Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21972 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17714 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6165 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5260 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3218 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2590 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1996 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1761 |
steamer | 1698 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1242 |
Louvan | 1236 |
RichardJ | 1135 |
Gerden | 1132 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 846 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 768 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 430 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 388 |
LEEN | 382 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 182 |
Trev1 | 182 |

Ewiks onderhoud
Ons het so paar weke terug opgradeer van ons 84 Jurgens Fleetline 5s na 'n Sprite Tourer SW.
Ons het Ewiks movers opgesit, wil graag hoor is daar enige onderhoud wat moet gedoen word op hulle?
Life is a journey, enjoy the ride!
Ek dink nie daar is veel om te diens nie omdat dit n elektriese motortjie is. Miskien kan mens nagaan of alle boute nog mooi vas is.
Dis maar my siening. Toe hulle my Ewiks installeer het, het verskaffer niks genoem van dienste wat gedoen moet word nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek het my Ewik "movers" nou 8 jaar op my Fleetline.
Het nog nooit enige onderhoud gedoen nie. Het nog net eenkeer 'n verstelling op die regterkantse een gemaak nadat 'n band se loopvlak los gekom het.
Onthou net dat jou banddruk 'n rol speel in die werking van die "movers". Kyk wat was die druk van die bande toe hulle die instalasie gedoen het. Indien die druk nie na jou wense was nie, sal jy dalk 'n verstelling moet aanbring aan die afstand tussen die band en roller.
Moeg geploeg.
Dankie vir die terugvoering.
Het ook nie vir my gelyk of daar enige onderhoud kan gedoen word nie
Life is a journey, enjoy the ride!
My oorlede kamp maat het 'n Classique in Phalaborwa gaan koop. Die Classique het ou Powrtouch movers opgehad en die een het vreeslik baie lawaai tydens die gebruik daarvan.
Na 'n klomp kwotasies wat hy amper sy karavaan moes verkoop om by dit uit te kom het ons die linker motor self afgehaal en rustig uitmekaar gehaal. Al die kwotasies het basies gesê vervang die motor.
Op die ou einde was dit duidelik dat daar met tyd water in die motor gekom het en die "Armature" se omtrek was erg geroes asook een van die klein bearings op die assie.
My maat het na Timken/SKF bearing in PTA toe gegaan. Hulle het gehelp om altwee bearings af te trek en regte groote nuwes op te druk presies op die plekkies waar hulle was. Ons het die "Armature" met fyn skuurpapier al die roes afgeskuur en seker gemaak niks vuilgoed of metaal skuursels gaan tussen die riwwe in om moontlike kortsluiting te veroorsaak nie. Die borseltjies was nog puik. Alles aanmekaar gesit en daai motor het stiller gewerk as die regterkant wat ons nie oopgemaak het nie.
Kostes verbonde aan die hele oefening was minder as R200-00 vir die twee klein bearings en dan net bietjie moeite. Wat het ek geleer hier uit.
Enige iets wat so te sê niks onderhoud nodig het nie moet darem maandeliks geinspekteur word. Nou ek sê nie haal die movers af en maak die motors oop en inspekteur dit nie.
Kyk maar dat alles is soos die dag wat dit geinstaleer was. Gewoonlik is die waarborg op die movers dat hulle is splash proof maar nie onderdompel proof nie. Splash oor 'n lang tyd kan dalk onderdompel raak.
My voorstel is dat onder houd op movers moet wees:
1. Alle boute en moere steeds deeglike vas is.
2. Die spasie tussen die wiel en roller is gestel volgens vervaardiger spesifikasie. Ek weet dat twee van die oorsese movers is die spasie 19mm. Dit is Motor Movers en Powrtouch. (Let wel nie 18mm of 20mm nie dis 19mm) Daar is 'n rede daarvoor.
3. Band druk tenminste 2.2 Bar
4. Op die ingevoerde movers is daar 'n tipe van plastiek rubber wat die elektriese kontak punte beskerm. Die drade van die brein-boks af gaan hier by die motors in. Kyk dat die beskermer nog heel is en inspekteur die kontak punte. As jou wa lank gestaan het en die movers wil nie werk nie, maak die punte skoon en druk die drade weer oor.
5. Kyk dat die kabel stroppe die drade steeds netjies in plek hou teen die onderstel en dat die drade nie iewers skuur nie.
6. As daar iewers isoleer tape om drade gedraai is, gaan dit wanneer dit oud word los kom. Vervang die insolation tape gereeld of sit ductape bo oor om dit in plek te hou.
7. Die Oom van Powrtouch in Villiers het my ook meegedeel dat dit goed is om die gly raam waarop die motor tot teen die wiel beweeg en terug bietjie ghries te smeer. Ek het nie gehou van die stof wat daarop aanpak nie en het Q20 gebruik en toe later Silicone spray. Die Q20 verdamp redelik vinnig en die Silicone spray los 'n tipe van poeier lagie agter, maar dit weer was maklik af.
8. Kyk dat die 9V battery in die remote nog goed is. Vir die powrtouch mover se remote moet jy verkieslik die "VARTA" 9V battery koop. Hulle amps is bietjie hoër en hou langer. 'n Nuwe DURACEL 9V battery het bv nie eers die movers van my Sensation geaktiveer nie. Na ek twee Duracell gekoop het by verskillende winkels het ek VARTA gaan soek en is my probleem opgelos.
So hier het ek baie geskryf en die rede is maar om julle te wys dat die movers is nie so ingewikkeld soos wat dit wil voorkom nie. Daar is maar altyd bietjie onderhoud wat gedoen kan word om te verseker die movers is altyd daar wanneer jy hulle wil gebruik. Ondervinding so met die tyd het my geleer dat die tipe van goed los jou op die ongemaklikste tye en plekke.
Maak met die info soos julle goed dink.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

