English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 323
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 627
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Plasing van karavaan.

replies: 14
views: 385
25 Apr 2021 @ 23:19:53 pm
geria
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 22 May 2014
Experience: 29 years

In die laat ‘70 het ek my die huis ontwerp en gebou, navorsing het gesê 13grade oos van noord is die ideale rigting wat jou huis moes wees om optimale gebruik tehê van die Son , koel in somer en warm in die winter. Dit was op die kop 100% reg! Koel Somers en warm winters! Nou baie Somers later, elke karavaan staanplek is nie ideaal nie, jy vat wat jy kry :  uitsig... see .... bure ... wind . ens, Hoe bepaal jy as jy lank gaan staan,  neem jy dit in ag of vat jy wat jy kry? Wat is belangrik vir jou?

Daar is nie dom vrae nie, net dom antwoorde!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2021 @ 23:35:49 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1965
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Ek verkies om noorde toe op te slaan wanneer moontlik.

Dit is egter nie altyd moontlik nie. Dan vat jy wat jy kry.

Ons staan tans langtermyn by 'n bekende oord waar jy nie eintlik kan kies waar jy staan nie. Daar is 'n beperkte aantal staanplekke vir langstaners. Hoe meer jare jy teruggaan soontoe, hoe meer verseker jy jou plek.

Dit hou nuwe langstaners soms uit voorkeur staanplekke, maar dis nou maar so. Dan vat jy maar wat jy kry en probeer volgende jaar vir beter bespreek. So het ons na 4 jaar 'n beter plek gekry.

Mens loop maar rond en kyk watter is die beste staanplek vir jou behoeftes en probeer maar jaarliks met besprekingstyd daar uit te kom.

Later voel die jonger langstaners soos ek nou hier skryf en ek het dalk teen daardie tyd my plek van voorkeur.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2021 @ 12:12:55 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Moet maar staan waar hulle sê.

Anders kies ek my plek ook on noord te kyk.

Vra ook daar vanwaar die reën kom vir rug kant.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2021 @ 15:06:09 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Waar daar krag is maak did nie eintliksaak nie. Waar daar nie krag is nie wil ek graag so staan dat die solar op die dak meeste van die dag son kry.

Wat glad nie werk nie is om wes te kyk waar die son gaan sak en reg op jou skyn in die agtermiddag.  Dit kan regtig erg raak as daar niks is wat die son keer tot hy sak nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2021 @ 16:17:12 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

In die Weskaap is dit miskien 'n goeie idee om die voorkant van die karavaan noord of noord-wes te laat kyk sodat jy bietjie beskerm is teen die Suidoosterwind wat nogal soms kwaai kan wees.    Op ander plekke is ander faktore soos waar die boom se skadu val myns insien van meer belang.  Dis ook 'n goeie idee om die karavaan se agterkant Weste toe laat kyk sodat die laatmiddagson jou nie in die tent vang nie, maar die oggendson, wat nie so baie pla nie, gesellig by jou tent inskyn waar jy onder die afdaksit en koffie drink.  Dit hang ook maar af van watter seisoen dit is enwat die klimat in die omgewing is.

Maar soos gesê, jy het baiemaal nie juis 'n keuse nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2021 @ 16:22:06 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3127
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 31 years

Moet maar staan waar hulle sê.

Anders kies ek my plek ook on noord te kyk.

Vra ook daar vanwaar die reën kom vir rug kant.

 

Chuck, my ondervinding was nog altyd, die reen kom van bo af不不不不不不

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2021 @ 17:19:09 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1393
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

keuse

1  weg van die pad af 

2  noord

3  oos

4  suid

5 Wes

afhangend van waar die wind vandaan kom  en watekant die water tesien is

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2021 @ 07:35:46 am
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 51 years

Ek kyk weer hoe staan die meeste mense as ek by ‘n vreemde park aankom en vra maar.... vir kort kampe kyk ek maar van waar gaan die meeste wind kom. 

More sal self vertel....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2021 @ 08:58:02 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Chuck, my ondervinding was nog altyd, die reen kom van bo af不不不不不不

Ja ja. Halwe begrip. Die reën word met die wind ingewaai.....lol.cool

 

 

 

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2021 @ 09:15:09 am
George
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 01 May 2016
Experience: 13 years

We always set our back to the prevailing wind and avoid standing under trees, we will also try get a site away from the main stream.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2021 @ 12:23:38 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 544
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

Try for the best view when camping in the berg and also try to camp under afternoon shadow of a tree. We often like to take an afternoon nap and shadow on the tent trailer is important.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2021 @ 10:58:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Die grootste oorweging vir die rigting van opslaan is maar wat se uitsig is die beste van daai staanplek af.  My vrou will altyd BOS toe kyk met die wa.

Dan hou ek daarvan om in die somer met die wa se tent na die suide toe te kyk so ver moontlik.  Dit gee dan meeste skaduwee want ons kuier maar oor die algemeen buite.

In die winter kan die sonnetjie maar bak en sal ek met die tent in 'n noordelike rigting ook staan.

Oorwegend is die pad kant van die wa na die noorde toe solank die staanplek dit toelaat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2021 @ 08:43:09 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Ons hou daarvan om die tent so effe Noord van Wes te hou want Wes is waar die son sak. Die namiddag-son in die Kaap kan nogal lelik skyn net mooi wanneer jy n sundowner wil geniet.

As ons so staan kom die son voor die neus van die karavaan op en omdat ons n awning daar het is die son nie vroeg-oggend so direk in ons gesig nie.

Die wind in die Kaap is ook n faktor, maak nie saak hoe jy staan nie. Jy koes nog vir die suidooster dan slaan die noordwester jou vol in die gesig. 

Ons vind dat die Noorde nie juis WEER-toestande het soos in die Kaap nie, hulle het eerder KLIMAAT-toestande, altyd dieselfde, voorspelbaar. As daar gese word dit gaan reen, dan reen dit. As hulle se dit gaan warm wees, dan IS dit warm. In die Kaap is daar altyd n 50% kans dat weervoorspelling korrek is. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2021 @ 15:04:48 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 165
Joined: 04 Jan 2021

Ek is baie gelukkig.

Ons staan lank en my staanplek gekies is vol skadu.

My sytent is Noord, neus Oos, agter Wes en sykant Suid.

My wa kry minimum son en soek gewoonlik vir sonnetjie met ons stoele.

Gelukkig my wa is darem goed beskerm teen erge Noord area son.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2021 @ 15:08:01 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 544
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

I have read in the past that you should set up your van in a certain orientation so that your bed lies in a specific magnetic compass direction, apparently this causes you to have a more restful nights sleep. Buggered if I know the direction though and if this is true.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za