English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 521
Total Replies: 252 725
Total Views: 83 244 609
topics: 11 570
replies: 139 174
views: 39 340 406
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Waar is al die deelnemende lede heen?

replies: 61
views: 1257
page 1 of 2
18 May 2020 @ 10:32:07 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Toe ek net meer as veertien jaar gelede hier aangesluit het was dit 'n woelige forum. Daar het nie 'n dag omgegaan of daar was 'n klomp opgewonde kampeerders wat 'n entoesiastiese stuiwer in die aembeurs te gooi gehad het nie.

Nou lyk dit my is dinge aan die verander.

Ek self is traag om nog hier deel te neem, want jy stel jouself deesdae bloot aan die kommentaar van 'n paar ou knorpotte wat blykbaar daarop ingestel is om fout te vind met wat hulle nie aanstaan of by hulle oortuigings aanklank vind nie.

'n Mens wonder soms wat hulle doel is om hulle misnoë oor ander se onderwerpe hier te lug. Dink hulle regtig dit is bevorderlik vir lede deelname en gelukkige samesyn?

Van die geleerde ouens beweer ons is nou in 'n tydperk waar mense se gemoedstoestand nie bevorderlik is vir gelukkige verhoudings nie. Ek het begrip daarvoor, maar dit wil egter vir my voorkom asof knorpotte en onvergenoegdheid meer onder ouer persone voorkom. (terloops, ek self is 75)

Tye het egter verander, en ek kan nie sien dat die jonger geslag goedsmoeds hier gaan deelneem nie en wat onrusbarend is, is die engelssprekende deelneming  wat alreeds so skaars is soos hoendertande.

Ek besef adverteerders stel hier net belang in blootstelligsyfers. Met die min persone wat deesdae hier van hulle laat hoor spel dit niks goeds nie, want waarom moet die nie deelnemende lede dan die forum blad oopmaak - om wat te lees?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 12:46:40 pm
Harv
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 367
Joined: 23 Oct 2008
Experience: 22 years

Al die ouens is nou op pad om sigarette en drank in die hande te kry....sealed

Soet wees!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 14:12:01 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 394
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Gaan maar daaraan dink om pynappel bier te maak.  Wie kan my help met die regte resep?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 14:32:53 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 322
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years

Ek het ook opgemerk dat die aktiewe lede al minder raak, maar dit het al begin voor lock-down. Omdat menings verskil sal ek bloot 'n post ignoreer as ek daarvan verskil. Dis seker 'n lafhartige opsie, maar ek sien geen sin in 'n virtuele bekgeveg nie. Daarom bly ek maar daaruit. Dit beteken nie mens kan nie jou mening lig nie, ek sal net nie iemand persoonlik aanvat op die forum nie.

Dalk is almal te besig om bier te brou en rooibos zolle te rol en kom nie by die forum uit nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 15:21:35 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek sal maar ‘n hoendertand wees..

I have also noticed that the number of active participants has dwindled. It is the same few members ( you can probably count them on your fingers) that place posts, or respond to posts, on a regular basis.

The lockdown has also not helped. I guess that being unable to engage in our favorite pass time there is not a great deal to write about and share with members. On the other hand I would have thought members would be more active on the forum, if for no other reason, to relieve the boredom of being cooped up at home..

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 15:35:01 pm
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Gaan maar daaraan dink om pynappel bier te maak.  Wie kan my help met die regte resep?

Terloops, ek sien die naweek hier by ons mooi groot pynappels teen slegs R39-99 elk!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 16:16:17 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Have you folks noticed how the price of pineapples have increased.   They have taken the monopoly from SAB and the home brewers.   In some shops yeast has become a rarity.

I have an order for wine waiting for free delivery once lockdown allows transportation.  Rather wait for it than go the pineapple route. 

Op die oomblik ontprop ek my 1980 en '83 wyne wat kwansuis as belegging gebêre is.  Vir vanaand is dit 'n Douglas Green Pinotage van 1995 - 'n spesiale wêreldbeker uitgawe.   

My English friend tells me it was for the rainy day(s) that has (have) arrived. 

To your health - op julle gesondheid. 

