English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 949
Total Replies: 271 976
Total Views: 83 936 658
topics: 12 405
replies: 150 907
views: 39 712 773
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Fietsryers

replies: 43
views: 652
21 Nov, 2022 @ 14:31:42 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1350
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Kom ek maak n KLOMP mense baie kwaad.

 

Waarom het fietsryers nie die "savvy" om te verstaan dat hulle n gevaar op n openbare pad is nie? En waarom het n fietsryer so n geloof in sy middelvinger?

Ons karavaan-mense is n vriendelike klomp mense. Ons is nice. Ons ry op die pad met n lied in ons hart. Tevrede om om pad te wees na iets aangenaams. Ons het nie n vooropgestelde fight met mense nie. 

MAAR. Ons sit met vragmotors, padversperrings, stop-en-ry, haastige mense op jou gat, dwarswinde, mense wat van voor-af kom in jou baan, mense wat vir jou hooooot.

Al wat ons nog kort is n nouerige pad met ..... n @#$$^%%^$%  fietstrapper in jou baan. En omdat jy NIE teen n aankomende 60-ton, 18-wheeler wil vasry nie skraap jy met jou ekstra-wyer karavaan rakelings by die man op die fiets met die pseudo-pornografiese broekie aan verby.

NET om te sien hoe gooi hy vir jou n ZAP!  

WAT is dit met fietsryers dat hulle so n @@##$##@@#  nasie is?

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2022 @ 15:12:29 pm
LEEN
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 14 Oct, 2016
Experience: 12 years

Fietsryers is ongelukkig uiters onbedagsame padgebruikers.  Sodra hul meer as een is behoort die pad aan hulle.  Nuwe gier in ons woongebied is skole wat klubs het en laat agtermiddag in die woongebied oefen teen aankomende verkeer en meesal 4 langs mekaar. Stop by geen stopstraat skip hoeke en frustreer almal wat sukkel om by jou eie erf in te draai.  Natuurlik is daar n paar onderwysers wat saamry en vere voel. Was al baie lus om te stop en paar klappe uit te deel.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2022 @ 15:15:52 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1364
Joined: 15 Dec, 2012
Experience: 9 years

Danie, lekker kry ek nou.   Hetself so 'n renons in die fietsers;   veral die wat nog 2 of meer fietse agter op hul voertuie dra sodat, onder meer, die remligte versper word. 

Jy noem ook nie die wat langs mekaar ry nie en dan hul vervies wanneer jy 'n waarskuwings toet blaas sodat hulle darem weet jy is agter hulle.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2022 @ 15:35:45 pm
Fienie
Silver Member
51% Profile Strength
Posts: 93
Joined: 08 Dec, 2021

Ek dink hulle swak gedrag word veroorsaak deur die stywe broeke wat hulle dra en die bloedvloei na hull brein beperk. 

Party se breins is in hulle broeke.

Hulle reageer soos stakers in n groep verband, maar mak as hulle alleen is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2022 @ 17:29:08 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4944
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

En hulle begryp blykbaar nie dat hulle uiters weerloos is nie.  Dit sal hulle baat om eerder nederig te wees en uit motorvoertuie se pad probeer bly as om die noodlot to tart.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2022 @ 18:01:22 pm
RichardJ
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 849
Joined: 02 Sep, 2015
Experience: 54 years

I'll ask the question.

Why did the cyclist retaliate with a zap sign?

Perhaps because they were not passed by the regulatory 1m (or is it 1,5 m?).

So what are we to do? Slow down or stop if necessary to safely and legally pass.

Over to ....

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2022 @ 19:08:12 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1735
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Ek was by geleentheid vir meer as 20 minute agter 'n groep fietsryers op Clarence rylaan (tussen Rooi-els en Gordonsbaai) vasgekeer. Dit was klaarblyklik 'n groep buitelandse fietsryers wat deur 'n besigheid, wat sulke fietsritte reël, vergesel is. Heel agter het 'n mikrobus met 'n sleepwa, waarop die fietse vervoer word, gery en die agterhoede gedek. Die bestuurder het sodanig gery dat hy jou verhoed het om sy kliënte verby te steek.

