English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 024
Total Replies: 259 530
Total Views: 83 476 546
topics: 11 859
replies: 143 311
views: 39 466 005
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kampe in die KNP

replies: 56
views: 636
page 1 of 2
09 Apr 2021 @ 18:33:07 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 467
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Wat is julle ginstiling kamp, en waarom, in die KNP? Ek neem aan dit kan verskil tussen lae en hoe seisoen?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2021 @ 20:20:07 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1957
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Shingwedzi - vêr genoeg van die huis af en uitstekende area om net die natuur te beleef en al die diere van die veld onder oëe te kry. Lekker kampterrein.

Dan ook Tsendze - ongekunsteld en nog nader aan selfsorg as ander kampe. Rustigheid op sy beste.

Balule - rustig, ongekunsteld en in kompetisie met Tsendze (volgens die kampopsigter). Klein en vêr genoeg van ontwikkeling. Baie diere in die omgewing.

Dis ons orde van voorkeur.

Maar, as ons moet dan kamp ons enige kamp in die KNP.

Selfs Bergendal, ofskoon naby aan die huis (9km soos die kraai vlieg) as dit nie anders kan nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2021 @ 21:13:27 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1348
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Ek hou van SATARA centraal gelee en was nog altyd gelukkig met wild sien in die omgewing

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2021 @ 21:21:01 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1407
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Tsendze is ons gunsteling by verre. Maar ons is ook lief vir Shingwedzi, Onder-Sabie en Krokodilbrug. Inderwaarheid is ek lief vir elke kamp in die wildtuin.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 08:08:22 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ons is lief vir Lower Sabie omdat mens vandaar in soveel rigtings kan beweeg vir daaglikse wildsbesigting. Ons gaan hierdie jaar vir die 1ste keer Maroela kamp besoek, was nog nooit daar nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 08:49:05 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1348
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Ons is lief vir Lower Sabie omdat mens vandaar in soveel rigtings kan beweeg vir daaglikse wildsbesigting. Ons gaan hierdie jaar vir die 1ste keer Maroela kamp besoek, was nog nooit daar nie

is vir my ook 'n mooi kamp

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 09:25:29 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10342
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Letaba.

Die kere wat ons daar was, mooi skoon en netjies.

Stil en rustig.

Was nog nie weer daar nadat die winkel af gebrand het nie.

Maar ons lang kuiers daar kom vinnig nader.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 11:08:08 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Ek hou ook van Laer Sabie maar nie juis vd kamp deel nie. Al is Krokkies sover van baie paaie af hou ek v d kamp en dis waar ek my meeste tyd gaan wees. Gaan Malelane kamp die 1e keer besoek. 

Ai kan nie meer wag vir Mei se kuier. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 11:22:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek hou ook van Laer Sabie maar nie juis vd kamp deel nie. Al is Krokkies sover van baie paaie af hou ek v d kamp en dis waar ek my meeste tyd gaan wees. Gaan Malelane kamp die 1e keer besoek. 

Ai kan nie meer wag vir Mei se kuier. 

Ons het nog elke keer goeie sights gehad net buite die Korokodil brug kamp op daai groot oop gedeeltes. Ons wou op ons pad terug nog 2 dae daar staan, maar kon nie plek kry nie....het toe reggekom by Berg en Dal

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 12:14:06 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Omdat hulle my wou skuif uit Malelane is daar toe vir my 'n pae dae gereël by Krokkies anders sou ek ook op Bergendal moes staan.

