English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 377
Total Replies: 263 904
Total Views: 83 640 410
topics: 12 067
replies: 146 011
views: 39 552 515
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Dash Cams

replies: 27
views: 400
15 Oct, 2021 @ 14:29:45 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4585
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 48 years

Goeie middag. 

Ek wil 'n "dash cam" aanskaf. Vereistes is 'n redelike hoe resolusie en nag visie.

Enige aanbeveelings?

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct, 2021 @ 20:54:30 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

Persoonlik steur ek my nie aan aanbevelings van produkte deur enige forum lede nie, want gereeld soos klokslag kry ek die indruk dat persone hulle aankope probeer regverdig, so asof hulle oordeelsfoute minder van 'n fout saou wees indien meer mense dieselfde keuse sou uitoefen.

Ek het onlangs my tweede dashcam moes koop na 'n inbraak. 

Ek het by Google begin met my huiswerk deur verskaffers se internet aankoop spyskaarte deur te kyk en skermgrepe te maak van die tegniese besonderhede van elke produk waarin ek belang gestel het. Uiteindelik moes ek tussen twee besluit, en het toe weer vir Oom Google gevra om te help. Ek het elkeen se beeld gehalte kon bepaal deur na  voorbeelde van video grepe van die betrokke produkte op Google te kyk - beide in helder daglig asook nagtonele. Ek het uiteidelik op een besluit wat beide 'n dashcam en GPS in dieselde eenheid bied, en is baie tevrede. Effens duur, maar met so iets besef 'n mens waarom party produkte duurder is as ander wanneer jy die spesifikasies begin vergelyk.

Die eenheid beskik oor verskeie verkeersgevaar waarskuwings wat aanvanklik irriterend, was maar ek kon besluit watter om af te skakel. Die spoedbeperking waarskuwings het ek aan gelos, en nou ry ek vir die eerste keer in omtrent sestig jaar konstant binne die spoedperke op die oop pad. Die baan verwisseling waarskuwing het ek ook aan gelos. 

Die kamera neem een minuut snitte agtereenvolgens op, en afhangende van die grootte van jou geheuekaartjie kan baie lang ritte na die tyd met die regte sagteware aanmekaar gelas en geredigeer word. Baie handig veral waar mooi bergpasse en natuur ter sprake is. Die een minuut grepe sal ook handig te pas kom waar verkeersoortredings of ongelukke ter sprake sou wees.

Ek noem doelbewus nie my keuse se naam nie, want teen die tempo waarteen tegnologie ontwikkel is dit beter dat elke ou maar sy eie huiswerk doen met die jongste produkreeks keuses in gedagte.

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
1
💔
1
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2021 @ 06:28:52 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Interessaant jou eerste paragraaf, dis wat ek ook al ervaar het.  Ons is altyd in kompetisie: "my span speel tog beter rugby as joune(anders kies  ek 'n ander span)", "ek kan tog beter visvang as jy", "my kar is tog beter as joune", "my kleinkinders is tog slimmer/mooier as joune", of soos ene Trompie gereeld gesê het, "nobody knows more about Covid18/ climate change/ the ecomomy than I do". 

Om soveel as moontlik navorsing te doen oor 'n produk, is maar die uiteindelike beste opsie.  En hoe duurder die produk of hoe langer jy beoog om dit te behou, hoe meer navorsing is nodig. Verbruikerskommentaar is een van die aspekte waarna gekyk moet word, maar oordeelkundig natuurlik.  Oorweeg beide die positiewe en negatiewe kommentaar ern veral die wat oor langer tydperke se ondervinding strek.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2021 @ 07:08:56 am
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1593
Joined: 26 May, 2013
Experience: 47 years

Pieter Ek het 'n Garmin DriveAssist 50  dit is 'n GPS en Kammera

Ek geruik die Garmin reeks al jare

Die garmin GPS is nie volmaak nie maar ook nie die slegste op die mark nie.

My eerste Nivi 300 werk nou nog net sy kaart opdateering is duur

Die Drive het LTM (life time maps) en kos niks.

Gebruik ook gereeld GARMIN Aera 760 as ek vlieg en ek verseker jou dit is nie om my aankoop te regverdig nie.  Die GARMIN werk vir my

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2021 @ 07:51:49 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Ekself het 'n Garmin GPS- die derde een tans- asook 'n Garmin dashcam. Toe ek hulle gekoop het, het my navorsing getoon dat hulle kon doen wat ek wou hê en ek is steeds tevrede met beide.  Waarskynlik het die tegnologie nou al verby hulle gevorder, maar ek is hulle gewoond en doen steeds die ding vir my.

