English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 843
Total Replies: 270 523
Total Views: 83 882 963
topics: 12 335
replies: 149 881
views: 39 680 818
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Braaihout

replies: 33
views: 593
10 Aug, 2022 @ 18:54:12 pm
Piet Ford
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 727
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Ek verkies dit om te braai met hout. Ek hou net so een sak charcoal vir in geval. Maar so n sak charcoal (5 kg briquettes) kan my tot 6 maande hou as n "packup". 

Ek het nog altyd my hout, sekelbos op pad Warmbad (tussen R11 tot R20 per sak gekoop, afhangende of jy koop aan die begin van n naweek / langnaweek of op pad terug huistoe), en per geleedhuid mopanie in Phalaborwa gekoop.  Maar die laaste tyd kry n mens net nie meer sekelbos nie. En wat hulle vir jou se langs die pad is sekelbos, is nie sekelbos nie. 

My vraag aan die van julle wat ook verkies om met hout te braai is, watse hout gebruik julle, waar koop julle en wat kos dit? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 18:57:31 pm
alibaba
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 03 Oct, 2020

the sell sekelhout around harties for like R15 per bag

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 20:46:00 pm
Jaada
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 97
Joined: 11 Jun, 2014
Experience: 61 years

Besoek Gooi kole in Boksburg, hulle het al die soorte hout en in groot maat beskikbaar.

Kamp groete
Kobus & Ada
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 20:48:52 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20232
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het onlangs besluit ek koop nie meer langs die pad nie. Al n keer klomp sakke net voor aansluiting by N1 in Warmbad gekoop....90% is nie sekelbos nie en dan nog sopnat. Oorkant Weesgerus n knaap ondersteun.....ook sopnat. Nou laasmaand by daai verkoper oorkant Total garage in Phalaborwa klomp sakke gekoop....alles sopnat. Ek koop tans by Chamberlain hardeware in Pretoria....hulle het n Alldays mix wat baie droog is, maar word nou bietjie duur. Voor ons wildtuin toe gegaan het, het ek klomp sakke gekoop teen R26 om saam te vat. Nou bietjie meer as n maand later het die prys opgegaan na R33 of R34. Ek het maar paar gekoop vir Pilanesberg omdat dit so lekker brand.....maar het so bietjie suiniger gewerk met hout

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 20:54:28 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20232
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

As iemand weet van n plek in Pretoria wat baslose sekelbos verkoop....laat weet asb

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 06:24:29 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 432
Joined: 15 Aug, 2011
Experience: 44 years

Hier by ons [sover ek bewus is] kry jy nie rerig sekelbos of selfs enige hardehout te koop nie, maar wel denne, bloekom en wattel, wat ons maar gebruik. Die manne wat hier kom vakansie hou bring maar hulle eie saam van Gauteng af. 

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 06:45:49 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20232
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Hier by ons [sover ek bewus is] kry jy nie rerig sekelbos of selfs enige hardehout te koop nie, maar wel denne, bloekom en wattel, wat ons maar gebruik. Die manne wat hier kom vakansie hou bring maar hulle eie saam van Gauteng af. 

As ons by Dolphin kuier, kry ons gewoonlik by Checkers in Ballito....miskien by n groot Checkers in jou omgewing loer, mens weet nooit

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 07:41:01 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1350
Joined: 15 Dec, 2012
Experience: 9 years

As iemand weet van n plek in Pretoria wat baslose sekelbos verkoop....laat weet asb

In Lytteltonweg net verby die kwekery op die h/v Lytteltonweg en Ou Johannesburg (R101) oorkant die BP garage is 'n houtverkoper.  Ek het vier weke terug my KNP baslose sekelbos @R25 per sakkie daar gekoop. 

Ket in Phalaborwa by PnP @R19 per sak mopanie gekoop.  Die bas was nog aan en dus nat. 

Koop ook nie by Nylstroom en op Vaalwater pad hout nie.  Dis gewoonlik vars geslag en die bas is nog aan.

Ek koop gereeld kameeldoring @R90 per sak - die hout kom vanaf Namibië.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 07:53:34 am
Hennie Botha
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1466
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Ek koop al my hout, meestal Sekelbos (R24.95 per sak), vanaf Braai Chom in Roodepoort. Dan koop ek ook 40kg Namib kameeldoring (R190 vir 40kg sakke). vanaf hulle. Kan hulle gaan soek op FB.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 10:03:45 am
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 681
Joined: 04 Jan, 2021

Hier in Modimolle op die pad tussen Naboom kry jy nog opregte sekelbos teen R12/sakkie.