My hele bespreking sou anders gewees het as mens voor die tyd sou weet v d uiterste vrot sleep pad tussen Nelspruit en Malelane. Ek beplan om nou eerder by Phabeni in te gaan en deur die plaas te ry na Malelane kamp. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 12:27:37 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ons verkies die kampe in die noordelike helfte van die wildtuin. Ons ry meestal op grondpaaie, dit voel net bae meer wild as die teerpaaie.  Die suidelike kampe, veral Skukuza, Onder-Sabie en Berg-en-Dal, voel net te naby aan die beskawing, jy ry meestal teerpaaie en daar is heeltemal te veel verkeer op die paaie. Dit voel vir my soos 'n voorstad van Johannesburg.  Shingwedzi en Satara is on gunstelinge. Die veldkampe soos Tsendle is baie lekker- het voorheen daar gekamp, maar ons huidige kamp-opset maak dit moeilik om vir meer as twee dae sonder krag te kamp. Ons verkies ook om vir die sowat 'n week wat ons gewoonlik gaan, by een kamp te staan en vandaar die omgewing te verken.  Ons bly maklik die hele dag uit maar ry so staan-staan en kyk-kyk sodat ons nie meer lang afstande per dag aflê nie.  So sien en ervaar ons baie meer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 12:58:36 pm
Gisi
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 14 Jan 2021

Elke kamp het sy eie atmosfeer en ‘n mens pas maklik aan in elke kamp.   As ek dink aan ‘n kamp dan is daar iets was elke kamp uniek maak.  My voorkeur kamp is Balule seker maar omdat dit ons laaste kamp was toe my man nog gelewe het. Shimuwini is ook stil en besonders en ons het ‘n bos vol vuurvliegies daar gesien wat ek nooit weer gesien het nie    Hou ook van Tambotie ek het amper op ‘n slang getrap in die skemer , soos genoem elke kamp het sy herinneringe. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 16:23:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Omdat hulle my wou skuif uit Malelane is daar toe vir my 'n pae dae gereël by Krokkies anders sou ek ook op Bergendal moes staan.

My hele bespreking sou anders gewees het as mens voor die tyd sou weet v d uiterste vrot sleep pad tussen Nelspruit en Malelane. Ek beplan om nou eerder by Phabeni in te gaan en deur die plaas te ry na Malelane kamp. 

Wat is toestande tussen Malelane en Nelspruit?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 16:41:32 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Wat is toestande tussen Malelane en Nelspruit?

Die pad buite Nelspruit was weggespoel. Volgens wat ek gehoor het is dit baie gevaarlik veral as 'n vragmotors van voor net effens oor die streep sou ry. Dalk kan Pottie ons meer vertel. Die deel duskant Machodo kan mens nie vermy nie. Ook padwerke. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 17:33:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Die pad buite Nelspruit was weggespoel. Volgens wat ek gehoor het is dit baie gevaarlik veral as 'n vragmotors van voor net effens oor die streep sou ry. Dalk kan Pottie ons meer vertel. Die deel duskant Machodo kan mens nie vermy nie. Ook padwerke. 

Eish....sal hier dophou wat situasie is, wil ook daai pad ry oppad terug. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 18:08:05 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Eish....sal hier dophou wat situasie is, wil ook daai pad ry oppad terug. 

Die inligting kom van iemand wat gedurende die week Krokkies toe gesleep het. Hy net gesê dit was scary.

Laat weet ons hoe Maroela is. Ek wou juis 2 jr terug daar begin het met my kuiertjie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 21:28:21 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4500
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Het 2 weke gelede van Nelspruit by Malelane Hek ingegaan. Geen stop/ry op die dag gehad nie. Die pad is enkelbaan in plekke asgevolg van padwerke maar is heel rybaar in beide rigtings. Daar is skietwerk naby Karino wat vertragings tot gevolg het maar is gewoonlik so teen 12 uur die dag.

Die pad wat weggespoel het is in in die omgewing van Ngodwana tussen Waterval Onder en Nelspruit. Praat onder korreksie, ek verstaan die deel is herstel.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 21:33:39 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1957
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Ek het die pad tussen Nelspruit en Malelane verlede Dinsdag met die motorfiets gery.

Daar is twee areas van padwerke waarvan een beïnvloed word deur die brug wat weggespoel het op 'n sekondêre pad, nie die N4 nie.

Die aansluiting van die R538 by die N4 by Karino word tans heel herbou. Daar is 'n stop wat vertraging veroorsaak. Vroegoggend na Nelspruit en laatmiddag vanaf Nelspruit staan jy en wag weens verkeer druk. Dit is agv die brug na KaNyamazane wat weggespoel het. Daardie verkeer is nou op die N4 aangewese. Die padwerke hier is nie wesenlik hinderlik nie. Net die verkeersvolume in druktyd.

