English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 379
Total Replies: 263 907
Total Views: 83 640 498
topics: 12 068
replies: 146 011
views: 39 552 548
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kampeer agter in jou bakkie op reis op 66? Kan mens nog, en wat is die moets en moenie?

replies: 62
views: 721
page 1 of 2
08 Nov, 2021 @ 14:16:54 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Goeiemiddag. Ons sal asseblief alle insette waardeer. Sadia en ek besit nie meer die Woonwa nie - dit was te oud. En ook nie ons tent nie. Albei sommer weggegee. Maar nou het die reis-koors ons beetgepak hier op Knysna, toe ons verlede Saterdag die Groot Brak Uitspanmark gaan bywoon het. Vroutjie, wat effens jonger as ek is, se drie-weke verlof begin Maandag, en ons eerste opgewonde gedagte was om net met die langbak-bakkie(met canopy) en ons ou kampmatrasse agter-in, van vulstasie tot vulstasie te reis - so vir 10 dae.... van Knysna af miskien tot in die Tsitsikamma, en dan agter die berg langs oor Joubertinia(as dit teerpad is), Oudshoorn, Motagu, Ceres en terug, weer duskant die berg met die Breedriviervalei langs to hier - 'n sirkelroete. Allestesame so tussen 800 en 1000 kilos... Reg.

Maar onmiddelik het al die rooi ligte aangegaan - soos die onveligheid? by Engen Onestops? ...en die ander groter Vulstasies?...(die vraagtekens dui besprekingspunte aan,) en hoe gaan ons gemaklik op ons ouderdom agter in, en uit ,die bakkie klim? Ek kan onthou iemand het lank terug hier op 'n draad baie negatiewe ervaring hieroor gedeel - verwys my asseblief na daardie draad as dit nog bestaan?

So, wat dink jy? Moet ons liewer tuisbly en wag vir die Kismaker om ons afmetings te kom neem, of moet ons alles agter in die bakkie laai en teen 55kpu deur hierdie pragtige Suid Kaapse Tuinroete reis... van Spur tot Spur and van "Takeawayshoppie" to "Takeawayshoppie"? Ons is nog redelik gesond en sal wel die in en uitklim in die bakkie oorleef... maar ook net! 😀 (Praat nou nie van die stywe spiere nie)

Enige kommentaar en raad en ontmoediging of aanmoediging is baie welkom. Dalk het jy al so-iets gedoen, op lae- of hoe ouderdom, en het jy net die regte ervaring om ons tot ons sinne te ruk, of om ons op 'n heerlike(ongemaklike) reis te stuur 😀

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2021 @ 15:04:11 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 28 Jun, 2011
Experience: 48 years

Jip Fanie, kan grdoen word. Ons is volgende maand 75 en het in Augustus ons woonwa op Springbok gelos en met die bakkie pad gevat. Ons het 'n maand lank so getoer.

Op teen die Weskus tot by Alexanderbaai en toe teen die Oranjerivier op tot by Augrabies. Lank in die Richtersveld vertoef.

Ons het 'n houtdek net bo die wielboe. Kos, bagasie en yskas onder die plank en matras bo-op. Gordyne voor die vensters en die voorste venster skuif oop vir vars lug.

Canopy kan van binne sluit. Kos op gasstoof en vuur gemaak.

Geen probleme gehad nie en ons gate uit geniet.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2021 @ 15:11:26 pm

Regtig! Sowaar!

Goeiemiddag Flip & Tilla, ek sou dit nooit geglo het as jy dit nie self vertel het nie! ...het jy fotos van die agter-binnekant van die bakkie? Dan kan ek julle namaak, asseblief.

Dis so lekker om weer van julle te hoor!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2021 @ 15:54:55 pm
Jaada
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 83
Joined: 11 Jun, 2014
Experience: 60 years

Ek sou netnie by 'n garage oorslaap nie, eerder in 'n oord vir die veiligheids aspek.

Kamp groete
Kobus & Ada
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2021 @ 16:08:05 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

[/quote]ote

Ek sou netnie by 'n garage oorslaap nie, eerder in 'n oord vir die veiligheids aspek.

Dankie Kobus & Ada, ek hoor!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2021 @ 16:11:40 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Jip Fanie, kan grdoen word. Ons is volgende maand 75 en het in Augustus ons woonwa op Springbok gelos en met die bakkie pad gevat. Ons het 'n maand lank so getoer.

