English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 316
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 622
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Die wiel draai, Is dit nou Toyota se beurt??

replies: 43
views: 606
18 Mar 2021 @ 11:03:10 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Die forum is baie stil deesdae en kort 'n bietjie opwinding.cool

Desember was nie 'n lekker maand vir my vriend nie.  Sy ou geliefde kanniedood Toyota Fortuner het gebrand.  Daai storie dat jy net 'n nuwe battery insit en die sleutel draai het nie hierdie keer gewerk nie.    Almal het bespiegel dat die moontlik 'n cellfoon kon wees wat binne die voertuig te warm geword het.  Ek persoonlik glo eerder dat dit 'n diesel lekkie kon gewees het want die voertuig ry baie grondpad en klipwereld.  Enige iets is moontlik want Toyota gee mos ook probleme.  In my geheim was ek soms opgewonde oor die voorval (nie oor sy verlies nie) want dis mos net Ford wat brand en ratkas probleme gee.  Die Toyota manne se monde is mos altyd groot agter keyboards, braaivleisvure en forums.    Vir die eerste keer in 'n lang tyd was dit dood stil langs die vuur.  Die geknetter van die hout en vlamme was oorverdowend.  Die geharde Toyota manne wat altyd so spog was sonder woorde en vol trane.  Ek het op een staduim 'n handdoek nader gesleep want die tissues was binne minute op.  Ek het heeltyd gestir dat geen cellfoon in 'n Toyota mag saamry nie.  Dinge gaan warm word en begin brand. 

Nou dat ek die Aussie rebrieke en voertuig toetse so dophou sien ek dat Toyota se automatiese ratkaste probleme gee.  Die ou geharde keyboard Toyota warriors kan die maar gaan Google. 

Toyota and Lexus drivers have reported issues related to a possible defect in the cars' transmission that causes hesitation, bucking, jerking, or even sudden loss of power. Other reported transmission problems include: Problems shifting – including rough, delayed, sudden shifting, or failure to shift.

Toyota is regtig besig om Ford verby te steek vir die verkeerde redes.  

Deesdae is die Toyota Slogan

Everthing keeps going Wrong---Is your car in the Toyota recall?

 

Net geharde Ford manne mag deelneem aan hierdie topic.coolcool

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 11:04:25 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years
Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 11:11:41 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years
Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 11:39:37 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Oor die brand het ek simpatie met jou vriend- niemand wens dit vir enigiemand toe nie, maar sulke dinge gebeur maar.  'n Klompie jare gelede het 'n kollega se VW Kombi 2.1 by die Kranskop tolhek aan die brandgeslaan en uitgebrand.  En die voertuie was nie bekend daarvoor nie.  Ons Kombi het ons sowat dertig jaar getrou gedien. 

Ek ry 'n Ford maar sal myself nie as 'n geharde Fordman beskryf nie, maar Zack het my die reg gegee om te reageer.  Ek persoonlik dink die Amarok is die beste bakkie op ons paaie en ek is nie gaande oor Toyota nie want die ding se tegnologie is verouders, veral teenoor Ford.  My dogter en haar gesin het onlangs in Addo met 'n gehuurde Fortuner gery en Skoonseun, wat self ook 'n Kuga ry, maar ook nie "brand loyal" is nie, was min beëndruyk met die Toyota.  Ek aanvaar dis 'n nuwe model- die huuragentskappe verhuur nie ou modelle nie.  Hy sê op die grondpaaie het die Toyota goed gevoel, maar op die teerpad het dit gevoel of hy sy eie kop volg.Ek het gedink die probleem is lankal uitgesorteer. Ek aanvaaar Fortuner-eienaars is dit al gewoond- my 1965 Anglia het netso gemaak en ek was dit gewoond.  Nou gaan Toyota manne kom met verklarings soos die bande was nie reg gepomp nie en so meer.  Fords gehoorsaam die stuurwiel al is hulle bande ook pap.  My broer se X3 het, toe ek saammet hom gery het, 'n gat in sy band gekry op 'n grondpad. Hy het van die 'run flats' opgehad en ons het werklik nie eers agtergekom daar is probleme  tot die voertuig ons gewaarsku het.  Was dit 'n Fortuner, het hy waarskynlik gerol. 

