English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 344
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 635
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Vertel oor jou COVID Jab

replies: 4
views: 160
3 days ago @ 12:49:14 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1393
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

So het ek ook toe gister 9 June 2021 my 1ste COVID jab gekry

Dit het begin met online reg op 22 April 2021

binne minute my SMS gekry wt bevestig ek is nou geristreer op die National Department of Health Electronic Vaccine Data System. en jy sal gekontak word aangaande die volgende stap.

Op 31 Mei 2021 praat vrou met mediese fond want ons hoor van die en daai plek wat jy net instap met die SMS en jy word gehelp, Dis toe nie so maklik nie indien jy die roete volg betaal jy uit jou spaarplan vir die inenting. Jymoet wag vir 2de SMS. Die vrou help my toe om via die medies ook op die program te registreer. Net om uit tevind hulle spoor my nie op, op die nasionale rigister nie. Ek is toe maar terug na die National Department of Health Electronic Vaccine Data System ne doen als oor kry SMS wat se ek is gerigestreer. Mediese fond gaan na ek is daar.

8 Junie 2021 kry ek SMS met vaccination code vanaf National Department of Health Electronic Vaccine Data System maar ek moet na een of ander volksvreemde plek reis om die te ontvang.  Skakel die Hotline nommer om te vra vir bekende plek, ek word gese as ek nie opdaag nie sal hulle vir my 'n nuwe SMS stuur met bespeeking. Ek skakel een van die apteeke waar hulle vroeer die walk ins gedoen het, die vrou se vir my nee hulle doen net afspraak via die National Department of Health Electronic Vaccine Data System.  maar sy sal my naam neem en as daar nie 'n persoon opdaag nie sal hulle my skakel vir die endstof.  So word ek gister geskakel vanaf die apteek en vra of ek kan inkom hulle het nou 'n "shot" beskikbaar.  1 uur later en ek is nou 3G gelaai. oor paar weke sal ek weer SMS kry wat my vol 5G sal maak

Die koste van die eerste Jab is R435.paar sent.

Mooi sertifikaat gekry wat se ek was teenwoordig (nie suksesvol voltooi nie)

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 15:03:04 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Laaik dit........ "Teenwoordig maar nie suksesvol nie"....lol.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 14:16:00 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1821
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Ek kry so twee dae terug n' SMS wat sê my tweede jab is uitgestel van 3 weeke na 6 weeke toe. Ek hou nie daarvan nie. Die klieniese toetse het bewys 3 weeke is optimaal maar die 3de golf gebruik nou all die entstof vir die eerste jab op.

Dankie vir die terugvoer Swanie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 18:44:21 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5069
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Ek het ook geregistreer. Binne 3 minute my SMS gekry. Inligting bekom van 'n plek in Centurion waar mens 'n afspraak kan maak op enige dag en op 'n sekere uur. Dit gedoen en in totaal na 2h15 saam met die "recovery" is ek weer werk toe.

Die ouvrou storie oor hoe erg mens se arm seer is kan ek bevestig is bog. Ja omdat dit in 'n spier gespuit word is dit net soos enige ander spier inspuiting. Ja my arm was seer vir 2 dae as mens aan daai deel v d arm druk. More behoort dit basies weg te wees. Ek kon my arm net soos normaal gebruik. Al wat gepla het is as ek wou omdraai in die bed.

Ek ook my diploma gekry en wag nou vir die bevestiging SMS v d departement en hoop om dat my 2e jab later te ontvang.

Sjoe as na die bydraes kyk lyk dit my nie veel mense bo 60 het al gegaan nie??????

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 hours ago
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 26 May 2017

Ek is vrek bang vir inspuitings en is nog ver van 60 af, so ek moet nog my immune system, vitamin C, D en Zinc gebruik, ek moes vir twee dae met my vrou se asthma medisyne nebuliser toe ek die Chinese pes onder lede gehad het, maar nou gaan ek aan. Ek het ook World Doctors Allegiance op Telegram ontdek wat baie raad gee. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za