English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 955
Total Replies: 272 076
Total Views: 83 934 664
topics: 12 407
replies: 150 952
views: 39 709 039
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kamera bedrading

replies: 29
views: 445
06 Aug, 2022 @ 14:35:24 pm
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Ek het ‘n wireless auto-vox kamera wat ek wil gebruik op my Caravette 6.

Ek wil graag van die drade gebruik maak wat na die nommerplaat-liggies gaan en dan seker maak dat daardie drade konstant kragtoevoer het. Sodoende kan ek ‘n konstante beeld ipv net reverse kamera hê. 

Die nommerplaatliggies werk net wanneer die voertuig se hoofligte aan is en ek kan nie sien dat daar konstante toevoer van die voertuig is wanneer die voertuig se ligte af is nie. 


Krag kom wel konstant deur wanneer die karavaan-socket uit is en ek die punte toets. 

Enigiemand wat kan help met inlgting oor  bedrading sodat ek konstante krag op die nommerplaat liggies kry? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug, 2022 @ 19:42:35 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1798
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Die no2 behoort te werk mits hy aan die sleep voertuig so bedraad is

Ek ry altyd met my ligte aan dan behoort Mommer plaat liggie nie probleem te wees nie

As jy Battery in jou wa het koppel deur skakelaar en Smeltdraad op die batter dan skakel jy hom aan as jy sleep

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug, 2022 @ 20:08:44 pm
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Die no2 behoort te werk mits hy aan die sleep voertuig so bedraad is

Ek ry altyd met my ligte aan dan behoort Mommer plaat liggie nie probleem te wees nie

As jy Battery in jou wa het koppel deur skakelaar en Smeltdraad op die batter dan skakel jy hom aan as jy sleep

Ek wil nie nuwe gate maak vir drade nie maar ‘n battery en nuwe bedrading (gate) is dalk my voorland. 

Ek het bietjie meer geleer van hoe die sockets werk en die verskillende tipes by hierdie skakel. Dit wil voorkom dat ek die 12N tipe het wat onvoeldoende is vir wat ek wil doen. Ek gaan maar draai maak by ‘n towbar spesialis om seker te maak ek verstaan reg en kwotasie te kry. As dit te duur is sal ek eerder met die battery-plan gaan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 07:54:55 am
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Skakel: https://www.caravantalk.co.uk/community/topic/62961-7-pin-socket/

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 07:55:53 am
Chris Centurion
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 756
Joined: 04 May, 2016
Experience: 35 years

Ek ry ook altyd met die voertuig se ligte aan. Dit maak jou net meer sigbaar op die pad vir mede padgebruikers.

Dit is ook die maklikste en goedkoopste manier om jou kamera te koppel.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 08:10:44 am
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Ek ry ook altyd met die voertuig se ligte aan. Dit maak jou net meer sigbaar op die pad vir mede padgebruikers.

Dit is ook die maklikste en goedkoopste manier om jou kamera te koppel.

Is dit dan nie moeiliker in die dag vir die kar agter die karavaan om te sien wanneer jy rem nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 09:26:19 am
Chris Centurion
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 756
Joined: 04 May, 2016
Experience: 35 years

Die remligte is heelwat skerper (helderder) as die ligte.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 09:33:50 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4959
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Moontlik kan 'n 7.2AH battery, die soort wat in hekmotors gebruik word, hier ingespan word.  Ek skat die kamera se verbruik is baie laag sodat so 'n battery vir baie ure die kamera sal kan dryf.  Die probleem sal net wees om dit aan en af te skakel.  Dalk is 'n skakelaar wat naby die kamera aangebring word 'n moontlikheid, of 'n skakelaar binne die karavan by die battery self.

Ek het op ons vorige karavan die twee parkeerligte aan die karavaan gekombineer op een punt en die ander punt gebruik vir krag vir die 3 rigting yskas terwyl ons gery het.  Ek moes 'n draad vanaf die aansluiter neem om 'n rele te dryf wat krag direk vanaf die battery kon tap.  Die kamera sal egter baie min krag gebruik sodat dit veilig behoort te wees om slegs een draad te gebruik wat krag direk vanaf die aansluiter na die kamera neem.  Ek praat egter van 'n ouer voertuig en ek weet nie of so-iets op moderne voertuie moontlik is nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 09:37:28 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1737
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Ek ry ook altyd met die voertuig se ligte aan. Dit maak jou net meer sigbaar op die pad vir mede padgebruikers.

