Binnekort is dit weer sulke tyd. Nadat ons laas jaar ons jaarlikse wintermaand kamp by Scotties laat verbyhou het met lockdowns, vertrek ons vroeg Julie weer soontoe. Enigiemand wat dalk onlangs die N3 afgery het vanaf Centurion in daai rigting? Ek sal graag wou weet wat die padtoestande is? En dan ook, enige raad met die skielike vlaag van skerp voorwerpe op paaie om mens te dwing om te stop sodat hulle mens kan beroof of nog erger...sal welkom wees. Die klippe van 'n brug af gooi is ook skielik weer terug maar ek het al lank die gewoonte om as dit donker is van baan te verander as ek onder 'n brug deur ry. Ons vertrek gewoonlik so rondom 4 uur in die oggend van die huis af, ek is veral bekommerd oor daai stuk van die N3 net na Germiston verby daai Vosloorus gebied voor Heidelberg.
Jorg, ons het so week + Durban toe gery via die N3.
Na Villiers se tolhek is daar baie padwerke met enkel bane beide rigtings. Bly maar redelik ver agter die trokke, hulle skiet klippe op. 'n Trok het 'n redelike groot klip opgeskiet en my bakkie windskerm gevang.
Daar was vreeslik baie (meer as gewoonlik) trokke op die pad beide rigtings.
Net voor en na Pietermaritzburg was daar plekke waar die pad baie nou is, dit was nou as gevolg van groot beton blokke tussen die lane.
Soos altyd hou maar streng by jou spoed, daai kameras werk, hulle het 2 keer vir my geflits.

Dis wat ek ook kan noem, tot by Villiers.
Veilig sleep.
Ek lees dis maar nog steeds tens daar by Harrismith. Polisie blykbaar goed teenwoordig om situasie onder beheer te hou, maar paaie en N3 is oop
Ek sien die sardientjies het mooi geloop vandag in Scottburgh
Ons glo natuurlik daai sardientjie ding daar is 'n "urban legend", in al die jare eintlik dit nooit kon ervaar nie. Ek dink die sardientjies innie see is nie waar nie, enigstes wat ons al ooit gesien het is die in 'n blikkie...dink dit sê iets soos Lucky Star?