English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 001
Total Replies: 259 193
Total Views: 83 465 348
topics: 11 849
replies: 143 166
views: 39 460 950
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Stealth Bakkie Mate

replies: 7
views: 243
07 Apr 2021 @ 17:33:26 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 465
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Ek begin daaraan dink en kyk ook baie rond om te sien watse soort kamp opsies daar is. As dit vir my en vroulief gaan uitwerk oor so 2 jaar gaan ons baie toer in SA en ons buur lande. 90% van die tyd in die bos met baie grondpaaie en plekke waar jy eerder n 4x4 voertuig nodig het.

Ek sien Stealth het n bakkie mate. Nog nie self gesien in lewende lyf nie maar lyk glad nie sleg nie. 

Gewig (droog) is 450kg tot 500kg.  Dit beteken dat met van die dubbel kajuit bakkies gaan jy net ongeveer 250 tot 350 kg kan byvoeg.

Maar, as jy ook moet dink aan brandstof, passasiers, water, yskas, ens. dan krimp daardie 250 / 350kg aansienlik baie en sal jy baie gou oorgewig wees en teen die wet.

 As jy na die begin prys van R200,000 is dit ook maar duur, maar nog steeds goedkooper as n karavaan.   

Wie het ondervinding met die soort van kamp opsie? Hoe werk dit as jy baie toer en meeste van dier tyd net een nag op n plek bly............of is dit net n pyn in die agterend?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2021 @ 21:34:42 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Ek het 'n Bakkie Mate(CI) gehad Dit is nie die Stealth nie, maar die uileg lyk ook maar basies dieselfde.  Was 'n pyn. Vir dubbel-kajuit moes die klap agter oopgemaak word om dit te laat pas, wat meer gewig agtertoe verplaas het. Die voorkant van die bakkie het in die proses genoeg gelig om dit gevaarlik te maak en ek moes baie stadig ry. Beperkte spasie, nie so maklik om op die bak te laai soos wat dit lyk nie en beperkte pakplek. Ek sal persoonlik nie weer 'n canopy camper oorweeg nie. 

Vir dieselfde prys kan jy kyk na 'n  goeie tweedehandse Navi Motorhome, wat op 4x4 NP 300 of Hilux chassis gebou is. Dit het 'n beter uitleg, met badkamer binne en buite kombuis.

Lifestyle motorhomes verkoop hulle met tye. Jy kan kyk na die uitleg op Brits Motorhome rentals se web-tuiste.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2021 @ 11:07:22 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1333
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Ek het al gekyk na hulle maar bly vir na 'n top heavy ding lyk, en lendelam op daai hoe pootjies as die bakkie onder hom uit is

ook kom dit voor of daar maar min pakplek is

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2021 @ 12:11:39 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4928
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Nice kyk ook na Blinkgat se produkte Elsie hulle is op 4x4 community forum

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 12:39:53 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 514
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years
The Stealth Bakkie mate looks really nice and I always fancied the Bakkie mate if I had a bakkie. It is interesting to hear Riaans experience that there was too much weight at the back which made the roadworthiness of the vehicle dangerous and and that he also found it too cramped throws a different light on things. Makes me happy we have a Skipper.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2021 @ 08:51:54 am
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 465
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Dankie vir die inligting. Om veilig te wees dink ek n mens sal ook die bakkie se suspension moet opgradeer vir die additionele gewig. Dan begin dit te duur raak. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2021 @ 08:28:23 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Persoonlik kan ek geen voordeel sien in so 'n eenheid teenoor 'n gesleepte karavaan nie. Daar is duidelik nie 'n finansiële rede om so iets te kry nie, daar is bitter min pakplek, dit is onveilig om met die ding te ry, dis nie maklik om hom op en af te laai nie sy hoë profiel gaan brandstofverbruik opjaag en dan is hy ook bitter klein. Dit klink soos 'n oulike idee maar in die praktyk lyk dit vir my soos net 'n klomp probleme. Daar is ook baie min van hulle in gebruik wat toon dat kampeeerders meestal maar wegbly hiervan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2021 @ 20:42:14 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 199
Joined: 26 May 2017
Experience: 4 years

Gaan kyk gerus Infanta 4x4 se Inkunzi. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za