English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 347
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 636
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kar diens by agente?

replies: 27
views: 503
15 May 2021 @ 07:29:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

My kar is reeds uit sy motordiens plan. Ek moet hom nou weer diens, maar die kwotasie wat agente vir my gee is belaglik hoog. Om "Full service history" status te hou, sê agent vir my ek moet dit by hulle doen....sou ek die kar inruil by n handelaar, stel hulle nie belang in stempels en werk gedoen van privaat motorwerktuigkundiges nie....vereis agent dienste. Is dit die geld werd om nog van agent se dienste gebruik te maak? Mag dalk in die mark wees vir n inruiling in die volgende jaar of 2

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2021 @ 11:52:20 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Geert, 

Diens hom maar eerder by die agent, het drie maande terug dit agter gekom met n kar wat ons ingeruil het.

Jy verloor baie met n nie diens rekort by dieselfde agent.

Al sê die persoon wat hom privaat diens hy is geregistreer by watse dinges ook al, dit help niks.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2021 @ 12:49:52 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

 Daar is blykbaar reelings op pad wat handelaars sal forseer om die waarborg te huldig ongeag waar die voertuig gediens was.

Die enigste kwessie met dienste of herstelwerk by nie-geakkrediteerde werkswinkels is dat kundigheid of toegang daartoe t.o.v. elektroniese komponente te kort skiet by laasgenoemde.

Happiness is not getting what you like, but liking what you get.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2021 @ 15:58:26 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 434
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 34 years

My kar is reeds uit sy motordiens plan. Ek moet hom nou weer diens, maar die kwotasie wat agente vir my gee is belaglik hoog. Om "Full service history" status te hou, sê agent vir my ek moet dit by hulle doen....sou ek die kar inruil by n handelaar, stel hulle nie belang in stempels en werk gedoen van privaat motorwerktuigkundiges nie....vereis agent dienste. Is dit die geld werd om nog van agent se dienste gebruik te maak? Mag dalk in die mark wees vir n inruiling in die volgende jaar of 2

That's a blatant lie. Obviously the agent is trying to get your business. Seek for a reputable workshop in your area to have your car serviced. I've been using one for years and when I traded my car in last year October the salesman asked for the service record but did not once mentioned that it might be a problem.

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2021 @ 16:53:31 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek voel ook soos Kanneman.  Voertuie is vandag so gesofistikeerd dat een werktuigkundige net nie die kennis kan hê om almal te diens nie.  Telkens wanneer nuwe modelle bemark word, gaan die werktuigkundiges, of tegnikuste soos hulle blykbaar genoem word, op kursusse om die nuwe modelle te verstaan.  Onafhanklike werkswinkels kan dit nie doen nie wat beteken die tegnikus kan soms in die donker wees oor die werk wat hy moet doen en dit gevolglike nie na wense doen nie.  Dit is so dat die regering gesê het hulle gaan vervaardigers dwing om waarborge te handhaaf waar die voertuig ookal gediens word.  As daar egter foute kom as gevolg van onkundige diens, gaan die vervrdiger sekerlik nie daarvoor wil pa staan nie, en ek voorsien hofsake daaroor.  Dit kan beteken jou voertuig mag dalk vir 'n lang tyd nie vir jou beskikbaar wees nie totdat die saak afgehandel is.  Om dit te vermy, sal jy maar self die addisionele herstelkoste moet dra.  Ek sal eerder maar by die geakrediteerde werkswinkels bly, selfsas my voertuig nie meer onder waarborg is ni.  Jou lewe kan afhanklik wees van die betroubaarheid van jou voertuig.  Daar is soms ook gespesialiseerde toerusting nodig vir sommige take en onafhanklike werkswinkels sal dit nie vir alle voertuie hê nie. Dit kan dalk beteken dat selfs onafhaanklike werkswinkels sal begin spesialiser in sekere make van voertuie, wat sekerlik tot die verbruiker se voordeel sal strek.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2021 @ 17:47:28 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5069
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

@Fred mens moet wel in gedagte hou dat agente selfs baie werk uit gee na privaat instansies wat wel die kundigheid het. Ja die probleem bly steeds as die diens rekord dan by 'n nie agent gedoen is.

