English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 329
Total Replies: 250 619
Total Views: 83 161 575
topics: 11 448
replies: 137 815
views: 39 296 771
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

wintertyd en opwipdak

replies: 48
views: 566
02 Jul 2020 @ 20:07:45 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

Die afgelope paar kampe in die winter was dit merkbaar hoe koud die karavaan word.  En dis duidelik waar al die hitte heen gaan: deur die opwipdak se kantseil.

Dis duidelik dat selfs met nuwe moderne ontwerpe daar niks gedoen word hieraan nie.  En ek kan nie die dak laat sak in die nag nie!

Nou speel ek met die idee om dalk die binnekant van die dakseil te isoleer.  My plan is om, met die opslaan, 'n tydelike isolasielaag regop te laat staan binne die karavaan.  Die isolasielaag kan dieselfde wees as die silwerseil of iets anders wat redelik stewig is.

is dit 'n idee wat sal vlieg?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 21:46:47 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 161
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Kan jou opwipdak nie toe-rits nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 22:30:20 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

Kan jou opwipdak nie toe-rits nie?

Ja, dit kan toerits, so dit help.

my punt gaan oor die hitte wat deur die dun seil ontsnap.  In werklikheid slaap jy in ‘n tent ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 22:39:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het al gehoor dat kampeerders daai silver screen wat mense in hul karre se voor venster sit gebruik onder hul stretchers om koue weg te hou.....miskien daai materiaal?

Nog nie aan so iets gedink nie....sal draad graag volg om te hoor wat die ander se idees is

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 22:54:48 pm
Faizel
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 05 Jan 2020
Experience: 22 years

Ek het al gehoor dat kampeerders daai silver screen wat mense in hul karre se voor venster sit gebruik onder hul stretchers om koue weg te hou.....miskien daai materiaal?

Nog nie aan so iets gedink nie....sal draad graag volg om te hoor wat die ander se idees is

That also crossed my mind when i wanted to insulate the vw van before we bought the caravan...but if we could buy that stuff on a roll then i think its the best idea for the pop top.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 05:14:03 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

Ek het al gehoor dat kampeerders daai silver screen wat mense in hul karre se voor venster sit gebruik onder hul stretchers om koue weg te hou.....miskien daai materiaal?

Nog nie aan so iets gedink nie....sal draad graag volg om te hoor wat die ander se idees is

dis die tiepe materiaal, of soortgelyk.

die karavaanvenster is ook groot skuldige as dit by hitteverlies kom

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 05:20:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

dis die tiepe materiaal, of soortgelyk.

die karavaanvenster is ook groot skuldige as dit by hitteverlies kom

Daar is maatskappye wat covers maak vir vensters. Die doel is om hitte te probeer keer, maar kan seker vica versa ook werk?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 06:37:45 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

Daar is maatskappye wat covers maak vir vensters. Die doel is om hitte te probeer keer, maar kan seker vica versa ook werk?

daardie vensterskerms is sonskerms, ja.  hou hitte uit terwyl die venster oop is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 06:40:28 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

Ek het al gehoor dat kampeerders daai silver screen wat mense in hul karre se voor venster sit gebruik onder hul stretchers om koue weg te hou.....miskien daai materiaal?

Nog nie aan so iets gedink nie....sal draad graag volg om te hoor wat die ander se idees is

Ek oorweeg hiervan in die venster agter teen die Raven se bed.  dit sal seker ons koppe warmer hou :-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 06:48:28 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

dalk iets soos hierdie:

https://www.sisalation.co.za/

dis dun, so kan op- en uitrol en hoort stewig te bly.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 07:32:26 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16032
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek is van opinie die foil en silver tipe materiaal werk maar grootliks deur die UV strale van die son te deflekteer en so bewerk dit 'n koeler effek aan die teenoorgestelde kant daarvan.

