Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22968 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 914 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Joe Stieger | 451 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
ATKV Eiland pad
Iemand het 'n rukkie gelede gevra oor die pad na Eiland maar ek kan nie nou die draad opspoor nie. Ons het dit pas vanoggend gery en ek het bietjie raad: Moenie die Eiland-afdraai vanaf die Tzaneen-Phalaborwapad neem nie!!! Die pad is in 'n uiters slegte toestand en voertuie ry liks en/of regs soos op 'n grondpad om die talle slaggate te vermy. My GPS het 'n alternatief voorgestel maar ek was toe te slim, tot my nadeel. Die alternatief wanneer jy vanaf Tzaneen af kom, is die pad wat Giyani gemerk is, die R529. Dit is seker so sewe kilos voor die Eilandpad. Die mense by die Eiland sê die pad is in 'n goeie toestand en die afstande is maar dieselfde. Die afdraai vanaf die pad terug na die Eilandpad is gemerk. Dit bring jou sowat 7 kilos voor Eiland terug na die Eilandpad.
Dis heerlik warm hier en daar is baie kampeerders.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die R 529 (Giyani-pad) is in goeie toestand. Neem net kennis dat jy sowat 17 km vanaf die R71 'n nedersetting kry waar daar 6 spoedwalle is. Hulle vang ook vir spoed in die nedersetting - veral as jy van Eiland se kant af kom (60 kpu).
gebruik die pad voor Letaba Junction
Die eerste een by die kruising waar die Garage en Mini OK is is sleg vol gate
Die een na die VIVA (Lataba Junction) garage is nog slegter
Ek is nou hier ry Woensdag terug huis toe
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Ek is bietjie deurmekaar met Swanie se verduideliking (verskoning).
As jy van Tzaneen se kant af kom (met die R71) draai jy links op die R529 (Giyani) en ry tot by die Caltex vulstasie, waar jy regs draai, die Letabarivier kruis en net daarna draai jy links op die ou-bekende Eilandpad.
As jy van Gravelotte se kant af kom (met die R71) ry verby die ou-bekende Eilandpad. Ry net minder as 'n kilometer reguit aan by die 3-rigtingstop en gaan pas daarna oor die Letabarivier, verby die Viva-vulstasie (waar ook 'n OK Minimark is). Seker net meer as 'n kilometer verder kry jy die R529 waar jy regs draai - rigting Giyani, en volg die pad soos hierbo beskryf.
Die ou bekende Eiland teerpad is plek-plek in 'n skrikwekkende toestand.
Geniet dit Swanie, veilig terug ry.
Al weer oppad iewers heen.
Ander vraag. Ek was nog nooit by ATKV Eiland nie. Is daar verskil wat hulle bied teenoor nader oord aan my soos Buffelspoort en Klein Kariba?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ander vraag. Ek was nog nooit by ATKV Eiland nie. Is daar verskil wat hulle bied teenoor nader oord aan my soos Buffelspoort en Klein Kariba?
Wat is daar te doen in omgewing?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek is bietjie deurmekaar met Swanie se verduideliking (verskoning).
As jy van Tzaneen se kant af kom (met die R71) draai jy links op die R529 (Giyani) en ry tot by die Caltex vulstasie, waar jy regs draai, die Letabarivier kruis en net daarna draai jy links op die ou-bekende Eilandpad.
As jy van Gravelotte se kant af kom (met die R71) ry verby die ou-bekende Eilandpad. Ry net minder as 'n kilometer reguit aan by die 3-rigtingstop en gaan pas daarna oor die Letabarivier, verby die Viva-vulstasie (waar ook 'n OK Minimark is). Seker net meer as 'n kilometer verder kry jy die R529 waar jy regs draai - rigting Giyani, en volg die pad soos hierbo beskryf.
Die ou bekende Eiland teerpad is plek-plek in 'n skrikwekkende toestand.
Chris dit is reg soos jy se, Net die GARIM wil jou by die Country lodge se pad laat links draai 1km verder regs dan eindig jy ook by die R529. Die R529 draai by die DeRu kwekery af.