Op teen die Weskus tot by Alexanderbaai en toe teen die Oranjerivier op tot by Augrabies. Lank in die Richtersveld vertoef.

Ons het 'n houtdek net bo die wielboe. Kos, bagasie en yskas onder die plank en matras bo-op. Gordyne voor die vensters en die voorste venster skuif oop vir vars lug.

Canopy kan van binne sluit. Kos op gasstoof en vuur gemaak.

Geen probleme gehad nie en ons gate uit geniet.

Kan ek asseblief 'n paar vrae vra Flip, om duidelikheid te kry oor hoe jy seker uitdagings benader het, soos byvoorbeeld: Ons bakkie is redelik hoog agter - hoe maak mens nou met die opklim en afklim as die klap agter afgeslaan is. Ek het gedink om 'n plastiese twee-trap trappie te kry en dit agter met 'n kettng vas te sluit sodat dit maar daar bly staan as ons slaap. Maar hoe klim julle in en uit... of is julle bakkie laer as ons s'n? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2021 @ 16:39:30 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 28 Jun, 2011
Experience: 48 years

Reen vreeslik hier in Oos Londen. Sal fotos neem as dit opklaar. Ons gebruik een van daardie grys plastiek trappies vir inklim. Nog nie weggeraak in die nag nie.

Ons het 'n standaard Mahindra bakkie, nie regtig te hoog nie, maar wel 'n effe hoer Canopy.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2021 @ 17:43:31 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Reen vreeslik hier in Oos Londen. Sal fotos neem as dit opklaar. Ons gebruik een van daardie grys plastiek trappies vir inklim. Nog nie weggeraak in die nag nie.

Ons het 'n standaard Mahindra bakkie, nie regtig te hoog nie, maar wel 'n effe hoer Canopy.

Dankie Flip... ja ek dink as ek 'n plank op my wielskerm moet sit gaan ons dalk ons koppe bo teen die dak van die canopy stamp... maar ek gaan dit nietemin ondersoek...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov, 2021 @ 07:32:50 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Fanie, Ek dink nie 'n mens moet hom/haar te oud dink nie.  As jy nog die lus het, doen dit.  Ek is egter baie skepties oor die oorslaap by vulstasies.  Dit gaan julle lus vir die toer breek. 'n Mens wil graag elke aand darem 'n ordentlike bad of stort geniet en in 'n gesellige omgewing oorstaan.  'n Vulstasie is dit beslis nie en ek is ook nie seker dat dit veilig is nie.  Oorstaankostes buite skoolvakansies is meestal heel bekostigbaar en vir pensionariusse is daar meestal ook nog kortings.  Maar een vraag: Waarom koop julle nie maar weer 'n tent nie?  Julle het net 'n kleintjie nodig en hulle is nie duur nie.  Dit sal sekerlik gemakliker wees as om in die bakkie te slaap en kan die toer net heelwat aangenamer maak.

Die pad oor Joubertina is wel geteer.  Dit is in die Langkloof, 'n appel en beer produserende gebied.  Ek kan  nie sê of daar oorstaangeriewe is nie- ons het net daardeur gery, maar die kanse daarvoor is goed.  As daar nie formele karavaanparke is nie, sal daar dalk van die boere wees wat sal toelaat dat julle 'n nag op hulle plasie kan oorstaan.  Vra maar waar julle die lus voel om vir die nag te stop. En moenie sommer grondpaaie afskryf nie.  Vir ons is hulle die interessantste. As julle die Prins Alfredpas van julle dorp af tot by Avontuur neem, is julle by die begin van die Lankloof en die pas is werklik baie mooi en beslis nie 'n 4X4 roete nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov, 2021 @ 11:53:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16686
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 57 years

Goeiemiddag. Ons sal asseblief alle insette waardeer. Sadia en ek besit nie meer die Woonwa nie - dit was te oud. En ook nie ons tent nie. Albei sommer weggegee. Maar nou het die reis-koors ons beetgepak hier op Knysna, toe ons verlede Saterdag die Groot Brak Uitspanmark gaan bywoon het. Vroutjie, wat effens jonger as ek is, se drie-weke verlof begin Maandag, en ons eerste opgewonde gedagte was om net met die langbak-bakkie(met canopy) en ons ou kampmatrasse agter-in, van vulstasie tot vulstasie te reis - so vir 10 dae.... van Knysna af miskien tot in die Tsitsikamma, en dan agter die berg langs oor Joubertinia(as dit teerpad is), Oudshoorn, Motagu, Ceres en terug, weer duskant die berg met die Breedriviervalei langs to hier - 'n sirkelroete. Allestesame so tussen 800 en 1000 kilos... Reg.