Daar is ook ń ander hout wat hulle hier verkoop teen R10/sakkie wat ek hoogs aanbeveel, nl:- Rooibos.

Rooibos is baie hard en die kole hou vir ure.

As ek klaar gebraai het, blus ek die kole en hou dit as ek potjie maak.

Dit brand ook nie so vinnig as, as sekelbos nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 10:34:47 am
Piet Ford
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 727
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Hier in Modimolle op die pad tussen Naboom kry jy nog opregte sekelbos teen R12/sakkie.

Daar is ook ń ander hout wat hulle hier verkoop teen R10/sakkie wat ek hoogs aanbeveel, nl:- Rooibos.

Rooibos is baie hard en die kole hou vir ure.

As ek klaar gebraai het, blus ek die kole en hou dit as ek potjie maak.

Dit brand ook nie so vinnig as, as sekelbos nie.

Dankie vir al die terugvoer. As ek weer Negester toe gaan (agter Klien Kariba) sal ek Modimolle se rigting ry en soek vir die hout wat jy na verwys.

Was die naweek by Blouberg Natuur Reservaat vir die eerste keer. Het gehoop daar vanaf Pietersburg op die Aldays pad sal daar hout te koop wees op pad, maar daar was niks nie. Gelukkig het ek 6 sakkies saam gevat. Maar, wou graag so 20 tot 30 sakkies koop om hier by die huis te hou. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 11:27:00 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Rooibos!! - nou praat julle mos van hout! Ook 'n Combretum spesie, soos hardekool - maar 'n baie lekkerder braaihout. Gedurende my Tzaneen-dae vragte rooibos gaan bymekaar maak in oom Hertzog Landman se veld tussen Letsitele en Eiland Spa. 

Deesdae, met my lank stane by Eiland Spa, noudat ek weer terug is in my "komvandaan" (die Boland) koop ons grootliks mopanie langs die pad net buite Hans Merensky Natuurreservaat. Darem ook knap braaihout!! Net moeilike hout om self te maak (soos hardekool) want sulke droë stompe laat jou waaragtig kap met 'n 10 pond voorhamer om dit kleiner en bruikbaar te maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 15:45:49 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20232
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

In Lytteltonweg net verby die kwekery op die h/v Lytteltonweg en Ou Johannesburg (R101) oorkant die BP garage is 'n houtverkoper.  Ek het vier weke terug my KNP baslose sekelbos @R25 per sakkie daar gekoop. 

Ket in Phalaborwa by PnP @R19 per sak mopanie gekoop.  Die bas was nog aan en dus nat. 

Koop ook nie by Nylstroom en op Vaalwater pad hout nie.  Dis gewoonlik vars geslag en die bas is nog aan.

Ek koop gereeld kameeldoring @R90 per sak - die hout kom vanaf Namibië.

Groete

Dankie....ek gaan n draai maak daar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 16:25:08 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 681
Joined: 04 Jan, 2021

Dankie vir al die terugvoer. As ek weer Negester toe gaan (agter Klien Kariba) sal ek Modimolle se rigting ry en soek vir die hout wat jy na verwys.

Was die naweek by Blouberg Natuur Reservaat vir die eerste keer. Het gehoop daar vanaf Pietersburg op die Aldays pad sal daar hout te koop wees op pad, maar daar was niks nie. Gelukkig het ek 6 sakkies saam gevat. Maar, wou graag so 20 tot 30 sakkies koop om hier by die huis te hou. 

As jy van Bela ry na Modimolle, ry verby Modi Mall op links na Naboom.

Ry verby die 1ste, 4-stop, ry na die 2de, 4-stop.

Na die die 2de 4-stop kry jy al die hout verkopers, links en regs.

