Save electricity adverts here on this forum .....surely there is a way admin can stop this rubbish?
Save electricity adverts here on this forum .....surely there is a way admin can stop this rubbish?
Hi Duncan,
Please can you email updates@vserve.co.za a screenshot of these adverts so we can investigate.
Thank you
Regards Brian
Thanks for the snappy replies folks.
Just hope no members here have bought any fancy gadgets as advertised only to find what they really are inside.
Hi Duncan,
Please can you email updates@vserve.co.za a screenshot of these adverts so we can investigate.
Thank you
Regards Brian
Its an ad by Google. If you open the site using Google you should see it. Does not bother me.
Does not bother me either HM, just worried someone buys this rubbish without thinking....
Hi Duncan,
Thank you for sending us the screenshots. The "Ramaphosa" scams had already been disabled by Google by the time we looked, and we have blocked the voltbox advertiser (this can take up to 24 hours to take affect).
Please, in future, contact us directly with these kinds of concerns, either via the quick admin contact or updates@vserve.co.za.
Rama Lite rubbish still on phone app.☹
Hi Duncan,
Thank you for sending us the screenshots. The "Ramaphosa" scams had already been disabled by Google by the time we looked, and we have blocked the voltbox advertiser (this can take up to 24 hours to take affect).
Please, in future, contact us directly with these kinds of concerns, either via the quick admin contact or updates@vserve.co.za.
Try as you may, these "ads by Google" will remain while one uses their browser. Block one and another pops up.
Die sites/ads wat by my opkom is in lyn met wat ek onlangs ge-google het. So ek glo almal kry verskillende advertensies, afhangende watse sites/produkte mens ge-google het.
In die hoek van advertensie is n "!" teken....click daarop en dit gee jou die geleentheid om advertensie by Google te raporteer as dit verdagt lyk. Daar is ook opsies om dit te verander om sekere plek se advertensies nie meer te sien nie
Darm nog nie dit gekry nie...
Dalk moet julle minder op die porn site ingaan.......
Hierdie is 'n behoorlike rotte nes. Daar is soveel "scam" produkte daar buite dat mens amper nie kan byhou nie. As jong student het ek geval vir iets soos 'n Stromberg Converter. Die gedoente is gemonteer tussen die motor se verdelerdop en die "coil" en het belowe om die vonk by die vonkproppe te verhoog wat dan sou aanleiding gee tot beter enjin prestasie of dan beter brandstofverbruik. Nou ja, as jy 'n student is wat 'n Cripple S Datsun ry glo jy mos alles! Uiteinde was dat daai Datsun vonkproppe gevreet het soos nog nooit tevore nie en soveel elektroniese geraas op die radio veroorsaak het dat die basies nutteloos was. En wraggies, nou net gekyk, die verdommenis van 'n produk word steeds verkoop! en internet maak natuurlik die bemarking van die sacams makliker

Ek het self so een in 1990 gekoop. Ek het gekoop by Pretoria skou....hulle het nog n demo daar gehad hoe sterk vonk jou sparkplug maak en dat dit jou kar iets soos 20% meer krag sou gegee het. Selfs met verbeelding was daar geen verskil nie....
Glad I could help...👍👍
Ek het ook destyds vir die ding geval. Daar was ook een of ander apparaatjie, ek dink 'n magneet, wat jy om die petrolpypie gemonteer het, wat die petrol sou magnetiseer wat glo groot verbeteringe in die verbrandingsproses sou veroorsaak. En balletjies, wat eintlik maar net lood was, wat jy in die petroltenk gegooi het wat onmiddelik die oktaaktelling verhoog en nooit opgebruik word nie. Onkundiges het toe gemeen hoe hoër die oktaan is, hoe meer energie en dus krag, die petrol gegee het. Mense met Beatles, wat lae oktaan petrol benodig het, is met hoë oktaan gevoer. Die karretjies het gestotter en gemis maar die eienaar het gesweer hy loop nou soos die wind. En soganaamde "free flow exhausts" wat net groter lawaai gemaak het maar die eienaar laat glo het sy karretjie loop vinniger. Nog baie ander soortgelyke goed. En vlerkies op die bak wat die stroombeleiding sou verbeter- nog 10% ekstra krag of brandstofbesparing of so-iets. Een of ander komediant het 'n ding geskryf waarin hy noem van al die ekstras wat hy aan sy karretjie aangebring het en die persentasie petrol wat elkeen teweegbring. Op die ou end het hy bereken dat hy meer as 100% brandstof bespaar en dus 'n kannetjie onder die petroldop moes aanbring om al die petrol wat hy wen, te versamel.