Maar onmiddelik het al die rooi ligte aangegaan - soos die onveligheid? by Engen Onestops? ...en die ander groter Vulstasies?...(die vraagtekens dui besprekingspunte aan,) en hoe gaan ons gemaklik op ons ouderdom agter in, en uit ,die bakkie klim? Ek kan onthou iemand het lank terug hier op 'n draad baie negatiewe ervaring hieroor gedeel - verwys my asseblief na daardie draad as dit nog bestaan?

So, wat dink jy? Moet ons liewer tuisbly en wag vir die Kismaker om ons afmetings te kom neem, of moet ons alles agter in die bakkie laai en teen 55kpu deur hierdie pragtige Suid Kaapse Tuinroete reis... van Spur tot Spur and van "Takeawayshoppie" to "Takeawayshoppie"? Ons is nog redelik gesond en sal wel die in en uitklim in die bakkie oorleef... maar ook net! 😀 (Praat nou nie van die stywe spiere nie)

Enige kommentaar en raad en ontmoediging of aanmoediging is baie welkom. Dalk het jy al so-iets gedoen, op lae- of hoe ouderdom, en het jy net die regte ervaring om ons tot ons sinne te ruk, of om ons op 'n heerlike(ongemaklike) reis te stuur 😀

Ek sal dit met 'n smile doen.  Sal net nie by Engen garages en so oornag nie.  Sal van oorde gebruik maak.

By die garages is dit verseker nie veilig nie.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov, 2021 @ 10:25:07 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Goeiemore Flip, maar het julle nie op 'n stadium op julle Webblad fotos geplaas van hoe julle die bakkie agter ingerig het nie. Ek herinner my so iets. Het julle nog die Weblad?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov, 2021 @ 10:30:24 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1346
Joined: 09 May, 2014
Experience: 27 years

Goeiemore Flip, maar het julle nie op 'n stadium op julle Webblad fotos geplaas van hoe julle die bakkie agter ingerig het nie. Ek herinner my so iets. Het julle nog die Weblad?

www.flipentilla.com

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov, 2021 @ 17:16:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10779
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Ons het die nuwe Mahindra gesien met die begin fase van die bed projek agter.

Is ook naskierig hoe hy nou lyk.

Al weer oppad iewers heen.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov, 2021 @ 22:01:37 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 222
Joined: 26 May, 2017
Experience: 4 years

Opvou "steppies" om in en uit te klim. Vat min plek en jy bere hom sommer onder jou matras.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov, 2021 @ 07:59:25 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Opvou "steppies" om in en uit te klim. Vat min plek en jy bere hom sommer onder jou matras.

Van watter een praat jy Meerkat? Bedoel jy die drie-trap enetjie van yster? Goeiemore.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov, 2021 @ 08:06:21 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

En so het die proses om die bakkie agterin gereed te kry toe gister begin. Eers met n vloerplank om die matras darem so effe van die vloer af te hou. Toe die matrassies pas, meet en sny en weer toewerk. Toe die groen "kopstuk" van kampstoel- kussings. Ek het besluit om nie vloerplank bo die wiel-skerms te sit nie, want dan is die plafon te laag... Ek gaan probeer fotos plaas.

Die doel is:

1. Om nie tuis te bly nie.

2. Om alles wat ek reeds het aan te pas en aan te wend.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov, 2021 @ 17:56:31 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1638
Joined: 22 May, 2014
Experience: 8 years

Fanie,hou ons asb ingelig,klink na n heerlikke projek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov, 2021 @ 18:08:12 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 222
Joined: 26 May, 2017
Experience: 4 years

"Steppie" is plastiek, een trap en vou plat op.  Kry dit in verskillende groottes by plekke soos Westpack of Plastic Warehouse.  Ons gebruik dit met karavaan en daktent kamp.  Dit is regtig stewig en ook veeldoelig. Ons klim en sit op dit, en die hoogte werk goed om jou gasbottel op te sit as jy wil kosmaak. Werk ook baie goed as tafeltjie langs jou kampstoel.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov, 2021 @ 14:21:00 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Ek sukkel alweer om uit te vind hoe laai ek fotos hierop, vanaf my Android tablet se Chrome? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov, 2021 @ 22:11:29 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 696
Joined: 02 Sep, 2015
Experience: 53 years

We met an eight year old lady in the game reserves, who slept in the back of her bakkie (sedan height)

She erected a gazebo with walls and reverse parked into the opening.