Ek koop altyd by die 3de verkoper ń (ennie), haar hout is mooi en droog.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug, 2022 @ 07:16:15 am
ShawnM
Bronze Member
48% Profile Strength
Posts: 19
Joined: 05 Apr, 2022

Ek koop net Bakgat Braai se hout by n Total vulstasie hier in Pretoria In die Moot op die hoek van 24ste laan en Hertzog. Dis bietjie duurder  35 rand n sak maar dit werk. Ek was nog nooit happy met hout wat jy langs die pad koop

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug, 2022 @ 07:26:54 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20232
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek koop net Bakgat Braai se hout by n Total vulstasie hier in Pretoria In die Moot op die hoek van 24ste laan en Hertzog. Dis bietjie duurder  35 rand n sak maar dit werk. Ek was nog nooit happy met hout wat jy langs die pad koop

Ja Shawn....daai hout wat ek by Chamberlains koop is ook van Bakgat braai sin....lyk my as mens die naam Bakgat Braai op hout sien, kan mens maar koop......altyd droog. Hul charcoal ook baie goeie produk

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug, 2022 @ 09:44:57 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5136
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 37 years

Te braai met hout bly maar die beste

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug, 2022 @ 10:29:33 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Te braai met hout bly maar die beste

Die beste of die lekkerste?

As ek saans my vuur aansteek by Eiland Spa (meestal met mopanie) word my Weber Smokey Joe langsaan aangesteek met brikette. Die mopanievuur is vir die lekkerte, maar die braai vind plaas op die Smokey Joe - die beste.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug, 2022 @ 11:07:10 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20232
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Die beste of die lekkerste?

As ek saans my vuur aansteek by Eiland Spa (meestal met mopanie) word my Weber Smokey Joe langsaan aangesteek met brikette. Die mopanievuur is vir die lekkerte, maar die braai vind plaas op die Smokey Joe - die beste.

Ons braai ook gewoonlik op kole en n kuiervuurtjie langsaan....veral in die winter waar mens hitte soek, lekker langs n kuier vuur terwyl jy langsaan braai 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug, 2022 @ 18:04:26 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1903
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

By ons hier in die Kaap raak die hout al skaarser en duurder. Vir rooikrans betaal jy tot R1-50 vir 'n simpel ou stompie. Van wingerd stompies wil ek nie hoor nie. Dit is net goed om jou braai ervaring te versuur.

In my Oos-Kaap dae het ons wilde pruim van Jansenville se kontrei af gekry. Wat 'n wonderlike braai hout was dit nie.

In die vroeg sewentigs het 'n klomp van ons  ons gereeld by Tsipise gekamp. Ons het nie die hardekool stompe wat ons in die veld gaan haal en agter 'n voertuig aangesleep het kamp toe probeer kap nie, maar die stompe op 'n sentrale plek brand gemaak en dan die kole daarvandaan gaan haal. So het ons net een keer oor 'n lang naweek vuur gemaak en net stompe by gegooi. Goeie ou dae, toe ons nog by 'n slaghuis in Roslynn 'n opgesaagde skaap vir R 10 kon koop. Nou betaal jy hier by ons R 180 'n kilo vir loin chops.

Hier by ons verkoop hulle ook hout wat van Namibië af kom. Ek wonder vir hoe lank nog voordat die grense daarvoor gesluit gaan word om die oordrag van peste te verhoed.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug, 2022 @ 18:29:35 pm

As ek kyk na n standaard sak hout by ons is daar seker gemiddeld 10x stompies in....as dit in Kaapse tariewe omgeskakel word is dit ongeveer R15/sak wat dan nie sleg is nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug, 2022 @ 21:14:50 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1903
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

As ek kyk na n standaard sak hout by ons is daar seker gemiddeld 10x stompies in....as dit in Kaapse tariewe omgeskakel word is dit ongeveer R15/sak wat dan nie sleg is nie

Teen die tempo waarteen indringer plante by ons deur owerheids initiatiewe uitgeroei word kry jy selde 'n rooikrans stompie wat kans gehad het om dikker as 'n mieliestronk te groei voordat hy uitgeroei word.  Jy het selde 'n byl nodig om braai hout reg te kry nie.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug, 2022 @ 11:59:51 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1632
Joined: 06 Jun, 2015
Experience: 48 years

the sell sekelhout around harties for like R15 per bag

All poached wood and destroying the Magaiesburg!

