English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 024
Total Replies: 259 530
Total Views: 83 476 557
topics: 11 859
replies: 143 311
views: 39 466 008
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Alarm maak my mal

replies: 11
views: 342
14 Apr 2021 @ 10:56:17 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Dalk was hierdie topic al op die forum, ek vra verskoning as dit al ge-hanteer is.

 

My Fortuner se @#$%&-se alarm het n ruk gelede skielik sonder rede begin afgaan, tot my moedeloosheid. Ek noem die volgende senarios.

01   Ek trek die sleutel uit en sluit die deure met die remote. Somtyds gaan die alarm af, in die nag of in die dag.  Nie elke dag/nag nie.

02   Ek sluit NIE die kar nie, los die sleutel in die kar. Die alarm gaan nie af nie, maar die battery word pap, somtyds oornag. Wanneer ek die battery laai neem dit letterlik n kwartuur dan is hy gelaai. As ek ry laai hy feitlik dadelik.

NOU :

Ek het n idee die battery is moeg en het hom vanoggend laat vervang by n betroubare plek wat die battery getoets het en ook voel hy is moeg. Nou wag ek om te sien of die alarm weer sal afgaan. 

Wat maak julle manne wanneer julle julle mousters in die motorhuis parkeer? Sluit julle of los julle net die sleutel in die sleutelgat? Is dit waar dat n battery pap word as jy die sleutel in die kar los? Hoekom word my Mercedes nie pap as ek die sleutel in los nie nie en waarom gaan sy alarm nooit af indien ek die kar sluit nie? 

Waar is die slim manne? Help asseblief.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2021 @ 12:33:35 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Sonder nadere toetse sodat mens syfers het om van te werk glo ek daar sal baie raaiskote wees. As die kar nog start kan die battery nie te pap wees nie. Die feit dat battery vol laai in 15min wys hy het min kapasiteit want min krag word benodig om hom weer vol te kry.

Hoe oud is jou tracking eenheid? Baie mense ervaar dat 'n ou tracker 'n battery drein.

Kyk maar of dit beter gaan met nuwe battery. Kan geen opinie gee rondom die vergelyking van voertuie aangesien hulle verskillende stelsels sou gebruik.

Dis egter maklik om te meet of daar 'n verskil in krag uit die battery is as jy sleutel inlos teenoor dit verwyder.

Hoe sê ons altyd: om te meet is om te weet..... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2021 @ 12:50:54 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1785
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Mooilik.

Ek het in Tsendse gekry dat my alarm in die nag af gaan. Dit was omdat ek my cel foon in die kar gelos het net bokant die ultrasonic sensors. Die swak cell foon sein veroorsaak dat die foon max krag uit sit en dit het my alarm af gesit.

Danie is seeker reg.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2021 @ 17:07:24 pm
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 625
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 45 years

Ek sou nie my motorsleutel in die kar los nie, al is dit binne die waenhuis. Indien die motor wel gesteel word, vra die versekering gewoonlik albei sleutels as bevestiging dat daar nie gemene spel was nie (bv. jy het die motor 'laat steel'  deur sleutel vir dief  te gee; jy het sleutel verloor en iemand het dit opgetel en nou motor kom steel...… ens...ens.…)

Indien jy nie albei sleutels kan gee nie, kan dit jou eis affekteer en dalk die geldigheid van die eis beinvloed?? Eerder BangJan as DooieJan - veral met versekering!!!

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2021 @ 20:26:29 pm
Die Louwvers
Bronze Member
48% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 14 Nov 2020

Danie ek sal ook nie sleutels in kar los,maar battery sal nie daarvan afloop nie.Alarm wat afgaan nadat deure gesluit gaan nogal baie dinge wees.Ek kry dit op my Ranger ook partykeer dan is dit n vlieg of gogga wat hom trigger.Het ook dat die installeerder die stelsel stel dat dit nie so sensitief is nie.Sterkte.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2021 @ 07:34:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16492
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ek het net gevind dat die alarm geaktiveer word as ek die voertuig sluit met bv die vensters oop op 'n warm dag.

