English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 024
Total Replies: 259 529
Total Views: 83 476 538
topics: 11 859
replies: 143 310
views: 39 466 002
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

44 jaar se kamp met een karavaan

replies: 15
views: 481
28 Apr 2021 @ 17:31:59 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 467
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Ek lees gereeld my ou Ry & Sleep tydskrifte en ek het net gevoel ek moet die volgende met almal deel.  

Die naaweek lees ek in die Februarie 2019 uitgawe van Piet en Hannetjie Dunn wat in 1974 n Jurgens 580B Deluxe van Kennis Woonwaens gekoop het vir R2,580. Nou vandag sal jy dit betaal vir n spaarwiel. 

Maar, wat baie indrukwekkend is, is dat hulle 44 jaar lank gekamp het met die woonwa. Na hulle laaste trip aan die KNP het hulle besluit dat hulle nou sal moet afskeid neem van hulle getroue ou wa en het hom blykbaar verkoop op hulle onderskeidelike ouderdome van 80 en 82 jaar in 2019. Ek neem aan na soveel jare kan n mens baie geheg raak aan iets. Veral as daar seveel jare van plesier was wat die kinders en klien kinders insluit.  

Wat verder baie belangrik is om te noem is dat Kennis ingestem het om die woonwa van die Dunn's terug te koop vir R30,000. Watse tiepe van beliging kan soveel plesier verskaf vir 44 jaar en nog n uitbetaaling ook lewer.  

Wie van julle kan se julle het 44 jaar gekamp met dieselfde woonwa?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2021 @ 17:43:45 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1242
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 8 years

Dis nou 'n lekker lees storie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2021 @ 20:58:06 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4500
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Die Jurgens tweedehands gekoop in 1976 en 33 jaar later verkoop in 2009. Die foto is in 2006 geneem op haar 30ste verjaarsdag.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2021 @ 21:04:15 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10342
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Baie geluk aan hulle, glo nie dis vir almal beskore nie.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2021 @ 21:57:44 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 635
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

Het pragtig gelyk Hendrick.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2021 @ 07:34:09 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4928
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Wow dis n leeftyd dit wil gedoen wees

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2021 @ 08:54:00 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ons het ons Sprite Supersport in 1984 gekoop en in 2016 verkoop in 'n puik toestand, dus na 32 jaar.  Ons was baie lief vir die wa en ons kinders het maar grootgeword met die idee dat daar  nie juis 'n ander soort vakansie as kamp is nie.  Baie hartseer toe hy gaan, maar ons behoeftes het verander.  Twee van ons drie kinders is nou ywerige kampeerders.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2021 @ 09:06:42 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Fantastiese bydrae! Dankie daarvoor!

Ek hou rekord  van al die verskillende kampeerparke wat ons besoek het, en ook die aantal nagte wat ons spandeer het in diesulke kampe. Sommige parke is wel meer as 1 keer besoek  (een selfs 8 keer) en ons gemiddelde kampnagte kom neer op 4 nagte per kamp.

Totaal verskillende kampplekke: 99. Ons Massa Kamp in Reitz sal die totaal netjies op 100 te staan bring! Perfekte tydsberekening!

Totaal nagte deurgebring in kampplekke: 556!

Vir iemand wat tot 'n paar jaar gelede nog geglo het dat B&B en Hotelle die enigste tipe vakansie is, dink ek dis 'n rekord!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2021 @ 09:22:26 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ons hou ook getrou rekord van ons karavaankampe.  Ons het twee boeke vol geskryf met die Sprite en 'n nuwe met die Skipper begin.  Ons weet dus ook presies hoeveel ons kampeer het en die afstand wat die karavaan gery het.  Ons noem ook interessanthede wat ons teekom, by en die inskrywings van die kinders, veral toe hulle nog klein was, is nou juweeltjies.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2021 @ 12:23:58 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Fred, jy is my een voor wat dit aanbetref! Hou van al die byvoegsels wat julle doen ..... oulik!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2021 @ 12:59:08 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Nico, so nou en dan lees ek weer die logboeke.  Een interessante inskrywings was van ons jongste dogter, toe maar laag in die laerskool, in die Urquhart park in Graaff Reinette.  Daar het in die nag, 'n brand in die oewer van die Sondagsrivier reg langs die kamp uitgebreek. Die palms het amper ontplof wanneer die vuur hulle bereik het.  Sommige mense het reeds hulle karavane gehaak en buite die kamp gaan wag.  Ons, en ander, het die stutte opgedraai, die karavaan gehaak en angstig die situasie dopgehou indien ons dalk ook moes vlug.  Die dogtertjie, nou self 'n ma van 40 jaar oud, het ewe kalm 'n oomblik tot oomblik ooggetuieverslag in die logboek neergepen. Kosbaar!

Ons het toe nie nodig gehad om te vlug nie- die vuur het homself gelukkig redelik vinnig uitgebrand.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2021 @ 18:51:24 pm
Gisi
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 14 Jan 2021

Mooi stories van julle om te lees veral in vandag se lewe, hoe mense geheg geraak het aan hulle karavaan weens die mooi herinneringe van die lekker kampeer met hulle gesinne. 
Hendrik die groen kleur van jou karavaan laat my dink aan die ou teëls wat in die bungalows en kleedkamers  was, dit lyk so op jou foto miskien kyk ek verkeerd

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2021 @ 20:04:45 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4500
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Mooi stories van julle om te lees veral in vandag se lewe, hoe mense geheg geraak het aan hulle karavaan weens die mooi herinneringe van die lekker kampeer met hulle gesinne. 
Hendrik die groen kleur van jou karavaan laat my dink aan die ou teëls wat in die bungalows en kleedkamers  was, dit lyk so op jou foto miskien kyk ek verkeerd

Dis die lig Gisi. Die woonwaens se onderhelfte was 'n lig bruin kleur. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2021 @ 09:15:33 am
George
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 01 May 2016
Experience: 13 years

We had one of those, it stayed at rocky bay, was used for holidays then. it eventually got rust in the chassis and we scrapped it.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2021 @ 16:52:43 pm
Rene
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 46 years

Indeed a caravan can last a life time if looked after and well maintained regularly. 44 years is a fantastic record. We are now on year 32 with our Gypsey 4 bought new from Caravan Centre JHB for R18,000 + 4% GST. 

Raised two kids and always used for holidays. Did the lap of South Africa more than once. In the years some minor changes in the caravan  -  moved the "liquor" cabinet to the front, double bed to the rear, replaced gas oven with a perfect fit Micro Wave. Neon lights original fittings but with LED lights inside. Fridge still original  - never gave a problem all these years. Do carry now a Snow Master fridge/freezer with inverter for those possible load shedding days.

This Caravan has been towed by 5 Different vehicles over the years. Ford Sierra SW 3L, Ford Sapphire 3L, Ford DC 3.L, Ford DC 3.4 and currently Ford Territory AWD 4.0L.

Many Happy Days. 

"What a life"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2021 @ 17:04:23 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

There are many older caravans still being used- you see them regularly in camps.  I do not believe most of the caravans being built presently, however, will last that long.  They are being built too flimsy with almost absent under carriages and suspensions that fail quickly.  But that is our fault- we demand cheap caravans light enough to tow with smaller and lighter cars but with all the mod-cons, and the manufacturers have to supply them or loose out on sales. We blame the factories but we should by rights blame ourselves.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za