English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 024
Total Replies: 259 530
Total Views: 83 476 550
topics: 11 859
replies: 143 311
views: 39 466 007
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Geniet binnelanders dit werklik om by die see af te tree?

replies: 23
views: 476
18 Apr 2021 @ 13:07:42 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ons is nou bykans drie weke terug op Stilbaai en ons het fantastiese weer: Geen wind nie, gemaklike temperatuur, geen reën nie. Ons is amper elke dag op die strand - nou pas geruggekeer. Dit val my op hoe min mense vandag en die ander dae op die strand was. Die meerderheid van die standgangers is jonger naweekbesoekers wat in die vakansiehuise bly- miskien hulle s'n of dalk huur hulle dit. Wat my verbaas is dat so min permanente inwoners op die strand is.  Die meerderheid permanente inwoners, soos ook ons, is afgetree en hulle het waarskynlik die strandhuise gekoop omdat hulle van mening was dat dit lekker sou wees om by die see af te tree. 'n Hele paar van die inwoners in ons omgewing weet ek kom nooit op die strand nie.  Om by die see te wees, is mos om die see te geniet, nie om maar in die huis te sit en oud word nie.  Dit kon hulle tog ook in Gauteng, Bloemfontein of waar ookal gedoen het waar die wind nie gereeld waai en alles nie roes nie. Elke ou maak maar soos hy of sy wil, maar dit pla my dat so baie mense die plesiere van seeverblyf mis.  Ons word almal ouer en ons weet dat ons vandag op die strand kan loop maar ons weet  nie of ons dit oor 'n maand of 'n jaar nog kan doen nie.

Ek kan net byvoeg ons spandeer die afgelope dekade gewoonlik ongeveer die helfte van elke jaar hier, so daar kan nie gesê word ons is nuwe intrekkers wat oor entosiasties is nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2021 @ 13:20:28 pm
George
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 684
Joined: 01 May 2016
Experience: 13 years

Very true, i can remember when i lived in durban in the late seventies, had a flat in smith street about 5 blocks from the beach, hardly ever went there. Guess i must have been to busy with other things.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2021 @ 15:08:23 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Miskien gaan dit oor die dorp lewe wat rustiger is as stads lewe....ek dink net die atmosfeer van n kusdorp lewe bied al heelwat meer as enige stadslewe sonder om op die strand te wees. Maar my vooruitsig, sou ek eendag dit doen, sal ook wees om baie tyd dan op die strand deur te bring. Ek ken 2 gesinne wat al hele paar jaar terug vanaf Gauteng na Kaapstad getrek het omdat hul so mal is oor die Kaap. N ruk gelede was ons daar....hulle was in al die jare nog nie op Tafelberg gewees nie, nog nie Kaap punt besoek nie  nog nie op Robbin eiland gewees nie, kom nooit op enige strand nie  kom nooit by al die mooi kusdorpe soos Simonsstad, Muizenberg, Houtbaai, bloubergstrand, maar hulle sê hulle sal nooit weer in Gauteng wil bly nie. So dis seker maar atmosfeer van omgewing waarmee hul gelukkig voel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2021 @ 16:49:56 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Dis verseker dat die  atmosfeer op 'n stranddorp iets besonder is.  Ek ken nie binnelandse, veral Kaapse klein dorpies nie, maar moontlik is dit daar ook heel aangenaam. 'n Ander aspek is dat die kusdorpies om verkeie redes waarskynlik baie veiliger is as stede en ek glo dis ook 'n rede waarom binnelanders graag kus toe wil trek. Maar dis so ongelooflik lekker om sommer net op die strand te stap, of dit nou is waar baie mense is or lang ente op bykans verlate strande.  Dis die deel wat ek nie verstaan nie.  Waarom doen veral afgetredenes dit nie meer nie.  Dis goed vir die gemoed en dit goeie oefening vir die liggaam. Buite skoolvakansies is die strande meestal verlate en die mense wat daarvan gebruikmaak, het dit dan so te sê vir hulleself.  Ek probeer nie standwandelings aanmoedig nie- ek is baie tevrede dat ander mense dit net vir ons gun, maar ek verstaan dit net nie. As jy in 'n lekkergoedwinkel bly, gaan jy tog van die lekkers eet!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2021 @ 20:33:22 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Fred, ek moet erken ek is aan die anderkant van jou spektrum ...