From KNP 2025 thread.
My movers are more than 10 years old and have moved a heavy Exclusive in mostly tight spots...so they have worked hard. With the upgrade to Lithium batteries the movers had more torque which caused problems with the aged gearboxes. EWIKS (Kyle Warburg) informed me that my gearboxes were still of the old aluminium gear type which was not ideal and has subsequently been replaced with steel gears. They offered to upgrade my complete movers (motor, gearbox & roller) to the new type at an extremely reasonable price.
The old movers were disposed of by EWIKS so as to remove them from circulation. None of the new parts are compatible with the old movers.
The new movers were fitted by Wouter in Centurion 082 459 4529.
Groete,
Paul

Nice diens van Ewiks....twyfel of mens dieselfde diens sou kry vanaf ingevoerde movers van Villiers (Bestaan hulle nog?)
Ek is ook nog baie gelukkig met my Ewiks....ook deur Wouter hulle ingesit. Op Kersdag 2023 het Wouter my met liefde oor die foon gehelp toe ons in Kaap was
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

My wa se Ewiks movers is deur Pine Joubert van Western Cape Caravan Movers geïnstalleer - sowat 3 jaar gelede. Dit werk probleemvry sedertdien, maar hulle het onlangs die movers "gediens" (wat dit ookal behels) toe ek my wa vir 'n ondersteldiens ingeneem het. Ek laat my wa sowat elke tweede jaar diens alvorens ek die langpad noorde toe aanpak. Ek ervaar maar net gemoedsrus. Dit is dus nou klaar gediens vir April -Jun se trip noorde toe.

From KNP 2025 thread.
My movers are more than 10 years old and have moved a heavy Exclusive in mostly tight spots...so they have worked hard. With the upgrade to Lithium batteries the movers had more torque which caused problems with the aged gearboxes. EWIKS (Kyle Warburg) informed me that my gearboxes were still of the old aluminium gear type which was not ideal and has subsequently been replaced with steel gears. They offered to upgrade my complete movers (motor, gearbox & roller) to the new type at an extremely reasonable price.
The old movers were disposed of by EWIKS so as to remove them from circulation. None of the new parts are compatible with the old movers.
The new movers were fitted by Wouter in Centurion 082 459 4529.

