English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 329
Total Replies: 250 619
Total Views: 83 161 573
topics: 11 448
replies: 137 815
views: 39 296 770
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Nuwe Karavaan advies asb !

replies: 39
views: 609
11 Jul 2020 @ 09:55:10 am
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 135
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Het jul advies en aanbevelings nodig asb !   Het nou net ons Wildebeest Kalfie rooftop verkoop na 4 jaar - wil graag iets aanskaf wat vinniger en makliker opslaan sonder klim klouter ons is naby aftrede - ma en pa moet alleen kan handle ons is maar kort van lengte en draad  -  kinders is uit huis.  Probleem is berging moet in gewone garage pas hoogte 2050 MAKS breedte standaard en lengte is darem langer as std garage.   Nuut of gebruik maar voorwaarde "immaculate".  Ons is nie offroaders nie maar grondpad hier en daar is nodig.   Sien  Stealth 533 /  3 bed is omtrent naaste aan geskik vir hoogte.   Ouens praat van wiele afhaal vir hoogte problerm ???  Mal oor Gypsey lite en ook Sprinters en Jurgens xcape maar hoogte ???   Verkies buite kombuis / binne slegs slaap en yskas - soek geen water badkamer ens.    Help met voorstelle en aanbevelings asb !    Geen manier om ander berging te doen of uit te breek of te bou nie huis se struktuur laat dit nie toe nie.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 10:53:43 am
Henning & Zettha
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 17 Mar 2016
Experience: 47 years

Skipper !! T of Oester.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 11:07:26 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Julle gaan nie maklik 'n wa kry wat in 'n standaard garage pas en nog prakties is om gemaklik te gebruik nie.  Ons het ook ongeveer dieselfde behoeftes as julle gehad en het tot die gevolgtrekking gekom dat Hennie en Zettha se aanbeveling (die Oyster) ons uitstekend gepas het.  Hy is platgevou maar so hoog sos ons Kuga en ongeveer netso breed.  Ons gebruik hom nou al meer as vier jaar en is hoog in ons skik met hom. Hy is nie 'n 4X4 wa nie, maar is baie geskik vir grondpaasie en selfs effens rowwer paaie.  Die boukwaliteit is ook puik.  En hy sleep so maklik en stabiel soos 'n Venter sleepwa.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 11:16:14 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het ook gedink ek gaan een kry.

Explorer moes ek die vloer laat sak en nog n paneel by die garage deur gesit.

Nou met die classique moes hek in kom en afdak agter.

Weet hoe jy voel.

STERKTE

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 12:24:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die OKTO karavane is ook laag genoeg om in garage te gaan....hulle het ook n gravel roader in hul reeks.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 12:27:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Moenie daai parking wheel opsie oorweeg nie....mense raak al moeg daarvoor na die 1ste keer. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 12:57:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het hierdie een Februarie by die skou gesien by Gallagher estate. Klein maar tog lekker ruim gevoel binne. Kom standaard uit met rally en aircon. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 14:16:00 pm
Rots
New Member
85% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 20 Nov 2018
Experience: 1 year

 Ek wil graag advies gee vir person wat klein karavaan soek. Ek het ongeveer 2 jaar gelede afgetree en wou deur SA toer met karavaan wat lig en klein is met hoogte nie meer as 2200 mm nie. Het begin navorsing doen en op die ou end met  die volgende moontlike opsies gesit:

* Gypsi Lite Impi

* Gypsy Lite

* Sherpa Tiny

* Sherpa Tiny Lite

* Sprite Sprint

Ek het op die ou end op Gypsi Lite Impi besluit veral t.o.v hoogte vir stalling. Die karavaan het 'n opwip dak terwyl Gypsy Lite 'n vaste dak het met hoogte van 2470mm. Die Impi het alles in wat ek binne karavaan wou hé, eiland bed, groot yskas en tafel met sitplek wat kan afslaan om 3 de bed te maak. Het geen badkamer geriewe binne nie en ook nie kombuis nie. Het wel microwave in. GVM is 750 kg en baie bekostigbaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
11 Jul 2020 @ 14:51:09 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 135
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Dankie almal dit is min of meer wat ons ook raakgesien het waardeer.    Sal ons tyd gebruik om huiswerk te doen weet anyway nie wat Covid vir ons inhou nie gn nie haastige besluite neem nie.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 17:13:37 pm
Pieter-B
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 29 Apr 2019
Experience: 20 years

