English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 767
Total Replies: 269 359
Total Views: 83 846 840
topics: 12 294
replies: 149 224
views: 39 661 748
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat word bedoel met gemiddelde snelheid?

replies: 14
views: 319
13 Jan, 2022 @ 22:23:18 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1878
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Net soos wat dit soms lyk asof Karel Grootlieg gereeld sy kop uitsteek wanneer dit by karavaan sleep en brandstof verbruik kom, lyk dit vir my asof gemiddelde snelheid ook een van Karel se wiskundige swakhede is. Waarna word nou eintlik verwys wanneer daar na 'n gemiddelde snelheid verwys word? Volgens my verstaan van gemiddelde snelheid wil ek graag sien hoe 'n ou met 'n gewone karavaan 'n gemiddelde snelheid van 120 handhaaf tussen sê maar Kaapstad en Colesberg.

Gedurende die tweede helfte van die negentigs het ek die eerste keer van 'n GPS wat klein en draagbaar is gelees, en dadelik een van Amerika af laat kom. Dit was 'n Garmin Etrex Venture, kleiner maar vetter as 'n selfoon, en beskik oor wonderlike inligting.

Terug by die onderwerp - met die eerste rit tussen Johannesburg en Kaapstad het ek 'n groot les geleer. By die Kroonvaal Plaza stel ek die outjie sodat ek terselfdertyd beide ons gemiddelde spoed asook die heersende spoed kon monitor. Ek probeer toe om daarvolgens teen so na as moontlik aan 125 kpu te ry, maar nie vinniger nie, en was my verbasing groot om te sien hoe stadig die gemiddelde spoed vermeerder. Toe ons by die destydse dubbelweg gedeelte by Bloemfontein kom was ons gemiddelde spoed iets soos 117 kpu. Ons het niks gesleep nie.  Na daardie les het ek nooit weer gepraat van 'n gemiddelde spoed waarteen ek ry nie. Ek sal wel sê dat ek 'n sekere spoed probeer handhaaf, of die "cruise control" op 'n sekere spoed vas maak.

Hierdie kwessie het my genoop om te reageer na aanleiding van bewerings van wonderlike brandstof verbruik van 'n twee liter diesel voertuig teen sekere snelhede. Ek het Oom Google gaan raadpleeg oor die een wat my wenkbroue die meeste laat lig het, en volgens 'n padtoets was hulle gemiddelde verbruik gedurende die toets periode 10.8 kpl.

My ervaring met die 10 sleepvoertuie wat ek gehad het oor die voorafgaande 51 jaar is dat wanneer daar karavaan gesleep word brandstof verbruik met ongeveer 40% verhoog mits daar nie buitensporig vinnig (bo 100 kpu) gesleep word nie. 10.8 raak dus nader aan 6.5 met 'n karavaan agter.

Terug by die gemiddelde snelheid - my ervaring met my huidige kombinasie is dat wanneer ek die spoed beheer op 100 vas maak (GPS spoed) dat my gemiddelde snelheid wissel tussen 80 en 85, afhangende van verkeer. 

Hierdie ooglopend lae spoed kan in der waarheid 'n baie skewe prentjie van brandstof verbruik gee, want in werklikheid is die 7 tot 7.5 kpl waarna ek verwys nou mos nie teen 100 kpu nie, maar teen net oor die 80 kpu. 

Dit laat my dink aan die raad wat my eerste karavaan verkoopman gegee het: "Indien brandstof verbruik jou kampeer bekommernis is moet jy liewer met 'n tent gaan kamp".

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 08:18:18 am
Andre Smit
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 411
Joined: 23 Sep, 2011
Experience: 45 years

Môre Kanneman,

Ek kan net 100% met jou saamstem oor beide jou vertolking van gemiddelde spoed en brandstof verbruik.

Daar is min dinge waaroor voertuig eienaars meer twak kwytraak as brandstof verbruik.

Ek het 'n paar jaar gelede my eie syfers verduidelik. ek het op daardie stadium ongeveer 160000km afgelê en vir subsidie doeleindes moes ek boekhou van my diesel wat ek aangekoop en ingegooi het.

Die resultaat van daardie berekening gee na my mening die akkuraatste weergawe.

