon hy nie die leeu bo-oor die enjinkap sien nie. Maar ek stem saam met André t.o.v. daardie selfsugtige mense wat 'n "sighting" vir hulself opeis en die pad sodanig volstaan dat jy nie kan verbykom nie.
Ek het dit vroeër vanjaar in die wildtuin beleef op die gruispad na Matjulu-suiping naby Berg-&-Dal. Wildehonde het 'n luiperd in 'n boom vasgekeer. 'n "Slim" (amper praat ek lelik maar kom ons noem hom maar 'n) ou het regoor die "sighting" dwars in die pad gaan staan met sy VW Kombi. Niemand kon van enige rigting af verbykom nie. En hy't gestaan totdat die wildehonde sowel as die luiperd weg is.
Noord van Skukuza het ons enkele dae later twee maanhaar-leeus by 'n buffelkarkas langs die Sandrivier gesien. Ons kon 'n "glimpse" daarvan sien, maar het aanbeweeg sodat andere dit ook kan sien. Toe ons terugkeer met dieselfde pad, kon ek my oë nie glo nie. Die voertuie het die pad vol gestaan. Ons moes minute lank wag om net verby te kom. Selfsugtig is nie die woord nie. Hoekom is sommige mense dan só leeu-verskrik of leeu-mal in wildtuine? Wat maak leeus, of ander roofdiere, dan só besonders. Maar by 'n skaars swartwitpens of ander skaarser spesies sal hulle beswaarlik die moeite doen om te stil te hou.
Dit is geen oortreding om by 'n wild-besigtigingstoneel stil te hou om die besigtiging te bekyk of fotos te neem nie, MAAR die reël op jou ingangspermit sê jy moet stilhou aan die kant van die pad waar die betrokke besigtiging is, al is dit soms aan die regterkant (verkeerde kant) van die pad. Die reël sê verder ander verkeer aan die linkerkant van die pad MOET verby hou en mag nie stilhou en sodoende die pad blokkeer nie. Hierdie is reël 2 op die keersy van die eerste bladsy van die ingangspermit.
Daar is geen reël wat bepaal hoe lank iemand by 'n besigtiging mag stilhou nie, maar my ervaring is dat in die meerderheid gevalle neem toeriste ander toeriste wel inag, maar ek gee toe, daar is sekerlik uitsonderings.
Fred se kommentaar hierbo dat mense moet aftrek verdien 'n "pasop". Ek ry onlangs in so 'n verkeersknoop vas wat alles blokkeer. Dog ek sal slim wees en omdat ons reeds 'n leeu of wat ookal reeds gesien en gekiek het, trek ek af om verby te ry. Mnr die Verkeersman sien my en stop my met 'n waarskuwing dat dit 'n groot boete kan wees en dat ek kwansuis klein onsigbare diere en insekte in die gras langs die pad, doodtrap.
Resultaat - ek trek nie sommer weer van die pad af nie.
Groete
Ek stem saam met Chris B dat hy moontlik nie die leeu oor bonnet kon sien of sy aandag was in sy truspieel om te kyk of karavaan veilig deurkom tussen karre. Kan nie dink dat hy aspris leeu raakry nie....miskien van n aflewerings voertuig wat boggerol voel vir diere en jaag om sy deliveries te doen, maar nie van n wildtuin entosias nie.
Die reel van net aan kant van sighting staan is seker goeie riglyn maar nie altyd prakties nie. Ek het ook al in verkeer gesit by mooi sightings, maar dis maar deel van die wildtuin pret
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ek stem saam met die "oortreder", as SANParke se reëls deur die ander voertuie nagekom is wat 'n deurgang-laning moes oopgelaat het, sou die voorval nooit plaasgevind het nie.
Ek is vas oortuig dat geen gereëlde liefhebber van die Wildtuin (soos hierdie toeris) 'n dier met opset uit die pad sal stamp nie, veral nie in teenwoordigheid van 'n klomp mede-toeriste nie.
Die lessie om uit hierdie gebeure te leer is dat alle toeriste moet ALTYD by 'n wildbesigtiging sorg dat 'n deurgang-laning oopgelaat word vir verkeer wat wil verby ry, veral daardie voertuie wat aan die kant van die pad ry waar die besigting nie is nie.
Luiperd hardloop tussen picnic gangers by Nkhulu....video
https://www.facebook.com/share/v/xX1ogusXiNTFz4R5/?mibextid=oFDknk
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