OK, daar het ek nou gehelp om 'n klip in die bos te gooi. Ek koets solank.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 11:54:03 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Ek het ook in die begin 'n bietjie simpatie gevoel teenoor hom totdat hy weer 'n nuwe Fortuner gesoek het.  Sommige mense leer nie nie uit hulle foute nie.tongue-out

Op 'n tyd het ek lekker saam Fortuners gesoek maar net die wat mal ver geprys was oor boekkie waarde.  Toyota manne spog mos dat Toyotas baie meer as boekkie waarde kos.  Hy was regtig nie happy met my toe ek dit vir hom noem nie.

Ek het dit hard ingevryf dat cellfone en toyotas nie meng nie. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 13:38:00 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Na al die doods dreigemente mag Toyota manne maar deelneem aan die gesprek

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 14:49:23 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Hulle het nie antwoorde nie, so hulle bly maar stilembarassed.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 14:54:07 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Stem Fred. 

Hulle is tans by die garages om die foutiewe ratkaste te "diens"kiss

Toyotas kan baie tyd, geduld en geld  vat om op die pad te bly.  Alles moet na ure gedoen word sodat die Ford manne dit nie kan sien nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 15:32:11 pm
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 152
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 41 years

Ja swaer, kyk, ek het nog nooit n probleem met my Toyota gehaad nie, nog nooit!!!

Ek ruil hom elke jaar in vir die nuwe model :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 17:00:34 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Neewat, die Toyotamanne se gô is uit.  Hulle weet wanneer dit nie meer gaan help om te probeer stry nie.  Ford wen dus hierdie rondte by verstek!  Soos Ford ook die tegniese wedloop wen- wel nie by verstek nie want Toyota probeer hard maar tevergeefs.   Ons het probeer om hulle 'n kans te gee.

O Ja, ek het ook pas uitgewerk waarom die Fortuner aan die brandgeraak het: Die bull bar voor sy verkoeler het lug afgekeer en omdat sy verkoelingstelsel maar swakkerig is, was dit genoeg om hom te laat oorverhit, veral toe die selfoon se effek nog bygekom het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 19:15:57 pm
Dawie
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 04 Oct 2017

Ek het 5 van die eerste model Fortuners gery en is op my 6e (nuwe model) en het pas n nuwe VX bestel, nig nooit n probleem van n dag oud gehad nie en nog nooit geld op een verloor nie - dog maar net ek se # ek is nie n Toyota aanhanger nie, ad ek geld gehad het sou ek beslis iets Duits gery het maar nie n Amarok nie

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 20:49:05 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Nou ja toe. Kom ons kyk of die net n enkele geval gaan wees

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2021 @ 21:14:38 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Ek dink nie so nie Leon.  Toyota manne steek dit net mooi weg

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 07:08:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ja dalk.

1 = Insident.

2 = Toevaligheid.

3 = Patroon

 

Dis darem 'n groot eina as 'n voertuig so brand.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 08:57:44 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Aiiii Zack, die Toyota-manne is te besig om hulle karre te GENIET en het nie altyd tyd om deel te neem aan gesprekke waar die kinders wil saampraat met die grootmanne nie. Jy moet maar versigtig wees en seker maak in wie se geselskap jy is wanneer jy jou uitlaat.

Daar IS van ons manne wat al in die moeilikste toestande diep in Afrika gereis het en GESIEN het watter voertuie daar rondry. Was jou Ford al gelaai met een ton kampgoed op pad na die Kongo-grens toe? Of ry y ook net rond op duine en in die veld?