The gazebo was used as a tent stored all her camping equipment in there, cooked dressed etc....

She had one of those folding steps to get into the back.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov, 2021 @ 21:11:40 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Ja, dit is inderdaad moontlik.

Ons slaap vanaand in Montagu Woonwaperk, en ons reis nou al vier dae...

😁

Ek vertel later meer... ek ek moet nog uitwerk hoe om fotos hier te laai...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov, 2021 @ 08:53:31 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Vertel ons bietjie hoe vind julle die verblyf in die bakkie tot dusver Fanie.  Montagu is darem 'n puik kamp né!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov, 2021 @ 19:51:38 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Vertel ons bietjie hoe vind julle die verblyf in die bakkie tot dusver Fanie.  Montagu is darem 'n puik kamp né!

Fred, Montagu is inderdaad pragtig. En die Park is skitterend. Dis ongelooflik gewild.

Ons slaap baie goed agterin die bakkie. Die kampmatrasse watvek agterin gemaak pas het, is uitstekend. Dis net die uitklim wat nogal uitdagend is, want mens moet op jou boude uitskuif. 

Maar ons het dit tot dusver baie geniet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov, 2021 @ 20:00:42 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Die hele projek kos ons niks. Ons het reeds die ralleytent en pale gehad, en al die ander kampbenodigdhede, wat ek agteraan die bakkie pasgemaak het. En die goeie kampstoele en tafeltjie.

Nadat alles ingerig was, het ons eers twee nagte agterin geslaap voor ons vertrek het. Toe laai ons alles voor in die kajuit om  te sien waar gaan ons ons kleresakke, skoenesak, medisynetassies, gasbottel, ketel en een kastrol met die piekniekmandjie snags inlaai sodat ons net die bed agterin het.

Ons het alles perfek uitgewerk, toe alles agtertoe geskuif en nadat ons n ou laken as stofskerm oor die bed getrek het, alles op die voetenent van die bed gesit, en ingeklim, aangeskakel en gery...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov, 2021 @ 20:18:39 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Dit is heeltemal anders.

Ons het dit sover baie geniet, maar soggens meer as saans. Want soggens as die son opkom is ons fris en vars en lus vir die dag, maar saans is ons moeg en tam. Dis mos maar kamp! En ek dink die deurentydse blootstelling aan die buitelug maak ons meer moeg.

Alhoewel, Sadia se sy is bly ons reis nie meer met n woonwa nie. 

Bedags as ons nie reis nie, sit ons onder die bome en lees, maar soos vanmiddag, as die wind begin waai, skuif ek gou alles agtertoe, dan word die kajuit ons sitkamer, ons tabeltte ons TV, of Sadia lees boek by koplig.

En ek sien sy raak nou moeg. 

Ons is egter by die ablusiegeriewe maar dis tog nie steurend nie.

Ons slaan die ralleytent maklik binne 30 minute agteraan die bakkie op en ook vinnig af. Die tent vou klein op, op die dak van die canopy en ek bind dit daar vas met die grondskadunet...

Die drie tentpale gaan in n "sleeve" en word ook agterin saamgerei. Die tentpenne en hamer is in n klein sak agter die een sitplek.

Wat ons koop om te eet, moet ons opeet. Want ons mis n yskas. Ons stap egter na die naaste eetplek toe as ons nie reis nie en eet brunch of ontbyt.

Kamp na 65 net met n bakkie is moontlik, maar dit vra n kopskuif en n deurentydse fokus op die doel van die reis.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov, 2021 @ 20:23:00 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Ek sal dit met 'n smile doen.  Sal net nie by Engen garages en so oornag nie.  Sal van oorde gebruik maak.

By die garages is dit verseker nie veilig nie.

Jy is inderdaad reg Leon, en ons het dit eintlik vooraf besef - kampeer in Parke is maar die beste.