Die tweede deel is van die brug oor die Krokodilrivier, wanneer jy deur die Krokodilpoort is, tot so 4km voor Malelane. Die pad word na 'n dubbellaan weerskante verbreed. Groot dele tussen die Nkomazi tolhek tot so 10km voor Malelane word verkeer reeds op die nuut geboude pad herlei.

Die risiko is by die vernouings 10 tot 4 km voor Malelane. Ek het hier al gesleep sonder probleme. Hou net styf links en die aankomende verkeer gaan nie lyk of hulle oor jou gaan ry nie.

Die verkeer hier beweeg ook aansienlik stadiger aangesien die trokke nie vinniger as 80km ry nie en daar nie verbysteek geleentheid is nie.

Nee wat, ek ry en sleep gemaklik hier. Seker maar omdat mens die pad ken. Dit is net 16km van pad herbouing.

Wat dit redelik veilig hou is die feit dat niemand hier sommer vinniger as 80 ry nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 21:40:51 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1957
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Het 2 weke gelede van Nelspruit by Malelane Hek ingegaan. Geen stop/ry op die dag gehad nie. Die pad is enkelbaan in plekke asgevolg van padwerke maar is heel rybaar in beide rigtings. Daar is skietwerk naby Karino wat vertragings tot gevolg het maar is gewoonlik so teen 12 uur die dag.

Die pad wat weggespoel het is in in die omgewing van Ngodwana tussen Waterval Onder en Nelspruit. Praat onder korreksie, ek verstaan die deel is herstel.

Die verspoeling op die N4 tussen Ngodwana en Elandshoek is binne dieselfde week in Februarie reeds herstel.

Dit het geen impak op verkeer op daardie deel van die N4 nie.

Die ander brug is op 'n sekondêre roete tussen Nelspruit en KaNyamazane. Daardie verkeer moet nou noodwendig van die N4 gebruik maak wat verkeersdruk in spitstyd veroorsaak.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 08:58:17 am
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4500
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Danie. Dalk moet jy die link gebruik nader aan jou reisdatum.

Link

https://tracn4.co.za/live-route-map

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 09:37:26 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Die verspoeling op die N4 tussen Ngodwana en Elandshoek is binne dieselfde week in Februarie reeds herstel.

Dit het geen impak op verkeer op daardie deel van die N4 nie.

Die ander brug is op 'n sekondêre roete tussen Nelspruit en KaNyamazane. Daardie verkeer moet nou noodwendig van die N4 gebruik maak wat verkeersdruk in spitstyd veroorsaak.

Baie dankie vir jul feitlike inset. Ai darem maar lekker dat mens net die knoppie hoef te druk en die mense wat weet is daar om ons te help. 

Ek sal die skakel gebruik. 

Dit wys net weereens hoe mense se siening verskil as dinge nie perfek is nie. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 09:44:42 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Ek weet egter nie watse inligting kry mens op die skakel aangesien ek net 'n kaart sien vanaf Gauteng tot by Witbank wat die tolhekke aandui. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 11:25:39 am
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4500
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Ek weet egter nie watse inligting kry mens op die skakel aangesien ek net 'n kaart sien vanaf Gauteng tot by Witbank wat die tolhekke aandui. 

Jy moet af "scroll". Opgedateerde inligting onderaan die kaart.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 11:57:36 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Jy moet af "scroll". Opgedateerde inligting onderaan die kaart.

Dankie. My foon wil nie "scroll". Sal maar op rekenaar moet kyk. Ek wel gesien die menu werk wel waar mens elke tolhek se fooie kan sien. Ek vind heelwat mense sukkel deesdae op forums om die hele blad te lees.

Dis nou die 1e keer wat ek nie als kan sien nie. Dankie nogmaals. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 12:11:34 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

What is the sighting of lion and leopard like near Shingwedsi. We are staying there from 28 March for 6 nights and it is the only camp we will be staying in in Knp. Have not been to Knp since I was 6. Our friends advise us not to camp near the camp fence as it gets too crowded.

