English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 329
Total Replies: 250 619
Total Views: 83 161 564
topics: 11 448
replies: 137 815
views: 39 296 766
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wit Jurgens Classique "Discontinued" Reeks

replies: 7
views: 289
31 Jul 2020 @ 15:49:45 pm
Theo
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 14 Oct 2007

Graag wil ek verneem of enige lede die genoemde woonwa besit. Ek oorweeg dit ernstig om nou 'n 2de handse een aan te skaf - die uitleg pas my vrou goed. Daar is nou 2017 en 2018 modelle in die mark.

Daar was 'n "storie" oor die modelle voordat die produksie gestop was maar ek kan nie onthou wat die fokus/klagtes punte was nie.

Enige hulp/raad sal baie waardeer word

Groete

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2020 @ 21:09:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Theo.

Ek het die Classique GS, hom November 2019 gekry uit die fabriek, inteendeel was ek by hom in die fabriek November toe n groep van ons die fabriek besoek het. 

Daar was twee classique en een exclusive wat hulle gebou het.

Daar is n verskil met die badkamer.

Met die 2015/16 wat gasstoof en geyser het, is myne net 220v en LED ligte, hy het n induksie tweeplaat stoof met die microgolf.

Die 2017/18 het ek n verskil by die stort en kaste binne gesien.

Leon sal jou meer kan vertel aangesien hy ook een gehad het. Nie seker watter een.

Dan weet ek nie vanwaar jy is nie, maar sou jy in Pretoria is, is jy welkom om jou vrou te bring en na myne kom kyk.

Verder weet ek nie wat sê ander foute daar was op hulle nie.

My stort pomp is vervang Na n maand se gebruik.

Verder is sy wiele in die lug.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 00:37:06 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Praat jy van hierdie reeks?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 07:31:04 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Praat jy van hierdie reeks?

Dis reg Geert.

Daar is nog n ander een ook.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 13:08:22 pm
Otot
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 24 Jan 2017
Experience: 45 years

Goeie Middag Theo,

ek het 1 van die "putco" Classiques - 2017 model. Ek is baie gelukkig met myne. Daar was aanvanklik probleme met die vakmanskap toe die reeks begin is maar nou ja, so was daar maar probleme met my 2015 model ook gewees en ook my 2011 Ducato Pacer motorhome.

Daar was stories dat die dak water lek maar ek kannie sien hoe dit kan wees nie want die dak vou oor die mure en behoort waterdig te wees. Moontlik maar die lugvents wat nie reg geinstalleer was nie. Ons gebruik die badkamer voluit want die stort is 'n glasvesel dop en kannie water lek nie. Was altyd bang op my 2010 en 2015 dat daar tog vog kan deurkom na die mure toe.

Probleme wat ek ondervind het :

1) die waterpompie het na 'n maand gegroet - vervang met 'n shurflo pompie.

2) Geyser het begin waterlek en moes vervang word.

3) Dometic toilet se motherboard het herhaaldelik foutief geraak. Het dit vervang met 'n Thetford.

Veranderings wat ek gemaak het:

Lugversorger, Movers, Patio met sidewalls, Fiamma Awning en Auto dish.

Die karavaan is baie swaar voor en ek het trippel wiele voor aan die karavaan vir gras en grond. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 13:38:28 pm
Theo
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 14 Oct 2007

Hi almal

Baie dankie vir almal se terugvoer - dit word baie waardeer.

Ja die foto wat gelaai is verwys na die "regte" Classique. 

Ongelukkig is ons van die Kaap (Parow) en sal nie Noorde toe kan gaan vir enige besigtiging nie  (volgens die "net" is daar wel 2 waens beskikbaar by Loftus) - daar is op hierdie staduim 'n 2017 model in Mosselbaai waarin ons belangstel en wat ons dus "wettiglik" mag gaan besoek en dan sommer 'n paar dae kan oorslaap om die besoek/reis die moeite werd te maak.

Lekker dag verder

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 16:22:12 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 640
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Theo, Loftus Caravan City is 'n uiters betroubare handelaar.

Praat met Joël Loftus. Ek is seker hulle sal die wa gaan aflewer by jou woning.

Sterkte.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2020 @ 06:20:47 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek lees maar rond en het van daai modelle baie gelees van afwerkings wat nie goed was nie en lekasies. Hoekom maak hulle hom nie meer nie....oor sy shape wat die mense nie van hou nie, weet nie? Ek sou voorstel, kyk vir die shape wat Jin het.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za