Maar selfs dit is n groot uitdaging, want die verskille tussen goeie en gemiddelde Parke is so groot dat mens algou bederf raak en dikbek vir die gesukkel by gemiddelde Parke, met hulle soms, self hoër tariewe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov, 2021 @ 20:33:25 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Opvou "steppies" om in en uit te klim. Vat min plek en jy bere hom sommer onder jou matras.

Dankie Meerkat, ons het toe maar net n klein enkeltrappie van plastiek gekry, en dit werk nogal goed. Ons klim redelik maklik op en af van die agterklap af daarmee.

Gelukkig het ek vier plastiekmatjies gehad, wat ons dan op die klap neersit, sodat ons knieë nie seerky as ons op die klap omdraai en agter, tot op die matras, inkruip nie.

Ou boet! En as ons daai matras tref, dan buig ons hom! Ons slaap soos klippe!

Die blase doen ook goed - ons klim net een keer per nag uit om n draadjie te stap... so dikbek-dekbek.

Ek sê nog altyd: hoekom kan dit nie net heeltyd dag wees nie... hoekom moet daar nag ook wees en hoekom moet mens slaap! Pure lastigheid!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov, 2021 @ 21:45:59 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 222
Joined: 26 May, 2017
Experience: 4 years

Baie bly om te hoor julle kamp al en geniet dit so.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2021 @ 08:32:29 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Dit klink heerlik Fanie.  En julle is terloops nie danig oud nie- dis jare laas wat ons so 'jonk' soos julle was.  Ons het so agt jaat gelede ons Kombi net so liggies ingerig as 'n camper en een trippie daarmee gedoen in die Bafiaanskloof.  Dit het uitstekend gewerk.  Maar toe het ons meer om veiligheidsredes as iets anders, besluit om die dertigjarige Kombi te verkoop en die Kuga te koop.  Die Kombi was nog in 'n puik toestand maar ons het begin bekommerd raak dat hy, vanweë sy ouderdom, dalk bietjie van 'n waagstuk begin raak het siende dat ons jare al begin aanstap het.  Ek het gemeet en gepas maar die Kuga is nie lank genoeg agter om in te slaap nie wat 'n jammerte is, want dit is soveel makliker om veral in minder beskaafde plekke, met 'n voertuig alleen te kampeer.

Ek weet nie waarheen julle oral wil reis nie, maar binnekort is die Klondyk vrugteplaas buite Cerus weer oop vir beide kampering en die pluk van kersies. (Kyk op internet).  Dis 'n ondervinding om vars kersies van die boma af te pluk en te eet.  Die kampering onder ou dennebome is ook baie gesellig.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2021 @ 09:12:29 am

Baie dankie Fred vir jou vertelling en aanmoediging. Ons wou nou ook van gister Montagu af Ceres to reis, maar het daarteen besluit omdat ons nie 'n betroubare Park daar kon kry nie, en omdat dit gister begin reen het. Het het toe maar half dikbek besluit om huistoe te kom, hier op Knysna. Ons beplan egter om Ceres en Tulbach gedurende die komende Maart ook te doen, op dieselfde manier so angter in die bakkie, en sal dan verseker op die Kersieplaas gaan kampeer.

Baie dankie vir die inligting oor die Kersieplaas by Ceres.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2021 @ 09:29:45 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Die kersieplaas is net vir 'n rukkie in die oesseisoen oop vir die pluk van kersies deur besoekers- ek meen dis in November en Desember, maar die kampplek is die hele jaar oop.  Die plaas is hoog in die berg, ek kan nie onthou wat die naam van die berg is nie, (dit mag dalk die Matroosberg wees)maar dis sowat 1000m hoër as seespieël.  Die pad is geteer tot by die plaas. In die winter is swaar sneeu daar moontlik.  Hulle laat so terloops ook klein hondjies toe.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2021 @ 10:05:19 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Dit was 'n ongelooflike reis!

As gevolg van die reen het ons toe gister huistoe gekom... nadat ons altesaam 6dae op reis was- en gekamp het en altesaam 8 nagte agter in die bakkie geslaap het.

Dit was 'n reuse sukses!

Alles het presies reg geloop en soos wat ons dit graag wou doen - ek het net een baie groot fout gemaak.

Ek het aangeneem, seker maar verblind deur die opgewondenheid, dat ons alles wat herlaai moet word vanuit die aansteker binne in die bakkie sou kon herlaai. En ons het ook. En dit het baie goed gewerk solank as wat ons elke dag gereis het.