Interessant dat op die stadium dat ek 'n beter dashcam wou koop, die kombinasie GPS/Dashcam Garmin eenhede nie so goed gelyk het nie en ek het toe daarteen besluit.  Waarskynlik is hulle nou heelwat beter- dit kan nie anders nie, die selfone met Google Maps is groot kompetisie en Garmin moet uithaal en wys.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2021 @ 08:04:57 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18855
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Ek vra maar weer lede se ervaring met sekere produkte. Twyfel of enige vervaardiger iets negatiefs sal sê oor sy produk op Google....so jy hoor ook maar net die positiewe, maar waar gaan jy die negatiewe info kry wat groot invloed op besluit mag hê? Net by eind verbruiker.

My persoonlike opinie van GPS is dat dit "uit de oude doos" is. Vandat ek Google maps gebruik, kan ek nie dink hoekom het ek tot relatief onlangs nog geld spandeer op n GPS wat se paaie reeds weer outdated is nie. Google maps stop nie net by net pad aanwysing nie.....speel met sy addisionele funksies en sien self

Hiermee skryf ek nie my ervaring omdat ek my "aankope probeer regverdig nie", want dis nie iets wat ek gekoop het nie....dis tot almal se beskikking

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2021 @ 08:25:42 am
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1593
Joined: 26 May, 2013
Experience: 47 years

Ekself het 'n Garmin GPS- die derde een tans- asook 'n Garmin dashcam. Toe ek hulle gekoop het, het my navorsing getoon dat hulle kon doen wat ek wou hê en ek is steeds tevrede met beide.  Waarskynlik het die tegnologie nou al verby hulle gevorder, maar ek is hulle gewoond en doen steeds die ding vir my.

Interessant dat op die stadium dat ek 'n beter dashcam wou koop, die kombinasie GPS/Dashcam Garmin eenhede nie so goed gelyk het nie en ek het toe daarteen besluit.  Waarskynlik is hulle nou heelwat beter- dit kan nie anders nie, die selfone met Google Maps is groot kompetisie en Garmin moet uithaal en wys.

Daar is plekke in ons land wat nie cell opvangs het nie en dis waar GPS op selfoon verloor.

Ook is jou battery gou gedaan as jy Video clip neem terwyl jy ry

Die DriveAssist lock automaties as daar 'n ongeluk of harde stamp is en jy behou die klip en kan terug gaan na die

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2021 @ 08:51:13 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

My ervaring is dat daar ‘n hemelsbree verskil is tussen “promosie videos” en YouTube videos waar die onafhanklike video vervaardiger produkte vergelyk, en die kykerspubliek hulle geskrewe insette kan lewer oor die onderwerp of aanbieding. 

Waar produk eienskappe met tegniese inligting gerugsteun word gee dit ‘n objektiewe siening, en dit is waarin ek belang stel. Meeste van ons weet dat gewig en wringkrag die twee faktore is wat die grootste  invloed op “lekker sleep” het. Wanneer ‘n ou byvoorbeeld die lof van ‘n klein karretjie as sleepvoertuig besing sonder om daardie twee faktore in berekening te bring heg ek nie waarde aan ‘n “opinie” nie. Dit is lekker leesstof, maar nie oortuigend nie.

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2021 @ 10:20:44 am
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4585
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 48 years

Pieter Ek het 'n Garmin DriveAssist 50  dit is 'n GPS en Kammera

Ek geruik die Garmin reeks al jare

Die garmin GPS is nie volmaak nie maar ook nie die slegste op die mark nie.

My eerste Nivi 300 werk nou nog net sy kaart opdateering is duur

Die Drive het LTM (life time maps) en kos niks.

Gebruik ook gereeld GARMIN Aera 760 as ek vlieg en ek verseker jou dit is nie om my aankoop te regverdig nie.  Die GARMIN werk vir my

Dankie Swanie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2021 @ 10:22:14 am
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4585
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 48 years

Ek vra maar weer lede se ervaring met sekere produkte. Twyfel of enige vervaardiger iets negatiefs sal sê oor sy produk op Google....so jy hoor ook maar net die positiewe, maar waar gaan jy die negatiewe info kry wat groot invloed op besluit mag hê? Net by eind verbruiker.

My persoonlike opinie van GPS is dat dit "uit de oude doos" is. Vandat ek Google maps gebruik, kan ek nie dink hoekom het ek tot relatief onlangs nog geld spandeer op n GPS wat se paaie reeds weer outdated is nie. Google maps stop nie net by net pad aanwysing nie.....speel met sy addisionele funksies en sien self

Hiermee skryf ek nie my ervaring omdat ek my "aankope probeer regverdig nie", want dis nie iets wat ek gekoop het nie....dis tot almal se beskikking

Stem saam met jou Geert.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2021 @ 10:33:19 am
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4585
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 48 years

Ek het intussen op die draad afgekom wat Geert op 5 Sept begin het. Heelwat menings daar gekry.

The Happy Campers.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2021 @ 09:45:42 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5930
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 34 years

In die soek "Search the Forums" tik net "dash" in daar is heelwat drade om na te kyk.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2021 @ 18:13:33 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10779
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Google maps en RoboCop op my foon.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2021 @ 19:09:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18855
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Google maps en RoboCop op my foon.