Ook oorspronklik aangetrek na die lewe in die Kaap, maar deur verskeie persone, vriende, familie, gewys op die ander deel van die Kaapse lewe (lewenskoste, weer, ens). Dit het per toeval ook saamgeval met die feit dat ons 'n meenthuis 12 jaar gelede laat bou het in Parys weens my talle fietswedrenne daar.

Nooit afgetree nie, tot so 3 jaar gelede, toe ek besluit het ons twee erwe is een te veel (ons was toe in die gelukkige posisie dat albei wooneenhede afbetaal was) en besluit het een moet gaan. Lang storie kort, ons is nou 2 jaar en ses maande Parysenaars ...

Ons het nou 'n redelik uitgebreide toer onderneem na die Oos en Suid Kaap - vir ontspanning en verlof (ons is pensionarisse) maar ook om te kyk waarheen ons kon en moontlik wil gaan.

Tsitsikama .... pragtig maar redelik duur. Stormsrivier area is oulik, maar nie heeltemal ons strewe nie. Ons het (moontlik al van PE af besluit dat die see areas moontlik nie <?> ons so geval nie.)

Knysna. Voorheen een van ons gunsteling oorwegings, maar nou....Aarde ons - die plek het so uitgebrei ons was eintlik heel verbaas, en ,,, ja, teleurgesteld. Hopeloos te gekommersialiseerd.surprised

Soos Vroulief sê, eienaardig dat die aantrekking van die see vir ons só verander het van toe ons jonger was tot nou

In kort gestel, ons is uiteindelik heel tevrede in Parys, nou beslis vasgestel dat ons nie die lewe rondom die see sal geniet nie, - alles in aggeneem - en ..... kan nie wag om na ons "plekkie" terug te keer nie!

Soos hulle sê "Different strokes for different folks" . Dus, bly julle hou van die lewe rondom die see, maar ons sal maar in ons stukkie van (ons) paradys bly!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
19 Apr 2021 @ 05:43:34 am
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 552
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Alhoewel dit lyk asof my aftrede oor so paar jaar wel langs die see gaan wees, staan dit my nie juis aan nie. Ek raak na so 'n week by die see kriewelrig en wil terug huis toe. Ek self sal eerder in die Bosveld kan aftree om die natuur werklik te geniet en in te neem. Ek dink ek sal een van die wees wat aftree langs die see en dit nie eers raaksien nie. Dit is die groot rede waarom ek vashou aan 'n karavaan. Wanneer die see my irriteer, kan ek nog steeds die pad vat bosveld toe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2021 @ 08:24:23 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Nico, Ek dink julle is wys.  Dit maak nie sin om te gaan aftree op 'n plek wat met vakansies romanties lyk maar as jy eers daarheen getrek het, dalk nie aan jou langtermynverwagtinge voldoen nie. Dit is beslis nie almal se idee van pret om gedurig wind te hê, reën in die winter saammet koue te ervaar en gedurig aandag moet gee aan goed wat roes nie. Dis vir ons perfek, maar ek kan insien dat nie almal daarmee sal saamstem nie.  Oor Knysna voel ons netsoos jy.  Ons het 45 jaar gelede ons wittebrood daar geniet, maar nou hou die plek geen aantreklikheid meer vir ons nie.  As jy aftree, moet jy ongelukkig ernstig aandag gee aan mediese hulp.  Ek het oor sestig jaar bitter min by 'n dokter gekom- ek kan amper elke keer wat dit nodig was, onthou.  Sederdien raak ek en die mense egter goeie vriende.  Om dus op aftree ouderdom op 'n plek te gaan bly waar die naaste mediese hulp ver is, is 'n resep vir 'n potensiële ramp.