Dit is ook die maklikste en goedkoopste manier om jou kamera te koppel.

Ek doen dieselfde. Dit is al 'n gewoonte om die ligte aan te skakel sodra ek my voertuig aangeskakel het. Selfs met die Hilux se "day driving lights" gebruik ek steeds my hoofligte.

Ek het onlangs 'n kamera agterop die karavaan laat installeer deur Pine Joubert van Western Cape Caravan Movers (wat ook my Ewiks "movers" geïnstalleer het).

Die kamera kry sy krag vanaf die karavaan se battery - wat met 'n skakelaartjie toegerus is. Ek het dit nog net vanaf Pine se werksplek tot by my huis gebruik - en dit het baie bakgat gewerk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 10:08:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16951
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Ek het ‘n wireless auto-vox kamera wat ek wil gebruik op my Caravette 6.

Ek wil graag van die drade gebruik maak wat na die nommerplaat-liggies gaan en dan seker maak dat daardie drade konstant kragtoevoer het. Sodoende kan ek ‘n konstante beeld ipv net reverse kamera hê. 

Die nommerplaatliggies werk net wanneer die voertuig se hoofligte aan is en ek kan nie sien dat daar konstante toevoer van die voertuig is wanneer die voertuig se ligte af is nie. 


Krag kom wel konstant deur wanneer die karavaan-socket uit is en ek die punte toets. 

Enigiemand wat kan help met inlgting oor  bedrading sodat ek konstante krag op die nommerplaat liggies kry? 

Eerstens sal ek voorstel dat jy nie net die krag na die kamera deur trek nie maar ook 'n RCA kabel vir die beeld.  As jy die wireless fasiliteit gebruik kan jy beeld verloor omdat die afstand van die agterkant van die karavaan totby die skerm redelik ver is en kan jy met tye die beeld verloor.  Die beeld verloor gebeur ook redelik baie as daar radio steurings teenwoordig is.

Dan ek sien jy sleep met 'n Freelander2.  Is daar nie in die kattebak iewers 'n 12V sok nie. Jy kan dan krag van daaraf kry en dit deurtrek onderdeur die karavaan tot by die Kamera.  Indien nie trek dan saam met die RCA kabel n krag draad van die voorste sigaretaansteker sok deur.

Ek het dit so twee maande terug vir my niggie se man gedoen. Ons het die krag van die 12V sok agter in sy KIA Sportage gekry.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 10:42:33 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1737
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Myne is 'n "wireless" stelsel. Na aanleiding van wat ek gelees het (soos hierbo deur Fred) wou ek aanvanklik nie "wireless" gehad het nie.

Toe ek dit met Pine Joubert (die installeerdeer - en 'n gerekende karavaanman hier in die Wes-Kaap) bespreek, het hy aan my genoem dat hy installeer beide stelsels. En dat daar inderdaad waarheid ingesteek het t.o.v. kritiek teenoor die "wireless" stelsel - tot onlangse jare. Maar klaarblyklik is die modernes van sodanige aard dat die probleme uitgestryk is. Volgens hom gebruik menige swaar voertuie deesdae die moderne "wireless" kameras - met groot sukses.

Volgens hom staan die moderne "wireless" stelsels geensins meer terug vir dié wat na die sleepvoertuig bedraad word nie.

Ek vertrou wat hy aan my genoem het, maar moet dit nog deeglik beproef met my volgende sleep-sessie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 23:08:43 pm
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Ek het die kamera sommer aan die nommerplaatliggies gekonnekteer en dit getoets oor so 20km. 
Die skerm het omtrent 20 keer af- en self aangegaan en 2 keer gevries oor hierdie afstand. Ek vermoed dit is omdat die sein van die antenna wat by die nommerplaat is, belemmer word deur die karavaan se metaal. Ek sal dit toets met die antenna binne die karavan om ‘n tipe line-of-sight te hê.  
Die kamera en monitor is goeie kwaliteit so ek vermoed dis net sein probleme. Die model kry meestal goeie resensies op youtube. 
‘n Paar interesante feite wat ek sovêr geleer het:

- Wireless reverse kameras kom in analoog of digitale formaat voor.