 

Vertel bietjie meer van Robocop

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2021 @ 19:18:34 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10779
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Dis n app wat jy aflaai op foon wat jou al die spoedbeheer plekke gee (spietkops sit, kammeras), en jou vertel hoe vinnig jy ry, waar daar n ongeluk is en die ompad.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2021 @ 19:56:21 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

Dis n app wat jy aflaai op foon wat jou al die spoedbeheer plekke gee (spietkops sit, kammeras), en jou vertel hoe vinnig jy ry, waar daar n ongeluk is en die ompad.

 

Chuck, my weergawe van die Appstore gee net vir my 'n magdom polisie simulasie apps, en niks van dit wat jy verduidelik nie. Ek het tot onder aan die RoboCop bladsy geblaai sonder sukses.

Om bewegende spoed aan te dui sal die app met 'n satteliet verbind moet wees, of sit ek die pot nou mis?

Gee bietjie raad asb. Hoe kom ek by die weergawe van RoboCop uit waarna jy verwys? 

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2021 @ 21:45:49 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 696
Joined: 02 Sep, 2015
Experience: 53 years

Radarbot ?

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 09:49:02 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10779
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Chuck, my weergawe van die Appstore gee net vir my 'n magdom polisie simulasie apps, en niks van dit wat jy verduidelik nie. Ek het tot onder aan die RoboCop bladsy geblaai sonder sukses.

Om bewegende spoed aan te dui sal die app met 'n satteliet verbind moet wees, of sit ek die pot nou mis?

Gee bietjie raad asb. Hoe kom ek by die weergawe van RoboCop uit waarna jy verwys? 

Probeer die een, basies dieselfde.....

Radarbot ?

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 13:45:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18855
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Normale Google maps waarsku ook teen spietkops en ongelukke. As jy verby die speedtrap gery het, vra Google maps gewoonlik of die speedtrap steeds daar is of nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 14:06:20 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 53 years

Garmin ook as jy 'traffic' op het. Myne het gratis kaartopgraderings en verkeersinligting. Ek weet nie hoe Google s'n werk nie, maar met Garmin gee elke gebruiker wat die stelsel het, outomaties gedurig inligting deur aan 'n sentrale rekenaar wat dan weer dit deurgee aan die motoriste wat die apparaat het.  Wanneer meerdere motors met die apparaat byvoorbeeld op een plek spoed verminder, is dit 'n aanduiding van 'n probleem.  Die stelsel is deur Netstar ontwikkel en word deur hulle bedryf en is ook deur instansies in Europa aangekoop om hulle amptelike verkeersinligting aan te vul.  Dit werk van selfsprekend al beter hoe meer voertuie op 'n gegewe deel van 'n pad is en dus inligting verskaf. Ek dink hulle kry ook amptelike verkeersinligting.

Oor die verkeersmanne het ek nie inligting nodig nie.  Ek hou by die verkeersreëls en veral spoedbeperkings en het hoegenaamd geen simpatie met 'n persoon wat ander se lewens in gevaar stel en daarvoor afgetrek en hopelik beboet word nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct, 2021 @ 16:00:39 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

Die selfoon in die hand met Google Maps op terwyl jy bestuur herinner my aan die dame wat gekla het dat, elke keer dat sy met Google Maps op haar foon in die hand bestuur loop 'n onnadenkende voetganger voor teen haar motor vas en het sy groot skade!

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct, 2021 @ 09:27:51 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5930
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 34 years

Ek verkies ook my Garmin, gebruik nie data nie en werk daar waar geen foon opvangs is nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2021 @ 14:49:44 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4244
Joined: 10 Sep, 2011
Experience: 42 years

Load Here Maps App on your phone (https://wego.here.com/?x=ep&map=-33.9669,25.5828,10,normal) and download the maps you want - no need for Cell reception. I used it in Chile with great success.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2021 @ 15:26:33 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

Load Here Maps App on your phone (https://wego.here.com/?x=ep&map=-33.9669,25.5828,10,normal) and download the maps you want - no need for Cell reception. I used it in Chile with great success.

Brian, please advise how to download it for use without cell reception.

I can only access it on their website whilst on-line - no download facility. 

Thanks.

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2021 @ 15:33:22 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4244
Joined: 10 Sep, 2011
Experience: 42 years

Brian, please advise how to download it for use without cell reception.

I can only access it on their website whilst on-line - no download facility. 

Thanks.

You need to install it from your App Store

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2021 @ 15:35:08 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4244
Joined: 10 Sep, 2011
Experience: 42 years

Search for "Here WeGo Maps & Navigation" in the App Store 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2021 @ 15:44:10 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1732
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 56 years

Search for "Here WeGo Maps & Navigation" in the App Store 

Thanx Brian.

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct, 2021 @ 15:44:40 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4244
Joined: 10 Sep, 2011
Experience: 42 years

Once open on your phone scroll down to Your Maps - Map of South Africa is 693MB After downloading you need to select Use App Offline (also under your Maps section) then you are good to go.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za