NS: Na aanleiding van Pieter se vraag.   Ek mis ook van ons Engelse vriende soos Marg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 16:31:15 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9760
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dink party het liggaamlik ook gelockdown.

Pynappels van R4.99 na R39.99 in 8 weke.

Wil sien wat gaan bier kos met die oorvloed van dit.

Wat gaan die Toerisme bedryf doen. Hoe gaan hulle groei in prys.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 17:38:03 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Joanie het ook altyd gevra: "Wanneer gaan jy al daardie rooiwyn van jou drink?"

Wel, die tyd het beslis aangebreek - my versameling rooi wyn is besig om VINNIG deur die keelgatte te gaan - uitsoekwyne, nostalagiese bottels, versamelaarswyne ..... alles. Hierdie inperking het werklik daarvoor gesorg dat ek alles verloor het cry, maar tenminste was dit vrek lekker!!smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 17:51:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Gaan maar daaraan dink om pynappel bier te maak.  Wie kan my help met die regte resep?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2020 @ 22:53:47 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ek sien ook maar die manne raak minder. Ek dink dit het ook te doen met n gebrek aan kamp, uitstappies, wedervaaringe of die buitelig wat maak dat ons nou stil raak. Ek het nou die dag gewonder wat gaan ek dan nou rate vir die maand die voorste tuin roete, die agtertuin roete of die tuis ablusie blok en resturant, dalk die ingeboude braai of miskien ons gesins vermaak in afsondering. Miskien sal die dinge weer aan die gang kom na die eerste kamp naweek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 06:10:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sien ook maar die manne raak minder. Ek dink dit het ook te doen met n gebrek aan kamp, uitstappies, wedervaaringe of die buitelig wat maak dat ons nou stil raak. Ek het nou die dag gewonder wat gaan ek dan nou rate vir die maand die voorste tuin roete, die agtertuin roete of die tuis ablusie blok en resturant, dalk die ingeboude braai of miskien ons gesins vermaak in afsondering. Miskien sal die dinge weer aan die gang kom na die eerste kamp naweek.

Ek dink ook so Kobus. Omdat daar deesdae net besprekings gekanseleer word en nie gemaak word nie, wil mens nie eintlik baie graag oor kamp praat nie want daar is tans geen nuwe vooruitsigte nie. Ek moes self reeds paar skuif en daar is nog kampe later die jaar wat reeds betaal is, maar ek raak glad nie meer opgewonde daaroor nie, want ek weet nie eers of dit gaan realiseer nie. Ek sien op fb kamp blaaie is dit ook maar bitter stil.  Ek dink die mense voel "af". Ek dink dit gaan baie verander sodra oorde weer mag oopmaak

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 08:44:22 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4737
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ek glo ook sodra dit beter gaan ons meer ruimte het sal mense ook weer meer gesels en posetief bydra tot alle forums

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 09:19:25 am
Douglas Green
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 06 Sep 2010
Experience: 11 years

Have you folks noticed how the price of pineapples have increased.   They have taken the monopoly from SAB and the home brewers.   In some shops yeast has become a rarity.

I have an order for wine waiting for free delivery once lockdown allows transportation.  Rather wait for it than go the pineapple route. 

Op die oomblik ontprop ek my 1980 en '83 wyne wat kwansuis as belegging gebêre is.  Vir vanaand is dit 'n Douglas Green Pinotage van 1995 - 'n spesiale wêreldbeker uitgawe.   

My English friend tells me it was for the rainy day(s) that has (have) arrived. 

To your health - op julle gesondheid. 

NS: Na aanleiding van Pieter se vraag.   Ek mis ook van ons Engelse vriende soos Marg.

Hi Butts - glad to see that you are enjoying my wine. ( wish )laughing
Our FaceBook group was asked what they are grateful for during the lockdown. I said that I was grateful that my wife doesn't drink alcohol, so I don't have to share my booze with her.  Found 2 bottles of Coco Rica from the '80's, one still unopened - will only open as last resort.

Been there--done it. ( Talking about the bathroom )
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 10:40:55 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 994
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek dink die feit dat daar nie eintlik nou meer gekamp word nie, een van die redes is.

