English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 178
Total Replies: 261 567
Total Views: 83 541 616
topics: 11 962
replies: 144 648
views: 39 504 754
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Mountain Breeze maak toe

replies: 12
views: 303
21 Jun 2021 @ 15:03:52 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1106
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Dis met leedwse dat ons die afgelope week gehoor het dat Mountain Breeze op die R44 tiussen Somerset Wes en Stellenbosch na al die wonderlie jare gaan toemaak. Ons het al daar gekamp vanaf die vroeg-70's. Ek onthou vele karavaan-klub dae daar. Dit is op die oomblik van die enigste karavaan-parke waar ons nog kan gaan in ons area.  Die park is ons studente-jare Lou se Bos genoem, ook Tokkelos-bos. Die pragtige dennebome is n baken op die R44. 

Die gronde behoort aan die munisipaliteit en hulle het die kontrak met die Vissers opgeskort, dit nadat hulle die pragtigste geriewe self opgerig het. Dis n pragtige park wat feitlik altyd windstil is, oorkant die Stellenbosch lughawe. Daar is allerhande bangmaak-sprake van wat die mislike-paliteit daar wil aanvang, laekoste-iets-goggas natuurlik ook ter sprake. 

So verdwyn n geliefde baken in ons gebied ook nou. Ek ruik n slang in die gras en wonder of GELD nie weer n rol gaan speel nie. Daar is n paar uiters bekende mense wat teenaan die grond grens. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 17:08:45 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 498
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Ja....@%&@ ..., maklik om n mooi plek net terug te vat en dan gaan mens dit oor n jaar nie meer herken nie. 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 17:29:45 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years
Ai die parke trek maar "swaar". Glo nie so besluit word maklik gemaak nie. Want so park word deel van jou bloed en siel
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 17:38:04 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1634
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 22 years

Dieselfde pad wat La Mouette in Blythedale aan die KZN Noordkus geloop het. Die grond behoort aan die Stanger stadsraad. Oubaas en Susan Human wat die plek bedryf het se harde werk om die plek tot een van die min 5 ster parke in die land te ontwikkel alles daarmee heen...in die naam van BEE. Tot vandag toe steeds nie weer oop nie. En daarmee saam het vakansiegangers ook weggeraak in daai geweste. In Scottburgh duik soortgelyke gerugte ook van tyd tot tyd op aangesien die grond blykbaar aan Intercite (deel van Transnet) behoort, maar dankie tog die park gaan steeds aan. Mis steeds Oubaas hulle se plek in Blythedale :( 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 18:36:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Dieselfde pad wat La Mouette in Blythedale aan die KZN Noordkus geloop het. Die grond behoort aan die Stanger stadsraad. Oubaas en Susan Human wat die plek bedryf het se harde werk om die plek tot een van die min 5 ster parke in die land te ontwikkel alles daarmee heen...in die naam van BEE. Tot vandag toe steeds nie weer oop nie. En daarmee saam het vakansiegangers ook weggeraak in daai geweste. In Scottburgh duik soortgelyke gerugte ook van tyd tot tyd op aangesien die grond blykbaar aan Intercite (deel van Transnet) behoort, maar dankie tog die park gaan steeds aan. Mis steeds Oubaas hulle se plek in Blythedale :( 

Daai plek is heeltemaal opgegradeer deur stadsraad laasjaar....is klaar weer besig om uitmekaar te val

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 18:40:43 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1634
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 22 years

Watter plek bedoel jy Geert, Blyhedale of Scotties?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 18:48:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Watter plek bedoel jy Geert, Blyhedale of Scotties?

Blythedale....ek het hordes fotos geneem. Ek het al tonne navraag gedoen om die plek te run of te huur......maar lyk my nie hul stel belang in my nie.....BEE. Intussen lyk my weet hulle nie hoe om die plek te run nie en is reeds weer besig om uitmekaar te val. Ek sal later fotos plaas hoe dit lyk....oral nuwe braaiers, ligte in die paaie, nuwe swembad en lapa, muur hoër gemaak, huise en ablusies opgegradeer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 20:03:13 pm
JeffA
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 155
Joined: 31 Jul 2019
Experience: 2 years

Wigte en teenwigte…..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 21:38:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Maar dis jammer as mens na die mooi fotos van Dansen kyk. Sal my glad nie verbaas as jy volgende jaar hierdie tyd weer daar verby ry en nog niks het gebeur nie....net gras wat knie hoogte staan en staal koper draad wat van gebou af geplunder is

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2021 @ 07:52:42 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5026
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Dis regtig hartseer jammer alles gaan daarna agteruit

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2021 @ 19:25:21 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10524
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Wil net hê en dan op donner.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2021 @ 16:19:48 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 515
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 48 years

Ons het vandag hier aangekom om vir oulaas hier te kamp.

Die Oord sluit op 30 Junie.  Ons is net 4 karavane op die oomblik wat kom totsiens se het.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2021 @ 17:37:15 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4127
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ons het in 1985 0f 86, met ons heel eerste Desembertoer, vir 'n paar dae daar gestaan.  Die staanplekke was in 'n dennebos.  Eekhorinkies het die saad uit die dennebolle in die bome gevreet en so nou en dan 'n bol laat afval.  Van hulle het op ons karavaan se dak geval wat on elke keer ons asse af laat skrik het.  Soos ek onthou was die ablusieblok die enigste gebou in die kamp, en die was nog nie heeltemal voltooi nie, so hy moes splinternuut gewees het.  Die plek lyk nou puik volgens die fotos hierbo. Dis baie jammer hy sluit- ons wou nog altyd weer daarheen teruggaan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za