English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 184
Total Replies: 261 656
Total Views: 83 544 702
topics: 11 966
replies: 144 704
views: 39 506 609
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

VERANDERINGS IN KARAVAAN

replies: 53
views: 926
page 1 of 2
15 Jan 2021 @ 12:04:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ons het besluit om paar veranderings aan die wa te maak.  Buiten die ekstra vensters en Dak luik wat ons ingesit het, het ons ook die bed se Kopstuk en die Eethoekie verander

Eet hoekie soos dit was.

Nuwe eethoekie

Nuwe Dinnette

Ou kopstuk

Nuwe bed Kopstuk

Nou ja nou wil ma natuurlik nuwe duvet stel en oorstreksel he.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 14:26:43 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1315
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Manne! Nee wat, dit lyk spiekeries Leon! Pragtig! Geluk!

Wens my voorgenome ombouing wil so lekker gaan ... sukkel my vrek om 'n 220V ys/vrieskas (2 deure) te kry wat in my Sprite SW kan gaan ...... Die wat beskikbaar is, is óf te lank of te kort met dan 'n kleiner kapasiteit. Het nou al hierdie Internet stukkend gekyk, selfoon in flarde gebel, .... niks so ver nie.

Dan wonder mense nog waarom ek drink. Drink nie omdat ek wil nie, maar omdat ek moet!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 14:46:59 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1490
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Lyk baie mooi

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 15:07:58 pm
Gisi
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 14 Jan 2021

Lyk luuks is meer glamping as camping.  Pragtig👍🏕

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 15:59:29 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 645
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Ek het my Eco1 yskas in my Regal met ‘n “Defy Yskas - Model C260” vervang. Ek weet nie wat die mates is waarna jy soek nie, die Defy is 220v en ‘n dubbel deur, by Game gekoop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 16:00:45 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 645
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Eich, sorry. Ek sien dit was nie Leon wat navraag oor ‘n yskas gedoen het nie, maar Nico.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 16:02:21 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 645
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Die verandering was nie net veranderinge nie Leon, maar verbeteringe. Jy sal maar nuwe beddegoed moet koop Leon - dit lyk baie goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 19:45:18 pm
Badger
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 456
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 65 years

Greetings Leon,

WOW!!!!!!,  That Looks FAAAANtastic.

Great Job.  Are you going Full time???

Go in safety

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2021 @ 08:03:41 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2292
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Dit maak my skoon jaloers noudat ek nie meer n wa het om mee te speel met verbeteringe nie. Geniet dit en speel met hom tot hy na jou smaak is. As dit verby is kan jy ongelukkig nie die horlosie terugdraai nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2021 @ 09:58:30 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10530
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Netjies.......

Lyk my ons almal sit met die selfde probleem........veranderings.

Het ook so paar gedoen en is nog besig.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2021 @ 08:00:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Greetings Leon,

WOW!!!!!!,  That Looks FAAAANtastic.

Great Job.  Are you going Full time???

Go in safety

Full time caravaning is part of our plans for the future.  But that is still to come.  All this are preparations for that time.

Must add if the Lord permits it.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2021 @ 10:20:42 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5026
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Netjies Leon

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2021 @ 14:21:55 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 499
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Dit lyk uitstekend. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2021 @ 15:24:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10530
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Greetings Leon,

WOW!!!!!!,  That Looks FAAAANtastic.

Great Job.  Are you going Full time???

Go in safety

Leon het nog baie jare voor full timers.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2021 @ 10:40:54 am
Jakes
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 101
Joined: 30 May 2016
Experience: 27 years

Nice Leon, 5 -  Ster !!

Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2021 @ 18:56:33 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Dis nou netjies. 'Blend' baie goed met jou hout tafel en bedkassies.

Wie komplementeer nou vir wie - hout of stoffering?

Sal nie kan sê nie, maar dit vertoon baie eksklusief.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2021 @ 06:40:05 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1269
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Baie netjies Leon. Nou kan jy mos lekker aan die wa werk deurdat die wa nou by jou huis staan.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2021 @ 07:46:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Baie netjies Leon. Nou kan jy mos lekker aan die wa werk deurdat die wa nou by jou huis staan.

Dis reg Hennie.  Ons het die veranderinge al 'n tydjie terug beplan maar met die wa wat op die plot gestaan het was dit moeilik.  Nou kan ek ook makliker soos altyd my hand op die wa hou en klein dingeties wat uit pas uit raak fix.