Die hitte in jou karavaan gaan nie verlore deur middel van UV strale wat ontsnap nie maar dit is die dun materiaal wat baie maklik deur die koue buite temperatuur afgekoel word.  Dus het die hitte 'n "wickking" effek in die nag na buite.

Ek dink die isolasie wat jy nodig het is meer iets soos los panele polistireen wat jy dan al langs die surround seiltjie  plaas.  Jy kry velcro wat soos dubble sided tape 'n plak funksie het.

As jy dan sou glo in die silver materiaal wat in die nag ook sal werk.  Trek die 20mm of 30mm polistireen oor met die materiaal.  Dan kan dit nog beter werk.

My opinie die isolasie wat jy nodig het is dikte nie die silver seil tipe materiaal nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 07:48:44 am

Jy het verseker 'n punt beet rondom die uitlek van hitte duer die dun tentmateriaal.  Iets wat dubbel isoleer, of wat dik is, sal werk.

Ek het EPS oorweeg omdat dit lig is en behandel is om meer brandbestand te wees.  Kan dit dalk oortrek om te keer dat dit mors en om iets vir die oog ook te wees.

Dit kan maklik in segmente ingesit word wat sal werk in die dag om lug en lig in te kry.  My plan was altyd om dit binne te installeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 07:54:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16032
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jy het verseker 'n punt beet rondom die uitlek van hitte duer die dun tentmateriaal.  Iets wat dubbel isoleer, of wat dik is, sal werk.

Ek het EPS oorweeg omdat dit lig is en behandel is om meer brandbestand te wees.  Kan dit dalk oortrek om te keer dat dit mors en om iets vir die oog ook te wees.

Dit kan maklik in segmente ingesit word wat sal werk in die dag om lug en lig in te kry.  My plan was altyd om dit binne te installeer.

Jy kan selfs die oortrek materiaal so kies dat dit die atmosveer van die karavaan lekker snoesig en warm laat lyk.

Dan moet nie daar stop nie.  Siende jy iets stewig dan gebruik maak gebruik van die kans om die beligting in die wa te verbeter.  Iets soos LED strips of selfs lees lampies kan dan maklik op enige plek in die wa gesit word.

Klink na 'n lekker projek as jy jou kop laat gaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 07:59:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons gebruik hierdie Pick n Pay sakke as ons koue goed koop....werk goed. Dit keer koue om maklik deur te kom. Dis lekker dun en werk. As dit werk om koue in te hou sal dit seker ook werk om koue buite te hou. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 08:28:59 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die Girl het een jaar toe ons ook so simpel was om in die winter te kamp die groot bad handoeke so in die ronte teen die seil met wasgoed pennetjies vas gesteek.

Moet sê jy kon die verskil voel.

Dit was met die explorer en hy kan koud raak binne.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 08:36:04 am
Swannie
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 134
Joined: 12 Aug 2015
Experience: 20 years

Hello almal,

Die goedkoopste en die beste is net n klein blaas heatertjie wat jou so R250 kos, hy werk soos n bom maak die karavan lekker warm, (sit hom af terwyl jy slaap) en as jy in die nag opstaan en hom aansit dan is die hitte dadelik daar.....geen modifikasies nie

Jesus first, then all other people Jesus love's !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 08:51:45 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

Hello almal,

Die goedkoopste en die beste is net n klein blaas heatertjie wat jou so R250 kos, hy werk soos n bom maak die karavan lekker warm, (sit hom af terwyl jy slaap) en as jy in die nag opstaan en hom aansit dan is die hitte dadelik daar.....geen modifikasies nie

is 'n plan maar ek is nie 'n voorstaander van verwarmer nie - maak lug baie droog en alles is dan static.

so ek het dit op as PlanC ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 08:52:47 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

Die Girl het een jaar toe ons ook so simpel was om in die winter te kamp die groot bad handoeke so in die ronte teen die seil met wasgoed pennetjies vas gesteek.

Moet sê jy kon die verskil voel.