- Digitaal gee beter beelde maar het partykeer ’n vertraagde beeld

- Analoog se beeld is feitelik onmiddelik op die skerm

- Analoog stelsels kan maklik ‘n ander wireless (analoog) se sein/beeld optel en wys op jou skerm (soos byv sekuriteitskameras in ‘n winkel)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug, 2022 @ 23:17:00 pm
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Eerstens sal ek voorstel dat jy nie net die krag na die kamera deur trek nie maar ook 'n RCA kabel vir die beeld.  As jy die wireless fasiliteit gebruik kan jy beeld verloor omdat die afstand van die agterkant van die karavaan totby die skerm redelik ver is en kan jy met tye die beeld verloor.  Die beeld verloor gebeur ook redelik baie as daar radio steurings teenwoordig is.

Dan ek sien jy sleep met 'n Freelander2.  Is daar nie in die kattebak iewers 'n 12V sok nie. Jy kan dan krag van daaraf kry en dit deurtrek onderdeur die karavaan tot by die Kamera.  Indien nie trek dan saam met die RCA kabel n krag draad van die voorste sigaretaansteker sok deur.

Ek het dit so twee maande terug vir my niggie se man gedoen. Ons het die krag van die 12V sok agter in sy KIA Sportage gekry.

Ja, ek het ‘n Freelander 2. Ek wil nie sukkel met ekstra RCA drade nie (eintlik is ek net bang om te veel van my kar se panele uitmekaar te moet haal en drade aanlê 😇 Ek is baie sleg met handyman take. Ek wil nog die Caravette 6 se yskas vervang en dit staan soos ‘n berg voor my)

Die ekstra voordeel van draadloos is dat ons maklik die monitor in my vrou se Freelander 2 kan gebruik wanneer ons met haar kar sleep. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug, 2022 @ 07:24:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16951
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Is reg kyk maar hoe werk die wireless vir jou.  As jy die soek funksie op die blad gebruik sal jy sien dat meeste van die wireless kameras maar sukkel met komunikasie omrede die afstand van agter die wa tot voor op die dash 'n redelike ent is en dan as die kombinasie nog beweeg is dit asof die voertuig onder die sein van die kamera uit ry.

Sterkte met die projek.  Ek stel voor jy toets (Sleep die wa met die kamera agter op en ry 100km/h) die wireless voordat jy dit regtig installeer.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug, 2022 @ 07:25:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16951
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Proof of the pudding lies in the eating.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 18:09:37 pm
Piet Ford
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 738
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Ek het eerder nie die wireless stelsel gekoop nie. Die afstand van voor in die bakkie tot agter by die karavaan is net so oor die 10 meter, maar as jy die kable moet voer under die karavaan moes ek n 10 m kable vir die karavaan en 5 m vir die kar gebruik.

My probleem was dat daardie RCA kabel se connectors baie groot is en jy n groot gat moet boor om hulle te kan deurvoer na die karavaan en die kar. 

Ek het n kort RCA kabel gevat, sy connectors aan die een kant afgesny en hulle weer verbind met soldeersel en dit getoets. Het nog steeds baie goed gewerk. Het toe die 10 m en 5 m  RCA kabel se connectors aan die eenkant afgesny gevoer onder die karavaan / kar en en weer aanmekaar gesoldeer. Alles werk baie goed met n goeie beeld. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 18:44:26 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1364
Joined: 15 Dec, 2012
Experience: 9 years

Op ons onlangse toer na Kgalagadi het ons die kinders se Bushlapa Ratel geleen.  Die het 'n Garmin BC40 kamera agter die wa.  Die kamera het draadloos gekoppel met my Garmin 66 GPS en die prentjie was helder.  Die koste van die produkte is hoog maar dit blyk dit werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug, 2022 @ 20:59:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16951
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Myne is 'n "wireless" stelsel. Na aanleiding van wat ek gelees het (soos hierbo deur Fred) wou ek aanvanklik nie "wireless" gehad het nie.

Toe ek dit met Pine Joubert (die installeerdeer - en 'n gerekende karavaanman hier in die Wes-Kaap) bespreek, het hy aan my genoem dat hy installeer beide stelsels. En dat daar inderdaad waarheid ingesteek het t.o.v. kritiek teenoor die "wireless" stelsel - tot onlangse jare. Maar klaarblyklik is die modernes van sodanige aard dat die probleme uitgestryk is. Volgens hom gebruik menige swaar voertuie deesdae die moderne "wireless" kameras - met groot sukses.