Clarence rylaan is een van die mooiste kuspaaie in Suid-Afrika - indien nie in die wêreld nie. En dit is verstaanbaar dat toerisme-besighede hulle kliënte aan sulke natuurskoon wil blootstel. Maar Clarence Rylaan is waaragtig nie 'n pad bedoel vir sulke fietsritte nie. Indien die ryers in enkel-gelid gery het, sou dit nog tot 'n mate aanvaarbaar te wees - alhoewel mens sukkel om selfs 'n enkele fietsryer op dié pad verby te steek. Maar die lot het in 'n bondel, van seker sowat 15 ryers, die hele linkerbaan beset.

Onaanvaarvaar, onverskoonbaar en uiters arrogant.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2022 @ 20:22:20 pm
Fienie
Silver Member
51% Profile Strength
Posts: 93
Joined: 08 Dec, 2021

Ook n fiets ryer, en die 1,5m reel word altyd respekteer, MAAR as hulle in n groep ry, verontagsaam hulle alle reels, ook hulle eie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2022 @ 20:29:01 pm
Spoed
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 21 Nov, 2022

Jislaaik mense kalmeer!!Dit is wragtag nie die einde van die wereld nie.So jy is bietjie verontgerief.Moerse.Kry liewer jou gemaklike lyf uit  jou  omgewing ontvriendelike voertuig en gaan ry saam met die mense an lig hulle in wat hulle verkeerd doen.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2022 @ 20:36:34 pm
Fienie
Silver Member
51% Profile Strength
Posts: 93
Joined: 08 Dec, 2021

Trap hier seker op seer tone. Relax 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 05:43:37 am
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1798
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Hi Richard

you call  "Perhaps because they were not passed by the regulatory 1m (or is it 1,5 m?)." can you provide me with the Road ordnance / traffic Law  stating that this is law, and not a wish from some organisation

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 07:24:14 am
RichardJ
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 849
Joined: 02 Sep, 2015
Experience: 54 years

Good point Swanie. 

I agree, if you make a factual statement back it up with the legislation, scientific study or whatever.

In this case as a previous member of the PPA (I haven't ridden my bike since completing the Argus double in 2019), I recall the talk of trying to get the legislated gap increased to 1,5m.

As I do not have the legislation to hand a quick google search shows legislation from around the world. (Thus one can accept cyclist safety as a universal principle).

This link to when the Western Cape legislated the 1m

https://www.iol.co.za/motoring/industry-news/cyclist-gap-law-passed-in-cape-1610363

And this extract from Bicycling SA, sorry it looks messy

20!November!2013 WESTERN'CAPE'PROVINCIAL'ROAD'TRAFFIC'ADMINISTRATION'ACT,'2012'(ACT'6'OF'2012):'SAFETY'OF'CYCLISTS' REGULATIONS,'2013 The!Provincial!Minister!of!Transport!and!Public!Works!in!the!Western!Cape,!under!section!8(1)(c)!of!the!Western!Cape!Provincial! Road!Traffic Administration!Act,!2012!(Act!6!of!2012),!has!made!the!regulations!set!out!in!the!Schedule. SCHEDULE Definitions 1.!In!these!regulations,!any!word!or!expression!defined!in!the!National!Road!Traffic!Act,!1996!(Act!93!of!1996),!or!theWestern! Cape!Provincial!Road Traffic!Administration!Act,!2012!(Act!6!of!2012),!has!the!same!meaning!and,!unless!the!context!indicates!otherwise— ‘‘cyclist’’ means!a!person!who!rides!or!attempts!to!ride!a!pedal!cycle;!‘‘National!Regulations’’!means!the!National!Road!Traffic! Regulations,!2000;!‘‘pedal!cycle!lane’’means!any!area!forming!part!of!a!public!road!and!which!has!been!designated!by!the! appropriate!road!traffic!sign!or!road!marking!for!the!exclusive!use!of!cyclists. Duties'of'driver'of'motor'vehicle'when'passing'cyclists 2.!(1)!The!driver!of!a!motor!vehicle!who!passes!a!cyclist!on!a!public!road!must— (a)!exercise!due!care!while!passing!the!cyclist; (b)!leave!a!distance!between!the!motor!vehicle!and!the!cyclist!of!at!least!one!metre;!and (c)!maintain!that!distance!from!the!cyclist!until!safely!clear!of!the!cyclist.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 07:35:27 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20413
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ja, stem saam....hierdie stywe broekies gaan ook my verstand te bowe