Dit was met die explorer en hy kan koud raak binne.

dankie - dit bewys dalk die punt dat ek in die regte rigting dink ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 08:53:38 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

Jy kan selfs die oortrek materiaal so kies dat dit die atmosveer van die karavaan lekker snoesig en warm laat lyk.

Dan moet nie daar stop nie.  Siende jy iets stewig dan gebruik maak gebruik van die kans om die beligting in die wa te verbeter.  Iets soos LED strips of selfs lees lampies kan dan maklik op enige plek in die wa gesit word.

Klink na 'n lekker projek as jy jou kop laat gaan.

nou praat jy!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 11:16:12 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

In koue lande gebruik hulle polistereen in die vensters wat reg gesny is vir die vensters.  Dit lyk heel netjies en is waarskynlik heel effektief en is baie bekostigbaar, maar as dit ook vir die seilgedeelte gebruik sal word, is dit 'n groot volume materiaal wat saamgedra moet word. 'n Mens kan dit selfs verf om by jou dekor of karavaan se buitemure te pas.  gebruik tog net PVA want polistireen los maklik in verf met 'n oplosmiddel-basis op, veral die in spuitkannetjies.  Pas tog ook maar op vir versmoring.  'n Heeltemal toe karavaan kan wel gemaklik warm wees, maar die kans is dat die inwoners met 'n hoofpyn, of dalk gladnie, sal opstaan nie.  'n Klein elektriese blaasverwarmertjie is baie effektief in 'n karavaan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 11:49:20 am

dankie vir die raad.  ja, daarmoet altyd plek wees vir ventilasie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 20:41:46 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years
And some of us like Fred will just have to freeze or get what warmth we can get out of those fan heaters as we have tent trailers. Decent sleeping bags and blankets essential, maybe even an electric blanket. Unfortunately we mostly camp without electricity on site.Been down to-4 at Cobham and survived without electricity.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 20:49:21 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

And some of us like Fred will just have to freeze or get what warmth we can get out of those fan heaters as we have tent trailers. Decent sleeping bags and blankets essential, maybe even an electric blanket. Unfortunately we mostly camp without electricity on site.Been down to-4 at Cobham and survived without electricity.

We're pretty well set up in the Raven.  In principle we don't do electric blanket (have never owned one).

It's cool to snuggle up but it still mean whatever is outside of the blanket will get a chill.

And I actually don't like the winter morning temperature drop of 03h00 to wake me up.

so i'm on the edge of glamping ?  :-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 13:52:31 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek het my Exclusive se voorste groot venster met n' stuk 20mm polystyreen toe gemaak. Dit is by ons koppen-ent van die bed en is koud in die winter. Dit hou ook die hitte uit in die laat middag somer son. Ek het meer as 40 graade temperatuur in die middag gemeet. Jurgens se vensters is ook dubble laag wat ook help vir isolasie. Jy moet ook onthou dat sulke toe maak die woonwa in die dag donkerder binne maak. Met die dak vensters van die Exclusive is dit nie n' probleem nie maar ek dink met n' pop top kan dit donker raak binne.

Jy kan seeker soos Leon se stukke styrofoam sny wat die pop top gordyn toe maak. Daar is n' plek wat groot styrofoam velle verkoop, cheap cheap. My voorste venster se stuk was R50.

Waar kamp ek?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 13:58:53 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek moet se die konventionals het n' groot voordeel as dit by isolasie kom.

