English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 450
Total Replies: 264 911
Total Views: 83 685 674
topics: 12 113
replies: 146 652
views: 39 577 123
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Te veel mense op aarde

replies: 9
views: 264
12 Jan, 2022 @ 12:08:26 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1183
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ek het n idee julle het reeds daaroor gepraat, maar die verkeer op die Weskaap se paaie is besig om kritiese standaard te bereik. Ek woon reeds vanaf die begin 50's in die Strand en almal is dit eens dat ons NOG NOOIT sulke verkeer gesien het nie. Absoluut buite beheer. Verlede Saterdag het ons n roete gaan stap by Kleinmond en met die terugry-slag EEN EN N HALF uur lank lank gery net om op die bo-pad om Gordonsbaai te ry. Beide Gordonsbaai en die Strand se strate na die strand is gesluit. Dis verstommend  om te sien hoe ver mense bereid is om te stap see toe. Die twee foto's is geneem van Gordonsbaai se strand. Ons gaan as n reel NOOIT op die groot dae strand toe nie. Ons hou nie van 15 duisend mense en vyf toilette nie.

Daar is n skreeuende invloei van mense na die Kaap en die Weskaap. Hulle bou nou letterlik DUISENDE huise op die Weskus by St Helenabaai.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan, 2022 @ 16:48:19 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1646
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

vir R500 per maand teel die nasie nog erger aan, iewers moet iets ingee,,

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan, 2022 @ 17:00:07 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10881
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Dis bou as jy toelaat dat almal alles mag doen en gaan kan doen 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan, 2022 @ 17:53:42 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2322
Joined: 12 May, 2015
Experience: 50 years

Hopeloos te veel en die aanwas neem onrusbarend toe. Nog erger is dit om te lees dat dogters so oud soos 10 jaar geboorte gee. Almal blyk arm te wees en kry finansieele ondersteuning. Dit plaas uitermate druk op ons oorlaaide infrastruktuur soos water , riolering en elektrisiteit. Daar is omtrent nie meer n dorp waar riool nie gestort word nie. En steeds eskaleer dit net.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan, 2022 @ 19:34:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19040
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Hopeloos te veel en die aanwas neem onrusbarend toe. Nog erger is dit om te lees dat dogters so oud soos 10 jaar geboorte gee. Almal blyk arm te wees en kry finansieele ondersteuning. Dit plaas uitermate druk op ons oorlaaide infrastruktuur soos water , riolering en elektrisiteit. Daar is omtrent nie meer n dorp waar riool nie gestort word nie. En steeds eskaleer dit net.

As mens op natalse strande kyk na die vroue wat piesangs, handoeke, emmers, pette en diesmeer verkoop, is van hulle al ou goggos wat seker al oor die 70 jaar is... maar meeste loop nog met n kleintjie op die rug

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan, 2022 @ 07:34:22 am
Andrew
Silver Member
66% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 05 Jan, 2016
Experience: 33 years

We are a welfare state and that will never change.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 07:40:13 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5060
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 37 years

So lank toelaas uit gegee word teel daar aan soos hassies 

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 11:33:10 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dis ook nie net die hoë geboortesyfer en invloei van die bankrot Oos-Kaap nie.  Mense van die Noorde kom ook almeer Kaap toe vir vakansies en om te kom woon.  Die Groot Trek is van alle rigtings oppad Weskaap toe. Hier op Stilbaai is daar ook ontstellend baie nuwe ontwikkeling.

Omdat ons familie in Kaapstad gehad het, het ons van ek baie klein was, aanvanklik jaarliks Kaapstad toe gegaan vanaf die Witwatersrand.  Mense het toe nie so veel met vakansie gegaan nie, maar LM was die populêre uitspanplek vir Transvalers wat dit wel kon bekostig.  Durban was heel rustig.  Toe kom die probleme in Mosambiek in die vroeë 70er jare en die LM besoekers gaan toe Natal toe vir vakansies.  Die Kaap was toe nie so populêr nie.  Mettertyd het die Kaap toe al popolêrder geword en ek dink die tendens sal maar so voortgaan.  Mense sien 'n lekker plek- ons ook- en trek daarheen.  Duisende ander doen dieselfde en mettertyd raak die plekke oorbevolk en nie meer so gesellig nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 12:57:42 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1385
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Dis ook nie net die hoë geboortesyfer en invloei van die bankrot Oos-Kaap nie.  Mense van die Noorde kom ook almeer Kaap toe vir vakansies en om te kom woon.  Die Groot Trek is van alle rigtings oppad Weskaap toe. Hier op Stilbaai is daar ook ontstellend baie nuwe ontwikkeling.

Omdat ons familie in Kaapstad gehad het, het ons van ek baie klein was, aanvanklik jaarliks Kaapstad toe gegaan vanaf die Witwatersrand.  Mense het toe nie so veel met vakansie gegaan nie, maar LM was die populêre uitspanplek vir Transvalers wat dit wel kon bekostig.  Durban was heel rustig.  Toe kom die probleme in Mosambiek in die vroeë 70er jare en die LM besoekers gaan toe Natal toe vir vakansies.  Die Kaap was toe nie so populêr nie.  Mettertyd het die Kaap toe al popolêrder geword en ek dink die tendens sal maar so voortgaan.  Mense sien 'n lekker plek- ons ook- en trek daarheen.  Duisende ander doen dieselfde en mettertyd raak die plekke oorbevolk en nie meer so gesellig nie.

Fred, en jy kan 100% bevestig hoe mens vertrap word in Stilbaai oor Desember.

Ja, dit is baie goed vir die ekonomie maar nie lekker om dan op die pad te wees. Kan nie eers behoorlik restaurante besoek nie. Die verkeer is net chaoties. Ek vind dieselfde in Danabaai/Hartenbos en Mosselbaai oor Desember.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 14:16:04 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Hennie, Die toestande hier is darem nie naastenby so erg soos Mosselbaai-Hartenbos nie.  Ons moes in die besige tyd eenmaal omtrent 30 minute tou ry om oor die brug te kom. Ons is ook maar 'inkommers' so ons misgun nie die besoekers hulle plesier nie. Dis nogal lekker oor die vakansie-atmosfeer.  Ek is nie bewus van enigiemand (behawe en GP ou met 'n skedonk wat dink hy is op Kyalami) wat hom of haar wangedra het nie.

Ek is net bekommerd dat die plek almeer uitbrei en dat ons uiteindelik'n situasie sal hê soos jy beskryf.  Ek is ook nie so rustig oor die infra-struktuur, veral watervoorsiening vir al groterwordende behoeftes nie.

Nou is dit weer STIL op Stilbaai en ook baie lekker.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za