English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 329
Total Replies: 250 619
Total Views: 83 161 572
topics: 11 448
replies: 137 815
views: 39 296 770
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Chinese Caravan.

replies: 14
views: 749
31 Jul 2020 @ 16:38:05 pm
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

I've just seen an advert on the top of this page for Chinese manufactured off-road caravans.

 

Don't tell me they're putting more local hard-working manufacturers out of business!

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 07:44:52 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hy pas seker agter n Jimny...lol

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 09:59:10 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

John, this is my sentiments too.  The past week Hisense, a full Chinese company's factory in Cape Town, was closed down because they ignored the Covid19 regulations.  It was found that the Chinese (no South Africans) working there, worked in unhygienic cramped circumstances without personal protective equipment.  They assemble refrigerators and TV's that are sold on the South African market.  But we as South African buyers make it possible for them to push South Africans out of their work places by supporting them  We buy at Chinese markets and Chinese clothing shops.  And they are all over the country, even in the smallest of towns.  I know that a large amount of merchandise on our shelves come from China, but if it at least is sold by South African shops, the country gets a part of the money in the form of salaries and profits. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 16:37:01 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1196
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Fred, ek stem 100% saam met jou! Dit is een van die redes hoekom ek nie meer by Woolworths sake doen nie - meeste van hulle klere word uit Sjina ingevoer en dan het hulle die vermetelheid gehad (East Rand Mall, Boksburg) om wyd en suid te adverteer - "Ondersteun SA"

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 21:32:27 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

'n Entrepeneur is iemand wat sake geleenthede raaksien en dit ten volle benut. 

Gaan kyk gerus hoeveel kossoorte op ons supermark rakke is ingevoer!

In ons land is wetgewing en vakunies enterpeneurs se grootste vyande. Ons het nie 'n vrye mark nie, maar 'n gemanipuleerde voorskriftelike een.

Dit is verbasend om te sien dat tot selfs Duitse produkte ook nou van Chinese onderdele gebruik maak. Duitse produkte wat in ons land vervaardig word - nogal! Wat maak dit nou eintlik saak waar in die wereld 'n produk vervaardig word, solank dit net volgens die vervaardiger se spesifikasies is.

Sousboontjies in tamatiesous is 'n voorbeeld. Die boontjies word uit Amerika na Italie verskeep waar dit ingemaak word en na ons land uitgevoer word om prysgewys met ons plaaslike produkte te kompeteer!

Ek weet van Suid Afrikaners wat hule eie uitvoer produkte se fabrieke van ons land af China toe geskuif het omdat dit dieselfde gehalte lewer sonder staatsinmenging en vakbonde wat voorskryf terwyl hulle oorsese kliente heeltemal tevrede is met die gehalte en dienslewering. Nou voer hulle vanaf China hulle produkte uit sonder die plaaslike rompslomp, vertragings by hawens en onvermoë van amptenary nie. Die heengaan van ons yster en staal bedryf is maar een voorbeeld - selfs Saldanha staal moes die knie buig voor ingevoerde staal vervaardig van ru materiaal wat by Saldanha se hawe China toe uitgevoer is.

Kan mens sulke sakemanne verkwalik? In China hoef jy nie korrupte omkoop transaksies aan te gaan om permitte te kry vir besigheidstransaksies nie. 

Die huidige korrupsie skandale t.o.v. Covid19 verwante toebehore is mos maar net die ore van die seekoei wat uitsteek.

Die motor vervaardigers in ons land moet meeding met produkte vanuit die Ooste, terwyl werksgeleenthede wat bitter nodig is in ons land daarvoor opgeoffer word.

Hoeveel korrupsie vervolgings het al na die Zuma bewind voor die howe verskyn? 

Hoe sê die Engelse? I rest my case!

