English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 450
Total Replies: 264 911
Total Views: 83 685 600
topics: 12 113
replies: 146 652
views: 39 577 094
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Roete van Pretoria na Mosselbaai.

replies: 22
views: 409
01 Dec, 2021 @ 09:14:26 am
Plakker
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 07 Sep, 2020
Experience: 18 years

Goeie môre mede Kampers.

Het asb raad nodig.  Dit is die eerste keer wat ek van Pretoria na Mosselbaai gaan karavaan sleep.  Watter roete sal julle aanbeveel?  Via Kimberley of oor Bloemfontein.

Dankie en groete

Plakker

Psalm 46:11 "Wees stil en weet ek is God."
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec, 2021 @ 10:39:48 am
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1646
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

vraag is wil jy ry en daar kom of maak dit nie saak hoe veel tyd jy op die pad spandeer nie?

Bloemfontein oor is die vinnigste so 13 uur se koers

Kimberly oor is so 15 uur se ry

So as jy kamp kamp wil ry maak lys van wat op op die roete will en sal wil sien werk dan jou reis plan daar volgens uit

 

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec, 2021 @ 11:38:42 am
Plakker
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 07 Sep, 2020
Experience: 18 years

Dankie Swannie.  Onglukkig is tyd beperk.  So sal moet deur ry.  Lyk dan of Bloem die beter roete is.

Groete

Psalm 46:11 "Wees stil en weet ek is God."
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec, 2021 @ 12:15:40 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1385
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Tjaart, ek sal ook Bloemfontein oorry.

As jy egter gaan sleep sal dit 'n "killer" wees as jy dit in 1 dag wil doen. Ek ry tenminste 1 keer 'n jaar af Mosselbaai toe, maar sleep dan nie. Ek doen dit gewoonlik so in 11.5 ure met slegs 2 stoppe en dan hou ek by die spoedbeperking.

Ek glo nie jy wil teen 120km/h sleep nie.

Miskien moet jy eerste dag net tot Colesberg sleep (half pad), en dan volgende dag deur na Mosselbaai.

 

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 09:59:26 am
Dolrik
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 110
Joined: 02 Apr, 2016
Experience: 37 years

Pretoria - Gariep Dam - Beaufort Wes - Mossel Baai

Slaap oor by Gariep Dam en 'n lekker ete by hul restaurant.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 10:34:23 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1381
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Doen jouself ook 'n guns en ry van Pretoria op die R59 (draai by Alberton Golfbaan af na die R59), en gaan by Vereeniging (op linkerkant) , Van der Bijl Park (op regterkant) verby - BLY op die R59. Ry verby Sasolburg (op linkerkant), en kruis die snelweg (by die tolhek aan linkerkant ) op pad na Parys toe. Gaan deur Parys, deur Vredefort tot by Kroonstad.

Baie lekker pad, geen tolhekke, bitter min slaggate (selfs beter as dele van die snelweg!) en vinnig.

Waai vir ons as julle deur Parys kom!!

Lekker oorslaapplek in Colesberg (so 7 km uit Colesberg - VAN ZYL's RUS (let wel, nie Van Zyl's vlei nie.) Goedkoop, rustig, en wanneer daar nie te veel karavane is nie (plek kan so 8 - 9 vat) plaas hulle jou teenoor 'n chalet en jy gebruik die chalet se toilet en stort. Hulle aandetes is uiters goed (o, en die ontbyt!)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 11:38:04 am
Jaques
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 19 Jun, 2017
Experience: 32 years

Vir die afgelope paar jaar (so 10) sleep ek van Springs na Hartenbos.

Ek ry oor Bloemfontein tot by Beaufort Wes, slaap by Waggon Wheel want hulle het karavaan geriewe, en van daar oor George na Hartenbos.

Die rede vir Beaufort Wes en nie Colesberg nie is bloot dat dit my meer tyd gee om by my bestemming te kom sonder om te jaag en dan het ek ook meer tyd omop te slaan.

Oppad terug slaap ek oor in Colesberg.