Snys, dink maar goed oor waar julle gaan aftree. Om te trek is altyd traumatiese, meer so as jy al ouerig is.  Julle sal waarskynlik nie finansiële verlies ly as julle na 'n tyd by die see besluit om Bosveld toe te trek nie want huise by die see, veral in die Weskaap, is hoog in aanvraag en meestal duurder as in die binneland. Ons het self een voet in die Bosveld, in Pietersburg, en trek maar op die oomblik heen en weer tussen die Bosveld en Suidkaap.  Albei het hulle aantreklikheide en om finaal penne op te trek, is nie so maklik nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2021 @ 10:23:04 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 341
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 15 years

Fred. Ek is wel nog nie afgetree nie. Ons het in 2008 van Pretoria na Melkbos verhuis en is nog nie 'n oomblik spyt nie. Ons kom inderdaad nie so gereeld op die strand nie, maar die geluid van die by die huis is genoeg om my hier te hou. Ons is 10 min se stap van see af, so ons doen dit wel as die wind nie te onvriendelik is nie. Ek sal nie sommer in die binneland aftree nie, al het ek my eerste 40 jaar daar deurgebring.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2021 @ 12:53:45 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1348
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Ek is nou maar net nie 'n see mens nie 3 dae dan moet ek bos toe.  Glo as mens van die see hou kan dit werk.  As ek dalk 'n hegelaar was sou dit dalk anders gewees het..

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2021 @ 13:18:25 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1407
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Ons sal teen end-Junie 20 jaar in Kleinmond woon. Ek was bevoorreg om bykans my hele beroepslewe vanaf die huis te werk en uiteindelik in 'n kusdorp te kon aftree. 

Tydens ons eerste jare op Kleinmond het ons tydens die somertyd teen laatmiddag gereeld 'n paar peuselgoedjies en 'n bottel wyn ingepak en op een van die bankies, wat oral op die seefront opgerig is, gaan sit om 'n sondonnertjie te geniet terwyl ons oor die see tuur.

Ons dorp beskik oor die pragtigste kus- en bergpaadjies en die Harold Porter Botaniese Tuin by Bettiesbaai is op ons spreekwoordelike voorstoep. Lekker om daar te gaan stap.

Ons is (en was) nooit juis strandgangers nie, behalwe toe die kleinkinders nog kleiner was en by oupa en ouma kom kuier het.

Ek lief die Bosveld, die Kalahari en die Karoo (waar ek tans in die Karoo Nas Park kamp oppad wildtuin toe), maar aftrede op 'n kusdorpie soos ons s'n, is 'n voorreg. Om soggens jou gordyn oop te trek en oor die see te staar of jou vroegoggend-koffie in die eet- of sitkamer te geniet terwyl jy uitkyk oor die immer lowergroen Kogelberge wat sekere tye oortrek is met speldekussings of goudgeel tolbosse, terwyl die vaalribbokke en Kaapse grysbokkies in die fynbos agter jou huis wei.

Idilies om jou aftreejare by die see te geniet.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2021 @ 13:30:27 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4928
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Fred ja n ou moet mooi dink voor jy skuif en n plek koop soos nou by die see soos jou onderwerp dit aanhaal ek ook n bos ou niks verkeert met vakansie by die see nie maar bly is n ander storie ek bly eerder innie bos lekke onderwerp

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2021 @ 14:47:39 pm
Going nowhere slowly
Bronze Member
62% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 27 Jul 2018
Experience: 34 years

Hi Fred

Bly om te hoor julle is nou hier op Stilbaai. Ons bly al amper 4 jaar  hier in Stilbaai. Ons sal vir geen geld weer teruggaan Gauteng toe nie. Ons huis het nie ‘n see- of rivieruitsig nie, maar jy ry net op of af met ons straat, dan sien jy die see of die rivier. Ons ry elke dag see toe en kuier lekker langs die see. Iets  wat ons nie in ons lewe kon geniet het, voor aftrede nie. Die “laidback” lewe hier is net die een vir ons. Ons wou vroeër in ons lewe in George afgetree het, maar vandag is dit ‘n groot stad en te besig. Ons geniet dit om so nou en dan daarheen te ry vir inkopies en besigheid, maar is altyd bly om weer huistoe (Stilbaai) toe te gaan.

