English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 793
Total Views: 83 248 643
topics: 11 575
replies: 139 216
views: 39 342 645
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Sani Pas

replies: 12
views: 291
21 Sep 2020 @ 11:47:24 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2192
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ons kinders neem my en Susan na n tyddeel by Underberg in die berge die laaste week van Oktober. Dit is steeds ons begeerte om die Sani Pas te gaan ry in hierdie tyd. Ons is in besit van geldige paspoorte maar ons wonder of die grenspos tussen Natal en Lesotho oop sal wees en of daar enige beperkinge aan beide kante sou wees. Ons sou graag wou ry tot by die hoogste kroeg in Afrika om die volle sirkel te voltooi. Enige inligting sal waardeer word.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 14:50:17 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 875
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

weet as jy Moz in gaan moet hier Covid toets (ek dink dit is 3dae voor jy vertrek en jou toets moet beskikbaar wees met grens kruising) en jy daar ook covid laat toets in Moz en die vat 3 dae daar voor jy kan verder gaan

 

Glo die selfde reel sal in Leshoto geld

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 16:13:00 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Op 28 Augustus was die grens nog gesluit vir toeriste, net hulle eie burgers kon deurgaan.

Bel die Polisie by Underburg vir inligting.  Ons kon geen inligting by Dirco kry nie.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 16:30:18 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 429
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Sani Pass back packers at the bottom is a nice place to spend anight. Lots of foreigners and you can get a rondavel with your own shower. Then go spend anight at Sani Top chalets. The food at the pub is good and they used to have a landrover that would come and pick uou up from the Sa border post for a small fee.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 17:43:51 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Maak net seker. Volgens level 1 is die grense oop vanaf 1 Oktober, maar ek dink jy moet n sertifikaat he wat se jy is "Covid free" (anders is dit 2 weke afsondering op jou eie koste). 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 09:58:09 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2192
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Vir die van julle wat oor hierdie langnaweek landsgrense oorsteek na n buurland laat asseblief weet wat hulle vereistes nou is en of n paspoort genoeg is.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2020 @ 20:50:22 pm
NicoSmit
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 02 Jan 2020
Experience: 18 years

Ek het nou gekyk op hulle website die grens is nog toe .Ons sal weer maar so trip moet  reel om Sani te gaan ry

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2020 @ 20:58:43 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1855
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ons kinders neem my en Susan na n tyddeel by Underberg in die berge die laaste week van Oktober. Dit is steeds ons begeerte om die Sani Pas te gaan ry in hierdie tyd. Ons is in besit van geldige paspoorte maar ons wonder of die grenspos tussen Natal en Lesotho oop sal wees en of daar enige beperkinge aan beide kante sou wees. Ons sou graag wou ry tot by die hoogste kroeg in Afrika om die volle sirkel te voltooi. Enige inligting sal waardeer word.

Herman

Hoor by SAPS of hullle julle sal toelaat om bo tot by Sani top se grenspos te ry.

Jy hoef nie deur die grens te gaan om te weet jy het Sani gery nie.

Lekker daguitstappie op en af.

Al verskil is mens sal seker nie Sani Top hotel kan besoek nie.

Toe ons laas daar was, kon jy jou voertuig uit die pad uit by die grenspos stop en na die hotel toe stap vir 'n ete of soiets. Geen ge-paspoort stempelry nie.

Dalk is dit nog moontlik as mens daar kom. SAPS kant en SA grenspos moet jou net toelaat om te ry en terug te kom.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2020 @ 21:55:04 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2192
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Proffie as ek reg verstaan is n groot deel van die pas nog aan Suid Afrikaanse kant. Kan n mens dit ry of word jy beperk tot "iewers". Ek neem aan dit is waarna jy verwys waar jy se ek moet n permit of iets by Polisie kry. Dit is nou n teleurstelling en ek weet nie of ek op my ouderdom weer die geleentheid gaan kry om daar te kom nie. Nou ja as dit nie kan nie dan is dit ook om n rede so bestem.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2020 @ 22:21:46 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1855
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Proffie as ek reg verstaan is n groot deel van die pas nog aan Suid Afrikaanse kant. Kan n mens dit ry of word jy beperk tot "iewers". Ek neem aan dit is waarna jy verwys waar jy se ek moet n permit of iets by Polisie kry. Dit is nou n teleurstelling en ek weet nie of ek op my ouderdom weer die geleentheid gaan kry om daar te kom nie. Nou ja as dit nie kan nie dan is dit ook om n rede so bestem.

Piet

Ons het een Desember by die SA kant met paspoorte deurgegaan. Die grootste deel wat jy ry is nog SA. Die Lesotho grenspos is bo aan die top van Sanipas. By die hotel, of liewer die hotel is by die grenspos.

Sommige mense het net in SA kant gestop en opgestap met 'n voetpaadjie na die hotel toe.

Ons wou deur ry want my dogter kon nie lekker loop op daardie stadium nie.

Die ou by die Lesotho grenspos was besig om 'n skaap te slag en sy hande was vol bloed met van die vleis op die tafel. Ons het toe maar self ons paspoorte gestempel en self hek oopgemaak en deurgery.

Ek is seker julle sal tot by die Lesotho grenspos kan ry en weer terug sonder allerhande moeite. Vind net uit by die SA grenspos self, nie hulle hoofkantore nie.

Dalk kan julle tot by die hotel stap vir al wat jy weet.

Jy gaan mos nou nie amptelik oor enige grens nie, jy gaan kyk net!

Ons is dieselfde dag weer terug af na waar ons gebly het.

Pak 'n mandjie en stop iewers op pad af om 'n broodjie en koffie te geniet. Dit bly mooi, veral in die somer.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 08:13:21 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2192
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Lees ek vanoggend op news 24 dat daar gister in die staatskoerant afgekondig is dat die grenspos by Sani Pas vanoggend heropen. Ons vertrek Saterdag berge toe en is verheug oor die nuus omdat die ry van die pas hoog op ons lys is.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 08:49:32 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Hi Piet

Bly om te hoor. Maak ook net seker oor die regulasies m.b.t. Covid 19. Ek verwys na die volgende:

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 12:20:01 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1855
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ons kinders neem my en Susan na n tyddeel by Underberg in die berge die laaste week van Oktober. Dit is steeds ons begeerte om die Sani Pas te gaan ry in hierdie tyd. Ons is in besit van geldige paspoorte maar ons wonder of die grenspos tussen Natal en Lesotho oop sal wees en of daar enige beperkinge aan beide kante sou wees. Ons sou graag wou ry tot by die hoogste kroeg in Afrika om die volle sirkel te voltooi. Enige inligting sal waardeer word.

Piet

Ek lees nou net in Business News dat die nuwe grendelstaat regulasies wat Woensdag 21 Oktober gepubliseer is, aandui dat Sani pas grenspos aan SA kant oopgemaak word.

Dis dalk die moeite werd om die staatskoerant op die web te soek en die vereistes te lees.

Een rede hoekom hulle die SA kant oopmaak is vir 'sightseeing' en internasionale 4x4 entoesiaste wie graag die pas wil ry.

Dalk is dit net jou kans.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za