Geniet die vakansie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 13:12:15 pm
Plakker
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 07 Sep, 2020
Experience: 18 years

Dankie Jaques

Ja geduld is maar die wagwoord as jy sleep.  Ek gaan probeer om so dag en 'n half op die pad te wees.

Groetnis

 

Psalm 46:11 "Wees stil en weet ek is God."
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 13:15:27 pm
Plakker
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 07 Sep, 2020
Experience: 18 years

Dankie vir almal se advies.  Groot waardering.  Ek het nou goeie idee wat om te doen.

Lekker vakansie hou vir die wat weg gaan.  Wees veilig.

 

Groete

Psalm 46:11 "Wees stil en weet ek is God."
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 13:19:17 pm
Plakker
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 07 Sep, 2020
Experience: 18 years

Jaques

Is dit beter om Beaufort Wes oor te ry, deur Meiringspoort as om by Colesberg weg te draai Middelburg oor?

Psalm 46:11 "Wees stil en weet ek is God."
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 13:57:02 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1381
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Meiringspoort is PRAGTIG!! 

Ons het Maart '21 met ons terugkeer daaraan gedink om selfs 'n nag by die (enigste wat ons kon opspoor) karavaankamp te oornag, (net so 'n entjie van Harry se klip af), maar o wee, alhoewel ons vooraf gebel en bespreek het, net so omgedraai en maar verder gery  .......pateties verby. 

Maar, Meiringspoort is beslis om 'n MOET soontoe en selfs terug!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 16:57:42 pm
Jaques
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 19 Jun, 2017
Experience: 32 years

Plakker

Ek het nog altyd deur Meiringspoort gery en soos Nico hier bo se dit is pragtig. Dit is die moeite werd om daar deur te gaan en daar is verskeie plekkies om af te trek en dan is daar ook die waterval en poel om by te stop. Dit is 'n maklike pad met self die grootste wa.

Veilig ry en geniet Mosselbaai, jy sal weer gaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 17:49:00 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10881
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Dankie vir almal se advies.  Groot waardering.  Ek het nou goeie idee wat om te doen.

Lekker vakansie hou vir die wat weg gaan.  Wees veilig.

 

Groete

Veilig sleep en geniet dit.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec, 2021 @ 09:06:39 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5939
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 35 years

Ek het ook altyd 'n 1 stop af gery, maar die laaste paar jaar het ek besef die pad raak te lank en het ek oorgeskakel na 'n 2 oorslaap roete wat baie beter is en jy word nie so moeg en 'n gejaag nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 09:52:54 am
Jaques
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 19 Jun, 2017
Experience: 32 years

Hi Plakker

Ek weet nie wanner jy na Mosselbaai vertrek nie maar maak net seker dat Meiringspoort weer oop is. Die poort is gesluit oor die naweek weens baie reen.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 13:56:20 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1385
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Hi Plakker

Ek weet nie wanner jy na Mosselbaai vertrek nie maar maak net seker dat Meiringspoort weer oop is. Die poort is gesluit oor die naweek weens baie reen.

Groete

De Rust polisie stasie sal kan bevestig of die Poort oop is. 044 241 8800

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec, 2021 @ 08:05:40 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek verkies die roete oor Graaff Reinette.  Die pad is baie stiller as die N1 en die hele pad is herbou.  Meiringspoort is baie mooi maar die res van die roete oor Beaufort Wes is nie juis iets om oor liries te raak nie.  Ons het gister deur Outinikwas Pas gery in swaar mis en reën.  Die hele pad is vol 'watervalle' wat tot by die pad loop.  Sommige van hulle is die ene modder.  Dit beteken grond is besig om tussen die rotse uit te spoel en ek dink die kans is groot dat rotse op voertuie kan begin val.  Ons het maar baie lugtig deur die pas gery. Die alternatief is Robinson Pas maar die toestande daar is waarskynlik maar dieselfde.  Die hele Karoo is pragtig na goeie reën en die veld suid van Graaff Reinette tot by die eerste berge is die ene waterpoele met groot plate vygies wat reeds pers staan.  Oor 'n week of twee gaan die deel van die Karoo amper 'n Namakwaland wees. Die binnelanders moet die baie mooi Karoo geniet as hulle daardeur ry- dis altyd  mooi (myns insiens) maar selde so mooi.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec, 2021 @ 08:32:36 am
Plakker
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 07 Sep, 2020
Experience: 18 years

Sjoe dankie vir almal se terugvoer.  Groot waardering.  Oor 'n week die tyd is ek op die pad.  Sal graag Meiringspoort wil deur ry, was lanklaas daar.  Sal Maandag seker maak die pad is oop anders sal ek Fred se raad vold en Graaf Reinette oor ry.