Julle kan ook kyk na Bushlapa se goggas. Lengte - 4050, Hoogte - 2050, Breedte - 1850

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 18:29:59 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 135
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Dankie het op skou gesien sal weer loer.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 20:42:16 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1061
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek en my vrou se behoeftes is baie dieselfde as joune, behalwe vir parkeering. Vir ons doen die Sprite Tourer die job perfek 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 23:58:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As ek kan voorstel doen veranderinge tuis as jou gunsteling wa nie in garage pas nie. My suster hulle het hulle vloer van garage omtrent met 300mm laat sak. Hulle het daai staal rol op deure en was nie nodig om te vervang nie....deur kon daai ekstra 300mm hanteer. Alles laat doen en het minder as R4k gekos. Om n wa te koop en mee te kamp wat miskien nie jou 1ste keuse wa is nie net oor hy nie in garage pas nie, gaan altyd bly pla.....jy gaan altyd verwys na jou droomwa. Daar mag ook miskien n moontlikheid wees dat jy R30k of meer gaan uithaal vir jou 2de keuse wa net omdat jy miskiem nie gereed was om R5k veranderinge aan te bring vir jou no1 keuse wa nie. Mag jou dalk goedkoper uitwerk om jou no1 wa te koop en veranderinge aan te bring.

Om met jou gunsteling wa te kamp maak n hengse verskil teenoor iets met iets wat jy moes koop agv stoor probleme.

Sou jou gunsteling wa toevallig ook mooi pas in jou garage, is dit n groot pluspunt. 

 

Maar my 2c

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2020 @ 09:07:17 am
Warren G
Silver Member
59% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 31 Jan 2017
Experience: 10 years

I think the Jurgens Xcape might be low enough to fit in your garage. I have an Oryx (the smaller “brother” of the Xcape), which although shorter in length, is (I think) taller than the Xcape. There is more packing space in the Xcape than most other similar-sized 2-berth vans. I would definitely consider it.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2020 @ 10:26:57 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Stem met Geert saam. My Exclusive pas nou ook nie meer in my woonwa garage nie. Hy is 100mm hoer as die deur wat 2.5 m hoog is. Pop-tops gaan daar in.

Hy staan buite onder tripple skadu net en dus kry hy geen son nie. Nie so goed soos garage nie maar ek kan nie die vloer laat sak nie en ook nie die opening hoer maak nie. Well ek kan maar dan moet ek die garage oor bou en my huis is in die mark.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2020 @ 16:46:20 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 411
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

At the age 68 and my wife 67 we are still camping with tents but are seriously looking at the Gypsey Lite, purely for convenience sake. Are there anybody that have had any experience with the Gypsey Lite?   

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2020 @ 16:56:40 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 135
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Very basic box but depends on your needs.  Saw one at Almega while ago - young parents with a small toddler and seems like all fitted with no issues.  Lite easy to handle enough space for 2 adults would love one myself as i hate gadgets just take absolute with what we will need and use but does not fit in std garage - height.  In the Price range nothing else is available unless you find a immaculate 2nd hand caravan little bigger and older model.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 06:22:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16032
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gypsey Lite Impi.

  • Is klein genoeg om binne normale motorhuis te pas
  • Dubbel eiland bed
  • Groot yskas
  • Dinette wat kan plat vou vir ekstra 1 slaap plek

Het ongelukkig nie die "droë" badkamer en kombuis  nie.  Ek self sou net oorweeg om ekstra kassies bokant die Dinette ook te instaleer vir so bietjie meer pak plek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 09:32:34 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die kritieke afmeting is die hoogte.  Die Lite met die vastedak is beslis baie te hoog vir 'n garage. Ek kan egter nêrens op internet die hoogte van die Impi met die dak gesak kry nie.  Ons vorige Sprite Supersport, wat een van die laagste karavane platgevou was, was steeds te hoog om in garage te kom en ek moes ysterwiele maak om dit te doen.  As die hoogte reg is, stem ek saam dis 'n aanvaarbare waentjie vir julle doen.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 11:47:16 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 418
Joined: 28 Feb 2018

