English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 231
Total Replies: 248 722
Total Views: 83 111 409
topics: 11 383
replies: 136 490
views: 39 265 548
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

So het ons baie verloor aan ervaring

replies: 9
views: 308
03 Jun 2020 @ 09:48:30 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Nou waar gaan huil jy wanneer jy GROOT verloor het? Seker by mede karavaan-mense.

Op hierdie dag sou ons vanaf PORTO in Portugal begin stap het na Santiago aan ons tweede Pelgrims-Camino. Ons sou eers n draai gaan maak het in Lisbon. En so het alles platgeval. Al die maande se oefen berg-op met n rugsak en vroeg-opstaan en groot uitgawes aan die beste skoene en goeters is verniet. 

Hoe raak dit my? ERG. Ek staan in n ry saam met n paar miljard reisigers wat hoop hulle gaan hulle vlieg-kaartjies se koste terugkry. Maak nie saak hoe goed jy jou reis verseker het nie, n fine print is nie almal se maat nie. En die lugredery is NOU-NOG nie oop nie. Gelukkig het ons geen koste met die verblyf nie, Booking dot com is n ongelooflike medium om n reis mee te bespreek.

En wanneer kan ek weer gaan? Niemand weet nie.

Dammmmmmit.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 10:39:49 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ja.Nee.....so is daar klomp teleurstellings oor die hele wêreld. Ek dink ook aan mense wat April sou trou het....troues reeds betaal....onthaal reeds gereel....oorsee se vakansie pakette reeds betaal....gaste se vliegkaartjies wat ver vooruit betaal is, wat reeds betaal is. Hier by ons op die forum waar klomp mense moes afsien van hulle lang verwagte vakansies wat een na die ander gekanseleer word soos inperking langer aanhou. So kan die lys van teleurstellings aanhou en aanhou. Ek glo oorsee se reise is van die laastes wat weer toegelaat gaan word....dink nie lande wat basies nou skoon is van virus gaan sommer hulle grense weer oopstel vir lande wat nog sukkel om virus onder beheer te kry nie. Soos New Zeeland wat maar nog net 1x aktiewe geval het.....hulle sal seker in die begin baie selektief moet wees wie hulle nou in hul land toelaat om te verhoed dat die storie weer van vooraf geskied.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 10:46:24 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons het beplan om in September Lissabon toe te gaan vir 'n maand.  Omdat ons al 'n vorige keer 'n reis moes kanselleer as gevolg van mediese redes, het ons besluit om die keer te wag met vlug en verblyfbesprekings tot nader aan die tyd.  En toe kom Covid19.  Moontlik sal die redery waar julle bespreek het, nie onder gaan nie en moontlik sal hulle jou toelaat om die geld oor te dra na toekomstige vlugte.  Die sal waarskynlik om verskeie redes duurder wees.  Sterkte ou maat!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 10:53:15 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Het jy kaartjie met kaart betaal? Ek weet destyds toe lug rederye hier by ons toegemaak het, het die manne wat kaartjies met kontant betaal het hulle gelde verloor, maar die wat met kaart betaal het, het terugbetalings kon kry van die bank aangesien die geld eers "release" word aan lug redery die dag as jy vlieg/incheck

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 11:23:10 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

My broer se kaartjie na Londen is deur British Airways-self uitgestel na Oktober .... net om vandag te hoor hy sal nou moet 14 dae vroeër reis omdat hy verplig gaan word om 14 dae in n ingeperkte hotel te gaan sit.

 

Wat HELP DIT?

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 11:26:27 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9394
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ook maar hartseer met die kinders wat nie meer kom kuier nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 11:43:41 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Danie, as ek soos Geert noem, met my ABSA kredietkaart koop, kry ek outomatiese reisversekering wat die nie-reis risiko insluit.  Het jy al na die moontlikheid gekyk?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 12:54:55 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Sal die antie byrie bank vra wanneer ek my volgende nuwe kaart in hierdie maand gaan haal.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 15:01:22 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1458
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ons ouens, insluitend myself, is wonderlik bevoorregte mense.

Ons gesprekke laat my gereeld dink aan die spreuk wat my oorlede moeder bo haar kaggel gehang het. Dit het gelees:

“I had no shoes, and I complained, until I met a man who had no feet”.

Ongeag, dit is sekerlik menslik om beswaard te wees wanneer ons swaar verdiende geld deur faktore buite ons toedoen te verloor.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2020 @ 07:32:43 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 726
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

klomp van die goed is maar deel van die lewe.

soms is mens voorbereid ander gevalle is dit net totaal en al onverwags.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za