Baia meer gemodereerd binne as buite.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 14:31:18 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4436
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

'n Reflecto Blanket oor die woonwa sal ook die koue uithou en die hitte binne hou. Kyk hoe dun is die "Space Blanket" en is baie effektief teen hipotermie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 14:47:48 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4436
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Hier is 'n wenk om die isolasie by die venters te verbeter. Sny "bubble wrap" so groot soos die venster en plak dit met 'n bietjie water uit 'n spuitbottel.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 15:05:46 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

https://en.wikipedia.org/wiki/R-value_(insulation)

Polyurethane rigid panel is 3rd from the most insulateive (highest R value, 7-8). The gasses (CFC/HCFC) evaporate over time and reduces its R value but it remains tops. Polystyrene board (5) is in the middle somewhere.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 15:10:37 pm
RichardJ
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 389
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Ek het my Exclusive se voorste groot venster met n' stuk 20mm polystyreen toe gemaak. Dit is by ons koppen-ent van die bed en is koud in die winter. Dit hou ook die hitte uit in die laat middag somer son. Ek het meer as 40 graade temperatuur in die middag gemeet. Jurgens se vensters is ook dubble laag wat ook help vir isolasie. Jy moet ook onthou dat sulke toe maak die woonwa in die dag donkerder binne maak. Met die dak vensters van die Exclusive is dit nie n' probleem nie maar ek dink met n' pop top kan dit donker raak binne.

Jy kan seeker soos Leon se stukke styrofoam sny wat die pop top gordyn toe maak. Daar is n' plek wat groot styrofoam velle verkoop, cheap cheap. My voorste venster se stuk was R50.

Waar kamp ek?

Punda ?

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 15:33:50 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2176
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Louis ek het hierdie onderwerp van jou nogal noukeurig gevolg. Dit is n probleem by alle opwip modelle. Al die goeie raad wat hierbo gegee word is werkbaar maar teen n prys en spasie om daardie materiaal te berg wanneer dit nie gebruik word nie. Daardie probleem sal jy ongelukkig met jouself moet uitklaar. Feit is dit lyk nie of daar die eenvoudige en maklikke oplossing is nie. Ons is nie wintermaande kampeerders nie, so dit tref ons nie so erg nie. Twee jaar gelede het ons n blommetoer gedoen en toe n uiters koue weer langs die weskus getref. Ons het gelukkig een van die klein blaasverwarmertjies gehad. Die resep was maar om vroeg in te kruip en die verwarmer op laag aan te sit. Dit het ons en die karavaan heerlik snoesig gehou binne terwyl ons lekker le en lees het. Op sy laagste gestel het daardie ou blasertjie die Fleetline met tye binne te warm gemaak. Ek sal nie meer as dit doen vir ons behoeftes nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 15:37:55 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Punda ?

Close. Net bietjie suid. Will so graag nou daar wees. Ek het n' ratkas verloor met daai trip. In daai kamp.

Groete,
Paul
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 15:56:08 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die oormatige verhitting en dan geleidelike afkoeling tot jy begin koud kry, is bietjie frustrerend met die blaasverwarmers en ons het dit ook met ons Oyster ondervind.  In die vorige Supersport was dit nie so ekstreem nie.  Nou het ons 'n baie klein 500W verwarmerjie, 'n  'Milex Nanotech Heater'.  Ek dink die konvensionele blaasverwarmers se elemente is elk omtrent 1500W.  Omdat hy so 'n lae uitset het, maak hy nie die karavaan so erg warm nie, en hy skakel dan ook meermale aan en af sodat dit nooit so koud word soos met die groter verwarmer nie.  As dit regtig koud word, skakel hy trouens nie eers af nie.  Ons het al gekamp wanneer dit buite tot by vriespunt gedaal het.  In kwaai koue hou hy die binnekant teen minstens 14º, wat heel gemaklik is snags- dis maar soos dit in ons huis ook is.  Die Oyster is natuurlik baie klein en ek twyfel of hy voldoende sal wees vir 'n normale grootte karavaan, maar vir ons kleintjie werk hy uitstekend. En ons ry ook 'n enkelbed elektriese kombers saam.

You should try this too Paul.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 16:07:36 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

"En ons ry ook 'n enkelbed elektriese kombers saam."

Net so Fred. Ons ry n' dubble bed een saam want hy het twee controls. Jy kan nie koud kry met hom nie punt. Ek sou dit doen lank voor die dak isolasie.