Oor wat gedoen moet word is duidelik uitgespel in die items wat met elke diens gedoen moet word. Solank die gekose werkswinkel et sal erken wat hulle nie die kundigheid het nie.

Neem nou maar 'n eenvoudige starter of alternator wat min werkswinkel self doen maar wel uit gee. Of dit nou 'n agent is of algeneme werkswinkel.

Ek stem saam daar mag enkele goed wees maar met die standaard protokol kan amper alle data deur analiseerders gelees word. Dit is reeds van 2006 'n standaard protokol. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2021 @ 18:32:01 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Dit is so Danie, ek het self ondervinding daarvan dat werk na kundiges uitgegee word, oa elektriese en elektroniese werk en ratkaste.  Miskien is ek te agterdogtig.  Dis is dalk 'n beter benadering om  'n werkswinkel te kry waar jy die mense vertrou.  Met dies wat ek ken, Ford, BMW en Toyota, is die plekke baie professioneel en jy kan amper van die vloer af eet, by wyse van spreke.  Daar is privaat werkswinkels wat maar oes lyk met olierige vloere en personeel.  As die plek my laat gril, sal ek beslis nie my voertuig daar laat diens nie.  Tot dusver was dienste nie 'n probleem nie want ek het dit self gedoen.  My Kuga is nie meer onder waarborg nie, maar ek het die ding al so deurgekyk en tot die gevolgtrekking gekom dat daar maar min is wat ek self kan doen, miskien enjinolie omruil maar nie eers ratkasolie nie, wat ook ek dink elke dertig duisend kilos gedoen moet word.  Die agente se houding as ek wil inruil, is nie vir my 'n probleem nie, eerder my gemoedsrus. Ons ry ons voertuie baie lank en dan is die waarde so laag dat inruil nie meer 'n kwessie is nie.  Ek het trouens nog nooit een ingeruil nie maar almal uit die hand verkoop. Kopers van sulke ouer voertuie lyk dit my, vertrou eerder op die indruk wat die verkoper maak as wat in die diensboekie staan.  Elkeen van my kopers was nog altyd heel beïndruk met hulle kopies en het my soms na die tyd geskakel en hulle tevredenheid uitgespreek.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2021 @ 18:59:29 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5069
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Fred ja dit gebeur gereeld dat kundiges v d agente by nie agent werkswinks gaan werk. In Pta is daar bv 'n persoon wat BMW stelsels so goed ken dat agente wat met tye nie die regte "spare" kan kry om te vervang dit na Carlos toe stuur.

So is daar ook werkswinkel bestuurders wat hul eie besigheid begin en ook die produkte ken.

Nico sal jou mooi kan vertel wat sy ondervinding was met sy Quatro reg instel wat verskeie agente nie kon regkry nie. Sy plek is juis hoe jy beskryf waar dit nie te goed lyk nie maar die eienaar sy a en b van mekaar ken.

So het Centurion ook 'n kundige vir Land Rover ratkaste en oordrag bokse en items word landswyd na hom gestuur. So ook iemand wat die lugdruk kompressor op die suspensie op doen en na die tyd word dit met 'n gerekenariseerde toet bank getoets. Moontlik beter as meeste ander plekke wat hierdie kompressor regmaak. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2021 @ 06:30:31 am
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 554
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Ek diens my voertuie by franchise diensstasies soos Bosch en Auto Clinic teen baie goedkoper en het nog nooit probleme met herverkoop gekry nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2021 @ 13:37:28 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 165
Joined: 04 Jan 2021

Nadat myne uit diens termyn is, diens ek hom self.

Omrede ons reisende permanent kampeerders is, is dit moeilik met olie aftap veral by oorde.

Ek doen alles self en by olie aftap, koop ek olie en filter self en onderhandel met "Franchise" om sy geriewe te gebruik vir olie vervanging.

Gelukkig was ek in die "mechanic trade".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2021 @ 16:18:11 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1821
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Ek gaan Auto Zone toe vir n' basic olie change. As jy by hulle die filter en olie koop ruil hulle verniet.

