English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 446
Total Replies: 251 974
Total Views: 83 204 861
topics: 11 525
replies: 138 742
views: 39 321 254
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Help asb met aircon in n Fleetline

replies: 7
views: 165
5 days ago @ 08:43:25 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 783
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek is seker dis ook n holrug-storie, maar ek kan nie die kommentaar daaroor kry nie. 

Het julle al 'n aircon in 'n Fleetline laat insit? Bekkie Bokkie Baby sê sy wil een hê. Waar sit julle die binne-eenheid? Ek aanvaar dat die kompressor voor in die pakplek gaan. Moet ek die kaste bo die tafel laat verwyder of verander? Ek neem aan hy kom nie bo die bed nie. Raas die ding? Is daar 'n spesiale model wat julle aanbeveel? Is dit die beste om dit deur 'n karavaan-agentskap te laat insit? 

En wat moet ek verkoop om een te kan bekostig?

Is die foto die ene wat julle aanbeveel. Ongeveer R8000-00.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 13:01:11 pm
Nagapie
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 06 Apr 2018
Experience: 17 years

Middag Dansan, 

'n A/C is amper 'n moet in 'n karavaan!!

Hoekom kyk jy nie na 'n portable A/C nie?

My ma hulle het nou een in hulle karavaan ingesit, en die kostes vir die verandering was onder R1000.00 A/C se prys ingesluit het dit hulle minder as R6000.00 gekos.

Die gat in die vloer saam met die dreinpyp en 'n ekstra kragpunt is deur 'n gerespekteerde karavaan hersteller gedoen, en die A/C kan in die huis ook gebruik word.

Die gat in die vloer wat ingesny word, word met 'n stofdigte skroefdeksel geseel as die karavaan gesleep word of gestoor word, kom by die kamp aan maak die skroefdeksel oop, steek die A/C se kezoem deur en daar het jy 'n A/C wat nie water in jou karavaan lek nie.

Groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 13:06:27 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 783
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Thanx Nagapie, ek gaan bietjie by Caracamp inloer.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 13:10:58 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 809
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Hy sal werk

dis hoe ek myne in die sprite gedoen het

sien foto

so het ek geen kas spasie verloor nie

Die kompressor in die neus kas

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 13:36:05 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4455
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die draagbare lugreelaar is moontlik die goedkoopste opsie en kan ook by die huis gebruik word maar :

die kompressor geraas is binne die woonwa

en dit neem vloerspasie op.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 14:28:39 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 648
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Danie, ek het 'n 2011 Fleetline met 'n 9000 BTU lugreeling in.

Die compressor is in die neuskas en die binne eenheid is bokant die gordynkap van die agterrste syvenster.  Myne is aan die ikant waar die yskas en wasbakkie is.

Ek verkies hom daar want ek kan hom dan stel dat die lug op my waai as ek op die bed lê.

Indien jy beesluit om so 'n eenheid te koop, vra net vir die installeerders om vir jou een van daardie foelie wurms aan die compressor te heg om sodoende die warm lug buite die neuskas te kry. Die eenheid werk baie meer effektief met so 'n wurm.

Ons geniet ons lugreeling winter en somer.  

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 18:43:17 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1308
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Danie, het n 2016 model en lugreelaar op selfde plek geinstalleer as Chris Centurion. Werk goed vir ons. 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 13:56:02 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 783
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Fanx manne, ek sal met die bank gaan chat, dalk skrik hulle vir ny rewolwer en masker.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za