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 07:50:02 am
Andrew
Gold Member
66% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 05 Jan, 2016
Experience: 33 years

Cyclists don`t have a care in the world about safety, in Milnerton a few years ago a cyclist was killed at the woodbridge island turn off riding on the main road . Two meters to the left of him was a dedicated cycle track off the main road. Between Blaawberg and Melkbosstrand there is another dedicated cycle track off the main road but these geniuses still ride on the main road.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 08:02:01 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4944
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Of daar wel 'n fietsbaan is en of dit wel wetlik vereis word dat fietsryers op veilige maniere verbygegaan moet word, is sekerlik ter sake.  Maar wat die belangrikste is is dat mense hoflik teenoor bekaar behoort op te tree en ander se veiligheid, asook sy eie, in ag behoort te neem.  Geen normale mens wil 'n ander raakry nie, maar geen normale mens wil ook raakgery word nie.  Om as fietsryer die verantwooordelikheid vir jou eie veiligheid oor te laat aan ander mense wat jy nie ken nie en wat met groot voertuie baie vinniger as jy ry, is bloot idioties en kinderagtig. En ons moenie veralgemeen nie, die meeste fietsryers ry wel hoflik en veilig.  Talle skoliere maak van fietse gebruik om by die skool te kom en ek het gevind dat meeste van hulle wel veilig ry.  Ek het self op 'n stadium vir die pret daakliks werk toe en terug fiets gery, en ek was deurentyd maar behoud vir voertuie wat my verbysteek.

Dit lyk egter of alle logika soms verdwyn as daar 'n aantal van hulle saam ry op sosiale uitstappies.  Dan voel hulle blykbaar baie dapper en bemagtig.  Ek het ook al dieselfde ervaar met groepe motorfietsryers op naweekuitstappies wat langs mekaar regoor beide bane van die N1 noord van Pretoria ry teen minstens dubbel die wettige spoed.   

En dan is daar mense wat vie oefening stap soos ook en en my vrou.  Sommige van hulle stap ook met 'n komieklike geswaai van arms op die teerpad terwyl daar wel sypaadjies is om veilig op te loop.  Ons het op skool al vanaf Graad 1 geleer hoe om jou op die pad as voetganger te gedra en logika sê tog ook wat die regte en veilige manier van doen is.  Maar soos die Engelse sê, "If common sense was so common, why don't everybody have it?"

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 08:13:13 am
RichardJ
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 849
Joined: 02 Sep, 2015
Experience: 54 years

Danie I am certainly not "kwaad".

I am happily married to a driver that shares your views. My view, safety for all, consideration for all and courtesy to all.

I am a little bemused that you are intimated by 'men in lycra'.

This article sums up the discussion nicely :

https://www.chapmanspeakdrive.co.za/blog/battle-of-the-road-cyclists-vs-motorists-vs-pedestrians-on-chappies.html

Chris I would assume that the tour group had a permit, as has cycle races where the single file does not apply. If not they are posing as law enforces etc etc

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 08:25:00 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4944
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek moet sê, ek sal gewilliglik vir 20 minute in Clarence Rylaan agter 'n fietsryer met so 'n Lycra broeke ry!😜

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 08:52:41 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1735
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Richard - I do believe that the relevant organisers do obtain the necessary permits. I don't have problems would it be a bicycle race event as we as locals would be informed about road closure for a certain period of time - which has happened many times. Then we know to use an alternative route.

But these guys making money (permit or not) by putting a group of tourists on a road like Clarence Drive - and thereby causing a lot of discomfort for other road users, are in my opinion shortsighted and selfish.

Fred - as al die dames in die groep maar só aangetrek was, was dit dalk "okay". Ons bykans daaglikse gebruikers van Clarence Rylaan is dalk al 'n bietjie blasé oor die pragtige natuurskoon langs hierdie roete.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 09:09:39 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4944
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ja Chris, dis n lieflike pad. Ongelukkig is dit nie n maklike padv vir ons ouens van ander plekke wat dit vir die uitsig ry nie. Daar is baie draaie   die pad is nou en ander voertuie wat haastig is, laat jou nie juis toe om stadig te ry nie. Interessant almal weet van Chapmans Rylaan maar nie soveel mense van elders weet van Clarence nie. So ook die baie skilderagtige pad langs die see suid vanaf Kommetjie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 10:27:35 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1350
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ek dink hulle swak gedrag word veroorsaak deur die stywe broeke wat hulle dra en die bloedvloei na hull brein beperk. 