Volgens hom staan die moderne "wireless" stelsels geensins meer terug vir dié wat na die sleepvoertuig bedraad word nie.

Ek vertrou wat hy aan my genoem het, maar moet dit nog deeglik beproef met my volgende sleep-sessie.

Ek vat jou woord en die van Pine sin daarvoor.  Gaan vir goud met die instalasie. Maar proof of the pudding lies in the eating.  Hou 'n agter deur oop by die instaleerder as die wireless nie lekker wil werk nie.

Die trukamera is iets wat ek eerste sal installeer as ek weer 'n karavaan kan koop.  Dit maak die sleep van 'n karavaan net soveel makliker.  Karavaan tru spieels is regtig iets van die verlede.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug, 2022 @ 11:45:28 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 6112
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 35 years

Ek het destyds toe ek die draad-loose kamera gekoop het ook baie gesukkel.  Selfs die antenna voor in die neus kas gesit .  Maar later oor gegaan na die draad opsie en die antenna verwyder.  Die kamera se krag het ek ook van die karavaan se battery deur 'n skakelaar getrek wat al die probleme opgelos het.  Ek het 'n 2de kamera op die 
Exclusive gebruik wat nie so wye hoek het nie want dit het my baie meer distansie gegee.  My monitor kan 2 kameras hanteer en dit het baie lekker gewerk want die een met die wye hoek (reverse) het ek gebruik as ek terugstoot en die ander een vir die oop pad.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug, 2022 @ 11:55:33 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 6112
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 35 years

Ek het so lekker groot skerm destyds gekoop, CCTV

En die 2de kamera het ek by Communica gekoop.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug, 2022 @ 13:47:56 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20438
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Myne is 'n "wireless" stelsel. Na aanleiding van wat ek gelees het (soos hierbo deur Fred) wou ek aanvanklik nie "wireless" gehad het nie.

Toe ek dit met Pine Joubert (die installeerdeer - en 'n gerekende karavaanman hier in die Wes-Kaap) bespreek, het hy aan my genoem dat hy installeer beide stelsels. En dat daar inderdaad waarheid ingesteek het t.o.v. kritiek teenoor die "wireless" stelsel - tot onlangse jare. Maar klaarblyklik is die modernes van sodanige aard dat die probleme uitgestryk is. Volgens hom gebruik menige swaar voertuie deesdae die moderne "wireless" kameras - met groot sukses.

Volgens hom staan die moderne "wireless" stelsels geensins meer terug vir dié wat na die sleepvoertuig bedraad word nie.

Ek vertrou wat hy aan my genoem het, maar moet dit nog deeglik beproef met my volgende sleep-sessie.

Sal graag jou terugvoer wil hoor as jy getoets het. Dk het ook elders gelees dat hulle die wire cameras met sukses op interlink trokke gebruik, so hoort seker op karavaan ook dan  te werk

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug, 2022 @ 22:26:34 pm
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Ek het die kamera sommer aan die nommerplaatliggies gekonnekteer en dit getoets oor so 20km. 
Die skerm het omtrent 20 keer af- en self aangegaan en 2 keer gevries oor hierdie afstand. Ek vermoed dit is omdat die sein van die antenna wat by die nommerplaat is, belemmer word deur die karavaan se metaal. Ek sal dit toets met die antenna binne die karavan om ‘n tipe line-of-sight te hê.  
Die kamera en monitor is goeie kwaliteit so ek vermoed dis net sein probleme. Die model kry meestal goeie resensies op youtube. 
‘n Paar interesante feite wat ek sovêr geleer het:

- Wireless reverse kameras kom in analoog of digitale formaat voor.

- Digitaal gee beter beelde maar het partykeer ’n vertraagde beeld

- Analoog se beeld is feitelik onmiddelik op die skerm

- Analoog stelsels kan maklik ‘n ander wireless (analoog) se sein/beeld optel en wys op jou skerm (soos byv sekuriteitskameras in ‘n winkel)

Ek het vandag die kamera se uitsaaier uitgehaal agter die nommerplaat en dit binne die karavaan gesit. Sommer aan die binnekant van die agterste venster teen die hefboompie. 