Die ander dienste het ek n' Mitsubishi Pajero opgeleide (by McArthy) mechanic wat dit doen. Hy doen dit oor naweeke. Ek glo ook die karre is te komplicated om enige ou die job te gee.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2021 @ 17:17:30 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 685
Joined: 04 May 2016
Experience: 34 years

Ek het in die week 'n kwotasie by die agentegekry vir 'n major diens. Dit behels sslegs dievervanging van filters. alle vleistowwe en plugs....amper         R5 700. Nie agente..Bosch se kwotasie vir dieselfde diens. R2 400.

My dogter hulle emigreer oor 2 weke en sy het 'n waardasie by die agente geva vir hul 2015 Chev Utility 180 wat  65 000km op het en al sy dienste by agnet gekry het. Voertuig was nie in 'n ongeluk nie. Sy toestand is baie goed en hy het 'n kappie en die bak is gerubberized. Hul waardasiee is slegs R64 000. Die 140 modelle met baie meerr kilo's op verkoop vir R140 000 plus.

As dit nie diefstal is nie, dan weet ek nie wat diefstal is nie. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2021 @ 18:41:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek gaan Auto Zone toe vir n' basic olie change. As jy by hulle die filter en olie koop ruil hulle verniet.

Die ander dienste het ek n' Mitsubishi Pajero opgeleide (by McArthy) mechanic wat dit doen. Hy doen dit oor naweeke. Ek glo ook die karre is te komplicated om enige ou die job te gee.

Is dit by al die Autozones? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2021 @ 21:55:12 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5069
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Ek het in die week 'n kwotasie by die agentegekry vir 'n major diens. Dit behels sslegs dievervanging van filters. alle vleistowwe en plugs....amper         R5 700. Nie agente..Bosch se kwotasie vir dieselfde diens. R2 400.

My dogter hulle emigreer oor 2 weke en sy het 'n waardasie by die agente geva vir hul 2015 Chev Utility 180 wat  65 000km op het en al sy dienste by agnet gekry het. Voertuig was nie in 'n ongeluk nie. Sy toestand is baie goed en hy het 'n kappie en die bak is gerubberized. Hul waardasiee is slegs R64 000. Die 140 modelle met baie meerr kilo's op verkoop vir R140 000 plus.

As dit nie diefstal is nie, dan weet ek nie wat diefstal is nie. 

Chris dis belaglik wat mense dink mens moet aanvaar. 

Mens moet ook maar jou kwotasies kry. Nou die dag kom ek by 'n alg werkswinkel. Hul weier om my O E filters te aanvaar want hulle wil hul eie gebruik sodat hulle weet watse kwaliteit dit is. Hul wil ook nie die olie wat ek gebruik aanvaar.

Vir 'n diesel filter en olie filter en 7L olie verwag hulle dat ek R5200 sal betaal. Dis vir my belaglik. My filters koop ek by Goldwagen. Filters kos R500 en 10L olie R700. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2021 @ 22:43:57 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 26 May 2017
Experience: 4 years

Bosch word ook deur jou versekeraar aanvaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2021 @ 08:57:07 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1821
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Is dit by al die Autozones? 

Pta CBD.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2021 @ 14:06:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek diens my voertuie by franchise diensstasies soos Bosch en Auto Clinic teen baie goedkoper en het nog nooit probleme met herverkoop gekry nie.

Dankie Riaan! ek het afspraak gemaak by n Bosch agentskap.....sal nie glo nie, maar prys is n derde van wat die motor agentskap gekwoteer het! My kar gaan môre in.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2021 @ 14:25:09 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Hoekom meer betaal vir iets wat dit nie werd is nie?

As daar 'n groot ernstiger breuk is sal ek die agente raadpleeg vir 'n kwotasie.  Sekere goed kan die normale motor tegnikus nie doen nie want daar is produk software nodig.  Veral jou Duitse voertuie beskerm hulle produkte deur die gespesiliseerde software weg te hou van die man op straat.  Goed soos "timing belts" los ek maar vir die agente al kos dit duurder.  Ek het al 'n duur les hier geleer.  