Party se breins is in hulle broeke.

Hulle reageer soos stakers in n groep verband, maar mak as hulle alleen is.

Kyk, hoe breek ek myself nou! Ha ha ha. Dis n nuwe een daai. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 10:31:41 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1350
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Toemaar, firetsryers, ons is nie TE kwaad vir julle nie, ons wil net onder julle aandag bring dat wanneer ons voertuie 1,5 meter vanaf julle verby ry ons karavane heelwat nader aan julle is.

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 12:47:35 pm
LEEN
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 297
Joined: 14 Oct, 2016
Experience: 12 years

Ons is self fiets en motorfietsryers so as jy met jou voertuig op die pad is weet jy hoe om op te tree en versigtig te wees want jy ken albei kante se reels en gevaar.  Punt bly staan as jy as voertuigbestuurder n fiets, motorfiets of voetganger raakry is jy die skuldige party in almal se oe al kan die teendeel bewys word.  Wat van die Muldersdrift geval van 2 weke terug waar fietsryer vir fietsryer aangerand het.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
22 Nov, 2022 @ 13:59:54 pm
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Absolute bog, strooi en twak!!!!

Ek is ook 'n fietsryer, kampeerder, en motoris.

(Hierdie antwoord is gerig op die van u wat ons fietsryers nie 'n kans in die lewe gun nie

Fietse ry wel soms in jou spesifieke baan maar dan moet jy ook die padtoestand van ons paaie in aanmerking neem - glasstukke, gebreekte oppervlakte om maar 'n paar probleme op te noem.  Dit genoodsaak ons om soms effens van posisie te verander ....

as dit jou so vreeslik benadeel, baie jammer!

Ja, dit is soms so dat ons langs mekaar ry vir geselskap (dit raak redelik vervelig en stil op die fiets!) so, dan vra ons vreeslik om verskoning.

as dit jou so vreeslik benadeel, baie jammer

Baie mense (?) wil te kenne gee dat fietsryers nie op die pad hoort nie, want hulle betaal nie lisensies nie. Indien ons wel diesulke lisensies betaal het, sou julle ons beter behandel het?

as die feit dat ons nie lisensies betaal nie en dit jou so vreeslik benadeel, baie jammer 

Liewe aarde, as julle so teen fietsryers gekant is, wonder ek wat julle te sê het wanneer jou eie kind op die pad is skool toe of waarheen ook al met sy/haar fiets.

Indien jy wel opgehou word deur fietsryers, sit terug, ontspan, geniet ander se vryheid, en dink daaraan ....... wat maak 'n paar sekondes later werklik saak in jou lewe???

Daarmee basta!!πŸ˜–

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 16:07:57 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4944
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Nico, ek ding jy oorreageer.  Niemand van ons is teen fietsryers gekant nie, net teen optrede van hulle wat assosiaal, onverskillig en gevaarlik is.  Heelwat van die kritici ry ook fiets of het dit gedoen.  Jou reaksie is amper tipies van fietsryers wat so kwaad kan word vir motoriste wat dit durf waag om volgens hulle insiens, hulle te na kom terwyl hulle volstrek weier om enige fout aan hulle kant te erken. .  Kom ons gun mekaar maar plek op die pad en ons ry so dat ons en ander padgebruikers veilig bly.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 17:39:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11205
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Jislaaik mense kalmeer!!Dit is wragtag nie die einde van die wereld nie.So jy is bietjie verontgerief.Moerse.Kry liewer jou gemaklike lyf uit  jou  omgewing ontvriendelike voertuig en gaan ry saam met die mense an lig hulle in wat hulle verkeerd doen.

 

Het vir jare fiets gry, tot met my omval (beroerte) wens ek kan weer ry, die belans laat my in die steek.

Wens ook ek het 10 middel vingers gehad om die klomp groot boepense wat heeldag op hul fone sit te wys.