Ek, Ma en my dogter het die afdak laas jaar tydens erge Lockdown opgerig.  Danksy Geert en sy permit wat gehelp het met die koop van die hardeware kon ons dit doen.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2021 @ 07:50:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Moet darem by sê dat die hout van die hek ook weer met silkwood gesmeer is.  So dit lyk darem al beter.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2021 @ 08:48:54 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1269
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Baie netjies. Nou is die aircon ook onder dak.

Soveel beter as jy jou wa by jou kan hou en dan self daarna omsien. Die probleem met dit is dat 'n mens elke nou en dan iets sien wat jy wil verander. Dit is egter lekker om dan na die eindproduk te kyk.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2021 @ 14:29:55 pm
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 824
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 30 years

Ja nee mooi is mooi. Ons het baie lank geneem om n besluit te neem kyk vir groter of hou wat jy het en maak veranderings. Die besluit het uitgeloop op hou en verander, tot ons spyt en teleurstelling, aanbeveel deur mense het ons die karavaan geneem na n person in Brits en als bespreek, 2 weke het 4 geword en ons was die hele tyd tegemoedkomend. Met die terrug kry was daar die volgende:

1. die kussings voor was nie ons sin nie

2. die kas by die ingang was nie wat ons wou he nie

3. een van die laaie op n ander kas moet jy amper met geweld oopmaak

en so is daar nog na n paar goedjies wat krap.

Het met hom kontak gemaak en dit bespreek in November 2020 en hy het ons meegedeel hy sal na als kyk en die ooreenkom was vroeg Januarie 2021.

Nou kry ons hom glad nie in die hande nie (SMS,WHATS Up of sel)

Tans besig om n prokureur te nader vir regs hulp ek dink ons het als probeer om kontak te maak met hom.

 

Diederik Strachan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2021 @ 09:04:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ai dis jammer dat mens so bloutjie moet loop.  Ek hoop van harte dat julle dit uitgesorteer kry.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2021 @ 14:20:47 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Nice Leon. Toe ek jou laas gesien het was dit nog ń work in progress.

Lyk spiekerish!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2021 @ 08:27:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ma het haar sin gekry vir nuwe beddegoete.  Net so twee los kussingtjies kort vir die Dinette se hoeke.  Sal koop as ons die regtes sien.

Hier is beter pics.  Karavaan is nou lekker cosy ingerig en het nie net daai moderne "Look" aan die binnekant nie.

Nou sal ek julle nie weer verveel met die topic nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2021 @ 14:42:29 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1269
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Baie mooi Leon. Wanneer kamp julle weer.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2021 @ 08:26:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

So gou as ek weer bietjie fondse kan bymekaar skrap.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2021 @ 11:59:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Het in die toilet area die back splash by die wasbak so effe opgeknap.  Dis hoe dit nou lyk.

Die teels by CTM en so aan is baie swaar.  Die het ek by Chamberlains gekoop.  Baie lig en is van aliminium en glas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2021 @ 13:13:32 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 645
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Dit lyk goed Leon.

Wat is die volgende projek?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2021 @ 13:50:00 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Leon. Jy maak jou woonwa so mod-kon. Kan net sy waarde verhoog.

Lyk my daar sit n' bietjie argietek agter jou ingeneursweese?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2021 @ 14:51:48 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Dit lyk goed Leon.

Wat is die volgende projek?

Ek dreig nou al hoelank om die water toevoer na die wa te verander.  Ek wil die water filter sodat dit wat in die tank ingaan drinkbaar skoon is al gebruik ek dit vir stort ook.  Probleem is die plek waar ek daai filter moet monteer.  So ek kou nog aan daai een

Die 100L tank het 'n "ball valve" in, maar die het geblok geraak van sanderigheid in sommige oorde se boorgat water.  Het toe die naweek die tank afgehaal om die "ball valve" skoon te maak.  Moes toe op die einde die valve totaal vervang want hy het nie meer reg gewerk nie.

Ek het toe 'n inlyn sand/stof filter geinstalleer.  Dis net om te keer dat die ball valve weer geblok raak deur boorgat water.  Die filter word gebruik om sprinkel besproeiing stelsels te vrywaar van blokassies. So lyk hy. 