Met gewone olie dienste sien ek nie fout om die goedkoopste kwotasie te aanvaar nie.  Dis maklik en eenvoudig.  Sekere voertuig make maak dit egter moeiliker om 'n olie diens te doen. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2021 @ 15:27:06 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1393
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Hoekom meer betaal vir iets wat dit nie werd is nie?

As daar 'n groot ernstiger breuk is sal ek die agente raadpleeg vir 'n kwotasie.  Sekere goed kan die normale motor tegnikus nie doen nie want daar is produk software nodig.  Veral jou Duitse voertuie beskerm hulle produkte deur die gespesiliseerde software weg te hou van die man op straat.  Goed soos "timing belts" los ek maar vir die agente al kos dit duurder.  Ek het al 'n duur les hier geleer.  

Met gewone olie dienste sien ek nie fout om die goedkoopste kwotasie te aanvaar nie.  Dis maklik en eenvoudig.  Sekere voertuig make maak dit egter moeiliker om 'n olie diens te doen. 

Ek stem Maar die A & B dieste laat ek op 'n ander plek doen. 

Jy gaan nie R10 000 meer vir 'n R100 000 voertuig kry omdat hy by die agent gediens is nie.

Jy spaar gou gou daai R10 000 in jou besparing van diens koste.  My MB se onderdele koop ek by IMCOMEX  hulle is die selfde as die OEM spare al ons MB ownwers club lede koop ons onderdele daar teen baie minder as by die agente

voorbeeld

AIR filter  Agent R1420.36 elk (2 nodig)  INCOMEX  R680 elk

Oil Filter Agent R245.00  INCOMEX  R105.80

Pollin Filter Agent R732.00   INCOMEX R235.00

Diesel Filter Agent R1565.68  INCOMEX R620

so did gee klaar 'n R3061.92 bespaaring dan kom die handelaaer se arbeid verskil ook by

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2021 @ 18:55:05 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 554
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Wat my oorspronklik laat besluit het om van agentskappe weg te beweeg en wat volgens my grens aan skelmgeid is dat elke keer wat ek 'n voertuig laat diens en daar is 'n motorplan op my voertuig, skakel hulle jou so om en by 10:00 om jou voertuig af te haal. Diens vat hoogstens 3 ure. Wanneer ek nie 'n diensplan het nie en self moet betaal, vat dit hulle die hele dag om die voertuig te diens en betaal jy arbeid vir die hele dag. En moenie dink dink dit is een fabrikaat nie. Die hele spul doen dit. So, ek stem saam dat ek nie ingewikkelde reperasies by 'n franchise sal laat doen nie, maar my voertuie wat gediens moet word, defnitief by 'n franchise.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 06:17:53 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1207
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Wat my oorspronklik laat besluit het om van agentskappe weg te beweeg en wat volgens my grens aan skelmgeid is dat elke keer wat ek 'n voertuig laat diens en daar is 'n motorplan op my voertuig, skakel hulle jou so om en by 10:00 om jou voertuig af te haal. Diens vat hoogstens 3 ure. Wanneer ek nie 'n diensplan het nie en self moet betaal, vat dit hulle die hele dag om die voertuig te diens en betaal jy arbeid vir die hele dag. En moenie dink dink dit is een fabrikaat nie. Die hele spul doen dit. So, ek stem saam dat ek nie ingewikkelde reperasies by 'n franchise sal laat doen nie, maar my voertuie wat gediens moet word, defnitief by 'n franchise.

Riaan, ek stem saam met jou aanname rondom diens. Ek het saterdag oggend weer my voertuig ingevat vir diens by handelaar. Dit was minder as 3 ure later, toe hulle my skakel dat die voertuig klaar is en dat hulle hom net gou was. Ek myself, sou die diens in seker minder as 1 1/2 ure kon doen, maar die voertuig is nog onder waarborg en het "extended maintenance" plan.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 08:34:48 am
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 165
Joined: 04 Jan 2021

Dankie Riaan! ek het afspraak gemaak by n Bosch agentskap.....sal nie glo nie, maar prys is n derde van wat die motor agentskap gekwoteer het! My kar gaan môre in.....

Maak net seker hulle gooi genoeg engine olie in.