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2020 @ 09:26:15 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Wat jy sê is waar Pieter.  Geld is nie patrioties nie en dit is 'n feit dat die Sjinese die wêreld se vervaardiging oorgeneem het.  Dit is dus onvermydelik dat ondernemings hulle produkte van Sjina af koop en dit raak ons seker nie ernstig of ons dit vanaf Europa, Japan of Sjina af kry nie.  Wat my egter bekommer soos ek geê het, is dat die Sjinese hier op eie bodem kom meeding met Suid-Afrikaanse kleinhandelaars en vervaardigers.  Dit raak ons mense se werksgeleenthede direk.  Ongelukkig vir ons almal is weereens die feit dat ook ons geld nie patrioties is nie en ons koop dus waar ons 'n artikel die goedkoopste kan kry.  Op die lang termyn sny ons egter ons eie kele (lees werksgeleenthede) daardeur af.  

Wat is die oplossing?  Ek weet nie.  Miskien die beoogde nuwe wetgewing wat immigrante arbeid mag beperk.  Onthou dat die regerende party afhanklik is van die tevredenheid van die kiesers en as almeer van hulle werk verloor omdat buitelanders toegelaat word om onbelemmerd hulle werksgeleenthede oor te neem, sal dit rampspoedig vir die regerende party wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2020 @ 15:01:54 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Wonder of die Chinese ook vergoed is in die tyd daar by die vlooi mark by die Kolenade en Ou Jhb.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2020 @ 20:36:35 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4819
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek wonder as ek so deur die drade lees hoeveel van ons gaan bv R600 betaal vir 'n laaier met 'n EG SUID AFRIKAANSE plakker op as die soortgelyke China eenheid vir R175 te koop is en saam op die rak le.

Hier is bv 'n plastiek kassie wat as basis sou dien vir so 'n SA laaier wat te koop is teen R276.

Ek is oortuig daarvan enigeen wat mense in diens wil neem nie lank sy deur sal oop he nie en dan is die mense in elk geval sonder werk. Diegene wat wel die laaiers sou koop kon die ekstra R400 op ander artikels spandeer het en so 'n paar ander mense van werk voorsien het. Al was dit net aan lyn winkels wat China goedere verkoop.

Dit laat my dedelik dink aan die boikotte wat mens van tyd tot tyd sien wat reken Sasol moet die brandstof hier gemaak teen 'n kwart v d vrye prys op die werldmark verkoop. Hoekom sou hulle dit doen? Makliker om dit net uit te voer aan gewillige kopers.

Nee wat soos genoem is is dit geld wat praat. Geen regulasies gaan ons onproduktiewe land kan red nie. Geen koop SA veldtogte teen 3 maal die prys sal werkskepping bevorder nie.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2020 @ 22:59:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Stem saam Danie.  Ons sit al met goed oor die 30% werkloosheid syfer, besighede maak op n streep toe, mense sukkel om koop bo water te hou. Wat is die kanse daai mense kan nog kieskeurig wees om te kies watse land se produk hul waar gaan koop....hy koop dood eenvoudig die goedkoopsteof wat vir hom die beste deal is,  want hy moet oorleef. 

Hiekom het die mense n gly teen chinese? As dit gaan oor die Corona....dan is dit verkeerde besluit om hulle daaroor te boycott. China het oor die 1.5Biljoen inwoners....99.99% van hulle is ook mense soos ek en jy wat hard moet werk om kos op die tafel te kry....met eerlike geld. Meer as 1.5Biljoen Chinese het niks met hierdie skandaal te doen nie....hoekom wil mens hulle straf? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2020 @ 23:24:27 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4819
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Geert my siening hieroor is hulle wat hierheen gekom het het ook hul land verlaat vir 'n lewe in SA. Ongelukkig sal ons altyd 'n deel he wat kla oor die Covid19 net soos diegene wat al die snert glo oor 5G. Dis maar hoe die mens is.

Ons voorvaders het ook almal hul geboorteland verlaat vir 'n beter lewe in SA. Al verskil is party van ons is dit 3 geslagte gelede en ander heelwat meer.