My fiets en klere nog in my kas. Nee dit het niks met die broek te doen nie. Dalk eerder n lekker fiets van R100k.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 17:41:28 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11205
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Ja, stem saam....hierdie stywe broekies gaan ook my verstand te bowe

My fiets lyk amper so.....dalk het sy hom kom leen.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 18:11:42 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4944
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Anton Goosen sing jy moet baaisiekel ry dat jy mooi boude kan kry. Die meisiekind is seker n Anton aanhanger. Hy sal bly wees om te hoor sy raad werk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2022 @ 18:27:08 pm
Fienie
Silver Member
51% Profile Strength
Posts: 93
Joined: 08 Dec, 2021

Dan sal ek ook stadig agter ry

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2022 @ 08:46:02 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Fred, ja, jammer my maat, ek het sekerlik oorgereageer.

My fout, JAMMER!!

Die saak is net dat ek al soveel kere, terwyl ek aan die kant van die pad, op my eie, 'n motoris sal kry wat by my verby kom, en dan wraggies 5 - 10 meter voor my sal links draai .... asof ek onsigbaar is. Dit veroorsaak ongelukke ... en die fietsryer is skuldig?

Al soveel kere die geval gehad dat  ek, alleen op my fiets, of in enkel gelid agter ander fietsryers, 'n voertuig het wat wraggies so naby aan my/ons verby kom dat jy van die pad gedwing word. .......... en dan was daar nie ander voertuie van voor nie, so die geleentheid was daar om so effens meer spasie vir ons toe te laat ..... en ons moet uit die pad bly?

Ek het al twee keer die geval gehad dat 'n motor so na aan my verby kom dat sy kantspieel my raak .... nee man!

Moontlik, omdat ek, soos genoem beide motoris/kampeerder en fietsryer is, verdra ek fietsryers. Ek gee hulle spasie, en gee 'n "groettoet"

Met 2+ fietsryers langs mekaar gee ek hulle, soos met 'n swaar voertuig voor my, gee ek hulle 'n "groettoet" en wag tot ek die geleentheid het om verby te kom. 

Ek is nie heilig nie, maar ek verstaan die gevoel van fietsryers. Ek het ook nog nooit 'n middelvinger gekry van fietsryers nie, of laat by 'n vergadering aangekom agv. oponthoude deur fietsryers nie. 

Weereens jammer vir my uitbarsting.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2022 @ 10:37:23 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4944
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek verstaan jou frustrasie Nico. Motoriste is maar soms baie onverskillig en sefs roekeloos, dit weet ons almal.  My punt is juis dat  aangesien n persoon op n fiets so weerloos is, hy of sy die beste moet doen om so veilig moontlik te wees. Van die maatreëls is om besonder besige paaie eerder te vermy en beslis nie langs mekaar te ry nie al raak dit ook vervelig. En om agressie teenoor motoriste te toon, help ook nie. Agressie word maar met agressie beantwoord en daarom lyk dit of baie motoriste se persepsie is dat fietsryers arrogant en agressief is terwyl hulle eintlik net uit gedurige agressie van motoriste reageer. Maar hulle kan baie seerder kry as die motoris en daarom moet hulle eerder aan hulle eie veiligheid dink. In Nederland geniet fietsryers prioriteit oor motorvoertuie en selfs voetgangers en dit word deur almal gerespekteer, hoewel fietsryers baie agressief kan raak as ons dom buitelanders in die fietsbaan stap. Dis jammer dat ons samelewing so onverdraagsaam teenoor mekaar is, maar dit gaan ongelukkig nie verander nie, so ons moet maar maniere vind om daarmee saam te leef. As ons soos die Hindos, alle lewe respekteer, sal ons probeer om nie eers n duif in die pad raak te ry nie, en baie meer so, n medemens.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2022 @ 14:04:34 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1962
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Ek ry self fiets, maar ek is selektief waar ek ry. Daar is baie paaie waar ek dit nie op 'n fiets sal waag nie bloot omdat dit te smal is. Chappies en Clarence Drive is maar net twee, asook die pad noord van Veldrif. Hoe handhaaf 'n karavaan sleper of vragmotor 'n 1,5 meter distansie tussen hom en 'n fiets op 'n pad wat kwalik twee vragmotors in teenoorgestelde rigtings kan akkommodeer? Die bestuurder toet, die fietsryer besef die probleem en gaan van die teer af, wat 75 mm hoër is as die gruis, en met die terugkomslag weier sy voorwiel om op die teer te klim en val hy hom te pletter reg voor die opvolgende voertuig. Doodsake!