Toyota-manne het nie tyd om foto's te neem van ander voertuie wat brand nie, hulle probeer eerder om te help

My vriend se Prado het ook gebrand, gelukkig kon hy die brand vinnig blus. En dit omdat die nuwe battery wat hy LAAT installeer het sleg aangebring is. (Nou gaan ek seker weer hoor oor Toyota werktuigkundiges)  

Daar is n rede waarom Toyota se verkope hordes beter is as die ander. En daar is n rede waarom Toyota-manne verby die vergelyking-punt beweeg het en eerder werk aan die SPAN saam met wie hulle ry op plekke waar praters nooit sal kom nie. Ons KEN Fords, ons RY met hulle, ons WAARDEER hulle eienaars se entoesiasme, en aan die einde van n lang dag maak ons n vuur en drink ons n dop, heeltemal onbewus van wie wat ry. En ons steek NIKS weg nie, ons gesels oor elke swak en goeie punt van elke kar.

Gaan Google bietjie om jou feite na te gaan.

Hier is vir jou n paar foto's van n kar wat as een van die betroubaarste IN DIE WERELD bestempel word.

 

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 08:59:51 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Alles darem in n goeie gees, hoor, Zack. 

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 10:26:09 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Alles darem in n goeie gees, hoor, Zack. 

 

Moet nie warrie nie Danie.  Gelukkig kry die forum weer lewe.  Alles in 'n goeie gees al druk die skoen.  Jou eerste paar sinne het ek gedink nou kom hier oorlog.tongue-out Partykeer raak manne maar kwaad as hulle voertuig hulle in die steek gelaat het.

Party mense GENIET hulle karre deur heeldag aan hom te werk.  Ford manne is harde manne en kan die punch vat.  Ons was genoeg geboelie langs die vure.   My bakkie is nie so bevoorreg om met 1 ton kamptoerusting rondtery nie, Nee hy met 'n bietjie harder werk.  Ek sleep 'n skiboot van net onder die 3 ton.  Dan sleep ek hom nog in die los see sand as ons beach launch.  Hiervoor het jy regte Boere Ford krag nodig.    Nou en dan bederf ek die Ranger deur 'n ligte Penta rond re sleep.  Dan kan hy weer normaal asem haal en sy spiere laat rus.

Deesdae is dit meer die Ford manne wat die Toyota manne langs die pad help. Ek weet dis moeilik om te glo en aanvaar.  Afrika is deesdae vir sissies as jy na ons eie paaie kyk in Suid Afrika.   

Ek hou van jou foto's veral die sneeu een.  Dit lyk amper soos Barkly of Dordrecgt omgewing.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 10:39:29 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Die Forum is mos maar 'n virtuele kampvuur byeenkoms en om die kampvuur, trek ons mos mekaar se siele uit sonder om kwaad te word.  Meeste van die onderwerpe wat meningsverskille uitlok, dink ek word in die gees geplaas. Sommiges is ernstig, veral waar tegniese aspekte bespreek word en mense verskillende ondervindings en sienings het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 11:01:15 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Ja dalk.

1 = Insident.

2 = Toevaligheid.

3 = Patroon

 

Dis darem 'n groot eina as 'n voertuig so brand.

Dis waar Leon.  Die hartseer is groot.   Baie keer help die feit dat die versekering gaan uitbetaal ook nie.  Die trane is naby as jy gehou het van jou voertuig.  Deesdae is dit ook nie 'n gegewe dat hulle uitbetaal nie want hulle soek oral na iets om die uitbetaling te stop.

Soms is mense bly want dan kan hy 'n nuwer voertuig aanskaf.  As jy moeg is vir die fabrikaat is dit dan dit tyd om iets anders te probeer.   

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 11:06:18 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Net om julle Ford-manne te boost! Ek het al met HIERDIE FORD op Kilarney gery. So, vertel my niks van FORD nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 11:09:01 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

En laat ons nou maar eerlik wees. NIKS kon by n steroide-Ford in die 60-er jare kom nie.

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 11:12:44 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

En as julle wil weet wat n KAN-NIE-DOOD-KAR is. Hierdie 850 Fiat het my al die pad geneem vanaf die Strand na die Victoria-valle, kariba en Beira sonder dat hy een keer ge-hik het.

 

Petrol : In totaal R50-00

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 11:16:19 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

En hierdie TOYOTA 1600 OHC (Overhead Cam) het n paar jaar na mekar die Roof of Africa met Jan Hettema gewen. Stock-Standard. 

Daar was darem n paar ander Fords wat ook opslae gemaak het.

