English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 323
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 627
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Privaat Elektrisiteitopwekking

replies: 7
views: 199
3 days ago @ 12:53:57 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Die president het pas aangekondig dat privaat elektrisiteitsopwekking nie meer lisensies nodig het tot 100MW nie, van die huidige 1MW.  As jy egter ook wil elektrisiteit terugvoer in die stelsel, sal jy steeds 'n lisensie moet hê.  Ek is geen kenner op die gebied nie, maar ek het self gewonder of ek dan nou 'n lisensie nodig het vir my 2500W opwekkertjie en besluit ek sal maar onwettig bly. Ek wonder hoe dit privaatopwekking sal raak.  Ek hoop mense met meer insig soos Danie sal ons hieroor kan inlig.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 13:16:23 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1393
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Die probleem is dat die eindverbruiker geen voordeel uit die sal sien nie.  Sekere besighede sal vir eie gbruik nou kan opwek. Maar hulle sal nog steeds 'n levy aan die stadsraad moet betaal die wat eskom kry sal nog steeds vir die lyn huur moetbetaal of jy nou stroom trek of nie betaal gaan jy betaal

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 13:38:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Buitendien n patetiese idee wat hulle gehad het. Verbruikers soek elektrisiteit en is bereid om daarvoor te betaal, maar weens patetiese bestuur kan hulle nie verskaf nie....nou maak publiek alternatiewe planne om elektrisiteit te bekom....en nou wou hulle steeds geld maak sonder om iets daarvoor te doen??? Selfs om sonkrag te gebruik en belas te word.....behoort die son dan aan die ANC? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 14:50:06 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Ek gaan uit die aard van my werk nie verder deelneem nie maar wil graag 'n paar goed noem waaraan om te dink.   Dis my eie opinie en weerspeel nie my werkgewer sin nie. 

100MW solar plant gaan jou nie R10 kos nie.  100MW plant is regtig fisies groot, Bv De Aar Solar is 75MW.  Dit gaan jare vat om finansieel gelyk te breek voordat jy regtig begin spaar.

Die fisiese spasie benodig is groot.  Jou Enviromental studies kos geld en tyd.  Om die Enviromental impact jaarliks in stand te hou kos geld en mannekrag. PLAN, BUILD, RUN fases. Die Plant Controller, RTU's en IT toetusting is 'n groot uitleg.  Dan moet die plant beheer word.  Jou SCADA is 'n groot uitleg. 

Hier is 'n basiese uitleg van 'n Solar plant.  Daar is groot finansiele maandelike uitgawes om die plant aan die gan te hou.

Jy het 'n Control room nodig.  Authorised Operaters en Controllers.  Electrical Engineer, Head of Shift wat plant beheer saam met Head of Control.  Site Manager, Plant Manager, en dan kom die tegniese spanne.

Solar krag is effektief as die son skyn.  Baie besighede, myne, ens funksioneer 24 uur per dag 365 dae.  As die Solar plant uit is vir Maintenance of herstel moet 'n alternatiewe krag beskikbaar wees. 

Genoeg gese.

 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 20:01:31 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 641
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Ek dink nie daar is enige privaat huishouding wat ‘n 100 MW kragopwekker (hetsy generaror of son) nodig het nie - 2500 W is baie min in vergelyking - geen lisensie dus vir 2500 W nodig nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 08:36:37 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek het duidelik in my eerste plasing so "ietwat" van 'n desimale foutjie gemaakembarassed

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 09:06:40 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1567
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 22 years

Hou die volgende in gedagte (ek stel dit kortliks, elke punt het in werklikheid 'n lang en komplekse argument as mens dit behoorlik wil aanspreek):

- Die verhoging na 100MW word hoofsaaklik gedryf deur Eishkom se onvermoeë om betroubare energie te verskaf en is hoofsaaklik gerig op maatskappye, veral die grotes soos bv 'n myn. Party soos Sasol wek reeds vir jare hulle eie elektrisiteit op (dit kom uit die "ou" dae en verklaar hoekom hulle tot datum dit kon doen)

- Enige mpy wat bv. nou 'n 100MW sonkrag aanleg bou doen dit vir baie goeie redes. Aspekte soos betroubare toevoer is uiters belangrik in party besighede en beteken "maak of breek" vir die besigheid. Dink bv wat gebeur as die toevoer van 'n glas fabriek skielik wegval en al daai glas begin stol. Deesdae kos 'n sonkrag stelsel minder (per kWh, of dan MWh - dit beteken Mega-Watt Uur, maw as ek 1 MW in een uur gebruik is dit 1 MWh) as 'n ekwivalente diesel of steenkool aangedrewe aanleg. Boonop "koop" dit ook koolstof krediete vir die mpy wat andersins 'n klomp geld sou moes uitgee aan koolstof belasting. Hou ook in gedagte dat 100MW die grens beperking is, ek vermoed dat baie mpy'e kleiner aanlegte benodig en sal bou vlgs hulle spesifieke behoeftes plus bietjie ekstra vir toekomstige verhogong in energie behoeftes