Daar het ook 'n gebytery begin voor die lockdown en daar is sekere lede wat absoluut hulle denke wil afdwing op deelnemers, wat ook veroorsaak het dat sekere lede  stil geraak  en eerder onttrek het.

Baie lede is nie lus vir die onaangenaamhede nie. Ek dink dat van ons eintlik introspeksie moet doen, en kyk of ons nie dalk die oorsaak is nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 12:05:39 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 394
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Dankie Geert, die appel een lyk ook baie uitlokkendtongue-out

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 17:30:13 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3482
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het al vroeër opgemerk dat die Forum oor naweke besonder stil raak.  Lyk my as mense afskakel vir die naweek, het hulle ook nie juis lus om bydraes te plaas nie.  Nou met die tienweke langnaweek is dit ook maar dieselfde.  As ons niks belangrik te doen het nie, dan doen ons sommer niks.  Ek vind dit ook so met myself.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 18:26:38 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Ons is besig om hande te was.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2020 @ 20:22:34 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Johan, goeie humor vir die tyd.

Hopelik kamp ek party mense raak in KNP.   Het reeds my Julie 2020 kamp geskuif na Mei 2021.   Hou nog die September 2020 vir eers vas.   Moet darem my Wildcard gebruik eerder dan die voordeel vir hierdie jaar te verloor. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2020 @ 15:56:18 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9760
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Johan, goeie humor vir die tyd.

Hopelik kamp ek party mense raak in KNP.   Het reeds my Julie 2020 kamp geskuif na Mei 2021.   Hou nog die September 2020 vir eers vas.   Moet darem my Wildcard gebruik eerder dan die voordeel vir hierdie jaar te verloor. 

Jy is darm lus vir die KNP.

Groete

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2020 @ 16:29:34 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 583
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Ek stem saam met jou Hennie, daar is baie “slim manne” op hierdie forum, ek bly weg van daardie gesprekke want my geduld is min met sulke mense.

👍
0
💔
3
😮
0
🙂
0
20 May 2020 @ 16:46:27 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2190
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Hennie en Johan ek dink julle is die naaste aan die waarheid. My oorlede Moeder het altyd n se ding gehad soos volg :- "Julle moet onthou dit is nie wat julle se nie maar hoe julle dit se".  Dit raak later maar soos Johan se dat jy nie eers meer daardie insette lees nie want om jou standpunt daarop te gee lok net onaangenaamheid uit. Miskien is ons nie al wat so voel nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2020 @ 17:50:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek wens mens kon animated gifs plaas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2020 @ 20:30:26 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

Die manne het stiller geraak. Want die werk het al hoe meer geraak hoe langer die lockdown is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2020 @ 09:31:28 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek wens mens kon animated gifs plaas

Jy kan........ 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2020 @ 06:54:40 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Gaan maar daaraan dink om pynappel bier te maak.  Wie kan my help met die regte resep?

Dis nou nie pynappel bier nie.. .

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2020 @ 10:56:38 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 994
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek stem saam met jou Hennie, daar is baie “slim manne” op hierdie forum, ek bly weg van daardie gesprekke want my geduld is min met sulke mense.

Stem saam,

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
3
😮
0
🙂
0
24 May 2020 @ 12:17:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sukkel om my animated GIFS te plaas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 10:21:29 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek moet bieg, ek laaik nogal die forum en al die opinies, ek laaik ook die knorpotte, hulle voeg bietjie kruie by die braai. Soos Brommer, WAT het van hom geword?

Maar ek het die afgelope inperk-tyd min tyd gehad vir die komper, beide ek en Bekkie Bokkie Baby het van die ingehokte-tyd gebruik gemaak om te gaan vir "nood" rug-operasies. Sy het twee werwels gekraak op n oefen-masjien (nou te koop, wie wil dit hê?) en ek sit al lank met n ding in my rugwerwels wat uitgeboor moes word. In beide gevalle het ons in n DOL DOL DOL-LEEG hospitaal gelê, net een saal was in werking. Die neuroloog-spesialis by wie Bokkie Bekkie somtyds werk het n nood-situasie bewerkstellig en siedaar,ons is gesny.