Have only seen one lion in Huhulwe in all my years and would love to see a lion or leopard. Believe Shingwedsi is good for elephant and buffalo.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 12:46:29 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 52 years

Ons het nie eintlik gunsteling kampe in die Kruger Wildtuin nie en daarom wissel ons die ses kampe wat ons jaarliks by kamp.  Selfs 'n 12-dae kamp in die Julie-skoolvakansie in Skukuza saam met ons drie kinders en hulle gesinne, was 'n wonderlike ervaring  -  veral die kleinkinders het dit daar baie geniet.

Maar ek moet erken, daar is ietsie meer spesiaal vir ons by Punda, Tsendze en Balule.  Ons kamp by al die kampe behalwe by Ondersabie omdat die kampeerstaanplekke nie eintlik geskik is vir 'n Exclusive nie.

Presies vandag oor 'n maand kamp ons by Maroela en vir 'n maand lank by nog 5 ander kampe. Ons gaan vanaf Nelspruit oor Witrivier en Hazyview by Phabeni-hek in en sal eers in die laat namiddag by Maroela arriveer  -  maak nie eintlik saak nie want ons gaan net twee nagte daar deurbring.

Hier kamp ons by Punda :

.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 15:25:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Daar is nog n klompie kampe in die noorde wat ek nog nie by gekamp het nie, maar glo nie hulle sal my teleurstel nie. Daar is net een voorwaarde by ons as ons die KNP besoek.....as ons soontoe gaan, wil ons binne die wildtuin self bly, al is daar soms fancy plekke net buite die grense met beter tariewe. Ek is ook nie n persoon wat elke dag by die hek in n ry wil staan as dagbesoeker nie. As ons nie plek binne KNP kry vir ons gekose datums nie, skuif ons aan tot n datum waar Sanparks ons wel kan akkomodeer.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 15:37:38 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1407
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

What is the sighting of lion and leopard like near Shingwedsi. We are staying there from 28 March for 6 nights and it is the only camp we will be staying in in Knp. Have not been to Knp since I was 6. Our friends advise us not to camp near the camp fence as it gets too crowded.

Have only seen one lion in Huhulwe in all my years and would love to see a lion or leopard. Believe Shingwedsi is good for elephant and buffalo.

We have had some of our best lion sightings around Shingwedzi - especially along the S50 past the demolished Kanniedood Dam. We also saw 10 lions walking towards us on the S101 an killing an impala next to the road. The S56, along the Mphongolo Loop is also a fruitful road for lions and Sharpe's Grysbok - apparently for leopards too, although I have never seen leopards in the Shingwedzi region. But what a wonderful camp and area!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 16:00:23 pm
Wielie
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 26 Apr 2014

Ek stem heeltemal saam met Proffie - Shingwedzi, Tsendze, Balule maar wil Punda byvoeg. Ons gunsteling deel is die noorde, voel vir my meer soos die wildtuin, maar as ek nie ‘n keuse het nie, glo ek enige kamp is reg!

Julle sal onthou jare gelede was die kampe en paaie noord van Letaba gedurende die somermaande gesluit. Sover ek onthou, was dit later weer gedurende die somer oopgestel teen ‘n korting. Ons het vir bykans 40 jaar as ‘n vriendekring jaarliks in Balule se rondawels gekuier – nog lank voor die karavaanpark daar was.

Ons groep het ‘n ruk gelede ook ‘n grondpad roete gedoen – net grondpaaie vanaf Krokodilbrug tot Punda gery. Was ‘n lekker ervaring.