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Die Gaint Boabab Tree, Leydsdorp, Stap roetes, Swem Warm matig en Koud, Put Put, Rolbal
kan dag besoeke aan KNP doen. Juckskei en velle ander sport
Dan is daar nog die sit en niks doen ook
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Die gevoel is baie meer wild as die ander wat jy noem Geert. Die park is geleë in die Hans Merensky natuurreservaat met sowat 30 km se paaie wat jy kan ry maar ook stap. Daar is n afsonderlike ingang na die reservaat aangesien Eiland heeltemal omhein is. Maar selfs in die omheinde deel is daar gereeld wild. Ons het al in die verlede n trop Vlakvarke teëgekom en op die huidige besoek het ons Nyalas en Waterbokke in die omheinde dele gekry. Die Eiland deel is baie groot met seker 600 staanplekke en hoewel daar baie langstaners is, voel dit nogtans baie rustig en wild. Dis een van ons gunsteling kampplekke. Vir die sportmanne is daar allerhande fasilieite, oa die putput baan oa waar ons baie aktief is. Vir die kinders is daar oor n baie hoë supersline.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dankie vir jul terugvoer....klink lekker, ek hou van die stap en wildsbesigtiging gedeelte. Sal hom onthou vir die toekoms
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons het vanoggend uitgeving die reservaat is tydelik gesluit vir besoekers agc C19. Daar is egyer binne die Eiland kamp, n hele paar kilometer se stappaadjies in die bos. Ons het oa vanoggend n troppie Rooibokke teengekom. Daar is ook baie voëls, oa Glansspreeus in groot getalle en twee tioes Boskraaie wat nie veel vrees vir mense toon nie. Hierdie is werklik n baie lekker kampplek, soos Chris sê, ook om net te sit en rustig te wees.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
daar is ook Maribo Stolks wat by die oord se asgat kom aas
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Eiland enn van ons gunsteling oorde weer heel jaar deur en ja die Eiland pad soos ons hom ken tussen vrugte plase deur is op gery gebruik die pad soos Chris hier bo bespreek en verduidelik het
Haak daai wa kamp bly koning
Ons kamp gereëld elke jaar by die Eiland vir so 4-6 maande deur die winter.
In ons opinie, een van die meer besonderse oorde met wild, 300 staanplekke en 102 rondawels op 36ha binne die Merensky wildtuin. Skoon gemoderniseerde ablusieblokke, goeie winkel met voorraad dat jy nie elders hoef te gaan koop nie.
Die oord is so uitgelê dat, al is dit vol, voel jy nie vasgedruk nie. Daar is plek vir almal. Ook in die swembaddens en ander fasiliteite.
Goeie fasiliteite en aktiwiteite. As jy jouself daar verveel, is dit nie die oord se skuld nie.
Dit is 'n 'kinder paradys' soos my kleindogter dit noem. Bestuur se houding is ook dat hulle sal verseker dat kinders (en ander) altyd veilig op die oord kan fietsry.
Nee wat, baie minder onder druk as ander oorde, al is dit skoolvakansie.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
Has anyone driven the R529 recently what is it's condition like or have there been any pothole repairs on the old Eiland road ??
I'm going there next week and just wondering which road I should take.
Brian - I also travelled those route more or less the same time as you last year. I will surely stick to the R529. The other road is not "serviced" by the Limpopo roads department. The citrus farmers try to maintain the road with no assistance by the authorities. I travelled it once last year (without the caravan) on one of our trips to Tzaneen. I decided I do not want to put my Hilux through that experience again. One area was particularly bad.

Thanks Chris - we will take the R529.
Brian, I have asked Shaun (Bostoe) to answer you. He is currently there for 2 months already, and I am sure he will be able to give you the latest updates.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Brian, I have asked Shaun (Bostoe) to answer you. He is currently there for 2 months already, and I am sure he will be able to give you the latest updates.
Thanks Hennie
Hi Brian, Shaun is having problems getting onto the forum. He did send me a message and said the road is fine. They are busy fixing the road at various placed, and many campers are travelling it with caravans on a daily basis. If you want me, I can forward you his number if you want to speak to him. My number is 0 eight 2 nine four zero 1 nine six four.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.