As gevolg van al die excitement het ek nie by die forum gekom nie. Dit het egter die inperk-tyd soveel korter gemaak. Ek is nou ses weke aan die gang weer en is darem al so dat ek weer die Waterwerke-pad bokant Gordonsbaai uitstap.

Maar ek het julle manne beslis gemis!  (Viral vir ou Brommer)

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 10:51:45 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3482
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Brommer is na 'n faait blykbaar permanent weg.  Ek weet nie of dit sy besluit was en of admin hom verwyder het nie.  Ek mis hom ook al het ek baiemaal nie met sy standpunte saamgestem nie, maar hy het gesprekke aan die gang gehou.  Mense het glo al die Forum verlaat oor die stryerye.  Ek dink dis onnodig.  Dis nie 'n Sondagskoolpiekniek waar almal moet glimlag en met die juffrou saamstem nie.  Meningsverskille gee bietjie geur aan die gesprekke, ons moet net nie te sensitief wees nie en ook nie beledigend raak nie.  Hoop dit gaan nou goed met julle twee Danie.  Dis darem 'n goeie tyd om sulke operasies te ondergaan omdat jy in elkgeval niks anders mag gedoen het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 11:36:05 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Volpunte, Fred.smile

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 17:29:38 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

"Waar is al die deelnemende lede heen?"

By die huis waar anders ? sealed

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 17:34:56 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3482
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Natuurlik! Hoe kon ons dit vergeet.tongue-out

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 11:24:27 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 11:44:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hahaha....goeie een Danie!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 12:15:39 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Dit lyk vir my na een van daardie tente waarvan die tent pale ingeboude opblaas pype is. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 12:36:02 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Hahaha....goeie een Danie!

Sien my gifs werk elke keer. Weet nie hoekom sukkel joune nie :(

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 12:38:06 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek dink baia mense het na die ander komunikasie mediums soos, WhatsApp, Twitter, Instogram, Telegram en seeker Vleisboek....ens. toe gegaan. By voorbeeld ons vlieg forum is totaal dood as gevolg van cell foon WhatsApp groepe. Mense will nie hoef in te log op die internet forums om boodskappe te lees nie. Hulle cell foone is baia meer toegangklik.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2020 @ 05:58:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek dink baia mense het na die ander komunikasie mediums soos, WhatsApp, Twitter, Instogram, Telegram en seeker Vleisboek....ens. toe gegaan. By voorbeeld ons vlieg forum is totaal dood as gevolg van cell foon WhatsApp groepe. Mense will nie hoef in te log op die internet forums om boodskappe te lees nie. Hulle cell foone is baia meer toegangklik.

Ek dink ook so. Ek neem nou byvoorbeeld die aankondiging van gisteraand se toespraak van CR waar toerisme bedryf gedeeltelik ge open gaan word....groot kans dat ons nou weer mag begin kamp. Daar is 1x opmerking gemaak op n draad, maar tot nou toe het niemand iets gesê nie....oor iets wat ons nou al maande na uitsien. Daarteen oor gons dit op facebook. Sommige blaaie het al amper 300x plasings gekry in minder as n uur.....en dit op n blad wat 20% soveel lede het as wat hier is. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2020 @ 08:15:03 am
Antonf
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 13 Nov 2016
Experience: 42 years

Ek het nie na die toesprak (lesing?) geluister nie. Ek lei af al die regulasies word vandag publiseer. Die toespraak is politiek, die regulasies is realiteit (met 'n klomp poilitiek ingeweef), maar ten minste gaan jy (hopelik) meer detail he.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2020 @ 11:41:12 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1507
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ja Geert, my WhatsApp groepe gons ook daaroor maar meer ter onderwerp van die groepe, vlieg. Ons mag nie vlieg nie maar resturante mag oop maak, non contact sport mag bedryf word maar ons, wat aleen, 1000ft bokant die grond beweeg mag nie!!!!!! Ek is op my veiligste in my vliegtuig in die lug.yell

GA/RA Vlieg is tog n' non contact sport?

1) Resturants sit down meals

2) Personal care services

3) Work conferences

4) Commercially licensed accomodation - is dit ons kampeerders?