Ek het op dieselfde pad as voorheen gery maar dubbel die vorige afstand en teen maksimum 120km/h. 

Hierdie keer was daar geen probleem met die sein nie, en die beeld was baie vloeiend. Ek dink die sein was laas beinvloed deur die karavaan se aluminium (dit was immers agter die nommerplaat). 

Ek is tevrede met die hele opset en gaan nog ‘n laaste toets doen waar ek die uitsaaier binne die karavaan maar buite sig gaan monteer. Ek sal ongelukkig ‘n gat moet boor na binne maar dis wat dit is. 
Dankie vir almal se insette!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug, 2022 @ 11:09:23 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20438
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het vandag die kamera se uitsaaier uitgehaal agter die nommerplaat en dit binne die karavaan gesit. Sommer aan die binnekant van die agterste venster teen die hefboompie. 

Ek het op dieselfde pad as voorheen gery maar dubbel die vorige afstand en teen maksimum 120km/h. 

Hierdie keer was daar geen probleem met die sein nie, en die beeld was baie vloeiend. Ek dink die sein was laas beinvloed deur die karavaan se aluminium (dit was immers agter die nommerplaat). 

Ek is tevrede met die hele opset en gaan nog ‘n laaste toets doen waar ek die uitsaaier binne die karavaan maar buite sig gaan monteer. Ek sal ongelukkig ‘n gat moet boor na binne maar dis wat dit is. 
Dankie vir almal se insette!

Hoe groot is die uitsaaier? Het jy miskien foto?

Hoe werk die skerm voor .....trek hy net krag vanaf die sigaret laaier....en dis dit, geen ander drade?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug, 2022 @ 20:40:07 pm
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Hoe groot is die uitsaaier? Het jy miskien foto?

Hoe werk die skerm voor .....trek hy net krag vanaf die sigaret laaier....en dis dit, geen ander drade?

Hier is 'n paar foto's van die kamera en skerm.

 

Ek het 'n wye-hoek kamera gekies sodat ek meer agter my kan sien. Dit maak wel die voertuie in die verte baie verder vootkom as wat dit is.

Die uitsaaier-katoeter...

 

Ek sal later 'n gat regdeur boor na die binnekant van die kassie net aan die anderkant van die nommerplaat. 

 

'n Skakel na die kamera op die web: AUTO VOX (auto-vox.com)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug, 2022 @ 20:43:35 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20438
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Dankie Cobus, waardeer. Trek jy steeds krag van nommerplaat liggies...net sender binne toe geskuif?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug, 2022 @ 22:12:26 pm
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Dankie Cobus, waardeer. Trek jy steeds krag van nommerplaat liggies...net sender binne toe geskuif?

Jap, krag kom van die nimmerplaatliggies so ek moet met die ligte aan ry om enigiets agter die karavaan te kan sien. 
Ek sal dit eendag verander om van ‘n battery te werk. Om ‘n behoorlike battery en laaier te installeer is op my To Do lys - ek het nog die ou CI Chargemaster. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug, 2022 @ 12:28:27 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20438
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Jap, krag kom van die nimmerplaatliggies so ek moet met die ligte aan ry om enigiets agter die karavaan te kan sien. 
Ek sal dit eendag verander om van ‘n battery te werk. Om ‘n behoorlike battery en laaier te installeer is op my To Do lys - ek het nog die ou CI Chargemaster. 

Dankie vir jou terugvoer Cobus. Nog een vraag....waar het jy gekoop? Ek is van Pretoria

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug, 2022 @ 18:39:53 pm
CabousBeer
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 15 Jan, 2020
Experience: 8 years

Dankie vir jou terugvoer Cobus. Nog een vraag....waar het jy gekoop? Ek is van Pretoria

Ek het dit op EBay gekry vir $84 as ek reg onthou. My suster-hulle het dit saamgebring toe hulle kom kuier het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug, 2022 @ 19:18:32 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20438
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het dit op EBay gekry vir $84 as ek reg onthou. My suster-hulle het dit saamgebring toe hulle kom kuier het. 

Dankie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug, 2022 @ 19:22:00 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 6112
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 35 years

Ek het so lekker groot skerm destyds gekoop, CCTV

En die 2de kamera het ek by Communica gekoop.

Ek het juis die een saam met die wyehoek een gebruik want hy wys beter verder.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required