Ek het pas 'n UV flits gekry wat instaat is om skerpioene in die donker laat sigbaar word. Hulle gloei helder blou. Dis 'n baie handige apparaatjie as jy uitkamp, veral in die somer in die Bosveld.
Ek het ook sommer 'n ander baie handige eienskap van die flits ontdek, naamlik om urine op te spoor. Jong Woefie wat nog nie weet hy mag nie sy ding binneshuis doen nie, is nogal 'n probleem. 'n Mens ruik die ongelukkie in 'n vertrek maar omdat jou neus nie so skerp as 'n hond s'n is nie, weet jy nie presies waar nie. In die donker met die UV flits skyn die ongelukkie helder wit en kan jy dit skoon maak. Die flits lyk dit my is by meeste buitelug en kampwinkels te koop.
ek het sommer op Wish n goedkoop een gekry en die het my gehelp met n water lek op my vrou se kar. Die anti-vries wat gebruik was gloei helder groen onder die UV lig. Ek is wel nie seker of dit n algemene eienskap van anti-vries middels is nie.
Laasjaar by Lower Sabie gesien hoe die kinders die skerpioene in die bome raaksien.....verbasend hoe vreeslik baie daar is wat jy nie met blote oog optel nie. Nice om te sien dit werk vir ander doeleindes ook
Bietjie die wat by die boom gaan staan in die aand by n kamp ook wys...
Maak seker jou buurman het nie een nie voor jy dit doen! Maar gelukkig sal die flits nie kan onderskei tussen 'n bobbejaan en 'n mens nie😆
Gebruik n UV flits baie in die kgalagadi. Daar kan jy maklik op een trap oppad badkamer toe.
"Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie". Baie kampeer geleenthede kan spoedig tot mislukking gedoem word indien sekere lede van die geselskap kon sien watter gediertes die kampterrein mildelik met hulle deel. Die kampeerder is tog mos die indringer, nie die gediertes wie se permanente woonplek dit is nie.
Daar is mos 'n rede waarom mens nie snags met plakkies in die Kgalagadi rondloop nie, en waarom enkelhoogte skoene verkoop word.
Gevolgtrekking - oor sekere dinge word daar nie by sekere mense gepraat wanneer in die natuur nie. Probeer gerus die volgende en hou die reaksie dop: Net voordat die slapenstyd lig afgesit word, sê vir vroulief jy het nounet 'n groot bobbejaanspinnekop die tent sien in hardloop. Ek belowe jou, dit gaan 'n rukkie duur voordat daar geslaap gaan word!

Jy is soo reg. Ons het een jaar by Berg en Dal gekamp en tussen die twee karavane was n grond seil waar ons gesit en gesels het. Ons glo nie aan skerp ligte nie, net genoeg om in die donker oor die weg te kom. My ma het so na die grondseil gestaar en gevra hoekom lyk dit of die vloer beweeg. Nadat ons die ligte aangesit het sien ons baie, en ek bedoel baie klien skerpione wat oor die grondseil beweeg. Waar hulle op daardie stadium van daan gekom het weet ek nie maar dit was n gedoente om vroulief en ma die gemoedsrus te gee dat hulle nie in die karavann sal kan kom nie. Moes doom spuit om al die hoek stutte, wiele en trappie van die karavaan voordat hulle so klien beitjie beter gevoel het.
Gelukkig bly die boomskerpioene grootliks net in die bome waar hulle hul prooi inwag.
Sien onderstaande "link".
https://dewetswild.com/tag/boomkruiper-skerpioen/
Ek het ook so 'n flitsie destyds in Satara gekoop vir die kleinkinders. Jy kan maar aand na aand gaan kyk - die kalant sit altyd op diesefde wegkruipplek in die boom.
Jy is soo reg. Ons het een jaar by Berg en Dal gekamp en tussen die twee karavane was n grond seil waar ons gesit en gesels het. Ons glo nie aan skerp ligte nie, net genoeg om in die donker oor die weg te kom. My ma het so na die grondseil gestaar en gevra hoekom lyk dit of die vloer beweeg. Nadat ons die ligte aangesit het sien ons baie, en ek bedoel baie klien skerpione wat oor die grondseil beweeg. Waar hulle op daardie stadium van daan gekom het weet ek nie maar dit was n gedoente om vroulief en ma die gemoedsrus te gee dat hulle nie in die karavann sal kan kom nie. Moes doom spuit om al die hoek stutte, wiele en trappie van die karavaan voordat hulle so klien beitjie beter gevoel het.
Ons was Feb 2019 in Shingwedzi - in 'n chalet. Net voor slaaptyd borsel ek my tande en my vrou loop gou haar laaste draaitjie by die toilet. Sy roep my en vra ek moet die "torretjie" kom vang en uitgooi. Toe ek so afbuk om die "torretjie" op te tel, sien ek die "torretjie het klein knypertjies. Dit was een van daardie dikstert-skerpioene - met sy stert oor sy voorlyf gevou. Ek het dit in 'n emaljebakkie geplaas en buite gaan uitsit. Dit sou 'n seer (en dalk dodelike) "byt" van die "torretjie" gewees het.
Klink interessant - hou veral van die idee om dié liggie te gebruik om 'n waterlek in 'n enjin op te spoor ....... kan onthou dat ons eens ure gesoek het met 'n waterlek by my tydren VW Golf. 😬