Groete, Nick

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2021 @ 16:13:24 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Eerstens welkom op die groep as dit nie dalk alreeds gesê is nie Nick.  Julle huis se ligging klink maar soos ons s'n.  Telkens as ons hier is, meen ons ons moet maar permanent hierheen verskuif maar as ons in Pietersburg is, sien ons weer ander voordele daar en dan stel ons maar uit.  Dis waarskynlik makliker om van een huis na 'n nuwe te verskuif as om van een ontslae te raak met alles wat in hom is, insluitende 'n taamlike werkswinkel.  So ons wag maar.

Ek weet daar was ook nader lede van die Forum wat hier huise het, maar her lanklaas van hulle gehoor.  Ons moet miskien n of ander tyd mekaar in die oog kyk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2021 @ 18:20:54 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 552
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Fred, ek het geen se in die saak nie. Die baas wil by die see aftree, so see sal dit wees. Ons het 'n plek op Danabaai wat ons tans verhuur en wat seker ons aftree-huis sal word. Gelukkig is ek 'n ywerige hengelaar, wat  my darem besig sal hou. Vir die res, nou ja bietjie rondtrek met 'n karavaan kan ook seker werk. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2021 @ 08:54:04 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek hoop julle sal die permanente seevakansie baie geniet- dis immers in die beste deel van die land waar julle gaan woon. En die rondry met die karavaan is 'n baie goeie idee.  Die Wes- en Ooskaap is wat uitkamp betref, seker die beste deel van die land met van die aangenaamste kampplekke.  Ons klein waentjie kom telkens saam as ons hierheen kom, vir die slaap oppad en vir die rondkuier hier onder.  Ons toere is deesdae kort. Ons het nog nie langer as tien dae op 'n slag hier getoer nie. Ons staan nie meer lank op 'n plek nie. Ek go nie ons het al langer as drie aande op 'n enkele plek gestaan nie en ons was nog nie eers oral nie.  Die Kaapse winter is ons insiens eintlik die beste tyd van die jaar.  Ons het jare laas in die see geswem, so die koue pla nie.  Maar as dit so koud, winderig en reënerig is, steek ons die houtstofie aan en dan kan dit nie beter nie.  En die lande veral vanaf Mosselbaai tot by die Overberg met sy verskillende skakerings van groen graanlande en geel canola, asook die Fynbos wat oral in blom is, is prentjiemooi. Binnelandse vakansiebesoekers wat die Kaap gewoonlik maar in Desember of April sien, mis so baie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2021 @ 09:51:54 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1573
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Ons woon al van 1973 af in verskillende plekke by die see. 

Ons ervaring is dat by die see vakansie hou en by die see woon twee hemelsbree verskillenbde ervarings is. Die weer by die see is die onvoorspelbaarste met net een sekerheid, en dit is dat daar meestal wind sal wees. 

Ek het my vorige sleepwaentjie, 'n Ventertjie, tot by die afval perseel gesleep, die hak, vere, as en wiele afgehaal en los verkoop. Roes en die see is nou maar eenmaal sinoniem.

Ons het gevind dat Johannesburg die lekkerste klimaat het. Dit is nie verniet een van die boomrykste stede ter wereld nie.

Wanneer ons die karavaan haak is dit binneland toe. Daar is ons voorkeur kampeer klimaat.

Happiness is not getting what you like, but liking what you get.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2021 @ 11:14:30 am
Going nowhere slowly
Bronze Member
62% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 27 Jul 2018
Experience: 34 years

Fred

Ek is al jare lid van die forum. Op een stadium het daar iets gebeur wat ons afgegooi het op die forum en toe moes ek weer registreer. Nou lyk dit of ek 'n nuwe lid is.