- As dit by koste vergelykings kom moet mens versigtig wees en in gedagte hou wat belangrik is. Die syfer wat baie in die media rondgegooi word is die sg. "overnight cost". Dit is basies 'n bedrag wat aanvaar ek begin die aanleg vanmiddag 5 uur bou en more oggend 8 uur is ek klaar en skakel aan (uiters onrealisties!). Dit sluit 'n klomp goed uit soos finansierings koste, projek bestuurskoste, inflasie, skedule glip, en so aan. Dis gewoonlik die prys wat mens sien as jou plaaslike somkrag verskaffer vir jou 'n prys kwoteer en is ook die syfer wat sekerlik die meeste misbruik word (dit word gewoonlik gegee in Rand/MW). Die syfer wat saak maak is egter die sg. "levelised cost of energy" of dan LCOE en word uitgedruk in R/MWh of R/kWh. Die bedrag sluit basies alles in ook onderhoud, lewensverwagting van die stelsel, uitdiesnstelling koste, ens. Dis die bedrag waarna mens moet kyk en dis ook hier waar sonkrag stelsels deesdae baie goed lyk. Terloops die anti-kernkrag lobby fokus op die oornag koste om 'n kernkrag aanleg te bou omdat dit kernkrag sleg laat lyk (wat hulle verswyg is dat so 'n aanleg se aanvanklike boukoste hoog is maar die bedryfskoste is bv baie laer as die van 'n steenkool aanleg wat aanvanklik weer goedkoper is om te bou). Koeberg is bv onder Eskom se aanlegte wat die goedkoopste (in R/MWh) van al hulle groot aanlegte).

- Ander ding om in gedagte te hou is dat meeste instansies wat 'n sonkrag aanleg bou dit so doen dat dit "grid-tied" is. In praktyk beteken dit dat wanneer die sonkrag stelsel bv onderhoud moet ondergaan skakel die stelsel outomaties oor na Eskom krag, ook wanneer die son vir lang rtye nie skyn nie en die sonkrag stelsel se batterye afloop. Oorhoofs gesien beteken dit dat die fabriek of myn te ALLE tye verseker is van 'n betroubare toevoer - nogal belangrik vir die besigheid!. Boonop is hulle Eskom gebruik nou baie laag wat hulle weer beskerm teen Eskom se belaglike prysverhogings (terloops, hoe meer Eskom onhoudbare verhogings instel hoe beter word die argument om sover moontlik nie Eskom se netwerk te gebruik nie en hoe beter lyk die koste van 'n sonkrag aanleg).

- Eskom (en stadsrade) probeer uiteraard steeds die skade aan inkomste sover moontlik te verminder. een manier is om 'n bedrag te vra vir beskikbaarheid, maw slegs die feit dat die mpy aan die netwerk gekoppel is beteken dat Eskom en/of die stadsraad geld vra vir daardie voorreg (plus natuurlik werklike verbruik). Hierdie "voorreg prys" is 'n syfer om dop te hou in die toekoms, veral nadat Eskom in drie dele opgebreek is (Opwekking, Distribusie en Verspreiding).

- Ek het sekerlik vergeet om baie aspekte wat ook belangrik is te noem, maar laastens moet mens dalk kyk na hoekom ons in die elektrisiteitsverknorsing is wat ons is. Ja, korrupise en grootskaalse diefstal sowel as kader ontplooing van onbevoegte en ongekwalifiseerde individue speel 'n groot rol. Maar ek dink die probleem het reeds in 1998 begin toe Eskom 'n Witskrif vrygestel het wat daarop wys dat die land 'n tekort aan elektrisiteit sal begin ervaar in 2006. Oom Nelson en sy bende het in reaksie hierop Eskom verban om nuwe aanlegte te bou met die argument dat privaat instansies dit moet doen (en raai wat die "privaat" beteken!). Eskom se Witskrif was nie heeltemal akkuraat nie, die doodoo het toe nie die waaier getref in 2006 nie, Eskom was met 2 jaar uit, dit het toe wel in 2008 gebeur (onthou nog die "bolt in the reactor" probleem by Koeberg?)

Maar ek dink mens moet ook in gedagte hou dat Eskom bloot een van die mees sigbaarste instansies is van wat 'n baie groter probleem met ons ekonomie is. Dis maklik om Eskom te blameer maar alhoewel hulle alles behalwe onskuldig is, is hulle ook nie alleen verantwoordelik vir die gemors nie. As mens kan sou ek dink 'n klomp sonpanele op mens se dak is vir die individuele huishouding die antwoord, hou dit "grid-tied" maar probeer sover moontlik nie van Eskom toevoer gebruik te maak nie. Een of ander tyd gaan onse regering gedwing word, soos dinge nou gaan, om mens ook toe te laat om jou oorbodige energie terug te voer in die netwerk wat jou "grid-tie" koste moontlik heeltemal sal uitkanselleer en dalk ook 'n geldjie verdien (maar dit sal waarskynlik een of ander lisensie benodig) - lande soos Duitsland doen dit al lank (daar word gereken dat die potensiaal in SA  vir huisdak sonkrag panele rondom 30 000MW is!). Dis genoeg om Eskom uit besigheid te sit :)

Genoeg van my tesis, maar ek hoop dit maak dinge bietjie duideliker!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 09:12:54 am
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 152
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 41 years

Dit gaan meer oor myne en groot industrie.

Meeste van hierdie maatskappye stel nie belang om krag terug op die grid te sit nie.

Dit gaan meer oor krag opwekking vir eie gebruik.

 

Die grootste huidige struikelblok is nou waar jy jou krag vandaan kry.
Sodra jy jou eie krag opwek, saam met die nasionale grid, moet jy sekere beskerimings stelsels installeer.

Eskom is nie te bad nie. Hulle het darm nog kennis en meeste stelsels werk darm nog, so die proses vat nie te lank nie.

Om met jou huidige munisipalitiet te deal is nou n heel ander storie. Niemand wil verandwoordelikheid neem nie. Dis lang stories orals.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za