Manne, ek kom vamore bieg......
Ek leer verskriklik baie by hierdie forum "lyne" van ouds.
Ek bv. geleer van :
1. Hout-vrot.
2. Van bande se ouderdom te bepaal en aankoop van.
3. Swartwater-medemens, hantering.😜
4. Pompe wat verstop.
5. Pak van gewig in voertuig.
6. "Stabeliser" of nie.
7. Moovers.
Oor die houtvrot, het bv. gister se hele dag studie, my laat besluit om heeltemal my denkwyse tov. karavaan-koop te verander en gaan nou heeltemal oorslaan na Aluminium karavaan toe.
So, ek wil net aan eienaar van caravan-parks, baie, baie dankie se^, dat jy hierdie forum beskikbaar stel aan ons leke/plebs/daslose mense, wat by jou universiteit kan kom kers opsteek en leer hoe om "caravaning" te benader sonder om der duisende rande in die water te gooi.
En let wel......EK LEER ELKE DAG BY JULLE OUENS.
Oumens net so hier leer ons deur al die verskilende drade
Ja ek leer nou 8 jaar lank op die forum.
Ja, dis lekker om al die goeie rate te lees, stuur gerus aan.