Anglia

Capri

Galaxi

Cortina 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 11:22:04 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek dink ek sal heel hartseer wees as my voertuig vernietig of gesteel word.  Ek raak lief vir my voertuie en as ek 'n  nuwe een moet aanskaf, is die afskeid van die oue baie meer traumaties as die afskeid van my geld om die nuwe te koop. My Kombi het ek na amper dertig jaar verkoop en ek is nou, na amper ses jaar steeds hartseer as ek aan hom dink. 'n Sogenaamde 'petrolkop' wat net aanhoudend 'n nuwe voertuig wil hê, is duidelik nie lief vir voertuie as sulks nie maar hou net van die idee om altyd iets nuuts te hê. Ek verneem dat een van die rykste manne in ons land, steeds daagliks sy meer as tienjare-oue BMW serie 1 ry omdat hy lief is vir die karretjie.  Dis is sekerlik nie sy enigste of amptelike voertuig nie.  As jy nou van petrolkop praat- daar is 'n ware een. .

Ons een dogter was nog maar kort in die skool en sy kry toe 'n nuwe pop waarvan iets gebreek het.  Dit was duidelik swak vakmanskap en die winkel sou dit omgeruil het.  Toe weier sy en vra ek moet dit herstel want daardie een is haar pop en sy is lief vir hom en wil nie 'n ander een hê nie. Pa kon gelukkig aan die versoek voldoen.  Dis hoe ek ook maar oor my voertuie voel. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 11:39:42 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Die foto's laat mens ver terugdink.  Baie mense mis die gebrul van die ou V8's.  Dit verdun jou bloed binne sekondes en jaag jou hardklop veelfoudig op.

Nog steeds in my boeke hou ek van 'n voertuig wat 'n brul van 'n leeu in hom het. 

 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 12:15:33 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Dis interessant hoe modes verander.  Toe ek 'n jong man was, was ons ook baie begaan oor 'n motor wat gebrul het.  Ons het soganaamde 'freeflow exhaust' stelsels gebruik met die verskoning dat dit meer krag teweeggebring het, maar die eintlike rede, wat niemand sou erken nie, was dat ons van die geraas gehou het.  En dit was ook maar net geraas, want die werkverrigting van vyftig jaar gelede se voeruie was maar teen vandag se standaarde, power. Vandag fluister voertuie maar ry soos blits. 

Maar ek stem saam, die klank kan baie mooi wees.  Luister naam na 'n ses in lyn BMW masjien- dis mos mooi, howel steeds beskeie sag. Die geluid van 'n ou Amerikaanse V8 is inderdaad ook 'n mooi klank, maar bietjie lank in die tand.

Hier in ons omgewing is 'n kêrel met 'n ouerige BMW koepee wat 'n vreelike geknetter maak as hy die petrolpedaal los- die sogenaamde 'backfire'.  Ek dink hy geniet die lawaai want in mande het hy nog niks daaraan gedoen nie. Vir my doen hy net afbreuk aan die beeld van sy BMW.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 15:59:06 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1413
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Ek het, uit persoonlike ervaring, 'n baie groot respek vir beide Ford en Toyota. Tans ry ek my vierde Hilux agtereenvolgens - en ek was nog nie vir een enkele oomblik spyt daaroor nie. Maar dieselfde geld vir my twee Ford dubbelkajuite (en die Mazda) wat ek gehad het.

In my jong dae het ek op 'n stadium 'n Ford Estcort 1600 gery. Watter betroubare ou karretjie was dit nie. Daarna 'n Cortina 2 liter stasiewa - te lekker gewees met twee kleingoed. Later jare 'n V6 Cortina-bakkie gehad. Jis - het ek van daardie voertuig gehou.

Toe het ek vier agtereenvolgende Toyota Cressida's gehad. Ek het met my laaste Cressida (2.4 GLE) begin karavaan sleep. Uitstekende voertuie gewees - al vier van hulle.