Maar toe ons van Vrydag af tot Maandagoggend op een plek stilstaan, en steeds alles herlaai, asook die elektriese vensters op- en afdraai en die elekteriese deure oop en toesluit, het die battery pap geword... 

Man, ek is skuldig. Ek weet al die goed! ...dat mens dit nie kan doen nie. Maar nouja. Gelukkig het ons dierbare kampbure, Arend en Annalise ons gehelp met 'n "jumpstart"...nogal twee keer... Sondagaand en Maandag voor ons kon vertrek. Baie dankie weereens aan Arend en Annalise!

Maar ek skaam my oe uit my kop uit! Ek is mos 'n ou kamper... dat so iets my kon oorkom laat my baie verlee... 😣

Laat dit vir my 'n les wees!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2021 @ 07:46:41 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Ek kan eintlik 'n hele lys maak van alles wat gewerk het, goed gewerk het, soos die slaap in die bak self. Mens moet natuurlik net die twee skuif venstertjies effens ooplos, want dit word baie warm in die bak. Maar gelukkig het die tent wat ek aangesit het mooi oor die venstertjies geloop, sodat reen en wat-ook-al, nie sou kon inkom nie - net lug.

Iets waaraan ons sal moet werk is 'n koelboks wat met elektristeit werk. Want ons het 'n yskas gemis. Sadia drink net melk in haar tee of koffie en nie Cremora soos ek nie. So, ons het niks gehad om die melk mee vars te hou nie. Gelukkig kon sy klein boksies "long-life"melk te koop kry en was die daaglikse skade aan suur melk darem nie te groot nie..

Maar, ons gaan soek vir 'n koelboks, wat ten minste 5 liter kan hou en tog nie veel groter is as 'n gewone koelboks, nie, maar wat met krag werk. Ek wonder of daar so-iets bestaan... natuurlik en wat bekostigbaar is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2021 @ 07:57:47 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Sadia het dit baie geniet. Sy was bly dat ons nie weer met die woonwa kamp nie, en het die minimalisme en buitewees baie geniet. Selfs toe ons nou eers weer in ons kamer slaap, het sy die gordyne oopgetrek dat die "buite" kon inkom.

Want, ek dink dit is wat kamp in die bakkie so uniek maak - mens is geforseerd om heeltyd in die natuur te wees. As die wind begin waai is daar nie 'n tent of woonwa om in te gaan wegkruip nie. Jy moet maar jas gaan aantrek en bly sit - en so geniet mens daardie deel van die natuur, waarvoor jy gewoonweg sou wegkruip, meer intens. 

Ons ralley-tent het redelik skuiling gebied, maar ons was steeds "buite." Ons het net saans as dit begin koel word voor in die kajuit ingeklim en daar gesit en lees voordat ons agterin gekruip het. Maar dit is een van die dinge wat ons in die laaste dag van kamp verander het - ons het besef dat die voorsit ons net nog moeer maak, omdat mens nie soos op jou rusbank genoeg beweegruimte het nie, en besluit dat ons in die toekoms, altyd, eerder met sononder gaan begin gereedmaak en vrooer gaan inkruip... al le ons net en gesels tot ons aan die slaap raak.

Want omdat die son in elk geval al baie vroeg aan die bakkie kom klop is ons vroeer wakker en vars en uitgerus... en sal ons eerder vroeer begin lewe as om laat wakker te bly.

Sien jy man - ek het sommer geweet dit gaan 'n "ervaring van 'n leeftyd" wees, soos wat Sadia dit beskryf het...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov, 2021 @ 08:07:01 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Die gewones, wat groter is as 5L, werk gewoonlik met 12V DC of 220V AC, maar dit is seker te groot vir julle doel.  Ek gevind dit verkoel beter op 220V as op 12V.  Hulle is nie so doeltreffend as 'n yskas nie en die verkoeling word aangedui as 'n sekere hoeveelheid grade onder lugtemperatuur, ek kan nie onthou hoeveel nie.  Hulle hou gewoonlik koel, maar beslis nie koud, dis is tot so 5ºC nie.  Daar is 'n waaier wat permanent loop wat dit ietwat ongemaklik sal maak as dit werk waar jy slaap.