Die verskil in spoed is die groot gevaar. Dit is waarom motorfietse  baie, baie veiliger is op buite-stededelike paaie as trapfietse.

Sowat 30 jaar gelede was daar 'n geval wat, as ek reg onthou, op William Moffat Rylaan in Port Elizabeth gebeur het, waar die fietsryer gedood is deurdat, nie die voorkant van die vragmotor nie, maar die bak van die vragmotor hom getref het in die verbygaan. Die bestuurder van die vragmotor was onskuldig bevind aan 'n oortreding nadat beweer was dat die fietsryer teen die vragmotor vas geswaai het.

En dan weier fietsryers boonop om in die noodbaan te ry, omdat die moontlikheid van pap wiele daar kwansuis baie groter is.

Al wat ek wil sê is - party fietsryers is baie braaf.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2022 @ 07:16:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16943
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Ek het nog nie 'n groep fiets ryers hier in Centurion tee gekom wat nie 'n atitude het nie.  En met atitude bedoel ek hulle ry soos wat hulle wil en jy as motoris MOET  maar net "chill".

Ek het my lewe lank fiets skool toe gery en selfs toe ek in die mag was tussen huis en werk so oor die weg gekom.

NOG AL DIE JARE IS DIE REEL........................................ FIETSRYERS RY NIE LANGS MEKAAR NIE.

NOU WANNEER HET DIE REEL VERANDER.................... OF EERDER ................... VAN WANNEER AF IS 'N FIETS EN MENSLIKE LIGGAAM HARDER AS 'N VOERTUIG.

Om rede ek vir baie jare self fietsgery het is ek bedagsaam as daar 'n fietsryer in my omgewing is.  

Maar sodra FIETSRYERS in 'n bondel of selfs net twee langsmekaar ry. Sal ek jou net so iriteer deur jou senuwee agtig te maak en naby jou verby ry.  HOEKOM???????

Want jy is die eerste een wat die pad reel oortree en meer as een langs mekaar ry.  En dan het 80% van die fietsryers nog a attitude ook.  Maar hulle is verkeerd.

 

Dan vir die fietsryer/s wat by reels en regulasies hou geniet julle uitstappie en oefen rit en ek sal die eerste een wees wat versigtig verby julle ry.  Dit is dan ook jammer dat 'n voertuig bestuurder julle nie inagneem op die pad nie.

My Ouers het vir my elke oggend gesê.  "Ry veilig skool toe en pasop vir die karre".

Hulle het nie gesê "Ry veilig skool toe en kyk met hoeveel karre kan jy chicken speel nie"

Daar is denke en dan ook logiese denke.  Laasgenoemde sê vir my as ek fiets ry en ek kyk nie vir karre nie gaan ek aan die korste ent trek.

Nou ja.  Ek glo nie ek het iemand te nagekom nie maar net my siening gelig.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2022 @ 08:22:35 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20413
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek dink hy het dit by die fiets ryers geleerπŸ€”πŸ€£

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2022 @ 08:39:38 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Leon, hierdie raak nou regtig 'n bekgeveg en ek gaan dit - na hierdie insetsel (!) - stop

Een ding wat ek geleer het is dat 2 verkeerde dinge nie 1 ding reg maak nie. Wanneer daardie 2 langs mekaar ry dink jy WERKLIK jy leer hulle reg deur naby aan hulle te ry of verby te gaan? 🀨

Dit grens aan "spietkop" speel deur in die vinnige baan @ 120 km/u te ry omdat ander vinniger wil ry, en jy sal hulle leer!!πŸ˜€

Verder is dit bewys dat twee fietsryers langs mekaar meer sigbaar is as enkele ryers. 

Maar goed, hiermee sluit ek hierdie onaangename onderwerp af.