Toe wil ek graag 'n dubbelkajuit aanskaf. En die Hilux was vir my die outomatiese keuse. Maar op daardie stadium het die Hilux dubbelkajuit slegs in 4x4 uitgekom. 'n Ford Courier 3.0 V6 was die alternatief. Ek het 284 000 km met die Courier gedoen sonder 'n tikkie se probleme. Dit het daartoe gelei dat die opvolg-voertuig outomaties weer 'n Ford sou wees - my eerste turbo diesel voertuig, 'n Ford 2.5 TD. Wonderlike voertuig gewees. Daarna 'n 2.5 TD Mazda (mos maar dieselfde as Ford gewees, maar destyds met 'n paar ekstra's). Weereens uitstekende diens uit die voertuig gekry totdat ek op 230 000 km probleme met die ratkas begin ervaar het.

My seun het intussen sy eie besigheid begin en om een of ander rede sin gehad in 'n Hilux. Ons kombineer toe die aankoop en kry toe 'n uitstekende prys as ons twee voertuie koop. En sedertdien is ek weer terug by Toyota - en soos reeds genoem my vierde Hilux. Die eerste twee was die 3.0 D4D's gewees - eers 'n handrat en toe 'n 4x4 outomaties. Ek het egter geen nut gehad vir 'n 4x4 nie en het toe oorgeskakel na die 4x2 2.8 GD auto. En onlangs een van die die jongstes.

Ek weet nie wat 'n mens meer hoef te soek as dit waarvoor ek tans 'n bakkie benodig nie. Die Hilux ry vir my lekker, gee na my mening uitstekende brandstofverbruik en ek het niks meer krag nodig vir die sleep van my woonwa nie. Verskeie vriende en kennisse ry met Ford's - 2.2's, 3.2's en ook 2.0 Wildtrack. Uitstekende voertuie.

Maar ek kry uitstekende diens van my Toyota handelaar (Hermanus Toyota) en het sedert my eerste Hilux nog nooit weer 'n rede gevoel om 'n ander voertuig te oorweeg nie. En die huidige een is waarskynlik my laaste nuwe voertuig.

Ek is maar een van daardie tegnies-gestremde persone. Ek kan 'n papwiel omruil, maar dit is omtrent waar dit eindig. Intussen ry ek lekker met my Toyota Hilux, maar ek glo ek sal nét so gelukkig wees met 'n Ford Ranger, of selfs 'n Isuzu of 'n Nissan.

Maar ek glo dat Zack wou maar sommer net 'n bietjie gestir het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2021 @ 20:07:59 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Chris wat n lekker brief om te  lees.  Geen ou kan dit beter gestel het nie.  Jy het al n pad gestap.   Dis wat ek like.   Baie manne skiet vinnig n maak af maar het nog nooit in sy lewe eers die produk self gesit of gebruik nie.   

Dis waar ek krap n bietjie waar dit nie jeuk nie.  Die forum was doodstil en nou gebeur daar weer iets.   Ek sou graag nog n paar harde Toyota manne se moer meter wou opjaag.cooltongue-out

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2021 @ 17:51:39 pm
LEEN
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 241
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 11 years

Ons het sedert sept geleentheid gehad om n nuwe voertuig aan te skaf voor aftrede en glo my ons het gekyk gery en bespreek elke model en maak - Uitslag skokkend !!!   Ek is nie bereid om my Ford fiesta 2005 98000km op te offer nie en my man is nie bereid om sy 2004 Toyota DC raider 120 000km op te offer nie - so ja ons raak opgewonde oor al die nuwe blink goedtjies orals maar ons het ons lus gesluk want ons weet wat ons het maar weet nie wat ons gaan kry nie en natuurlik gaan versekering ook n groot hap uit sak vat.  Sal maar vasbyt tot ons ietsie anders moet kry vir die loopraampie en rystoel.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2021 @ 17:53:11 pm
LEEN
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 241
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 11 years

