English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 378
Total Replies: 263 904
Total Views: 83 640 443
topics: 12 068
replies: 146 011
views: 39 552 529
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Vote for long weekend

replies: 17
views: 375
17 Oct, 2021 @ 18:37:21 pm
Rare Breed
Platinum Member
66% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 18 Feb, 2016

In case you didn’t know, the local government elections are on , Monday, 1November 2021, and it’s a public holiday, which makes it a long weekend, let’s go out there ! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct, 2021 @ 19:18:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18855
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Ek is verbaas hulle doen dit op n Maandag en nie op n Woensdag nie....glo baie gaan langnaweek anders benut as doel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2021 @ 06:55:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16686
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 57 years

Ek is verbaas hulle doen dit op n Maandag en nie op n Woensdag nie....glo baie gaan langnaweek anders benut as doel

Dit is seker die verskuilde agenda agter die Ma stem dag. 

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2021 @ 06:58:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18855
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Dit is seker die verskuilde agenda agter die Ma stem dag. 

Ek sien daars klaar oorde wat spesiale aanbiedinge adverteer vir daai "lang naweek"

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2021 @ 08:49:51 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Dit was m.i. beslis 'n strategiese fout.  Duisende mense gaan reeds oor einde-van-die-maand naweke 'huistoe'.  Indien moontlik vermy jy jy die N1 Noord oor sulke naweke.  Nou is die einde van Oktober naweek nog 'n lang een ook!  Ek dink iemand het nie alles deurdink nie.  Ek kan nie dink dat mense so 'n geleentheid om 'n dag langer by die familie deur te bring, gaan opoffer om 'n stem uit te bring wat hulle dalk reeds glo sal geen verskil aan hulle lewens maak nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2021 @ 08:53:48 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

Dalk ‘n polities strategiese besluit indien die rede daar agter is dat diegene wat dit as ‘n wegkom naweek wil benut se besluit tot voordeel van die party is wat vir hulle “wickets” probeer keer.

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2021 @ 09:28:09 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Ek dink nie hier in die noorde sal dit so werk nie.  Derduisende Gautengers gaan op sulke tye na die voormalige Venda, Gazankulu en Lebowa terug 'huistoe'.  Ek het nie kennis van ander gebiede in ons land nie, maar ek sou raai dat dit maar elders ook so sal werk. Dis tog uit hulle geledere wat die regerende party se kiesers kom.  Dit kan ook nie die 'tuis' munisipaliteite bevoordeel nie, want op stemdag keer die mense weer terug na die gebiede waar hulle woon en werk.  Hulle gaan dus nie vir use tou staan om te stem nie en hulle is waarskynlik nie in die munisipaliteite geregistreer nie. Ek twyfel ook of hulle, na 'n uitputtende kuier-naweek en terugrit, gaan lus hê om hulle stemme dan uit te bring.  Ons sal maar sien.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct, 2021 @ 13:18:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18855
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Glo ook so. Jou werkende mense {wat ook vanselfsprekend die belasting betalers is} gaan dit as n geleentheid sien om weg te glip vir die naweek en jou nie-werkendes gaan nêrens nie.....is buitedien elke dag "af", so daai stem dag het hulle iets om te doen en miskien n gratis T-shirt te kry?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 13:35:11 pm
MariusRix
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 28 Oct, 2013
Experience: 20 years

Ek wil net graag my stuiwer in die armbeurs gooi - dis wel 1 November 2021 'n openbare vakansiedag, en dis goed so.   Dit behoort egter nié vir die doel van ontspanning aangewend te word nie, want diegene wat dit wél doen, se stem sal verlore wees vir die munisipale verkiesing.   En dis gewoonlik hulle wat die eerste en meeste kla oor swak dienslewering.   Skiet my maar - ek is goed gepantser!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 13:52:05 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Dit is soos jy sê Marius en ons gaan beslis tuisbly en stem. En dis nie net oor ons patriotiese gevoel nie.  Ek bly maar oor langnaweke en einde van die maand naweke van die grootpaaie af.  Die gesprek gaan egter oor die wysheid van die regering om die dag 'n openbare vakansiedag te maak.  Soos jy op hierdie draad reeds kan sien, is daar baie mense wat nie so dink nie en wat nie 'n lang naweek gaan inboet vir 'n stem nie.  Dit is seker meestal mense wat nog werk en nie soos ons pensionarisse die keuse het om enige tyd te gaan ontspan nie.  Ek kan hulle nie juis kwalik neem nie, wel die regering se kortsigtigheid - as dit bluyk 'n verkeerde besluit te gewees het.  As daar wel 'n hoë stempersentasie sal wees, sal ek moet erken ek was verkeerd maar ek sou steeds dink dit was 'n waagstuk wat ek nie in dieselfde posisie sou neem nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 13:59:16 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

Help my reg as ek die pad byster is, maar as my verouderde geheue my nie in die steek laat nie was die keuse van 'n stem datum nie die van die regering nie, maar wel die regsplegende gesag, wat die vorige datum so effens vorentoe geskuif het, so, eintlik behoort die besluitnemer wat voorsittende beampte was tydens daardie hofsaak die skuld vir die langnaweek kry.

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 14:12:23 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Jy is gedeeltelik reg Pieter.  Die hof het wel toestemming gegee dat die datum effens verskuif kon word.  Die spesifieke dag is wel deur die regering gekies binne die bestek wat die hof toegelaat het. Die besluit om dit 'n openbare vakansiedag te verklaar was egte nie die hof s'n nie maar wel die regering s'n.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 14:30:05 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

Fred, maar is dit dan nie tradisie dat stemdag 'n openbare vakansiedag is sodat almal wat aan die krip staan kan gaan stem, en die wat vir kleinhadelaar tipe onderneming werk in elk geval moet werk, of hulle nou gedurende die dag  wil stem of nie. nie?

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 14:42:07 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

Amper vergeet ek, of liewer, daar het ek nou net vergeet - die oorspronklike datum wat deur die regering vasgestel was het op Woensdag, 27 Oktober geval, wat nie 'n lang naweek tot gevolg sou gehad het nie.  Die uitstel deur die hof het 'n beperkte uitstel tydsduur vereis.

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 15:32:19 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Ek kan nie onthou of stemdag gewoonlik 'n vakansiedag verklaar word nie. Kan iemand dalk onthou?  Maar dis gewoonlik op 'n Woensdag wat dan 'n uittog van kiesers keer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 19:33:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10779
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Ek kan nie onthou of stemdag gewoonlik 'n vakansiedag verklaar word nie. Kan iemand dalk onthou?  Maar dis gewoonlik op 'n Woensdag wat dan 'n uittog van kiesers keer.

Maak nie vir my saak nie, ek is elke dag op vakansie, verf woonstel daai dag.

Oooo ek kyk dat dit gedoen word, klaar gewerk.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct, 2021 @ 10:13:43 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 667
Joined: 04 Mar, 2014
Experience: 32 years

Stemdag was nog altyd ‘n vakansiedag.

Stembusse is gewoonlik tot 21:00 oop, so as iemand weggaan vir die langnaweek behoort teen daardie tyd terug te wees om te gaan stem.

Almal wat teen 21:00 in die ry staan kan stem, dié wie na die tyd arriveer word weggewys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct, 2021 @ 17:10:02 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10779
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Nee wat........

 

Stemdag was nog altyd ‘n vakansiedag.

Stembusse is gewoonlik tot 21:00 oop, so as iemand weggaan vir die langnaweek behoort teen daardie tyd terug te wees om te gaan stem.

Almal wat teen 21:00 in die ry staan kan stem, dié wie na die tyd arriveer word weggewys.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za