Wat betref die verbruik tydens sleep gaan dit ook grootliks verskil maar jou 40% toename KLINK vir my BAIE realisties. Daar kan egter ook  groot verskille daarmee ontstaan soos bv ons wat die Sprite Surfertjie met die Amarok gesleep en en om dan soos party mense daai Jurgens mobile huise met die Amarok te sleep gaan drastiese verskille in gebruik gee.

Ek is oop vir verdere oortuiging dmv realistiese feite, maar iemand wat kom vertel hy kry meer as 10km per liter wanneer hy teen meer as 100kmh sleep sal oor ander goed ook twakpraat

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 09:03:19 am
Hennie Botha
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1456
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Andre stem 100%. Die "volmaak" het ook 'n invloed. Laat jy jou voertuig volmaak tot "1ste outomatiese stop" of laat jy volmaak tot heelbo en kyk of dit wel gedoen word. Ek trek ook 'n skedule op wanneer ek jaarliks afgaan Kaaptoe en dit is nooit konstant nie. Wind, aantal mense in voertuig en gewig speel 'n groot rol. Wat ek wel kan se is dat ek volgens die "spreadsheet" vir jou my WERKLIKE verbruik oor die hele roete kan gee en ook tussen verskillende kere wat ek volmaak.

Hierdie syfers hieronder was met sleep van my 6vt treiler.

Brandstof verbruik Kaap trip 2021
Datum Bestemming Bedrag Liters Bedrag per liter Km Gemiddeld liter per 100 km Details
17-Apr Bloemfontein 607.78 34.97 17.38 524.10 6.67 Potch, Roodepoort, Bloemfontein
17-Apr Beaufort West 680.44 40.74 16.70 541.80 7.52 Bloemfontein, Beaufort wes
19-Apr Rawsonville 404.46 26.75 15.12 444.50 6.02 Beaufort wes, Goudini, Worcestor, Goudini
21-Apr Rawsonville 632.92 41.85 15.12 726.00 5.76 Goudini, Ceres, Goudini, Paarl, Taal Monument, Bonnievale, Riviersonderend, Caledon, Hermanus, Kleinmond, Pringlebaai, Rooiels, Gordons Baai, Stellenbosch, Goudini, Franshoek, Wellington, Goudini, Tulbagh, Goudini, Melkbos
26-Apr Melkbos 712.39 44.72 15.93 730.00 6.13 Melkbos, Houtbaai, See punt, Waterfront, Melkbos, Darling, Yzerfontein, Langebaan, Melkbos
30-Apr Rawsonville 514.23 34 15.12 578.20 5.88 Melkbos, Ganzekraal, Grottobaai, Muizenberg, Simonstad, Kaapstad, Melkbos, Blouberg, Melkbos, See punt, Waterfront, Blouberg strand, Melkbos. Strand, Melkbos, Rawsonville
30-Apr Beaufort West 539.11 32.28 16.70 374.30 8.62 Rawsonville, Beaufort Wes, Gariep dam
1-May Bloemfontein 673.48 38.75 17.38 551.0 7.03 Gariep dam, Bloemfontein, Bultfontein, Bothaville, Orkney, Klerksdorp, Potch, Huis
2-May Wilropark 554.7 33.48 16.57 447.20 7.49 Wilropark
               
Totale   5319.51 327.54 16.23 4917.10 6.66  
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan, 2022 @ 19:29:59 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 634
Joined: 04 Jan, 2021

Ek het tydens ons reis - 2x boetes gekry.

NL: 1ste - R750 teen ń spoed van 130km/h.

2de - R900 teen ń spoed van 148km/h.

Albei was tydens sleep met ń brandstof verbruik wat my deppresief gemaak het.

Ek moes versnel omrede ek nagblind is en weer wou nie saam speel nie.

Om terug te kom na André se aantuiging oor 10km/lt teen ń spoed van 100km/h met ń "Mobiele" Jurgens sou ek aanbeveel: Jou Amarok is swaar op "Juice" of daar is fout veral met ń Surfertjie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan, 2022 @ 20:04:10 pm
JohanMarais
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 708
Joined: 04 Mar, 2014
Experience: 33 years

Ek gebruik ‘n App met die naam “Car Logbook” deur ‘Binary Arm’ om boek te hou van brandstof verbruik, koste van bande, battery, ens. Dit gee ook grafieke van allerhande veranderlikes en ‘n mens kan datums verstel.