Dis maar 'n oplossing wat moet werk tot ek 'n beter filtreer stelsel kan laat maak werk in die wa.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2021 @ 14:54:18 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Kry nie gardena fittings wat direk op die filter pas nie, so ek moes maar 'n kontrapsie bou om die filter in lyn te kry.  Op die manier is dit ook maklik om die filter uit te haal of te bypass.

Behalwe vir die oordintlike water filtreer stelsel is Ma op soek na 'n gepasde matjie of twee binne die wa.

En dan sodra die fondse dit toe laat

'n Fiamma volle outomatiese elektriese awning, volle lengte van die karavaan.  Een van daai wat as die wind te erg waai en ek is nie by die wa nie trek hy homself terug om skade te verhoed.  Wil net 'n knoppie druk dan is die skaduwee daar.  Hulle het gewoonlik ook 'n overide skakelaar wat 'n meer permanente opslaan toelaat met pale en sykante.

Mens mag mos maar droom.................................

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2021 @ 15:34:57 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 645
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Ek is seker jy sal met tyd by alles uitkom, sterkte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2021 @ 17:38:06 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4134
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

As jy wil seker maak die water is veilig vir drinkdoeleindes, sal jy 'n RO filter moet gebruik wat amper 100% van alle bakterië en virusse asook chemikalië uitfiltreer, maar die is groot en swaar, so waarskynlik nie prakties vir 'n karavaan nie. Jy kan dalk wel 'n drie in een filter gebruik wat ook 'n koolstofelement bevat wat waarskynlik meeste skadelike goed soos sal uitfiltreer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2021 @ 07:40:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

As jy wil seker maak die water is veilig vir drinkdoeleindes, sal jy 'n RO filter moet gebruik wat amper 100% van alle bakterië en virusse asook chemikalië uitfiltreer, maar die is groot en swaar, so waarskynlik nie prakties vir 'n karavaan nie. Jy kan dalk wel 'n drie in een filter gebruik wat ook 'n koolstofelement bevat wat waarskynlik meeste skadelike goed soos sal uitfiltreer.

Dis waarna ek gekyk het Fred.  Maar soos jy noem dis groot en swaar.  Ek het daaraan gedink om dit "Portable" te maak en in 'n plastiek kas te monteer.  Dan uithaal saam met die tuinslang as mens wil water aanvul.

Probleme met dit is:

  • Soos ek verstaan as die filters eers nat is moet hulle nat bly tot en met jy dit vervang.  Jy kan nie die water uitgooi en dit stoor en volgende maand as jy weer gaan kamp dit weer gebruik nie.
  • Die filters moet regop gemonteer word.  Kan dit nie onder die karavaan horisontaal monteer nie.  Gaan maar oor die gepasde monteer plek.
  • Hoelank gaan die filters hou en alge in groei as die filters in ongebruik staan.  As mens permanent toer en in die wa leef is dit heel gepas maar net naweek in 'n maand kamp weet ek nie.

Sal bietjie meer gaan navors oor die drie in een filter waarvan jy praat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2021 @ 08:01:06 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4134
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Leon, ons het twee van die filters, beide vir sowat 12 jaar reeds. Ek i nie bewus daarvan dat die filters horisontaal gemonteer moet word nie.  Dit word nie in die instruksies genoem nie maar dis gewoonlik oe dit gedoen wod, maar ek kan nie 'n goeie rede daarvoor gee nie. Ek glo nie alge is 'n probleem nie. Alge word oa uitgefiltreer maar as dit dalk wel nog groei, sal dit in die deel voor die RO filter wees en daar sal dkit beslis uitgefiltreer word.  Elk van die drie filters bevat seker 2 liter water en die opgaartenk seker sewe liter, so die totale gewig is heelwat.  Die eenheid kan met og sonder 'n drukpomp wees.  As die waterdruk onder 2 Bar is, gaan die selsel nie werk nie.  Omdat druk in kampe dalk te laag kan wees, is die drukpomp dus aan te bevele en die las nog gewig by. Die opgaartenk kan geledig word maar die filters nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2021 @ 10:05:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Fred die mense wat die filters verkoop het gese dat die filters moet regop staan.

Ek het intussen reggekom met 'n 3 in 1 filter wat by Builders verkoop word van JoJo Tanks.

Ek gaan dit koop en die garden sprinkler filter met hom vervang. Hy kan tot 10000L (afhangende hoe vuil die water is natuurlik) water suiwer teen tempo van 3L per min.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2021 @ 11:03:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Wel die situasie het nou so geraak hier by die werk dat mens maar goed moet begin verkoop om ander dinge te probeer hou.

