English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 707
Total Replies: 268 633
Total Views: 83 817 783
topics: 12 259
replies: 148 820
views: 39 646 051
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Traandruppel karavane

replies: 6
views: 232
23 Mar, 2022 @ 12:52:18 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1274
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ek sien daar is n paar van die "druppel-tipe" karvaantjies wat by kampe opduik. Ek moet bieg dat dit nog glad nie vir my n aantrekking gehad het nie en ek verstaan nie die konsep van uit n bed klim op die gras langs die karavaan nie. Ons het hierdie nuwe tipe in Ebb-and-Flow teegekom, hy was uitgestal by n skou in Gauteng en die ontwerper/bouer het op pad Kuilsrivier toe by ons gestaan vir een aand. Dis geheel van plastiek gemaak en het n paar oulike ingeboude items.

Dis duidelik dat die "geut" bo die opwipdeur nie gaan werk nie en dat dit herontwerp sal moet word. Daar is pakplek onder die drumpel van die deure wat dit redelik wyd maak wanner jy wil uitklim.

Ek weet nie of ek so beknop sal wil slaap nie, en n TV teen die "dak" gaan ook nie vir my nek goed wees nie.

Verder dink ek dis n unieke en moderne ontwerp en daar gaan waarskynlik mense wees wat daarvan gaan hou, ek verstaan van die ontwerper daar is n ses maande wagperiode.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar, 2022 @ 13:34:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19823
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Daai een lyk fancy, maar ek dink ook nie ek sal daarin wil kamp nie....ten minste nie teen die kostes wat daai teardrops kos nie. Tent sal vir my meer aangenaam wees. 

Daar was n paartjie wat 4 staanplekke vanaf ons gestaan het laasjaar September wat vir die 2de keer met hul teardrop gaan kamp het....hul het n bordjie buite hul teardrop gehad : FOR SALE. Hy het gesê dis baie ongerieflik....hulle kan nie eers aantrek daar binne nie, moet ablusies toe loop daarvoor

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar, 2022 @ 16:15:28 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1752
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

ai op met al my skete hou ek verby sal nie die krom leef kan volhou nie

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar, 2022 @ 17:36:33 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4660
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek hou ook nie van die idee nie en die regte traandruppel eenhede is nie vir my mooi nie. Hierdie een se vorm lyk beter maar die probleme hoerbo genoem  bestaan steeds. Die voordeel is dat hy seker baie makluk trek en bykans enige plek gestoor kan word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar, 2022 @ 20:17:40 pm
George
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 840
Joined: 01 May, 2016
Experience: 14 years

They just cost to much for what you get........

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar, 2022 @ 21:19:08 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11138
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Klaar benoud, net van hier af wat ek vir hom kyk.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun, 2022 @ 13:25:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19823
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

R 99 200 .....onder classifieds

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First