Dalk is 'n deel van my nader aan hulle. Destyd toe my Pa sy gerief van 'n ambag gelos het en sy 1e winkel gekoop het het ek as 2jarige saam met my ouers tussen die kartonne agter in 'n winkel geslaap. Long drop. Gelukkig het die persoon wat die plaas gekoop het dit nie kon maak nie en het my Pa die plaas gekoop en het ons ook 'n huis gehad.

Maar ja laat ons maar die son oor ander sien skyn en ander ook as mense sien net soos ons. Kruisig my maar dis my uitkyk. Ek hou ook nie daarvan om te sien hoe baie van hulle in ons land is maar hul het die ondernemingsgees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 10:03:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16032
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

As jy die onderdeel kan verskaf teen kompeteerende prys doen dit.  Anders kyk of jy kan oorleef met die hoë pryse wat die Suid Afrikaners normaal weg vra.

 

Daai fabrieke waar die mense in haglike omstandighede werk moet toegemaak word of die omstandighede moet verbeter.  As dit gebeur gaan die kostes van die produkte ook dienooreenkomstig eskaleer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 10:59:21 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar is 'n storie van 'n apie wat koud kry en toe 'n pot op 'n stoof met gemaklike lou water ontdek.  Hy klim in en dis lekker.  Die water word metteryd warmer en die apie raak ongerieflik.  Hy probeer uitklim maar dan tref die koue hom weer en hy sak terug.  Gaan hy uiteindelik uitklim en die pyn van die koue vat, of gaan hy in die pot bly met die duidelike gevolg? 

So is hierdie ding ook. As ons aanhou toelaat dat vreemdelinge ons land inkom en ons werksgeleenthede neem omdat hulle goedkoper as ons eie mense werk, gaan ons 'n al groter werkloosheidsyfer kry. Ons kan redeneer dit raak ons nie want hulle ding nie met elkeen van ons mee nie, maar dis ons eie landgenote wat honger ly.  Soos al meermale gesê, hoe kan ek gerieflik slaap as my broer honger ly?  En die hongeres gaan uiteindelik êrens geholpe raak, deur winkels te plunder of dalk uiit ons eie huise met behulp van onwettige vuurwapens?

Dis een ding om goedkoop Sjinese produkte in te voer en moontlik dit hier teen 'n wins te verkoop, maar dis 'n ander ding as fabrieke en winkels deur buidelanders beman word sodat hulle die wins landuit kan stuur  saammet die salarisse wat hulle verdien. Sulke fabrieke het waarskynlik aanvanklik met 'n meerderheid Suid-Afrikaanse arbeid begin soos waarskynlik in hulle permitte bepaal is, maar mettertyd is hulle deur buitelanders vervang. Dis jammer as produksie landuit gestuur word, maar dis waarskynlik nie keerbaar nie, maar dis nie nodig dat ons plaaslike werksgeleenthede soos die bedryf van winkels aan buitlanders gee nie. Dit is nie iets wat vrywillig sal geskied nie.  Solank dit nie amptelik gekeer word, sal dit toeneem.

In die voormalige Venda, soos seker ook ander swart gebiede, het my gewese kollegas gesê is daar nie meer klein winkeltjies op afgeleë plekke wat deur Vendas besit word nie.  Hulle is almal deur buitelanders oorgeneem. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 14:47:38 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 539
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

10 uit 10 met jou brief Fred.   Ek sal nou meer betaal en verder ry om my eie mense se besighede te ondersteun al is hulle hoe klein.   My eie mense met dieselfde etiese waardes en geloofsieninge.  

Sodra jy kos van 'n man se tafel af wegvat moet jy jou begin regmaak vir 'n oorlog.   Die geskiedenis het dit al soveel keer bewys.      

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 16:08:34 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek is bly oor jou houding Zack, maar ek is bevrees dit sal nie algemeen wees nie.  Geld praat harder as patriotisme.  Ekself koop ook nie by Sjinese winkels nie en ek het my vrou ook amper gespeen wat hulle betref.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 17:56:39 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4436
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Some of the comments here remind me of the clever economists that tell us on RSG what the government should do, or not do. Some of what they say makes sense, but it is addressed to the wrong audience. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za