Maybe you need to change your mindset slightly, instead of looking for a caravan , look for sleeping space, and still live in your tents, consider a at teardrop shape, it works 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 13:12:11 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Do you still get the teardrop ones?  I haven't seen any of them for a very long time.  The shape is an aquired taste, and you cannot stand upright in them, but besides that, they would tick all Madelene's boxes, I think

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 16:08:01 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 135
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Gypsey lite impi met afslaandak is blykbaar 2180 mm hoog  -  het dealer vanoggend geskakel.    Meeste van julle is seker ook al so lank en dalk langer as ek getroud 36 jaar.   Ma soek net slaapplek en geen gadgets dis hoekom ons kamp - Pa soek die grootste beste waarde vir geld @ die minste seermaak van die beursie for just in case !     Ma pak al op vir die aftreeoord en pa breek en bou nog aan by die huis for just in case !    Darem is ons nou min of meer op selfde level gaan na die Okto Cabana padwa kyk.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 17:26:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Gypsey lite impi met afslaandak is blykbaar 2180 mm hoog  -  het dealer vanoggend geskakel.    Meeste van julle is seker ook al so lank en dalk langer as ek getroud 36 jaar.   Ma soek net slaapplek en geen gadgets dis hoekom ons kamp - Pa soek die grootste beste waarde vir geld @ die minste seermaak van die beursie for just in case !     Ma pak al op vir die aftreeoord en pa breek en bou nog aan by die huis for just in case !    Darem is ons nou min of meer op selfde level gaan na die Okto Cabana padwa kyk.   

Ek het ook so baie planne, party keer sommer n broek ook vol.

Girl wil ook niks van dit weet nie..   lol.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2020 @ 12:35:03 pm
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 418
Joined: 28 Feb 2018

Tear drop Vagabond, comes in street and gravel model, was looking long and hard at the Vagabond bye SWAMBO changed the decision (I know wussie)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 06:11:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16032
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gypsey lite impi met afslaandak is blykbaar 2180 mm hoog  -  het dealer vanoggend geskakel.    Meeste van julle is seker ook al so lank en dalk langer as ek getroud 36 jaar.   Ma soek net slaapplek en geen gadgets dis hoekom ons kamp - Pa soek die grootste beste waarde vir geld @ die minste seermaak van die beursie for just in case !     Ma pak al op vir die aftreeoord en pa breek en bou nog aan by die huis for just in case !    Darem is ons nou min of meer op selfde level gaan na die Okto Cabana padwa kyk.   

Jetstream trailers bou 'n pad en Off road weergawe van 'n Teardrop trailer.  Ek dink hulle is pragtig en verseker baie sterk deur dat die hele bakwerk veselglas is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 09:09:51 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die 'teardrop' ontwerp het beslis voordele, sekerlik wat sleepbaarheid betref, maar ek kan my nie versoen met die baie lae dak wat veroorsaak dat dit heeltemal onmoontlik is om regop daar in te staan. Dis onder andere moeilik om aan te trek in so 'n eenheid nie.  Ons is in die groep karavaanmense wat slegs met die karavaan toer en lankstaan-eienskappe is dus nie belangrik nie.  Ek dink die 'teardrop' sal, behalwe vir die nadeel hierbo genoem, uitstekend hiervoor geskik wees.  Die feit dat daar maar min van hulle te sien is, sê sekerlik dat min mense van die ontwerp hou.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 11:08:55 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Waar ek gestaan het het ons ook baia Sherpa Tiny's gesien. Hulle is 2.1m hoog. So hulle behoort te pas in n' standaard motor huis en jy kan in hom staan. Die kampeerders staan nie lank nie. Jy moet buite gaan staan as jy van plan will verander :)))) en bawaar jou siel as n' muskiet jou daar binne byt.