Ek vermoed die wind of luggie wat deur die voertuig trek het die alarm geaktiveer.

Dan het ek ook gevind dat baie van die voertuig se stelsels steeds aan bly as die sleutel in die sleutelgat bly.  Ek het selfs gevind dat van die stelsel aankom sodra ek aan die deur handvatsel vat.  Bv die petrol pomp begin vir 'n paar sekondes te pomp en dit selfs voordat die sleutel in die aansluiter ingedruk word.

Ek parkeer wel die voertuig in die motorhuis sonder die sleutel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2021 @ 11:38:57 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Dankie ouens, ek hoor wat julle sê. Ek HET toe n nuwe vlattebrei gaan koop, en jou wraggies, die blêddie ding het gistermiddag WEER by die kantoor afgegaan. Ek dink dis die beste dat ek maar by Somerset Security en Radio (gewoonlik briljante diens) gaan aanklop en n verband uitneem om die rekening te betaal.

Ek slaap al met die sleutel onder my kopkussing!  

Iemand in die kantoor het haar kar (dieselfde probleem) dik gespuit met doom en sy beweer dat die probleem opgelos is. Ek weet darem nie, ek dink nie n gogga sal vir so lank tussen die draadwerk woon nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2021 @ 22:35:44 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Danie beskik jou alarm nie oor die funksie om aan te dui wat het die alarm die laaste keer geaktiveer deur die aantal flitse te tel voor jy dit weer aansit?

Verder het jy nie die opsie dat die sensor in die kar buite aksie gestel word as jy 2 keer die sluit op die afstandbeheer druk binne 30sek?

Flitse per aktivering.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2021 @ 09:22:56 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Dankie vir die advies, Danie. 

Die sage het nou n lang paadjie geloop. Ek het toe met wye arms voor die oop bonnet gaan staan en die dinge bekyk. Toe besluit ek om tekyk of my spotlights nog lekker skyn en vind jou wraggies dat die een spot half-sterkte skyn.  En daar vind ek dat die bestaande bedrading --- WARM word! Ek ondersoek toe die bedrading (sowat ses jaar oud) en vind dat daar n paar plekke is waar ek my verbeel dat drade deurgeskuur is. En jou wraggies, terwyl ek nog so karring blaas die fuse! Ek sit n nuwe fuse in en ... poef ... blaas hy weer. 

Net daar besluit ek om die ganse bedrading oor te doen, MET nuwe gloeilampies en als. Dit neem my n hele en n halwe dag en alles is vervang, nêêêtjies soos net n argitek dit kan doen, prentjie mooi en blink.

En my alarm het nie weer afgegaan nie! (Hou duim vas) Dit is nou vier aande en alles is stil. Dit kan dalk wees dat daar iewers n kortsluiting was wat

01 veroorsaak het dat die battery afgeloop he

02 veroorsaak het dat die alarm ge-irreteer geraak het

My advies aan al julle rooiwyn-manne : Ek dink n man moet maar so nou en dan kyk na die "after-market" bedrading vir dinge soos spotlights en goeters om te sien of hulle nie broos raak en begin verweer nie.

Kom on hoop maar dat ek die probleem gevind het.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2021 @ 11:14:47 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1348
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

ek weerhou my so ver moontlik van enige iets wat my voertuig se bedrading kan beinvloed.

Ek het al meer as eenkeer gesien hoe so krap aan bedrading menige hoofpyn veroorsaak

Bly jy het reg gekom

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2021 @ 14:32:15 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

@Danie....

Bky jy die probleem gekry. 'n Ander probleem as mens min ry is dat die alarm sy eie herlaaibare battery het en dit vat hom tot 12 ure om te laai.

As sy eie battery pap word gee hy alarms om mens te dwing om te kyk hoekom.

Doom werk dan nie so lekker nie :) 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2021 @ 14:15:36 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Danie ek wens ek WEET waar daai battery sit.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za