Groetnis

Psalm 46:11 "Wees stil en weet ek is God."
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec, 2021 @ 10:46:45 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1381
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Indien jy wel Graaff Reinette omry, doen jouself die guns en loer vinnig in by Camdeboo Natuurreservaat. Pragtig!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec, 2021 @ 12:10:51 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

En die Van Rhyneveldpoortdam lyk heeltemal vol.  Die park is op sy oewer geleë.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec, 2021 @ 12:15:04 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1385
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Ek verkies self die N9 (Graaff Reinette) pad. Het die pad Mrt en weer Okt gery.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec, 2021 @ 13:03:47 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 506
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Goeie môre mede Kampers.

Het asb raad nodig.  Dit is die eerste keer wat ek van Pretoria na Mosselbaai gaan karavaan sleep.  Watter roete sal julle aanbeveel?  Via Kimberley of oor Bloemfontein.

Dankie en groete

Plakker

Plakker, ek wonder of julle toe al vertrek het.

Daar is vir my niks so mooi, en so romanties, en so betowerend as om die Tuinroete, oppad na Mosselbaai toe, in te kom deur die Tsitsikamma nie... net omdat mens van ver af die mistigheid en absolute verruklikheid van die andersheid van die Tuinroete, as jy dit met die N2 langs binnekom, kan sien en beleef en ruik... en dan vir kilometers tussen die ongelooflike blommeprag en plantegroei beleef...

Ons woon nou op Knysna en as ons met vakansie gaan op met die N2, deur die Tsitsikamma, en dan later terugkom bly dit vir my die mooiste van Kaap toe kom. 

So, as jy jou roete beplan, hou in gedagte dat as jy oor Oos Londen al met die N2 langs afkom gaan jy die Paradys beleef soos op geen ander manier nie.

... en om te stop by die Petroport Tsitsikamma en daar 'n draadjie te loop, rond te kyk, koffie te drink, petrol in te gooi, diep asemteue van die anderse lug in te asem, en dan weer uit daardie bos uit te ry in die N2 met daardie mistigheid doer wat wag... ongelooflik. 

Ander roetes gaan jou dalk vinniger by jou bestemming uitbring, maar hierdie roete gaan jou skoon, meegevoer en betowerd daar uitbring...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec, 2021 @ 14:48:00 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek merk nou eers dat jy eintlik gevra het of the roete oor Kimberley of Bloemfontein aan te bevele is.  As dit 'n eenmalige of eerste rit is, sal ek nie eers aan Kimberley dink nie.  Daar is werklik nie veel interessant op die roete nie en omdat jy deur verskeie dorpe ry, vertraag dit jou.  Ek sê nie jy moet nooit die roete neem nie- ons het al- maar ons ry so tweemaal per jaar tussen die noorde en die suide en ons verkies om, as ons tyd het, verskillende roetes te ry.  Daar is wel ook 'n paar lekker kampplekke op die roete en as jy Kimberley nog nie ken nie, is daar verskeie interresanthede wat 'n besoek werk is.

Fanie, ek deel jou sentimente oor die skoonheid van die Tuinroete.  Ek moet ook sê buite die stede is daar nie einlik plekke wat nie vir my of eerder ons, mooi is nie.  Die Karoo, al is hy nie meestal so groen soos op die oomblik nie, het 'n skoonheid en 'n wydsheid van sy eie.  Ek kan nie juis opgewonde raak oor enigiets in Gauteng nie, maar wanneer ons verby Grasmere tolhek is, raak die pad vir my geleidelik al mooier.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za