Ek is gladnie iemand wat met alles fout vind nie en oor alles kla nie en wil ook nie negatief wees op ‘n positiewe onderwerp nie, maar vind die toestand van sekere kampe tans as verwaarloos. Ons was gedurende Maart vir twee weke in die wildtuin en het in chalets gebly. Op pad Shingwedzi toe oornag in Letaba en was geskok met die toestand van die instandhouding van die kamp, so ook met Satara se tuine. Shingwedzi, Punda en Mopani in baie goeie toestand gewees.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 16:04:40 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

I agree on the good sightings in the Shingwedzi area.  The Kanniedood dam had been dismantled due to the Parks Board's policy of not supplying artificial watering points any more.  There are however many pools along the river where a lot of game can be seen. We spend hours watching a troupe of baboons at the river near closing time in the evening and elephants digging for fresh water in the sand and having a picnic right in the car at the same time.

Paul, lions is an almost certainty, but leopards are a bit elusive and if you do see them, regard yourself as very lucky. Look fir them in the trees too. Cheetas are more readily seen and we have been lucky to see several in this area over the years.  But we do not  count the success of a KNP visit in the number of animals we see.  That is part of the fun, but the atmosphere, the birds, the camping, the picnics at the picnic sports are just as important.  Do enjoy- jy ook Danie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 17:13:35 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1407
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Wielie - ek was ook in November geskok/teleurgesteld oor Letaba se toestand. Dit het verwaarloos voorgekom, terwyl Mopani weer puik-versorg gelyk het. Shingwedzi was so "in between". Selfs Mooiplaas piekniekplek, waarvan die grasdak van die afdak by die rivieruitsig verwyder is en met 'n gelapte skadunet bedek was, het ook maar gehawend voorgekom. Ons het "ongemagtig" by Tsendze gaan inloer om ons staanplek (No 29) vir eerskomende Mei te gaan kyk. Dit het ook netjies-versorg voorgekom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 17:39:53 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10342
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Wielie - ek was ook in November geskok/teleurgesteld oor Letaba se toestand. Dit het verwaarloos voorgekom, terwyl Mopani weer puik-versorg gelyk het. Shingwedzi was so "in between". Selfs Mooiplaas piekniekplek, waarvan die grasdak van die afdak by die rivieruitsig verwyder is en met 'n gelapte skadunet bedek was, het ook maar gehawend voorgekom. Ons het "ongemagtig" by Tsendze gaan inloer om ons staanplek (No 29) vir eerskomende Mei te gaan kyk. Dit het ook netjies-versorg voorgekom.

Nou gaan alles agteruit.

So die winkel se afbrand by Letaba laat als nou daar ook verwaarloos raak.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 18:00:31 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 635
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

What is the sighting of lion and leopard like near Shingwedsi. We are staying there from 28 March for 6 nights and it is the only camp we will be staying in in Knp. Have not been to Knp since I was 6. Our friends advise us not to camp near the camp fence as it gets too crowded.

Have only seen one lion in Huhulwe in all my years and would love to see a lion or leopard. Believe Shingwedsi is good for elephant and buffalo.

Paul we had a number of sightings around Shingwedzi

see my trip report from Oct 19

Trip report here

We have now camped (previously chalets) at most of the electrified camps,

in 2019 Punda Maria, Shingwedzi, Letaba, Satara, Skukuza and Crocodile Bridge

in 2021 Berg n Dal, Pretorius Kop, Maroela, Satara and Crocodile Bridge

I do not have absolute favourites or 'dislikes'.

Arriving early has allowed us to choose a site that we were satisfied with. I like the fence as it has limited neighbours and is close to the bush (reason for being in park) although had limited animal sightings but plenty of birds.

It seems all camps have a degree of driving required to get to viewing areas.

We liked Maroela so much that we took half of our Satara nights and swopped for Maroela, despite the 'strange' revamped ablutions (for me, van's bathroom is my wifes) and limited roads to drive. So Maroela went from 6 to 25 nights and Satara from 38 to 19 nights.

In Kruger accept gravel/sandy stands (put plastic sheet down before ground sheet) and possibility of relying on 'silver seil' for shade.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 18:00:31 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

Chris and Fred, glad we may see lion at Shingwedsi, and leopard we expect as a rare sighting. Sure we will see elephant and buffalo in the 6 days we will be there. From what I hear there is a lot more game to see than at Hluhluwe and Umfolosi so we should be happy with what we see.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 18:23:47 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 635
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

Chris and Fred, glad we may see lion at Shingwedsi, and leopard we expect as a rare sighting. Sure we will see elephant and buffalo in the 6 days we will be there. From what I hear there is a lot more game to see than at Hluhluwe and Umfolosi so we should be happy with what we see.