Hulle verskaf ń baie goeie olie produk, nl: Fuchs.

Ek het al 2x stelle afgetrap met te min engine olie vervang.

Die 1ste - +\- 2lt tekort, die 2de - +\- 1,5lt tekort.

My voertuig het ń "oil indicator" in dmv ń knoppie wat jy druk dan wys dit of die olie vlak reg is of nie.

My voertuig gebruik 7,5lt Sintetiese olie en toe ek noem daar is te min olie in word daar genoem dat die kwotasie slegs gebaseer is op 5lt olie.

Die werktuigkundiges gooi net olie en gaan volgens die "dipstick" sonder om die engine aan te skakel.

Duidelik het hulle nie al die kennis van sekere fabrikaat voertuie nie.

Die 1ste diens was op ń Saterdag en die afspraak vir stiptelik 8-uur.

Ek is eers daar weg die Saterdag om 3nm agv die olie tekort onderonsie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 08:48:48 am

Bygenoem: Ook agv verkeerde filters bestel vir my model voertuig het gelei na die vertraging wat tot gevolg was dat hulle ń "Rush" diens moes doen om my voertuig klaar te kry voor toemaak tyd wat in elk geval toe die geval was dat hulle lank na toemaak tyd eers gesluit het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 09:33:07 am
JeffA
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 31 Jul 2019
Experience: 2 years

Most agents cannot fix cars. They have a workshop full of parts replacers, their bean counters do not like them fixing things. Replace, replace, replace at sky high crooked prices.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 09:54:20 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

I think replacing parts is the norm these days, whether by agents or unfrancised workshops. And perhaps it is not all bad.  Fixing faulty parts may take a lot of time and therefore costs might not be much lower than merely replacing a faulty part with a new one, and then you still have a refurbished old part.  My Kombi's alternator broke down while in Natal.  I could not immediately obtain a new unit and settled for a refurbished unit that failed after a few months.  The same happened when I had the same vehicle's starter motor refurbished in Pietersburg.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 10:09:17 am
JeffA
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 31 Jul 2019
Experience: 2 years

I think replacing parts is the norm these days, whether by agents or unfrancised workshops. And perhaps it is not all bad.  Fixing faulty parts may take a lot of time and therefore costs might not be much lower than merely replacing a faulty part with a new one, and then you still have a refurbished old part.  My Kombi's alternator broke down while in Natal.  I could not immediately obtain a new unit and settled for a refurbished unit that failed after a few months.  The same happened when I had the same vehicle's starter motor refurbished in Pietersburg.

On certain parts. but I would rather  spend 20K fixing Mercedes automatic gearbox than spend 100K replacing it. Same for torque converters.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 10:12:25 am
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 165
Joined: 04 Jan 2021
 
Most agents cannot fix cars. They have a workshop full of parts replacers, their bean counters do not like them fixing things. Replace, replace, replace at sky high crooked prices.

Very true.
I once went to asses one of our company bakkies before I went on retirement.
This was a Nissan NP200, which went for his 2nd service.
The service advisor contacted me to inform the starter and battery need to be replaced, which gave the quoted price another R9k hike.
I did not gave them authority to proceed and said I will come and asses before I will give them authority to proceed.
On arrival the service advisor took me to the vehicle and called the mechanic and guess what, a Female mechanic in her early 20's.
Asked her: What seems to be the problem with the starter and battery?
She responded: Sir there is no power to the starter.
I asked her if she tested the battery and she must bring me a multimeter.
She looked with big eyes to me and the advisor as to say: What the "heck" is a multimeter???
To avoid dissapointment to her and asked for a No: 10 spanner, which she luckily know what that was.
When she started working on the vehicle, she 1st cleaned the battery terminals and forgot to tighten the terminals.
I tightened it and request her to start the vehicle.
1st Turn, it started.
I asked her and the advisor: What seems to be the problem with the starter and battery???
Until today, I am still waiting for an answer.
The advisor just said: Problem solved.
 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 11:10:22 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Ook maar Lekker skelm. 

Hulle vervang seker ook net 4 vonkproppe op 'n V6 want daar is net vir X4 ge-quote.tongue-out

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za