’n Klein App, maar baie waardevol, beskikbaar vir beide iOS en Android.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan, 2022 @ 08:20:47 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Môre Kanneman,

Ek kan net 100% met jou saamstem oor beide jou vertolking van gemiddelde spoed en brandstof verbruik.

Daar is min dinge waaroor voertuig eienaars meer twak kwytraak as brandstof verbruik.

Ek het 'n paar jaar gelede my eie syfers verduidelik. ek het op daardie stadium ongeveer 160000km afgelê en vir subsidie doeleindes moes ek boekhou van my diesel wat ek aangekoop en ingegooi het.

Die resultaat van daardie berekening gee na my mening die akkuraatste weergawe.

Wat betref die verbruik tydens sleep gaan dit ook grootliks verskil maar jou 40% toename KLINK vir my BAIE realisties. Daar kan egter ook  groot verskille daarmee ontstaan soos bv ons wat die Sprite Surfertjie met die Amarok gesleep en en om dan soos party mense daai Jurgens mobile huise met die Amarok te sleep gaan drastiese verskille in gebruik gee.

Ek is oop vir verdere oortuiging dmv realistiese feite, maar iemand wat kom vertel hy kry meer as 10km per liter wanneer hy teen meer as 100kmh sleep sal oor ander goed ook twakpraat

Stem saam.....10km /liter sou wonderlik wees. Is ook gewoonlik daai karre wat nie eers n Exclusive agter hulle voel nie...🤣😂...is ook goed daai karre kom uit met spieels, andersins sou jy maklik vergeet het jy het n Exclusive agter jou🤣😅🤔

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan, 2022 @ 21:07:18 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4674
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Die vraag in die opskrif is "wat word bedoel met gemiddelde snelheid?".

Die antwoord is, "gemiddelde snelheid is die tempo van verandering van posisie. (vektor)"

Lyk of dit nie net Karel Grootlieg is wat bietjie sukkel met die wiskunde nie.😁😉

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan, 2022 @ 22:10:56 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1878
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Die vraag in die opskrif is "wat word bedoel met gemiddelde snelheid?".

Die antwoord is, "gemiddelde snelheid is die tempo van verandering van posisie. (vektor)"

Lyk of dit nie net Karel Grootlieg is wat bietjie sukkel met die wiskunde nie.😁😉

HM, nou sal jy eers moet help.

In Karel se skooltyd was matesis seker ook maar 'n vreemde ding, veral as jou verwysingsmateriaal in engels was, en daarvolgens is spoed 'n "scalar quantity". Hier teenoor word "velocity" as 'n "vector quantity" beskryf, terwyl na spoed verwys word wanneer van  "average speed" gepraat word. Volgens my verstaan hiervan is die twee heel verskillend alhoewel vector quantity ook met beweging te doen het. 

Dit sal gaaf wees as jou bron die klaarblyklike misverstand kan opklaar. 😕

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan, 2022 @ 08:59:23 am
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4674
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Kanneman.

Wat is jou vertaling van "velocity" na afrikaans?

Ek het dit as "snelheid". 

Help asseblief.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan, 2022 @ 12:07:22 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1762
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Average Speed = Total Distance Traveled ÷ Total Time Taken

So as ek van A na B beweeg en dit is 600k

Ek vertrek 07:00 en bereik B teen 17:00

dit gee my 10 uur

Ek het vir brandstof en kos gestop wat my 1 uur geneem het

Dit gee my 9 uur ry tyd

average speed = 600 ÷ 9  = 67km/uur

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan, 2022 @ 13:31:35 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4674
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Stem saam Swanie.

Average speed : Gemiddelde spoed

Average velocity : Gemiddelde ????????

Enige taalkundiges hier? Lyk my Kanneman worstel met die een.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan, 2022 @ 15:05:18 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1878
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Stem saam Swanie.

Average speed : Gemiddelde spoed

Average velocity : Gemiddelde ????????

Enige taalkundiges hier? Lyk my Kanneman worstel met die een.

HM, jy is heeltemal reg. Skaakmat!

Einstein het mos gesê dit is onnodig om iets wat jy kan naslaan of op-kyk te memoriseer.