In die Classifieds is ons Sensation Maia 2016 model geadverteer met klompie fotos.

Ek weet dat die huidige ekonomiese stand van die land maak dat sulke aankope nie maklik is nie maar ek vra dat as julle weet van iemand wat so wa soek julle hul na die advertensie toe sal verwys.

Sal julle hulp waardeer

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2021 @ 12:37:44 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Ja Leon, dit is hartseer om jou gemoedrus te sien.

Wens jou alle voorsped toe met die verkoop en hoop jy bly by ons.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2021 @ 14:08:36 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Wel die situasie het nou so geraak hier by die werk dat mens maar goed moet begin verkoop om ander dinge te probeer hou.

In die Classifieds is ons Sensation Maia 2016 model geadverteer met klompie fotos.

Ek weet dat die huidige ekonomiese stand van die land maak dat sulke aankope nie maklik is nie maar ek vra dat as julle weet van iemand wat so wa soek julle hul na die advertensie toe sal verwys.

Sal julle hulp waardeer

Leon,

As ek kyk met hoeveel entoesiasme en oorgawe julle die Maia ingerig het veral vir later wanneer julle sou aftree, was hierdie 'n boodskap wat my in my gees diep geraak het.

Ons ken mekaar nie persoonlik nie, maar ek ervaar dat die Here my in my gees hieroor roer. Hiermee vra ek jou toestemming om vir jou by die Here in te tree.

Vir díe wie my nou gaan aanvat hieroor en dat dit nie op die forum hoort nie, net dit: '..ek skaam my nie vir die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo...' Rom 1:16

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2021 @ 14:53:01 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Leon

Waar kan ek jou persoonlik e-pos?

Ek moet met jou weg van die forum kommunikeer.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2021 @ 16:01:29 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4134
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ai Leon, dis nie lekker nie.  Ek hoop jy kry die wa spoedig en teen 'n goeie prys verkoop.  As iemand in die mark is vir so 'n wa, is dit 'n baie goeie kopie- ekhet na jou advertensie gekyk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2021 @ 16:39:08 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2292
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Ai Leon dit is met groot hartseer dat ek die berig lees. Gelukkig is daar baie van ons wat soos Pottie oor jou situasie voel, en saam met hom sal ons jou en jou gesin ook aan die Groot Meester opdra.

Soos jou werkgewer voorsien ek nog verdere groot verswakking in ons land se ekonomie veral na die huidige plundering wat besig is om plaas te vind. Ons ekonomie is myns insiens op sy kniee en grootskaalse armoede blyk ons voorland te wees.

Sterkte aan julle en bly net BOONTOE kyk!!!!!!!!!!

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2021 @ 17:58:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18429
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Sterkte Leon.....hoop daar gaan gou weer ander deure oop

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2021 @ 20:37:08 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 656
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

Sterkte Leon

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2021 @ 10:44:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Leon

Waar kan ek jou persoonlik e-pos?

Ek moet met jou weg van die forum kommunikeer.

My besonderhede is op die advertensie of

082 8 agt nul 174 een

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2021 @ 10:49:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Dankie vir die beter wense van almal en die gebede.

Ek glo en vertrou dat die liewe Vader op sy manier sal uitkoms gee.

Ek bid ook vir die beste vir almal in hierdie tye waarin ons land verkeer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2021 @ 17:12:11 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16589
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Leon

Waar kan ek jou persoonlik e-pos?

Ek moet met jou weg van die forum kommunikeer.

leon@dls.co.za

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2021 @ 17:21:37 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1635
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years

Mag julle as n gesin baie krag ondervind

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2021 @ 08:32:36 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1269
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Baie sterkte Leon. Ons glo en vertrou dat iets beter, werksgewys,  op jou pad gaan kom.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2021 @ 11:53:47 am
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 499
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Sterkte Leon. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2021 @ 17:45:02 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5897
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Wel die situasie het nou so geraak hier by die werk dat mens maar goed moet begin verkoop om ander dinge te probeer hou.

In die Classifieds is ons Sensation Maia 2016 model geadverteer met klompie fotos.

Ek weet dat die huidige ekonomiese stand van die land maak dat sulke aankope nie maklik is nie maar ek vra dat as julle weet van iemand wat so wa soek julle hul na die advertensie toe sal verwys.

Sal julle hulp waardeer

Sterkte Leon 🙏

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za