Ek weet daar is ook kleineres wat bedoel is om tussen die voorste sitplekke van 'n voertuig te pas.  Hulle is dalk weer kleiner as 5L en omdat dit vir die spesifieke doel gemaak is, sou ek raai dit werk net op 12V.  Jy kan natuurlik 'n geskikte batterylaaier daarmee saam gebruik. Maak net seker so 'n laaier kan voldoende stroom lewer vir die kassie van jou keuse.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov, 2021 @ 12:50:22 pm

Baie dankie Fred vir die raad. Ons het toe gister gaan kyk in die winkels in Knysna en een gesien by Cape Unionmart omtrent so groot soos 'n gewone piekniek koelboks, maar die prys is effens hoog: R1800... en ek dink dit is ook maar net 'n waaiertjie-tipe... alhoewel ons daaroor navorsing gaan doen.

As ons een koop sal dit nie saam met ons slaap nie - want al die bagasie slaap voor in die kajuit. Dit sal maar saam met die kampstoele, die gasbottel, tafeltjie en keteltjie onder die raleytent vasgesluit moet staan...

Ek het op die internet gesien daar is kleintjies vir R600+- wat seker ook net effens verkoel... sal maar sien wat die tyd oplewer. Want ons beplan eers weer so 'n reis vir Maart 2020, so ons het darem tyd...

Ons hoop om een te kry wat ten minste een quart, een liter vrugtesap en die melk kan koudhou...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov, 2021 @ 17:25:45 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Takealot het een van die kleintjies waarvan ek gepraat het vir R466.  Dis 7.5L en verkoel tot 20º onder lugtemperatuur.  Dit trek 56W en kan op 220V en 12V werk.  Klink na wat jy soek.  As jy dalk nog nie by Takelot gekoop het nie, hulle is puik en vir aankope oor R50 is koerier-aflewering gratis.  Soek vir 'cooling box'.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov, 2021 @ 19:24:23 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 696
Joined: 02 Sep, 2015
Experience: 53 years

Takealot het een van die kleintjies waarvan ek gepraat het vir R466.  Dis 7.5L en verkoel tot 20º onder lugtemperatuur.  Dit trek 56W en kan op 220V en 12V werk.  Klink na wat jy soek.  As jy dalk nog nie by Takelot gekoop het nie, hulle is puik en vir aankope oor R50 is koerier-aflewering gratis.  Soek vir 'cooling box'.

Takealot free delivery for purchases over R450, so above would be free delivery.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 06:00:57 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Ja, my vingerfout.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 10:25:29 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Takealot het een van die kleintjies waarvan ek gepraat het vir R466.  Dis 7.5L en verkoel tot 20º onder lugtemperatuur.  Dit trek 56W en kan op 220V en 12V werk.  Klink na wat jy soek.  As jy dalk nog nie by Takelot gekoop het nie, hulle is puik en vir aankope oor R50 is koerier-aflewering gratis.  Soek vir 'cooling box'.

Dankie Fred, ek het hom gister gesien op google en dit lyk na net die ding! 

Nou wonder ek: op watter temperatuur word melk sleg? ...en, daardie ou koelbokse wat die ou mense op die plaas onder die boom opgehang het en wat van sak gemaak was, en waaroor hulle water uitgegooi het om met die wind koud gemaak te word - hoe koel het dit geword? ..want hulle het hulle vlies en alles daarin opgehang?

As die Coolerbox van Takealot dieselfde diens lewer dan is dit net die ding vir ons.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 10:26:36 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Takealot free delivery for purchases over R450, so above would be free delivery.

Dankie RichardJ

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 10:32:46 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Takealot het een van die kleintjies waarvan ek gepraat het vir R466.  Dis 7.5L en verkoel tot 20º onder lugtemperatuur.  Dit trek 56W en kan op 220V en 12V werk.  Klink na wat jy soek.  As jy dalk nog nie by Takelot gekoop het nie, hulle is puik en vir aankope oor R50 is koerier-aflewering gratis.  Soek vir 'cooling box'.

Dankie Fred vir die specs van 20 grade onder lugtemperatuur... ek het dit nie gister gesien nie.

Nou wonder ek: ons beplan om in Maart verder te reis van Knysna oor Oudsthoorn, Montagu en dan verder, as hierdie keer, vanaf Ceres, deur die Hexriviervallei tot in Imhoff en oor Hermanus. En die temperature vanaf Oudtshoorn tot in die Kaap is in Maart seker ver bokant 30grade... so ek kan dan aanneem dat die koelboks nie koeler as 10 tot 15 grade sal maak nie. Sal dit koel genoeg wees? 