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug, 2022 @ 02:36:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16890
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Kyk julle kan se wat julle wil

ALMAL BRAAI OP CHARCOAL

  1. Of jy nou 'n sekere hout vat en aan die brand steek tot dit charcoal is
  2. Of jy charcoal koop en dit aan die brand steek
  3. Of jy brikette (wat ook maar charcoal is) aan die brand steek

Almal braai op houtskool.  Die verskil tussen 1 en die res (2,3), is met die res is die vuur vinniger reg dan kan gebraai word en ma kan haar kroos kos gee vinnig en optyd en dan ook rustig raak en kuier

Die enigste tyd wat jy op houtgebraai het was toe jy in die voortrekkers was en jy die eerste keer jou eie stuk wors gebraai het. 

(Meeste outjies het gebraai terwyl die vlamme nog hoog gestaan het op die hout)

😋😜

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug, 2022 @ 02:49:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16890
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Laastens het ek besluit ek koop geen hout meer langs die pad nie en selfs ook nie as die verkoper kan bewys  dat dit is van bos stropery nie.

Bos stropery is 'n geweldige probleem veral in die Harties en warmbad omgewing.

En as jy dink die hout is netjies verpak in sakke so dis 'n volwaardige besigheid by wie jy koop.  Dink twee keer want daai sakke is spot goed koop verkrygbaar by Westpack.

As jy daai hout koop sonder om te bevestig waar dit vandaan kom is dit moontlik dat jy die onwettige bos stroopery  bevorder.

Charcoal is dalk ook 'n issue die ding is met charcoal moet hulle vuur maak en dit gee hul stoper posisie in die veld weg.

In Centurion is daar 'n groot stuk erf waarheen die manne wat boom slopings doen hulle hout stompe vat.  Die hout word daar verder gesny en opgekap en in sakke geplaas.  Jy kry nou nie harde kool en sekelbos en die bekende name hout nie maar dit werk puik in 'n konka.  Want dis allerlei hout wat uit mense se tuine uit kom.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug, 2022 @ 14:49:42 pm
bassbuster
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 82
Joined: 10 May, 2010
Experience: 47 years

True Leon. You cannot trust these vendors on the side of the road. They are just salesmen after all trying to earn a living and will spin you a yarn just to sell the product. How many times  have you been promised the wood is dry, only to find it is still wet and probably only cut the week before.

Another day closer to the next time away.....!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug, 2022 @ 20:39:17 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 681
Joined: 04 Jan, 2021

Laastens het ek besluit ek koop geen hout meer langs die pad nie en selfs ook nie as die verkoper kan bewys  dat dit is van bos stropery nie.

Bos stropery is 'n geweldige probleem veral in die Harties en warmbad omgewing.

En as jy dink die hout is netjies verpak in sakke so dis 'n volwaardige besigheid by wie jy koop.  Dink twee keer want daai sakke is spot goed koop verkrygbaar by Westpack.

As jy daai hout koop sonder om te bevestig waar dit vandaan kom is dit moontlik dat jy die onwettige bos stroopery  bevorder.

Charcoal is dalk ook 'n issue die ding is met charcoal moet hulle vuur maak en dit gee hul stoper posisie in die veld weg.

In Centurion is daar 'n groot stuk erf waarheen die manne wat boom slopings doen hulle hout stompe vat.  Die hout word daar verder gesny en opgekap en in sakke geplaas.  Jy kry nou nie harde kool en sekelbos en die bekende name hout nie maar dit werk puik in 'n konka.  Want dis allerlei hout wat uit mense se tuine uit kom.

Hier in Modiimolle by Klipspringer laat die eienaar dit toe aan plaas werkers vir ń bietjie ekstra inkomste en asook om die vakansie plaas netjies te hou.

Ek kan my hout verniet kry, maar betaal vir die verkoper om geld te kry vir ń bord kos.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug, 2022 @ 20:46:48 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 681
Joined: 04 Jan, 2021

Hier in Modiimolle by Klipspringer laat die eienaar dit toe aan plaas werkers vir ń bietjie ekstra inkomste en asook om die vakansie plaas netjies te hou.

Ek kan my hout verniet kry, maar betaal vir die verkoper om geld te kry vir ń bord kos.

Ek kry altyd mooi hout en droog.

Die verkopers klok ń uur voor werks ure in en begin kap.

Hulle neem nie etenstyd nie, hulle kap hout.