Ons dogter het haar internskap in 2015 by Pietersburg hospitaal gedoen en so het ons dan ook per geleentheid na haar toe gegaan. My hart was seer om die agteruitgang daar te sien. My skoonouers het daar in Pietersburg op die Myngenoegenpad gewoon in die vroeë 1980's. Ons het ook my dogter se gradeplegtigheid in Pretoria bygewoon 2019 en kon ook die verval sien waar ons in Centurion gebly het, voordat ons Stilbaai toe getrek het. Ek het net weer besef ek hoort nie meer daar nie. Hier hou die munisipaliteit en die gemeenskap die omgewing skoon en netjies. Mens wil graag hier bly. 

Groete en geniet Stilbaai wanneer julle hier bly/kuier.

Nick

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2021 @ 11:47:52 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Nick, Ek dink jy het seker net Pietersburg se middestad gesien.  Die gaan maar die pad van alle stede.  Ons kom nie juis meer daar nie- ek net om die posbus te besoek.  Ons gaan maar meestal na die groot Malls en die voorstedelike sentrums. Daar is ook groot nuwe netjiese kommensiële uitbreidings waar so te sê alles verkrygbaar is.  Ons is nou al 45 jaar In Pietersburg en ons indruk is nie dat dit agteruitgaan nie, inteendeel, die plek gaan vooruit.  Ons het maar kleiner munisipale probleempies wat ons stadsraadslid vinnig uitsorteer (soos sulke mense veronderstel is om te doen), maar meestal werk ons stadsraad nog redelik goed in vergelyking met ander dorpe en stede. Julle dogter was seker by die provinsiale hospitaal en daar lyk dit ook maar sleg van buite af, hoewel ek in jare nie daar binnegegaan het nie.  Ons het egter twee privaathospitale en ook 'n daghospitaal waar dinge goed gaan. Neewat, Pietersburg is steeds 'n lekker plek.

Ons een dogter en haar gesin woon in Centurion, in Eldoraign, so ons kom gereeld daar en daar kry ek ook nie juis die indruk dat dinge agteruitgaan nie.  Ek het in Alberton grootgeword en daar is die middedorp ook maar aan die verander. Die woonhuise waar ek ook grootgeword het, is nou meestal sakepersele, sommiges ook nie te netjies nie. Ek dink nie 'n dorp of 'n stad moet op sy middestad beoordeel word nie, maar eerder op die nuwe dele en die dele war mense nog woon.  Dalk is ek maar net oor optimisties, maar hierdie is my eerlike indrukke.  Oor Stilbaai dink ons duidelik eenders.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2021 @ 15:45:25 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 552
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Fred, daar moet ek ongelukkig verskil. Ek sal nog ander dorpe in die Noorde besoek, maar Pietersburg is 'n ander storie. Die tweede laaste keer wat ek daar was, is my vrou se kar gesmash en grab in die goeie deel. Die laaste keer by Checkers het 'n man wat my trollie wou stoot my aangerand en my baadjie van my lyf afgeskeur toe ek nie wou toelaat dat hy my trollie vat nie. Ek het hom planke toe gestuur, maar toe was die gort gaar. Die klomp grootbek Zimbabwiers wou toe sommer my  almal tackle, maar 'n kar met 'n paar swart mans het langs my gestop en die knape aangese om hulle nonsens te stop.  Ek was nog nooit in 'n ander dorp waar dit so gaan nie en volgens my is Pietersburg 'n uiters gevaarlike plek en ek raak sommer ongemaklik in die plek.Ek raak nou te oud vir sulke sports, dus is Pietersburg van my lysie af van plekke wat ek sal besoek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2021 @ 16:44:30 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Jammer om van jou ondervindings te hoor Snys. Ons land is beslis nie die paradys nie en Pietersburg ook nie.  Die optrede van die mense wat jou gehelp het, is darem meer tipies van ons stad.  Dit het al verkeie kere gebeur dat grypdiewe deur omstanders hanteer is, in sommige gevalle ook deur taxi bestuurders.  Ek kry die indruk dat ons mense in Pietersburg maar almal misdaad haat. As dit deur vreemdelinge gepleeg word soos dit klink in jou geval, haat ons dit dalk nog meer. Ek het gehoor in Seshego, die voormalige swart voorstad van Pietersburg, waar daar meer misdaad is, gebruik mense fluitjies as hulle probleme ondervind en vinnig storm bure nader om te help.  Misdadigers is maar kleurblind en hulle teiken seker maar wie hulle dink hulle gaan sukses mee behaal. As ek middestad toe gaan om pos te gaan uithaal, sien ek selde 'n ander wit gesig maar ek het nog nooit angstig gevoel nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2021 @ 21:03:48 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1183
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Ons sal teen end-Junie 20 jaar in Kleinmond woon. Ek was bevoorreg om bykans my hele beroepslewe vanaf die huis te werk en uiteindelik in 'n kusdorp te kon aftree. 