Ek wonder of daar enigsins statestiek is oor woonwa verkoope in SA. As n' mens kyk na wat op die mark is is die verskydenheid maar redelik beperk in vergelyking met Europa. Maar hulle woonwa/kampeer mark is baia grooter as ons syn.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 11:49:20 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Paul, ongelukkig is daar nie 'n vasgestelde standaard vir die hoogte van garagedeurse nie.  Ons het opwipdeure wat nie 2..1 meter toelaat nie.  Voor ons die Oyster gekoop het, het ons ook die Tiny en ander soortgelykes bestudeeer en onder andere hulle van die kortlys afgehaal omdat hulle te hoog was.  Hulle is maar so hoog soos meeste lae profiel waens.  As mense wanneer hulle huise bou, maar wil oorweeg om een garagedeur hoog genoeg te maak vir 'n standaard karavaan, sal hulle vind dit maak hulle huis aantreklik vir nog 'n groep mense-, die karavaanslepers.  Ek sien nogal heelwat huise waar dit in aggeneem is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 12:11:03 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Paul, ongelukkig is daar nie 'n vasgestelde standaard vir die hoogte van garagedeurse nie.  Ons het opwipdeure wat nie 2..1 meter toelaat nie.  Voor ons die Oyster gekoop het, het ons ook die Tiny en ander soortgelykes bestudeeer en onder andere hulle van die kortlys afgehaal omdat hulle te hoog was.  Hulle is maar so hoog soos meeste lae profiel waens.  As mense wanneer hulle huise bou, maar wil oorweeg om een garagedeur hoog genoeg te maak vir 'n standaard karavaan, sal hulle vind dit maak hulle huis aantreklik vir nog 'n groep mense-, die karavaanslepers.  Ek sien nogal heelwat huise waar dit in aggeneem is.

Net so Fred. Nie net vir woonwa sleepers nie maar ook vir mense met 4x4's met dak rakke. Ek is een van hulle wat met 4x4 gaan toer en ek kan nie eens my voertuig met alles bo op in my 2.5 m woonwa garage in kry nie. Dit skep n' groot probleem op die dag voor vertrek. Ek kan hom nie veilig bere vir die laaste nag nie. Een deur moet sommer 3 meter hoog oop maak. Die extra koste van die deur is minimaal in vergelyking met die gerief en voordeele.

My deure se vervaardiger maak nie meer tip-up deure nie. Ek het well nog tip-up deure en dit "steel" nog 150mm van die standaard 2.1 meter opening (=1.95 m). So, die Tiny sal ook nie by my in my standaard garage pas nie tensy ek die deur met op-roll vervang en dan gaan dit net op n' koue dag pas.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 12:11:32 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 729
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ons sit met n ander tipe probleem. Ons het n Fleetline EN n Metalian 4x4 boswa. Ons kan nie ons maainds opmaak oor die Metalian nie want ons hunker elke nou en dan na plekke soos Spizkoppe en Nossob. Ons speel met die gedagte om beide te verkoop en n 4x4 ding te koop wat alles bied wat die Fleetline bied, maar op die oomblik is die sekuriteit by die meeste banke te goed om die fondse te bekom. Ek het al n OTM-bom oorweeg ook.

Voordat ek my motorhuis verander het ek eerder n waterdigte skadunet-struktuur opgesit vir die karavaan.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 12:18:25 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Die Sherpa Tiny Lite is 1.99m. Die Sherpa Tiny is 2.1m. Die Sherpa Rough Rider is 2.2m. Die ander is almal nog hoer.

The Tiny Lite should fit under his 2.050 m height.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 12:26:44 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ons sit met n ander tipe probleem. Ons het n Fleetline EN n Metalian 4x4 boswa. Ons kan nie ons maainds opmaak oor die Metalian nie want ons hunker elke nou en dan na plekke soos Spizkoppe en Nossob. Ons speel met die gedagte om beide te verkoop en n 4x4 ding te koop wat alles bied wat die Fleetline bied, maar op die oomblik is die sekuriteit by die meeste banke te goed om die fondse te bekom. Ek het al n OTM-bom oorweeg ook.

Voordat ek my motorhuis verander het ek eerder n waterdigte skadunet-struktuur opgesit vir die karavaan.

 

Die 4x4 woonwaens is maar altyd n' kompromie en n' beslomernis om te sleep in regte 4x4 toestande.