Nee wat, ek dink mense som hierdie mense verkeerd op om slegs ń bord kos op sy tafel te kry, my 2 sent.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug, 2022 @ 13:54:07 pm
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1529
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Buurvrou het nou 'n Kamferboom laat uithaal, hout is opgekap. Dit lyk nogal goeie hout, en ek (wat maar altyd van 'n vuur hou - hetsy braai of vir atmosfeer/hitte) het 'n paar lekker dik stompe geneem om op te saag en te laat droog word. Ek het redelik ge-Google, maar kry nêrens enige verwysing na die hout vir vuurmaak nie. Ek glo dat die hout egter wél 'n reukie het..... maar kan ek braai daarmee?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug, 2022 @ 15:18:15 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Ek sal maar bra versigtig wees om met kamferhout te braai. Maar traai - en laat ons weet. Dalk is dit beter as tambotie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug, 2022 @ 19:02:16 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 681
Joined: 04 Jan, 2021

Ek is maar versigtig met hout.

Ek braai slegs met Rooibos en Sekelbos.

Hier op die vakansie plaas, wys ek watter ek soek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug, 2022 @ 21:24:41 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1903
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Ek is nie 'n kundige op die gebied van braaihout nie, maar ek vra myself die vraag af - wanneer hout uitgebrand het tot die mate dat daar geen reuk of rook meer voorkom nie, is dit dan nie maar dieselfde as houtskool of, overgesedsynde, charcoal nie? Watter owerheid moniteer die toepaslikheid van hout soorte wat daarvoor gebruik word?

Ek herinner my aan die destydse episode op TV toe wyle Jan Spies 'n regop konka gebruik het met koerant papier as brandstof om wors op te braai. Gaan Google gerus Swannie Braai, en daar geld dieselfde beginsel. Braai wors met niks anders as koerant papier nie. Dit is mos hitte wat kos gaar maak.  Ek kan kleintyd se ervaring onthou toe ons op 'n swart voertuig wat in die son gestaan het se enjinkap eiers gebak het, toe ouens 'n hoender karkas in foelie toegedraai het en op die uitlaat spruitstuk (exhaust manifold) laat lê het vir middagete padkos op die lang pad.

Waarom verpes professionele kokke oop braai vure as kook gerief? Eenvoudige antwoord - jy kan nie die hitte na wense reguleer nie. Dit is waar gas of sefs 'n elektriese oond die beter resultate lewer.

Dieselfde met potjiekos. Die inhoud van die potjie het nie 'n saak met watter hiite bron die warm maak werk doen nie. Dit is die ou wat die hitte en inhoud manipuleer wat die verskil maak.

Ek kry soms die indruk dat resep uitkomste en kook atmosfeer verwar word by die beoordeling van 'n smaaklike ete. Miskien het 'n drankie of meer soms 'n invloed.

Terloops, ek kan vark tjops baie smaakliker gaarmaak in 'n gietyster pan as oor kole.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug, 2022 @ 08:36:01 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Kanneman - jy't 'n hele klompie geldige punte hier beet. Alhoewel daar verskille is in die kole-gehalte van verskillende houtsoorte, word daar na my mening ook té veel klem gelê deur sommiges op sekere aspekte van jou hittebron.

Toegegee, 'n houtvuur skep 'n lekker atmosfeer - veral in die aand. Maar ek braai neffens my houtvuur (wat ek net vir atmosfeer maak as ek kamp - en ook net somtyds) my vleis langsaan in my Smokey Joe Weber. Dan bly die vuur-atmosfeer daar terwyl ek braai op my Weber. En oor al die jare kon ek nog nooit agterkom dat 'n spedifieke handelsmerk briket 'n beter smaak aan my vleis gee as 'n ander nie. Daar's wel verskille wat langdurigheid van goeie hitte aanbetref (soos tussen verskillende houtsoorte indien jy gebruik maak van 'n houtvuur). Gevolglik gee ek voorkeur aan sekere handelsmerk brikette.

Ek vervies myself wanneer mense op 'n program soos "Kom ons braai" (VIA - Kanaal 147) uitvaar teenoor diegene wat gebruik maak van hetsy 'n ketelbraai, brikette of houtskool.

My seun brand duisende stukke rooikrans deur die jaar - altyd groot vure. Maar sy kinders stel dit onomwonde dat oupa se vleis wat op die Weber gebraai word, lekkerder is. En daar's niks fout met my seun se braaitegniek nie.

Ek was inderwaarheid genoodsaak deur omstandighede om 'n Weber Smokey Joe te begin gebruik. Toe ek in Grabouw gewoon het, het ek ook duisende rooikrans-stompies in 'n jaar uitgebrand in my binne-braai. Terloops, in die Kaap is 'n binne-braai nie 'n luukse nie.