'n Halfkoue bier is darem nie lekker nie, en die melk sal dit dalk nie oorleef tussen 10 en 15 grade C nie?

Wat dink jy?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 10:36:01 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 10:43:36 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Die foto was geneem by die huis, net nadat ek die ralleytent die eerste keer gemaak pas het...

Die doel was om dit styf genoeg, maar ook maklik-losmaakbaar-genoeg aan die dakrak was te maak, en teen die bak as dit opgeslaan is, sodat daar baie min friksie sou wees, sodat die bak nie beskadig sou word nie.

Dit het toe ook goed gewerk want elke oggend as ons opslaan, voor ons verder ry, het ons die ralleytent net mooi op die dak oopgetrek en opgevou, met die onderkant, die skoonkant, na binne, totdat dit in a dun verder opvoubare bondel by die een dakrakbalk gele het, waaraan ek dit vasgebind het, saam met die grondnet...

En teen 60kpu, ons maksimumspoed het dit nie geroer nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 10:51:03 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 10:53:38 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Ons het alles gebruik wat ons reeds gehad het - soos die klein groen kampstoelkussings wat as kopstukke gebruik is en die plank waaroor ek 'n ou kombers getrek het voordat ek die matras finaal daarop neergesit het, want die plank is te grof...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 10:55:06 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 11:02:53 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

Die opvoubare kampmatrasse het fantasties gewerk. Ons het dit destyds op Potch laat maak toe ons een jaar met die tent gekamp het... en glo my! My lyf is groot en daardie matrasse het regtig die wonderlikste slaapondersteuning gebied!

Wat natuurlik baie gehelp het met die in- en uitklim was die klein blou plastiese matjies... vier daarvan opmekaar wat ek altyd agterin die bak saamry... ou matjies wat ek gewas het, en wat die beste beskerming denkbaar aan ons kniee gebied het.

Natuurlik, as ons nou eers binne is, het ek die matjies saam opgerol en by die voetenent van die bed, op 'n lap laat le, alvorens ek die onderste klap toegetrek het...

Die bak van die Toyota is lekker lank, en ten spyte van die feit dat die matrassies langer as die gewone bed is, was daar steeds heelwat spasie oor... die langbak is fantasties!

(Jammer Fred - ek weet jy mis jou langbak ook baie... 😀)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 14:01:23 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

En daar was een uitdaging, wat ons onmiddelik voor ons vertrek moes oplos... toe ons nou al die eerste aand agterin die bakkie slaap terwyl dit nog onder die afdak in die groot stoor hier op die plaas gestaan het - wat gaan ons met ons die slipons maak wat as pantoffels gedien het, voordat ons nou agterin klim en nadat ons reeds op die klap sit?

Want soms sou dit vol stof wes, en soms nat... en ons kon dit nie net onder op die grond in die ralleytent los nie... dit moes buderhand wees wanneer ons uitgekruip het en op die klap van die bakkie sit, gereed om op die trappie te trap en it te klim... En natuurlik wou ons skoon kampeer, sonder dat ons kooigoed vuil raak... in al ons jare van kampeer was skoon wees en skoon slaap altyd 'n hoe premie.

Kopgekrap!

Toe onthou ons dat die badkamer se "asblikkie," is 'n klein blou reghoekige plastiese bakkie waarin ons altyd 'n plastiese sakkie sit om die rommel van die badkamer in te gooi. En dit sou ideaal werk want dit is net groot genoeg vir twee pare slipons om regop in te staan, sole na mekaar toe, sonder om om te val...

Ons vat dit toe, was dit, en gaan pas dit en sowaar dit staan perfek naby die agterkant, in een van die onbenutte ruimtes net voor die wielskerm en naby die klap...

En glo my, dit het perfek gewerk! As ons op die klap sit, trek ons net ons pantoffels(die slipons) uit en plaas dit sole na mekaar toe regop in die asblikkie wat nou nie meer 'n asblikkie was nie maar 'n super skoenehouer vir Bakkie-bak-kampeerders...

Dit het baie goed gewerk.

...verbasend aan hoeveel planne mens dink en prakseersels mens uitdink as jy so "primitief" kamp... (ons het baie saam met ander kampeerders gelag wat kom inloer het en opgewonde gedeel het in ons roekelose kampeer eskapade...)

Lekker!   😂

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 14:47:31 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov, 2021 @ 14:49:24 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 483
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 41 years

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za