Ons doen die pad woonwa vir ons toere en lang kamp en sleep niks in die bos nie. Dakrak met tent en gazebos.

Die Pajero.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 12:33:24 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

In die kampe sien ons heelwat Mobi Lodges. Die eienaars se hulle het dit gekoop vir die selfde reedes as wat jy het. Ek hoor hulle is nie stof dig nie. Hulle offer well n' heel lukse verblyf en weeg GVM 1950kg. In die bos sleep ek liewer niks. 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 12:47:38 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die Mobilodge is seker 'n gerieflike karavaan, maar hy lyk dan soos 'n perdewa.  Beslis nie my smaak nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 12:53:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hulle suig beter stof as n Kirby stofsuier.

En jy sukkel om die slaap gedeelte uit te skuif as daar stof of modder in is. Selfs as hy skuins staan.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 13:07:02 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Die Mobilodge is seker 'n gerieflike karavaan, maar hy lyk dan soos 'n perdewa.  Beslis nie my smaak nie.

Hy het ook nie n' tent nie. Jy moet een after-market laat maak. Ek wonder net hoe >1800Kg in loss sand of cotton clay vir 100Km gaan hanteer. Ek het een keer in cotton clay vas gesit dat ons met stokke en 2X winch die voertuig moes uit pluk. Nee wat as jy bos toe gaan los die luxuries by die huis of bly by die huis.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 13:44:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hulle suig beter stof as n Kirby stofsuier.

En jy sukkel om die slaap gedeelte uit te skuif as daar stof of modder in is. Selfs as hy skuins staan.

 

Ook daai een klagtes gehoor

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 13:45:26 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As jy in n Jurgens, Sprite of Gypsey produk belang stel....nou is die tyd om te koop.......ek sien hulle het goeie specials aan tot einde Julie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2020 @ 09:33:42 am
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 111
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

Man, dis nou n moeilike ene.

Gaan kyk self wat is daar in die mark. Ek is seker jy kan n bargain kry.

Onthou net dat die 4x4 waens is baie swaar, so moeilik om te parkeer sonder n mover.

Die boswaens het ook altyd baie goed wat opgeslaan en oopgemaak moet word.

Miskien n gewone klein karavaan met n "awning". Dan hoef jy nie tent op te slaan vir n naweek nie?

 

Ek het self op-wip deure gehaad vir my garage. Het dit uitgehaal en oprol deure ingesit. Dit het my n extra 200mm hoogte gegee. 

Nie "sectional" deure nie. Hulle is amper dieselfde as op-wip deure.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2020 @ 17:21:50 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 135
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Dankie almal se terugvoer n ou moet maar deeglik droom en slaap voor so n groot finansiele uitleg vir n hopenlik langtermyn belegging soos n karavaan.   Ons het deeglik die Okto en Stealth sprinter 533  / 3 bed padwa bekyk en albei het maar hul minus en pluspunte aangesien 1 n voltent insluit en ander 1 nie.   1 het kwaliteit matras en upholstery ander 1 nie.  1 se kaste afwerking swak ander 1 se buitekombuis is meer impressive.   Albei laat egter net n paar cm toe vir hoogte en breedte om deur ons A frame afdak en garage deure te beweeg aangesien op en afdraandes in plaveisel ook in aanmerking geneem moet word.  Geen Jurgens produk sal pas nie almal te hoog en ons is nie weer lus na die boswa vir enige iets wat opslaan afslaan of uittrek nie want dis moeite en gebeur nie in 10 min soos almal bemark nie ons het 4 jaar probeer.    Manlief soek geen Teardrops of pannekoektrollies nie hy wil darem kan asemhaal.   Ons het nog n opsie om na die Panther Onca te gaan kyk maar is ook nou jeukerig om na n nuwe Sprite Sprinter te kyk en eerder aanpassing by huis te doen om hom in te pas.   Die prysverskil is enorm en gee mens gemoedsrus met n produk wat ons ken.   Gee asb jul opinies oor Sprite sprint dat ons weet of  die extra 30 cm wat ons nodig het die moeite werd gaan wees om te beplan.   Net n pluimpie vir Loftus Randburg hul is bereid om n wa na jou huis te bring om te sien presies wat jou behoefte met berging is.   

 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za