English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 178
Total Replies: 261 568
Total Views: 83 541 693
topics: 11 962
replies: 144 649
views: 39 504 803
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Vadersdag

replies: 10
views: 197
19 Jun 2021 @ 16:54:33 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2292
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

More is vadersdag. Ek lees nou net Dana Snyman se artikel in Netwerk 24 oor die vaders van die verlede. Aangrypend om te lees van die "ou" dae se vaders se gewoontes en hoe ons die laaste geslag is wat dit dalk nog self kon ervaar. Dinge wat eie aan hulle was en oor die jare stelselmatig begin verdwyn het. 

Afgesien van die besondere verering wat ek vir my eie vader en sy gewoontes gehad het, (wat hy ook maar oorgeerf het) het ek begin wonder wie ons as n besonderse Vader en held in ons verlede onthou, en wat was daardie uitstaande kenmerk wat in ons lewens n merk gemaak het wat nooit vergeet sal word nie. 

Kom ons luister en teken so die verlede se erflatings op. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2021 @ 16:18:17 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2292
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Jare gelede was ek gestasioneer in Rouxville in die Oos Vrystaat. Wyle staatspresident Jim Fouche het daar geboer.  Kolonel Kalfie Broodryk was sy lyfwag in daardie jare. As oom Jim dorp toe gekom het , het hy altyd almal kom groet in sy kakie plaasklere. Sy lyfwagte het nooit vir hom n motordeur oopgemaak nie. Hy maak self sy deur oop en stap (met sy gevolg agterna) en kom groet en drink koffie saam met jou. By die boereverening vendusies sit hy daar as n boer met sy kakie klere en gesels met almal. Daar was geen hoogmoed in hom nie en of jy sy politieke party ondersteun het of nie , hy het steeds as n medemens met almal bemoeienis gemaak.

Ek het groot respek vir hom as mens gehad en sy optrede was n aansporing vir my as jongman.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2021 @ 17:04:48 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Ek het foto van my as baba in die arms van Oom Jim. Hy was huis vriend van my oorlede oupa.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 11:42:43 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5026
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Ja van ons was gelukkig om n vader te he / gehad het wat jy of sy na kon opkyk of steeds my pa het weer min tot geen tyd saam my spandeer maar ek het n besluit innie lewe gemaak en vandag pluk ek die vrugte daarvan al drie my kinders weet my deur /huis is oop vir hulle daar is geen voortrek nie ek luister en gee dan raad indien nodig my 6 kleinkinkers is so bly om my te sien wanneer hulle my sien hoekom n kind voel aan hoe jy is oor teen hom of haar my 2c

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 14:54:24 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1106
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Ek is eervol vir vaders, hulle kan n groot rol in n kind se lewe vertolk.

MAAR!

VADERSDAG is na my mening net n geldmakery. ALLES is duurder, blomme ingesluit. Dis sommer nonsins dat winkels en eetplekke geld wil maak uit iets wat n mooi dag moet wees. Blomme wat vandag R100 kos word skielik R200. 

Ek weet jy spandeer wat jy wil en dis jou keuse om geld te mors, maar net die gedagte dat daar n oportonistiese geleentheid is, soos ook Moedersdag en flippen-wat-se-dag ookal maak dat ek n renins in sulke dae het. Eken my pelle het n reuse dag gehad op Vadersdag en dit het niemand se sak volgemaak nie  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 16:48:51 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1421
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Ek is 100% eens met Danie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2021 @ 21:22:31 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10524
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Dis ook baie lekkerder on n vleisie by die huis te braai met Vadersdag, en met Moedersdag n aansit ete by die huis.

Het gesien my ouers geniet dit meer as om te gaan uit eet.

Dis vir hulle n groter geskenk met Al die kinders en klein kinders saam hulle waarvan daar nou 28 in totaal is.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2021 @ 06:35:45 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek sien baie vroue / kinders skryf hengse soetsappige paragrawe op facebook vir hul mans/pa...moet mans /pa dan op facebook inlog om te sien wat sy vrou / kind vir hom wil sê?...lol🤣

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2021 @ 07:15:41 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek is eervol vir vaders, hulle kan n groot rol in n kind se lewe vertolk.

MAAR!

VADERSDAG is na my mening net n geldmakery. ALLES is duurder, blomme ingesluit. Dis sommer nonsins dat winkels en eetplekke geld wil maak uit iets wat n mooi dag moet wees. Blomme wat vandag R100 kos word skielik R200. 

Ek weet jy spandeer wat jy wil en dis jou keuse om geld te mors, maar net die gedagte dat daar n oportonistiese geleentheid is, soos ook Moedersdag en flippen-wat-se-dag ookal maak dat ek n renins in sulke dae het. Eken my pelle het n reuse dag gehad op Vadersdag en dit het niemand se sak volgemaak nie  

Biltong was darem op n vadersdag special🤣😂

 

....maar ek hoor wat jy sê

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2021 @ 07:32:26 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1263
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Al die kinders en kleinkinders, saam met my Skoonpa, (nog geseend om hom op 87 jarige ouderdom by ons te he) het heerlik by ons gekuier om 'n potjie.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2021 @ 19:35:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10524
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Al die kinders en kleinkinders, saam met my Skoonpa, (nog geseend om hom op 87 jarige ouderdom by ons te he) het heerlik by ons gekuier om 'n potjie.

Stem.....

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za