Die venster by jou kop het so straalings koue op jou kop en skouers gegee wat vir vrou lief mooilik was. Die electriese kombers help nie vir dit nie tensy jy jou kop onder die kombers sit. Die styrofoam het dit opgelos en dit hou die middag son ook uit die woonwa.

Ons gebruik ook somtyds die air-con op heat. Ongelukig droog dit die lug uit. Maar dit werk baia goed.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 16:46:37 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

dit wil vir my voorkom dat daar meer as een propbleem is, en dan vele oplossings:

- koue by die bed agv die venster:

oorweeg isolasie wat lig sal deurlaat.  Lyk my die bubble-wrap idee sal dalk die ding doen.  Om die venster heeltemal toe te maak met EPS sal kan werk maar kan karavaan te donker maak.  sal eksperimenteer hier want daar is ander vensters by die bed.

- hitteverlies deur die opwipdak:

aangesien nog geen karavaanvervaardiger, of ervare kampers, iets hieraan probeer doen het nie is ek dalk besig met baanbrekerswerk, of ek mors my tyd.  Daar is opsies soos klein blaasverwarmer of elektriese kombers - beide hierdie opsies is vir my nie ideaal nie soos reeds aangedui.

Met die idee van dekor en LED's (dankie Leon) en so aan is dit dalk steeds die moeite werd om verder te ondersoek.  So my plan is om die panele oor te trek en vas te maak teen die dak.  dit kan dus aflsaan as die dak op geslaan is, en soos nodig gebruik word (oggendson is steeds welkom) en opslaan as die dak afgeslaan is.  Daar is praktiese probleme waar die dakskarniere is maar kort bietjie dinkwerk.

Dankie vir die terugvoer, planne maak en idees!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 17:15:23 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Louis,, mooi man- daar is altyd iemand wat met 'n goeie oplossing kom as daar een nodig is, en dalk is dit jy in die geval.  Hou ons asseblief op hoogte.

Oor die 'bubble wrap' teen die vensters Hendrik:  Hoe stewig hou dit en kom dit maklik weer af?  Dit klink nogal of dit kan werk, maar hitte straal natuurlik ook en die 'bubble wrap' is deursigtig, nou wonder ek of dit dalk tog ook 'n mate van hitteverlies kan toelaat.  Die 'space blanket' werk die straling teë omdat dit die hittestrale terugkaats na die persoon in die kombers. Die beginsel word ook vir plafon-isolasie gebruik.  

Ek het gesien dat die velle skaduplastiek, iets soos 'smash-and-grab' met sunlight liquid in water verdun, teen 'n gebou se venster geplak word, maar dit sit permanent- jy kan dit nie aftrek nie.  (word dit dalk ook so aan voertuie aangebring?)

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 17:50:25 pm
RichardJ
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 389
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Close. Net bietjie suid. Will so graag nou daar wees. Ek het n' ratkas verloor met daai trip. In daai kamp.

Dan moet dit Shingwedzi wees...

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 23:31:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

My huidige kamp buurman gebruik daai silver shield wat mens in kar gebruik in venster teen koue.....hy sê dit werk soos n bom en het hom R30 gekos. Sal môre foto neem as dit lig is

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 23:41:08 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ek het n reflecto blanket wat jy voor in n kar se venster sit. Die sit ek voor in my karavaan venster en dit help teen die hitte in die somer en in die winter weer om die koue uit te hou en nou slaap ek sonder n bienie. Dan gebruik ons ook die blaas heater op laagste verstelling om die karavaan warm te hou en sit n bakkie water voor hom neer hopelik droog dit dan nie die lug uit nie. As ons vir langer as n naweek staan sit ek die silver seil oor die karavaan en tent dit help ook. Ma se gans veer duvet doen ook sy werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 09:00:03 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Richard, you are right. Stayed there for 10 days while my gearbox was being replaced in Shingwedzi's work shop.