Geniet die dag!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2022 @ 11:20:38 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1735
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Ek sien hier by ons dat die oorgrote meerderheid van fietsryers gebruik flikkerende rooi ligte (veral agter) wanneer hulle tussen Kleinmond en Arabella ry. Dan sien jy as motoris die fietsryer van ver af. En danksy 'n redelike breë skouer ry hulle om deur die bank links van die geelstreep. Die enkeles wat gewoonlik langs mekaar ry het selde sulke flikkerende ligte aan hulle fietse. Nou wonder ek of dit die rede is waarom hulle langs mekaar ry, en die regterkantste een gewoonlik regs van die geelstreep, om volgens 'n inset hierbo beter gesien te kan word deur motoriste. Na my mening 'n "stupid" regverdiging vir langs mekaar ry. Die flikkerende rooi liggie gaan die aandag van die motoris baie beter trek as twee ryers langs mekaar. En om vir geselskap langs mekaar te ry, en jou sodoende in groter gevaar te stel (om jou eensaamheid op die fiets te oorkom) is ook 'n swak deurdagte besluit. Ongelukkig is alle motoriste nie so bedagsaam om vir jou te wag vir 'n veilige verbysteek plek nie. Ek reken myself wel as een van daardie bedagsame motoriste - maar o donkie, jy kry darem verwaande fietsryers. Gelukkig blyk dit dat hulle is in die minderheid.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2022 @ 12:00:52 pm
Hennie Botha
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1503
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

"Ek was by geleentheid vir meer as 20 minute agter 'n groep fietsryers op Clarence rylaan (tussen Rooi-els en Gordonsbaai) vasgekeer. "

Chris, miskien was die Toyota die probleem dat jy so lank agter hulle gesit het.......grappie. Soos Danie met eerste inskrywing gese het "Kom ek maak n KLOMP mense baie kwaad."

 

SΓͺ dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2022 @ 14:06:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16943
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Feit bly staan as mens op 'n fiets ry en daar is meer as een van julle ry jy nie langs mekaar nie. 

Punt

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2022 @ 14:08:52 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1350
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Dit maak nie saak HOE ons die saak bekyk nie, as daar nie n FIETSBAAN is nie hoort daar nie FIETSE nie. Klaar.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2022 @ 14:24:29 pm
Chris Centurion
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 756
Joined: 04 May, 2016
Experience: 35 years

Dit maak nie saak HOE ons die saak bekyk nie, as daar nie n FIETSBAAN is nie hoort daar nie FIETSE nie. Klaar.

Vra ook maar net....hoekom parkeer motoriste op sypaadjies wat geplavei en daar is verkeerstekens dat dit slegs vir fietsryers en voetgangers se gebruik is?  Wil nie in die straat parkeer nie want hulle weet hul voertuig gaan in sy m@#r in gery word. Nou kies hulle maar die sagte teikens.Hulle is te lui om te loop en parkeer waar dit vir hul gerieflik is en die meeste van hulle kan doen met 'n bietjie ekstra oefening.

Wys jy hulle op die verkeersreëlss, dan is jy die vark in die verhaal.

Onthou maar..... een vinger wys na die ander fpersoon toe en vier wys terug na jou toe.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2022 @ 15:53:38 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1735
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Ons kan die blaam nou na verskillende kante toe gooi t.o.v. optrede deur beide partye (motoriste en fietsryers). En ek glo beide partye is soms skuldig, hetsy fietsryers langs mekaar ry, of motoriste sodanig parkeer dat dit hulle fietsryers se ry-ruimte in beslag neem, of fietsryers arrogant is om op smal paaie te ry wat dit vir motoriste ongerieflik maak, of as motoriste nie by die gevraagde 1,5 m afstand hou nie, of, of, of ...

Ek is nie 'n fietsryer nie. Ek gun fietsryers hul sport of tydverdryf - of wat jy dit ookal wil noem. Ek sou dink dat indien ek 'n fietsryer op 'n openbare pad is, waar sommige motoriste blyk of hulle vere voel vir my veiligheid, sal ek enige denkbare voor-die-hand-liggende maatreël nakom om die gevaar grootliks te vermy om hetsy ernstige beserings op te doen of selfs te sterwe te kom. Waarom sal ek op 'n smal pad gaan ry waar die kanse groter is om 'n slagoffer te wees - as ek weet ek gaan sommige ongeduldige bestuurders kry? Of waarom sal ek langs my vriend ry sodat ons kan gesels en veral die een wat regs ry 'n groter kans staan om 'n slagoffer te wees van 'n onverskillige motoris.