Ek het op ander draad gesien dat jy die Movers vervang het. Wou vra wat jy laat doen het en toe op die draad afgekom.
Baie bly dat alles weer Honky Dory is.
Geniet die KNP.

Nice diens van Ewiks....twyfel of mens dieselfde diens sou kry vanaf ingevoerde movers van Villiers (Bestaan hulle nog?)
Ek is ook nog baie gelukkig met my Ewiks....ook deur Wouter hulle ingesit. Op Kersdag 2023 het Wouter my met liefde oor die foon gehelp toe ons in Kaap was

Die PowrTouch movers bestaan nog. Daar is installeerders seker 3km van my huis af. Onderdele is nog gemaklik beskikbaar. Ek het die Motor Mover SA movers op my Exclusive (So gekoop). Het probleme gekry met MotherBoard. Die movers is al in 2011 "gediscontinue" in Engeland. Ek het vir Johan Spies van Witbank gebel wat dit op daai stadium ingevoer het.
Hy het my gehelp met 'n nuwe een. Movers weer up and running.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

My storie gaan nou nie juis oor die instandhouding van Ewiks nie, maar oor n probleem wat ek raakgeloop het met die sisteem.
Ek het nou twee dinge in my lewe waarmee ek nie graag sonder wil wees nie, die een is die Ewiks movers op my Wa en die tweede is My Dreame auto vacuum masjien.
Nou as dit kom by die Ewiks, los ek hulle teen die wiele en in die aan posisie terwyl dit staan en wag vir die volgende trip. Die Wa staan teen n muur en ek kan nie by die boudjie uitkom om dit te onkoppel nie. Ons kamp elke maand, so ek hoop nie dat dit skade gaan aanbring nie.
Die Dreame het nou weer n funksie dat ek dit met my foon kan rondry soos n remote control karretjie, en die kamera kan gebruik om te kuik dat alles reg is.
Wel die twee goed werk nou toevallig op die selvde frequensie blykbaar. Eendag speel ek soos n klein kind met my Dreame, en my seun kom uit die garage uit ingehardloop en se dat my karevaan self rondry. Gelukkig geen skade behalwe n bietjie tire rubber wat afgeskuur is. As ek in n ander rigting gery het, sou ek twee karre gestamp het.
So as ek advies kan gee aan die wat julle Ewiks nie ontkoppel as julle staan nie, sit dit ten minste af by die circuit breaker op die kontroole box.
Ek wonder net wat anders sal n invloed op die sisteem he.

My Ewiks is ook permanent gekoppel sedert 2020....nog geen probleme opgetel nie. Al wanneer my movers af is, is wanneer ek sleep. By oord word hy gekoppel en bly gekoppel totdat ons vertrek.....dieseselfde tuis
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ons is nou by Camp Africa in die Soutpansberg. Die weer is totaal onvoorspelbaar….regte berge weer. Ons wag tot die paaie in Mapungubwe weer oop maak?
Die nuwe movers werk perfek en 10 uit 10 vir EWIKS en Wouter.

Groete,
Paul

Ek het op ander draad gesien dat jy die Movers vervang het. Wou vra wat jy laat doen het en toe op die draad afgekom.
Baie bly dat alles weer Honky Dory is.
Geniet die KNP.
[quote]1012,250213739[/quote]
Die PowrTouch movers bestaan nog. Daar is installeerders seker 3km van my huis af. Onderdele is nog gemaklik beskikbaar. Ek het die Motor Mover SA movers op my Exclusive (So gekoop). Het probleme gekry met MotherBoard. Die movers is al in 2011 "gediscontinue" in Engeland. Ek het vir Johan Spies van Witbank gebel wat dit op daai stadium ingevoer het.
Hy het my gehelp met 'n nuwe een. Movers weer up and running.

Leon, het jy dalk 'n naam vir die Powrtouch agent in Pretoria - my remote werk nie met die battery nie, maar wel met die kabel - so ek wil uitvind wat die fout kan wees. Ek het reeds verskeie batterye, insluitend die Varta probeer

Stuur vir my whats-up dan help ek jou. 082 agt agt 01741
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !