English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 178
Total Replies: 261 568
Total Views: 83 541 694
topics: 11 962
replies: 144 649
views: 39 504 803
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Toer 2021

replies: 8
views: 232
23 Jun 2021 @ 20:35:48 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 116
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 51 years

Ons  het weereens die voorreg gehad om deur so n stukkie van ons land te toer gedurende Mei en Junie.  Ons het by 13 kampplekke gekamp en nog 2 net as oornag  kampe gebruik.  Ons het  8000 km gereis  en slegs my linker agter band verloor a. g. v. n  gat in die pad. Ek sukkel so al 7 dae om terugvoering van Santam te kry. Ek het verskeie fotos van die band, kwitansie van nuwe band, verslag dat ek 80% loopvlak oorgehad het  asook foto van my lisensie skyfie gestuur. Gister versoek hulle n foto van my karavaan van voor en van agter, waarvoor weet ek nie, maar ek dit maar gestuur. n Paar kampplekke wat ek beslis kan aanbeveel is: Karoo Park , Natalia,Thendze, Balule , Klein Kariba, Die Eiland. Toe ons op Shingwedzi gekamp het was die kamp 50% vol. Absuluut rustig. ( net ons bejaardes) Die twee oornag kampe kan ek ook aanbeveel nl. River of Joy en Onze Rus. Ek moet ook noem dat die Kruger Wildtuin in alle opsigte aan ons verwagtings voldoen het. Vanaand sit ek hier in nat Sandbaai . Ook n voorreg. Groete. Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2021 @ 20:53:04 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Wonderlik. Julle het lekker wyd gekamp.

 

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2021 @ 21:07:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Sjoe....omtrent oral oor die land. Sterkte met die versekering....watter skade het julle gekry as gevolg van band?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 07:28:53 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1421
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

En ek het wraggies die ou weer raakgeloop in Satara, nadat ons mekaar 4 jaar gelede hier by Eiland (waar ons nou is) raak gekamp het.

Geniet die reën en koue tuis daar in Sandbaai. Ons behoort, as alles volgens plan verloop, teen end-Aug die laaste deel van die Kaapse winter te ervaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 07:40:54 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1421
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Ek moet darem hierdie stukkie vertel. Ons ry een oggend op die Gudzanipad daar in die Satara-omgewing. Van vooraf kom 'n voertuig wat wys ons moet stilhou en die bestuurder van die voertuig deel ons mee dat daar 8 leeus 'n paar kilometer verder is. Maar ek dink dit was eerder die persoon wat links voor gesit het, wat hom versoek het om te wys ons moet stilhou, want hy't gesien ons ry met 'n CAM-registrasie.

So vra die passasier waar ons vandaan kom, want CAM kan verskeie plekke wat onder Caledon landdrosdistrik resorteer insluit. Sy gesig het bekend gelyk, maar ek kon hom nie plaas nie. Toe ek vir hom sê dat ek van Kleinmond kom, vra hy of ek vir Chris Boucher ken. Toe besef ek dit is Maurits - en agter hom in die voertuig sit sy vrou Martie.

Ons woon skaars 25 minute uitmekaar waar ons mekaar nooit sien nie, maar ons kamp mekaar telkens in die verre noorde raak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 09:40:46 am
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 116
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 51 years

Luhman ons was baie gelukkig dat n persoon wat agter ons gery het, ons betyds gewaarsku het. Ek wil net byvoeg dat nadat ons eers by Karoopark en daarna  die Berg Zebra park gekamp het wou ons deur die Oos- Kaap  ry om by Tortoni by Maclear te oornag.Ons sou ons karavaan daar los en dan met die bakkie na Rhodes gaan vir 2 nagte. Net toe ons oppad was, laat hulle weet dat daar n groot storm was . Ons moes toe noodgedwonge verby hou en het toe n nag op Matatiele oornag. Ek wil net dat ons n paar nagte by Henk van Rooyen kamp oornag het. Die ablusie was netjies alhoewel hulle dit so bietjie kan opgradeer. Die omgewing met die restourant is egter die moeite werd. Groete. Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 17:12:32 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10524
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Beplan ook so onbepkande toer vir 2022.

Ons het dit be so rukke terug net n kort een gedoen.

Alweer oppad iewers heen....

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2021 @ 11:18:38 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1106
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Sit reeds met my toer-beplanning vir 2022. n Hele 90 dae lank. Kan net eenvoudig nie wag nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2021 @ 19:41:12 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

lekker bosveld draai gemaak Dankie vir die deel van die ervaaring

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za