Tydens ons eerste jare op Kleinmond het ons tydens die somertyd teen laatmiddag gereeld 'n paar peuselgoedjies en 'n bottel wyn ingepak en op een van die bankies, wat oral op die seefront opgerig is, gaan sit om 'n sondonnertjie te geniet terwyl ons oor die see tuur.

Ons dorp beskik oor die pragtigste kus- en bergpaadjies en die Harold Porter Botaniese Tuin by Bettiesbaai is op ons spreekwoordelike voorstoep. Lekker om daar te gaan stap.

Ons is (en was) nooit juis strandgangers nie, behalwe toe die kleinkinders nog kleiner was en by oupa en ouma kom kuier het.

Ek lief die Bosveld, die Kalahari en die Karoo (waar ek tans in die Karoo Nas Park kamp oppad wildtuin toe), maar aftrede op 'n kusdorpie soos ons s'n, is 'n voorreg. Om soggens jou gordyn oop te trek en oor die see te staar of jou vroegoggend-koffie in die eet- of sitkamer te geniet terwyl jy uitkyk oor die immer lowergroen Kogelberge wat sekere tye oortrek is met speldekussings of goudgeel tolbosse, terwyl die vaalribbokke en Kaapse grysbokkies in die fynbos agter jou huis wei.

Idilies om jou aftreejare by die see te geniet.

Chris, ons is vandag daar verby jou aftree dorpie. Lieflike weer gehad.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2021 @ 23:55:02 pm
Spekboom
New Member
37% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 08 Aug 2020

Ek Bly nou  3 jaar in Scottburgh. Ons kom van Jhb af. Ons is nou afgetree. Ek en my man het besluit om elke winter vir n maand in onsse kampterrein   vir Een maand elke Jaar te kamp .

Ons pak ons Skipper op en ry 3 kms na scotties toe waar ons kamp Lang’s die see. Hoe wonderlik is dit. Ek wil nie by die huis sit en TV Kyk nie....nee Wat, ons Moët lewe geniet al is ons oud......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2021 @ 08:31:44 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Welkom hier Winnie.  Laat ons maar gereeld van julle hoor.  Dis 'n gawe idee wat julle het.  Ons is op Stilbaai en gaan kamp ook in nabye kampe by die see.  Ons beplan juis nou om by Gouritzmond uit te kom, sowat 30 kilos van ons af in 'n reguit lyn.  Ons het eenmaal toe ons dogter en kleindogter kom kuier het, vir 'n paar dae by Jongensfontein, sowat tien kilos van ons af, te gaan kuier vir die ondervinding vir die kleintjie en dit was heerlik.  Dit maak  tog nie saak hoe ver jy ry nie- dis die verandering van omgewing wat saak maak.  Julle kan gerus ook TO Strand oorweeg, of miskien wil julle juis die see sien.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2021 @ 08:49:25 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Ons woon al ons hele lewens in die Strand. Ons SIEN hoe die GP-karre hier opdaag en nie weer teruggaan nie. MAAR amper almal praat dieselfde storie : DIS DUUR IN DIE KAAP

Ek kry GP-kliente wat n huisie hier gekoop het wat dubbel kos as wat hulle vir hulle reuse huis in GP gekry het en dan kan hulle nie GLO hoe duur boukoste in die Kaap is nie. Een vrou (van GP) het in trane uitgebars toe sy vir die eerste keer haar maand-inkopies gaan doen het en sy die pryse op die rakke sien.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za