Paul did you see my post/reply above yours...we posted at the same time.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 18:37:10 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 635
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

As far as the road goes we travelled from Crocodile Bridge to Pretoria on N4 on 19 March.

Left just after gate opening time and hit traffic jam at turnoff to airport by roadworks, thanks to 'points lady'. Seemed to take an hour to get through queue on other side of intersection was 1km.

We came down via Schoemanskloof (1st time ever), good road but did not fancy towing up it, so returned via the 'Bovens'.  Then the roadworks around Millys is a little tight and requires concentration.

All in all, route is fine by taking it easy, relax and enjoy the journey.

Millys was packed...Friday before long weekend...we used the tearoom on the side...

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 21:18:11 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Thanks Richard. Decisions decisions 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 21:40:49 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

Paul did you see my post/reply above yours...we posted at the same time.

Yes I did thanks Richard and I viewed the pictures. You had some good sightings.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 21:47:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Thanks Richard. Decisions decisions 

Ek sal liewer in N4 Malelane Nelspruit se padwerk verkeer vassit as tussen die oproeriges by die ander hekke....klink of dit deesdae n gereelde storie is

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2021 @ 10:08:14 am
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 467
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Ek sien niemand noem Skukuza. Ek het toe ek nog op learskool was in Pietersburg laas daar saam met my ours gekamp. Maar, dit is net te baie besig daar vir my.  Verkies ook Shingwedzi, Balule en Tsendzi. 

Ek onthou nog die dae waar daar altyd n vuur was by die kamp tereine en jy kon kole vir braai en warm water gaan haal. Die braas krane het altyd geblink en die area is elke dag vroeg oggend al gehark en die blare verwyder. 

Die teusgebakte wilds pasty met sous was altyd n hoogte punt gewees. Veral by Punda Maria. Nou is dit mama's pies ...of so iets.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2021 @ 10:59:29 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1407
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Lennie het darem hierbo genoem van sy 12-nagte saam met sy kinders in Skukuza - wat hulle baie geniet het.

Ekself het lanklaas in Skukuza gebly. Ek het nie 'n probleem met dié kamp nie.  As jy kamp weet jy amper nie van die bedrywigheid nie. Al wat my tot 'n mate afsit van Skukuza is die verkeersdrukte op die paaie in daardie omgewing - veral wanneer daar 'n "sighting" is van roofdiere. Dan staan jy, want party mense is mos leeu- of luiperd-bedonn..... en gee nie om hoe hy/sy die pad blokkeer nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2021 @ 15:09:58 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

Lennie het darem hierbo genoem van sy 12-nagte saam met sy kinders in Skukuza - wat hulle baie geniet het.

Ekself het lanklaas in Skukuza gebly. Ek het nie 'n probleem met dié kamp nie.  As jy kamp weet jy amper nie van die bedrywigheid nie. Al wat my tot 'n mate afsit van Skukuza is die verkeersdrukte op die paaie in daardie omgewing - veral wanneer daar 'n "sighting" is van roofdiere. Dan staan jy, want party mense is mos leeu- of luiperd-bedonn..... en gee nie om hoe hy/sy die pad blokkeer nie.

Chris think I will also be leeubedonerd if I see some as I have only seen one lion in the wild, and then that had a tracking  color on too

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2021 @ 20:14:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Lennie het darem hierbo genoem van sy 12-nagte saam met sy kinders in Skukuza - wat hulle baie geniet het.

Ekself het lanklaas in Skukuza gebly. Ek het nie 'n probleem met dié kamp nie.  As jy kamp weet jy amper nie van die bedrywigheid nie. Al wat my tot 'n mate afsit van Skukuza is die verkeersdrukte op die paaie in daardie omgewing - veral wanneer daar 'n "sighting" is van roofdiere. Dan staan jy, want party mense is mos leeu- of luiperd-bedonn..... en gee nie om hoe hy/sy die pad blokkeer nie.