My huidige kamp buurman gebruik daai silver shield wat mens in kar gebruik in venster teen koue.....hy sê dit werk soos n bom en het hom R30 gekos. Sal môre foto neem as dit lig is

Dit kan ook werk.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 11:57:43 am
RichardJ
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 389
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

My huidige kamp buurman gebruik daai silver shield wat mens in kar gebruik in venster teen koue.....hy sê dit werk soos n bom en het hom R30 gekos. Sal môre foto neem as dit lig is

On our tour I bought a large one that fits about 95% of our front window. Perfect shape, like Paul's styrene sheet.

Works for sun....have not had the privilege to try it against cold.

Not sure it was that cheap....?

An extra one for the tipper. I use it to shade myself when sitting at a sighting and the sun starts becoming an issue. (besides using as intended for the windscreen.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 14:06:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

My huidige kamp buurman gebruik daai silver shield wat mens in kar gebruik in venster teen koue.....hy sê dit werk soos n bom en het hom R30 gekos. Sal môre foto neem as dit lig is

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 14:08:11 pm

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 06:46:41 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Gesien op fb....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 14:46:01 pm
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 111
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

Ek dink n groot probleem kan ook die materiaal van die dak se skirting wees.

Met die nuwe karavane lyk daai materiaal maar bra dun.

Vervan dit met dukker materiaal en dit sal bietjie minder hitte uitaat, of inlaat in die somer.

My materiaal is so duk, jy kan in die middel van die dag donkerkamertjie speel :D

Die silver seil help natuurlik ook baie vir oggend dou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 09:24:59 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

Ek dink n groot probleem kan ook die materiaal van die dak se skirting wees.

Met die nuwe karavane lyk daai materiaal maar bra dun.

Vervan dit met dukker materiaal en dit sal bietjie minder hitte uitaat, of inlaat in die somer.

My materiaal is so duk, jy kan in die middel van die dag donkerkamertjie speel :D

Die silver seil help natuurlik ook baie vir oggend dou.

wat ons uitgepluis het in hierdie gesprek is dat dit nie die dikte van daardie materiaal is nie maar die feit dat dit enkellaag is, so dit hitte 'lek' deur die materiaal.

As daar dubbellaag materiaal in is (watter plan ons ook al op besluit) dan sal dinge warmer uitwerk ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 09:07:56 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Goedkoop en maklik. Kry vir jou n Klein fan heater. Werk soos n bom. 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 10:43:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Laasjaar hierdie tyd het ons met Swing in Dinokeng gekuier met n fan heater wat mooi gewerk het. Afgelope naweek was ons weer daar, maar met die Expo. Ek weet nie of hy beter geisoleer is teen koue nie, want ons het nie so koud gekry nie.....was nie eers nodig gewees om fan heater uit te haal nie. Temperature was baie dieselfde gewees....selfs ys die laaste keer op die wa gekry. Miskien verbeel ek my net......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2020 @ 19:20:48 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 31 years

was laas week by Dinokeng en dit was nogals crispy - ys elke oggend op die 'van se voorvenster en op die karre.

Meeste koue was by die bed - die venster by die eilandbed is verseker 'n probleem.  Dit het gehelp om die gordyntjies toegetrek te hou (taamlike dik gordynmateriaal) so 'n plan rondom bubble-wrap of 'silver shield' gaan beslis dinge verbeter want dit sal dubbellaag isolasie skep.

Sal beslis moet eksperimenteer met die dak se skirting maar sal nou eers in September weer kan probeer ...

Maar ek dink die planne maak almal sin - dankie vir die saamgesels!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 17:04:32 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

There was a fellow camper in Shigwedzie that made a filler piece (out of a piece of caravan wall) that he screwed in place of the front window. Permanently closing the space. In my opinion a bit over the top and irreversible. With the sun screen and my styrafoam options the window can still be opened if you want to. You can also without any effort revert back to where you were.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za