Toe verhuis ons Kleinmond toe. En ons huis beskik ook oor 'n binne-braai. Maar dit is losstaande. As ek dus houtvuur daarin maak, straal dit reg rondom 'n erge hitte uit. En die metaal skoorsteen word sodanig warm, dat ek bekommerd is oor die denne-plafon wat nie behoorlik geïsoleer is nie.

My vrou herinner my toe aan die Smokey Joe wat ek in 'n kompetisie gewen het en ongebruik in die garage staan. Dit was die oplossing. Die Smokey Joe pas lekker in die binne-braai - en daar begin my avontuur toe met 'n totale verandering wat braai aanbetref. Dit het 'n tydperk van "trial and error" geneem om die tegniek te bemeester (nie dat ek 'n meester is van ketelbraais nie).

Ons braai gemiddeld 3 - 4 keer per week (die voordeel van 'n binne-braai in jou oopplan eet/sitkamer/kombuis). Mammie kan rustig sit en TV kyk (ek ook van agter die braai), die yskas is 'n armlengte weg vir 'n koue goue of ons Bolandse voggies. En sedertdien gaan die Smokey Joe oral saam (net nie saam na Roemenië toe waar ek tans by my dogter-hulle kuier nie). En dit het my al meermale in staat gestel om te kan braai wanneer andere nie 'n houtvuur kan maak nie.

In Namutoni (Etosha) kon ek braai in gietende reën onder ons chalet se afdak. Daar was geen teken van 'n ander vuur in sig nie). In die winter, op pad wildtuin toe of terug deur die koue binneland, sit ek met die Smokey Joe, tussen my bene, in die karavaan se deurkosyn en braai my vleis. Die hitte vanaf die braai en van agter my rug die hitte van die waaier-verwarmer waarby mammie knus sit.

Dus - Kanneman, braai jou worsie op koerantpapier. Laat niemand jou vertel wat is die korrekte hittebron nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 11:33:12 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1529
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Buurvrou het nou 'n Kamferboom laat uithaal, hout is opgekap. Dit lyk nogal goeie hout, en ek (wat maar altyd van 'n vuur hou - hetsy braai of vir atmosfeer/hitte) het 'n paar lekker dik stompe geneem om op te saag en te laat droog word. Ek het redelik ge-Google, maar kry nêrens enige verwysing na die hout vir vuurmaak nie. Ek glo dat die hout egter wél 'n reukie het..... maar kan ek braai daarmee?

Reg, ek het toe maar aangegaan met hierdie Kamferhout storie van my .... opgesaag, soos met al die ander hout goed natgegooi en toe laat sondroog word

1. Van die hout het nogal redelik vinnig verdroog en ek het dus as 'n eksperiment daarvan begin gebruik. Redelik harde hout wat, toe ek dit kleiner stukke kap (vir die begin vuur) is daar 'n heerlike "skoon" geur ... soveel so dat selfs Joanie opgemerk het dat dit lekker ruik

2. Op die vuur het dit redelik moeilik gegaan om te begin brand, maar toe dit eers brand, gaan dit goed.. Absoluut geen reuk nie, maar, .... en ek mag verkeerd wees, of andersins was dit net per toeval .... opmerklik geen vlieë of muggies nie 🤔. (Ons het veral redelik probleme met muggies hierdie tyd van die jaar.)

3. Die hout maak nogal lekker kole, alhoewel ek as voorsorg dit wel so effens aangevul het met houtskool (weet nie hoe lank die hitte gaan hou nie, en omdat ek toe nou hoender braai, nou ja ...)

4. Hoender het heerlik gebraai, en nadat Joanie opgeskep het, het ek eers voorgegee dat ek nie so honger is nie, en sy kan maar solank eet. (Mens moet maar versigtig wees!) Haar dopgehou vir so 45 minute, en aangesien sy geen probleme, (maag, slukderm, asemhaling ens.) openbaar het nie, het ek ook weggeval aan my ete. 

HEERLIK! Sal dit beslis weer doen

En nou ja, daar is my terugvoering!! Hoop dit is van waarde.

5. Aangesien ons nou nét uit Vroue maand is, skraap maar punt #4 ... sommer net gejok!! Ek het heerlik saam met Vroulief geëet !!😁

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required