Ons het al 2x in Skukuza gekuier, 1x was in hul tenthuise gewees wat ook in die kampeer terein is.....gebruik ook dieselfde ablusies. Dit was baie lekker gewees, veral die aircon, want ons was Maart maand daar gewees. Ons sal enige tyd weer in die tenthuise wil bly....baie geselig gewees. Soos ChrisBoucher noem....as jy eers in kampeer area is, voel jy niks van die besige area nie. Die groot toerbusse is te veel vir my

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2021 @ 20:29:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Terwyk ons hier oor KNP kampe gesels.....hoe laat maak Orpen hek ook vir besoekers van buite en hoe laat maak hekke oop van Maroela kamp? Is dit dieselfde tye of is Maroela vroeër? Dis nou vir April maand

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2021 @ 20:39:55 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1407
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Geert - in beide gevalle maak hekke in Apr om 06:00 oop. Net in die hartjie van die somer maak kamphekke vroeër as ingangshekke oop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2021 @ 23:20:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18069
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Geert - in beide gevalle maak hekke in Apr om 06:00 oop. Net in die hartjie van die somer maak kamphekke vroeër as ingangshekke oop.

Baie dankie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2021 @ 12:38:53 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3972
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek onthou soos Piet Ford die tye wat daar deurentyd kookwater op koolstowe was en toe daar altyd harde hout gebrand is sodat jy net 'n paar grawe kole kon gaan haal om vinnig vleis te braai. Die reuse ketels was gewoonlik dik aangepak deur die minerale in die water en het besonder lekker gesmaak, of miskien verbeel ek my maar.  Dit was baie gesellig, maar beide was skadelik vir die omgewing en dis die rede dat daarmee weggedoen is.  Die steenkool wat in die stowe gebrand is, het swaelsuur in die lug vrygelaat wat plante beskadig het. Die hout wat gebrand is, is in die veld versamel.  Dit versteur die natuurlike hernuwing van die veld.  Dooie bome is veronderstel om om te val en mettertyd te verrot of the brand om voeding vir 'n uwe geslag plante ver verskaf.  Dooie boomstamme bied ook skuiling vir verskeie diertjies.

Hoe ookal, die wildtuin is nog steeds groot plesier.  Kyk maar die tekortkominge mis dan geniet mens dit net meer. Ek meen aan die begin van toerisme in die wildtuin was die geriewe ook seker maar baie primitief en kampeerders het dit sekerlik steeds geniet.  Dalk het ons te gewoond geraak aan luukse kampering.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2021 @ 12:57:48 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 467
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Fred, ek stem saam. Dit bly maar lekker. Al gaan die kampe bietjie agteruit, is dit nog steeds die moeite werd. 

Een ding wat nie kan verander nie is daardie gevoel daar buite as jy gaan vir n game drive.  Dis hoekom ek 2 tot 3 keer n jaar daar wil / moet wees. Een week in die wildtuin is vir my meer relaxing as 2 weke by die kus. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2021 @ 13:19:57 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

For those who have experience, is an aluminium or plastic mallet neccessary to knock the 7 shaped pegs and straight pegs in the ground at campsites in Knp or will the rubber mallet do the job. Would hate to find i cannot knock my pegs in.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2021 @ 14:21:52 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5041
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

For those who have experience, is an aluminium or plastic mallet neccessary to knock the 7 shaped pegs and straight pegs in the ground at campsites in Knp or will the rubber mallet do the job. Would hate to find i cannot knock my pegs in.

Satara be prepared to drill holes others wise no tent pegs. May be it depends on the site. Chris and others will know 1st hand. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2021 @ 15:03:59 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 467
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

I use ground sheet pegs if the ground is to hard for normal tent pegs. You hit it into ground and then before the head touches the service of the ground I roll the rope a few times around the peg and then hit it further into the ground.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za