English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 178
Total Replies: 261 567
Total Views: 83 541 588
topics: 11 962
replies: 144 648
views: 39 504 740
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Die voorbeelde wat kinders navolg

replies: 8
views: 226
20 Jun 2021 @ 16:45:12 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1625
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Ons woon in 'n land waar derduisende kinders sonder vaders groot word.

Ek wonder soms hoeveel van die kriminaliteit, verkragting, vroue en kinder mishandeling, demonstrasies, vernietiging van eiendom en die stel van eise kan daaraan toegeskryf word.

Kundiges sê mos kinders doen nie wat hulle aangesê word om te doen nie, maar doen volgens voorbeelde wat vir hulle gestel word.

Vandag se kinders is more se volwassenes. Dit gee mens stof tot nadenke. 

Happiness is not getting what you like, but liking what you get.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2021 @ 22:11:06 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 209
Joined: 26 May 2017
Experience: 4 years

Ek wil dit graag glo (oor die kundiges), maar uit eie ondervinding is dit twak. Meeste gesinne het een "anderste een". Groot gemaak deur dieselfde ouers, en steeds haak hulle uit. Ons as ouers blameer onsself oor die een moeilike een, terwyl die res van ons kroos 'n lewe maak na aanleiding van ons voorbeeld. Kinders doen wat wat hulle wil (onthou jou eie jong dae). Ons anderste een is nou besig met haar 2de graad: maar dit het niks met ons of ons voorbeeld te doen nie. Dis blote genade van Bo.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 08:00:59 am
Anonymous

Ons woon in 'n land waar derduisende kinders sonder vaders groot word.

Ek wonder soms hoeveel van die kriminaliteit, verkragting, vroue en kinder mishandeling, demonstrasies, vernietiging van eiendom en die stel van eise kan daaraan toegeskryf word.

Kundiges sê mos kinders doen nie wat hulle aangesê word om te doen nie, maar doen volgens voorbeelde wat vir hulle gestel word.

Vandag se kinders is more se volwassenes. Dit gee mens stof tot nadenke. 

10 uit 10 Pieter.  My Zulu vriend het jare terug al dit beaam.  Swart mans het ver van hulle huise in myne gaan werk om huishoudings aan die gang te hou.  Seuns het van die leerlinge afgedwaal omdat daar nie 'n vaderlike figuur was wat leiding moes gee nie.  In baie gevalle het jong seuns in opstand gekom teen die ma wat slegte gevolge gehad het oor die lang termyn.

Deesdae sien ek die tendens ook in ons eie wit gemeenskappe.  Pa werk oorsee en kan nie die nodige leiding gee aan jong seuns nie.  Tesame met dit is daar is baie hoe egskeidings syfer in Suid Afrika. 

So kan ons aangaan en aangaan met feite.  Kerke word afgeskeep en as outyds bestempel.  Gin wonder alles val op die grond nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 11:31:52 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5026
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Ja dis n saak wat beide kante toe gaan ek glo ook die lewe bestaan uit besluite en daai besluite kan ons as ouers nie altyd doen vir ons kinders nie

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 14:46:50 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1106
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Ek het maar n harde houding oor "beide kante" van hierdie saak. Ek weet van kinders wat uit n skitterende Christelike gesin uitkom wat net eenvoudig uithak omdat hulle uithakkerig van ge-aardheid is, en klaar.  Ek voel vir hulle vere.

En dan kry jy kinders wat uit die dieptes van elende kom wat die hoogste sport bereik. Ek het die hoogste agting vir hulle. 

Ek is ook keelvol vir die dinge wat sommige jong ouers doen wat bloot net commin is, en die kinders ervaar dit en aanvaar dit. Armgeit is erg, maar vuilheid is nie nodig nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 14:58:34 pm
Anonymous

Kinders doen wat pa en ma doen.   Dis die voorbeeld wat jy stel.

Hoe kan 'n pa wat rook en drink vir sy seun preek om nie te rook en te drink nie.  Die seun sien en doen wat die pa doen.

Nou die dag was 'n vriend baie kwaad toe hy uitvind sy seun rook skelm.  Hy het hom 'n lekker loessing gegee.  Ek wonder net toe die pa die kind se gatvelle afgetrek het of daar 'n sigarette in die pa se mond was.  

Die beste voorbeeld wat jy vir jou kind kan stel is om reg te lewe.    Hoeveel kinders het al 'n pa op sy kniee gesien?   Dan verwag ons dat hy dit as 'n kind moet doen.   Alles opvoeding kom neer tot die voorbeeld wat jy stel.

Onthou jy as pa is veronderstel om jou kind se hero te wees.  Tree so op.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 15:33:25 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1625
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Meerkat sê: "Ek wil dit graag glo (oor die kundiges), maar uit eie ondervinding is dit twak."

Meerkat, my raaiskoot is dat ek met groot oortuiging Pareto se Wet op die kundiges se stelling van toepassing kan maak, d.w.s. 80% sal geneig wees om die ouer se voorbeeld na te volg en 20% sal dit nie navolg nie, of ten minste volwassenes se voorbeeld - goed of sleg. Op hoërskool het ek en my beste pêl ons pa's se sigarette gegaps en met groot moeite en 'n gesukkel leer rook. (Ek het later jare meer gesukkel om op te hou). 

'n Siening wat ook my belangstelling gewek het was dat jy die gemiddeld word van die vyf mense met wie jy die meeste tyd saam deurbring, Gedagtig aan die invloed wat maats op 'n kind kan hê klink dit vir my nogal sinvol. Maar soos Meerkat tereg verwys, daar is ook uitsonderinge. 

 

Happiness is not getting what you like, but liking what you get.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 21:16:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10524
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Omte rook en drink is nie verkeerd of n sonde nie.

Ja, dit is nie gesond nie,  daarmee sal ek saam stem sou jy dit oordoen. 

Veral rook, bly weg. Maar n glasie n aand kan geen skade doen.

In die boek staan geskryf wat verkeerd is en sonde is.

 

 

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 22:00:20 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 209
Joined: 26 May 2017
Experience: 4 years

Eindelik maak elke mens 'n keuse. Dit nadat ons "anderste een" se beste maat en vertroueling (haar broer, verongeluk het). Haar woorde: Ek moes kies, en as ek nie kies nie, maak ek ook 'n keuse. So leer selfs ons uithak-kinders ons lesse. Alle ouers maak foute, maar kinders moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir hulle keuses. Geen ouer doen sy kind moedswillig skade aan nie. (Ek praat nou hier van die normale gesin, soos, hopelik, meeste van ons). Dis vir my erg dat jy as ouer vir al jou kind swak besluite moet verantwoording doen. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za