Moral of the story - Ford en Toyota kan saamleef op een erf !  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2021 @ 19:55:25 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2282
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Leen wat n pragtige nugtere besluit. Ek besit n Ford Bantam bakkie 1997 model 1300cc en n 2013 Toyota Fortuner 2.5 TD basiese model. Albei gee nog uitstekende diens en ek is ook nie bereid om een van hulle te ruil nie. Ek en Susan is beide aan die verkeerde kant van 70 en as dit moet sal hierdie twee voertuie ons enduit moet neem. Ek het n ou vriend wat nog met sy Beetle ry. Geld is daar nie n n probleem nie. Sy gesegde is altyd wie wil hy beindruk met n nuwe voertuig.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
21 Mar 2021 @ 08:54:13 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

As jy dit wat jy het en wat betaal is, vergelyk met wat jy gaan kry, teen 'n groot bybetaling, moet jy kyk watter voordele die bybetaling vir jou gaan bring.  As jou bestaande voertuig steeds in 'n goeie toestand en betroubaar is, koop die groot klomp ekstra geld waarsnynlik nie veel voordeel nie maar 'n ander persoon, wat jou voertuig koop, geniet die voordele teen 'n fraksie van die prys van 'n soortgelykje nuwe voertuig. En wanneer jy afgetree het, ry jy minder en die voertuig werk dus baie minder.  Baie mense meen hulle moet met aftrede 'n n uwe voertuig aanskaf, maar daar is tog nie 'n goeie rede daarvoor nie.  Die tyd om 'n nuwe aan te skaf, is wanneer dit nodig is en dit is nie noodwendig met aftrede nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2021 @ 14:46:25 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1965
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Beste voertuig bly 'n klaar betaalde een. Meer so indien jy uitgetree het.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2021 @ 22:31:25 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 360
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 36 years

Ek stem proffie die beste is die een wat aan my behoort. Ek ry nie n Toyota of n Ford nie en ek het ook nog nooit n Toyota besit nie en kan dus nie oordeel nie. Maar ongelukkig het ek eenkeer n Ford gehad en hy het my so genees van die produk dat dit sommer ook die laaste was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2021 @ 14:42:10 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Fred jou storie oor die BMW wat raas is so naby aan my eie posisie as wat kan kom. My buurman-netjie het ook n BMW-tjie. Iewers het hy gehoor dat die geluid van n blik net die ding is om n man status te gee. Die bleddie ding het n skezors wat met die opstart-slag klink soos n kruis tussen n model-stukkend en gewapende spykerblik. Dit hou net vir n minuut aan, dan gaan die lawaai af, ek het al gewonder of hy nie die ding se lawaai kan afskakel nie en dit laat raas net om die buurt te vervies. 

Sy BMW staan vir BLIK MET WIELE.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2021 @ 19:10:22 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

My eerste kar was a FIAT 128 Rally 1300. Het R650 2de hands vir hom betaal. Het die wereld met hom platgery met n ou 8 track tape. Ek moes al 4 luidsprekers op een kanaal koppel want die ander het nie gewerk nie. En om te verhoed dat Smokey deur water speel moes ek n stukkie karton aan die onderkant links indruk om mooi te kon hoor dat dit wel Smokey is wat daar sing. 

Twee keer af Kaap toe gery en n baie keer Bloemfontein toe toe ek nog in weermag was.  Op pad terug van die Kruger Wildtuin af het my verloofde (nou vroulief) hom gerol. Het hom terug gekoop van die versekering, n body by skrootwerf gekry wat amper nie n merkie op gehad het nie en alles oor gebou.  Weer duer die toets gesit en na ons troue het vroulief hom vir nog 9 jaar gery. 

Hy het n 33l brandstof tank gehad. Kan nie onthou hoeveel km ek op n tank gekry het nie, maar dit het my net meer as R30 gekos om hom vol te maak. 

Voor hy gerol het, het hy n 6v stelsel gehad met n generator. Voor ons troue was dit nog veilig om te gaan jol in Johannesburg. Ons het gereeld by die Hells Angels Inn gaan jol (ja die motorfiets bende) en dit het n paar keer gebuer dat die ou FIAT nie wou start nie en  die hardebaard  Hells Angel manne moes help stood. 