Ja, die Strömberg foefie ..... ek (arm student) het ook een op my Kewer aangebring, en, tipies ek met my rekord aantekeninge, gevind dat daar geen verskil in krag, brandstofverbruik of enigiets anders was nie. Dus die ding teruggevat tydens 'n volgende demonstrasie. Die man het myne getoets op sy apparaat, iets vertel soos die ding het te warm geword weens 'n fout van my kant af (??), en SO WRAGGIES MY NOG EEN VERKOOP VIR 50% AF .... want DIE een sou werk.
Ok maar lekker dom, ekke, want die een was ook nutteloos. Ek het uiteindelik die ding oopgemaak om te sien hoe dit binne lyk - net 'n sterk spiraalveer tussen die 2 punte met 'n balletjie in die veer ......
Geld gemors, maar so leer 'n mens!
Die ou boere met hulle vaaljapie trekkers het blykbaar dieselfde ding geprakseer, droeë mieliestronk gevat, gaatjie in die lengte gegoor en dan weerskante 'n stuk bloudraad ingedruk totdat die twee stukke amper aan mekaar raak. Die is dan gemonteer soos die Stromberg. Die spanning het dan glo opgebou aan die coil se kant tot die oorgevonk het tussen die twee stukke bloudraad...minstens dis hoe die storie destyds geloop het. Ek onthou nog daai Pta skou demo....nadat ek uitgevind het die ding is 'n scam was dit groot pret om by verskillende skoue die stalletjie te besoek en die arme verkoopsman se ketting te trek....
My vrou het eergister n plek Intercare in Silverlakes gebel en gevra dat hul n vorm moet epos...hulle het toe my epos adres gebruik. Sedert vanoggend pop daar heeltyd "Intercare" advertensies op hierbo op forum wat deur Google geplaas word. So lyk my mens se aktiwiteit word deur rekenaars dopgehou en daarvolgens word sekere advertensies na jou uitgestuur

100% korrek. Ek het so 3 dae terug gesoek na "hole saw" komponente. Ek kry nou daagliks hierdie "pops ups" van al die specials. Dit gebeur ook hier op die forum. Dit is die gedeelte van "google" advertensies.
Ek blok onmiddelik elke advertensie oproep e en SMS'e wat ek ontvang en merk sulkes op epos as 'junk mail". Van 100 eposse wat ek ontvang, gaan meer as 90 dus direk na "junk mail". Ek wonder waarom sit maatskappye steeds sulke advertensies voort want as ek na my optrede moet oordeel, is dit 100% oneffektief en het net irritasiewaarde. Ek antwoord nie eers oproepe as die nommer nie in my telefoonlys is nie want dit is maar altyd advertensies. As iemand so probeer om my uit te kom en dit s werklik ernstig, vertrou ek hulle sal 'n boodskap laat, anders is dit maar jammer. Dit is werklik gek dat ons kommunikasiemiddels waarvoor ons self betaal, so oorgeneem word deur opportunistiese ondernemings. Ek het gedink die POPIA wet sal dit beperk, maar dit lyk nie vir my so nie.
nog is die einde niet
https://www.youtube.com/watch?v=3R7QOGml0fM
Dis hoe mpy'e soos Google hulle geld maak. Selfs universiteite en kolleges maak gebruik van die eienskap (teen 'n prys natuurlik). Soek net vir bv 'n kursus en vir die res van jou lewe kry jy die "pop-up" advertensies van ieder en elk wat so 'n kursus aanbied. En mens kan nie voorbly om die goed te probeer blok nie. Welkom tot die sg. 4de industriële revolusie waar alles rondom inligting draai!
Die ou boere met hulle vaaljapie trekkers het blykbaar dieselfde ding geprakseer, droeë mieliestronk gevat, gaatjie in die lengte gegoor en dan weerskante 'n stuk bloudraad ingedruk totdat die twee stukke amper aan mekaar raak. Die is dan gemonteer soos die Stromberg. Die spanning het dan glo opgebou aan die coil se kant tot die oorgevonk het tussen die twee stukke bloudraad...minstens dis hoe die storie destyds geloop het. Ek onthou nog daai Pta skou demo....nadat ek uitgevind het die ding is 'n scam was dit groot pret om by verskillende skoue die stalletjie te besoek en die arme verkoopsman se ketting te trek....
Daar leer ek weer nog iets.
Nie geweet die vaaljapie trekker had 'n eweknie met 'n coil en wat met petrol gewerk het nie.
Ons het sommer met parafien en soms parafien/diesel mengsel gewerk. Dan slinger gedraai tot hy vat.
Hy het gedoen wat hy moes doen.