PHAROS, een van my moedertaal verwysingshandleidings laat my hierdie keer in die steek met my naslaan poging. In die Engels / Afrikaans gedeelte vertaal hulle velocity as spoed, terwyl hulle in die Afrikaans / Engels gedeelte by spoed hoegenaamd nie na velocity verwys nie. 

Hier onder is ‘n Britannica verduideliking.

What's the Difference Between Speed and Velocity?

When describing the motion of objects in terms of distance, time, and direction, physicists use the basic quantities of speed and velocity. Two terms, two distinct meanings. Yet, not uncommonly, we hear these terms used interchangeably. So, what’s the difference? Why is it incorrect to use the terms speed and velocity interchangeably?

The reason is simple. Speed is the time rate at which an object is moving along a path, while velocity is the rate and direction of an object’s movement. Put another way, speed is a scalar value, while velocity is a vector. For example, 50 km/hr (31 mph) describes the speed at which a car is traveling along a road, while 50 km/hr west describes the velocity at which it is traveling.

The mathematical calculation for speed is relatively straightforward, wherein the average speed of an object is calculated by dividing the distance travelled by the time it took the object to travel the distance. Velocity, on the other hand, is more complicated mathematically and can be calculated in different ways, depending on what information is available about the object’s motion.

‘n Ander bron sê: “One of the essential differences between speed and velocity is that  speed is a scalar quantity and does not keep track of direction; velocity is a vector quantity and is direction aware.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan, 2022 @ 18:39:46 pm
Piet Ford
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 713
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Dit is nou alles baie interessant en het dit geniet om te lees.

Ek het nog nooit gedink daaraan om n gemiddelde spoed te probeer handhaaf nie (dit klink vir my te stresvol, veral as ek sleep). Ek dink as ek wil weet wat die die gemiddelde spoed was sal ek dit eerder by my bestemming uitwerk. Die vraag is net, sluit mens nou pitstops in?

Ek kyk eerder na pad toestande, verkeer, weer en wind ...en dit bepaal (gee my die gevoel) wat die gemaklike spoed is wat ek op daardie stdium wil ry.

Wind van voor beinvloed petrol verbruik baie sleg. Wind van agter help weer baie vir n beter verbruik. So ook met gelyk pad vs baie opdraandes. 

Ek het al gevind om van Germiston / Witbank / belfast /  Dulstroom oor wildtuin toe te ry is my sleep kombinasie ligter op diesel as die trip terug huistoe i.e. veral vanaf Belfast oor Witbank huistoe. Waar jy na Belfast op die N4 klim voel dit of dit al die pad opdraande is. 

Dis hoekom ek erder na die tyd as ek by die huis kom kyk na my gemiddelde diesel verbruik vir daardie trip. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan, 2022 @ 19:52:19 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1762
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Piet nee dit is net die tyd op die pad / aan die ry

Op die N1 is daar paar spoed kameras wat die average speed gebruik vir vervolging

werk as volg

As jy by eerste kamera verby gaan lees die jou memmerplaat en tyd sodra jy oor die gekende afstand by die tweede verby gaan bereken hy die spoed en daar volgens vervolg hulle.

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan, 2022 @ 20:41:42 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1878
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Piet, met die "cruise control" oftewel spoed beheer funksie aangeskakel met die karavaan agter vind ek my verbruik heelwat meer as wanneer ek self die kole gooi. Ek vemoed die masjien beur nou ekstra hard om teen die bulte 100 te handhaaf, terwyl dit teen die vorige afdraend die krane toegedraai het om by 100 te probeer bly. My voertuig het 'n verbruik meter wat heeltyd vir jou kan sê hoeveel kilos per liter jy op daardie tydstip vermag. Dit is die dingetjie wat my laat besluit het oor die verbruik met cruise control.

Ek het die stadium in my lewe bereik waar dit vir my belangriker is om wat ek doen te geniet as om 'n paar Rand aan brandstof te bespaar, dus sleep ek met die gedoente aangeskakel ongeag die bulte.

Wie weet hoe lank 'n ou nog die plesiertjies van die lewe sal kan geniet, Ek sê nie leef voluit nie, my karkas sal dit altemit nie hou nie. Ek sê eerder geniet dit terwyl dit nog daar is, en mens, geniet ek nou deesdae die kampeerdery. Elke jaar raak dit net beter, veral as 'n ou dink aan al die arme drommels wat moet gaan werk terwyl ek kan kamp!.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required