Die kar het na 9 jaar (nadat hy oorgebou is) n probleem ontwikkel waar die voorste linker wiel skeef getrek het as jy wegtrek en rate wissel. En vroulief het haar oe uitgehuil toe ons agv daarvan eerder verkoop het. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2021 @ 20:17:55 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1965
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Daar was vir my nie 'n mooier enjin klank as die 1974 Cortina 3 liter nie.

Kon my verluister aan hom.

Groot was my vreugde toe ek my nuwe diesel Discovery 3 'start' en uitklim!

Hy 'idle' soos die Cortina 3liter met sy 2.7liter Landy enjin.

Toe kom die Disco 4 en ek vervang my Cortina Disco met 'n 3liter wat nie brul in hom het nie, hy 'purrr' nou weer soos 'n kat wat botter gekry het.

.........maar hy sleep soos 'n droom.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2021 @ 20:20:03 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Dankie Piet.  Dis sulke insette soos joune en Chris sin wat die draad geskiedenis gee.  Iets wat geld nie kan koop nie.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2021 @ 22:41:27 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 360
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 36 years

Herman ek was ook maar lief vir die spagetti's ek het self deur die jare n paar Fiats gery 128 Rally,124ST,125ST en 132 baie lekker karre meeste van hulle het ook maar geraas en ek het ook seker maar soms die buurman kwaad gehad. 

Danie daai Fords op die renbaan laat my weer terug dink aan die jare toe ons nog jonk en mooi was en met n Alfa GT Junior 1750 het ons in die1970's by Kayalami en Welkom gejaag.

Proffie ek stem daai 3 liter Ford het maar n klank van sy eie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2021 @ 09:35:07 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Toyota verkope gaan skerp styg met die nuwe finansiele jaar.   innocent cool

Ek sien daar is ongeveer 5000 Polisie voertuie wat stukkend is.   Soos ons almal weet is Toyota die gekose voertuig van keuse as dit by die Polisie kom.   Hoekom breuk die ou bakkies so?tongue-out

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2021 @ 11:39:45 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Toyota verkope gaan skerp styg met die nuwe finansiele jaar.   innocent cool

Ek sien daar is ongeveer 5000 Polisie voertuie wat stukkend is.   Soos ons almal weet is Toyota die gekose voertuig van keuse as dit by die Polisie kom.   Hoekom breuk die ou bakkies so?tongue-out

Toe is ek regtig reg.  Toyota verkope was baie goed laas maand.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2021 @ 09:38:31 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1300
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Julle wat so praat omtrent die gebrul wat 'n goeie uitlaatspruitstuk kan maak, laat my toe dink .....

Tussen ons groep vriende, was Arthur die eerste wat 'n motor kon aanskaf - ons ander was nog op universiteit en was bestem om motorfiets, bus of trein te ry.

Arthur het hierdie pragtige Morris 1100 gery, so 'n bruine. Ons het baie keer so 5 -6 in die motortjie kon inpak op pad na studente bestemmings toe. 

Maar, daar was 'n fout met die karretjie - jy kon skaars die enjin hoor luier of loop met die piepklein klankies wat uit daardie strooitjie grootte uitlaat gekom het. Dus, en ek dink dit was seker so 3 maande later, kom die pragtige "Monza Exhaust" daar aan. Ons het almal gehelp/gewerk/gesukkel/ gesweet om die ding in die kar gepas te kry, en ja, na 'n HELE Saterdag was die werk uiteindelik gedoen, seker so 10 ure (!!) later.

Toe die groot toets - skakel aan en laat ons hoor ... groot teleurstelling want die geluid was nie veel meer as die oorspronklike nie. 

Dit het ons slegs 30 minute geneem om al die ontwikkelingswerk gedoen deur die MONZA mense, wat seker jare geneem het met hulle ontwerp, uit te skakel. Ons het daardie knaldemper se knal teruggesit, al die materiaal uit gesny, weggegooi, en TOE ...... BRUL DAARDIE MORRIS SOOS NOG NOOIT VAN TE VORE NIE!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2021 @ 16:30:28 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Ek dink hulle noem wat julle gedoen het om daardie brul te kry "n free flow". cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2021 @ 16:35:30 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Ek dink hulle noem wat julle gedoen het om daardie brul te kry "n free flow". cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za