Daar is iets soos "common sense". Dit sal moeiliker wees om sommige motoriste se gedrag te verander as wat dit sou wees om my eie veiligheid voorop te stel.

Daarom - maak jou as fietsryer duidelik sigbaar deur byvoorbeeld helder kleure te dra, flikkerende ligte aan jou fiets te monteer, in enkel-gelid te ry en weg te bly van paaie wat so smal is sodat ek 'n groter gevaar staan om getref te word. Jy sal altyd die "stupid" motoriste in hierdie derde wêreld land van ons kry. Maar klaarblyklik sal jy ook altyd die beterweterige fietsryers kry wat nie verantwoordelikheid vir sy eie veiligheid wil neem nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov, 2022 @ 11:38:35 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2288
Joined: 31 May, 2014
Experience: 55 years

As ek nou al die insette lees en verseker nie kant wil kies nie want ek trek altwee skoene aan wil ek net my gedagte deel.

Is bevoorreg om redelike baie lande te besoek veral in Afrika maar ook ander lande in veral die arm Ooste.

Daar is die vervoermiddel meestal motorfietse wat maar in 'n haglike toestand is en gewoonlik net aankruie met swaar vrag. Nou weer dit beleef in Mosambiek waar 3x lewendige varke op motorfiets vervoer word en groot sakke houtskool op fiets gelaai is.  Ook in Thailand waar gesinne van tot 5 op klein motorfiets vervoer word. Nie een van bogenoemde fietse ry vinniger as ons padfietse nie. 

Tog word daar met groot bedagsaamheid deur voertuie met die mense omgegaan en geen gebare of gevloek word beleef nie maar almal wag vir almal.

Daar word op paaie gery wat geen skouer het nie en fietse moet in die pad ry.

Net in Suid Afrika word daar geen genade gegee nie en ons het al so behep geword op eie reg dat ons niemand meer respekteer nie. Myself word partykeer so ongeduldig want ek dink ek is reg.

Almal moet maar hand in eie boesem steek want verseker doen ons ook goed wat ander irriteer. Fietse gaan nie verdwyn nie en ons moet maar manier vind om vreedsaam saam te leef.

Ten laaste al die fietsryers hier in my omgewing wat raakgery is, is deur motoriste wat onder die invloed is gedoen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov, 2022 @ 15:09:39 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1962
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Jan, ek dink nie ons fietsryer probleem kan met die Ooste vergelyk word nie. Daar word fietse en motorfietse as noodsaaklike vervoer gebruik. Hier by ons het ons arrogante fietsryers wat dit as sport of vir oefening gebruik, en die probleem fietsryers wat vir fietsryers 'n swak beeld gee by motoriste hanteer publieke paaie asof dit 'n mensereg is om daarvan 'n langsmekaar oefenveld te maak, nie as 'n voorreg nie.

Wat dronk bestuurders en fiets-ongevalle betref, my inligting is dat die meeste onder die invloed bestuurders op Sondae na 14:00 op ons paaie aangetref word, en gedurende ander dae na 18:00. Dit is gevolglik die tye wanneer fietsryers liefs nie die paaie moet gebruik nie.

Ek vra myself die vraag af - van wanneer af het die verhouding tussen motoriste en fietsryers versleg. Toe ek nog op skool was het ek tot in die destydse Rhodesia met my fiets gery, en elke keer as ek 'n vragmotor hoor aankom, het ek van die teer afgegaan omdat ek respek het vir dit wat groter is as ek.

Deesdae wanneer ons op Dwarskersbos gaan kamp en ek Veldrif toe ry met my fiets doen ek dit aan die verkeerde kant van daardie smal pad en gaan af op die gruis wanneer 'n voertuig aankom - dieselfde reel wat ek kleintyd geleer het as voetganger. Waarom doen ek dit? Bloot omdat my veiligheid vir my belangriker is as 'n gewaande (fools paradise)  houding.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov, 2022 @ 16:31:07 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1350
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Kanneman, jou kwaliteit-mens is dun gesaai. Jy is n voorbeeld vir al daai arrogante @#$%^&.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required