5) Cinemas, theaters and casinos

6) Non-contact sports - is dit insluitend GA/RA?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2020 @ 11:52:46 am
Antonf
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 13 Nov 2016
Experience: 42 years

Toe ek net meer as veertien jaar gelede hier aangesluit het was dit 'n woelige forum. Daar het nie 'n dag omgegaan of daar was 'n klomp opgewonde kampeerders wat 'n entoesiastiese stuiwer in die aembeurs te gooi gehad het nie.

Nou lyk dit my is dinge aan die verander.

Ek self is traag om nog hier deel te neem, want jy stel jouself deesdae bloot aan die kommentaar van 'n paar ou knorpotte wat blykbaar daarop ingestel is om fout te vind met wat hulle nie aanstaan of by hulle oortuigings aanklank vind nie.

'n Mens wonder soms wat hulle doel is om hulle misnoë oor ander se onderwerpe hier te lug. Dink hulle regtig dit is bevorderlik vir lede deelname en gelukkige samesyn?

Van die geleerde ouens beweer ons is nou in 'n tydperk waar mense se gemoedstoestand nie bevorderlik is vir gelukkige verhoudings nie. Ek het begrip daarvoor, maar dit wil egter vir my voorkom asof knorpotte en onvergenoegdheid meer onder ouer persone voorkom. (terloops, ek self is 75)

Tye het egter verander, en ek kan nie sien dat die jonger geslag goedsmoeds hier gaan deelneem nie en wat onrusbarend is, is die engelssprekende deelneming  wat alreeds so skaars is soos hoendertande.

Ek besef adverteerders stel hier net belang in blootstelligsyfers. Met die min persone wat deesdae hier van hulle laat hoor spel dit niks goeds nie, want waarom moet die nie deelnemende lede dan die forum blad oopmaak - om wat te lees?

Baie interessant. Ek glo nie dis 'n "teken van die tye" nie. Ander forums soos 4x4Community is steeds BAIE aktief. Miskien is die gemiddelde lid hier meer senior in jare en minder gepla oor die interweb, ek weet nie.
Die uitleg en voorkoms van die forum is (vir my) bietjie lomp en ouderwets.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 17:29:27 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1853
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ja Geert, my WhatsApp groepe gons ook daaroor maar meer ter onderwerp van die groepe, vlieg. Ons mag nie vlieg nie maar resturante mag oop maak, non contact sport mag bedryf word maar ons, wat aleen, 1000ft bokant die grond beweeg mag nie!!!!!! Ek is op my veiligste in my vliegtuig in die lug.yell

GA/RA Vlieg is tog n' non contact sport?

1) Resturants sit down meals

2) Personal care services

3) Work conferences

4) Commercially licensed accomodation - is dit ons kampeerders?

5) Cinemas, theaters and casinos

6) Non-contact sports - is dit insluitend GA/RA?

Paul,

Jy mag nie vlieg nie want jy moet gestop word, jou lisensie en permit bekyk word en jou voertuig se nommer aangeteken kry voor jy oor 'n provinsiale grens beweeg........op die hoofroetes.

Ek glo nie die ouens se lugvleuel is gerat daarvoor nie.

Makliker om te sê nee!

Daarom die hooggeregshofsaak wat gaan oor die afwesigheid van rasionaliteit in die regulasies.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 13:38:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het byvoorbeeld hier op forum en op facebook dieselfde plasing gesit....idee om te verhoed dat eiers breek. Hier op forum is daar basies nog net negatief op reageer terwyl op facebook nog nie een negatiewiteit teenoor idee nie gemaak is nie....heelwat mense wat idee al gereeld doen (en happy is) en baie ander kampeerders  die idee verwelkom. Dan wonder mens of dit moeite werd is om hier te plaas. Miskien voel ander lede dieselfde en bly maar liewer stil of gesels maar elders. Weet nie....?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 14:21:31 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Geert - ek het geen kommentaar gelewer nie, omrede ek voel dat ek nie 'n probleem met die vervoer van eiers ondervind nie. Ons hou die eiers in die kartonhouers (wat 'toeknip') waarin ons dit koop, ry gewoonlik teerpad (meestal sonder stamp en skud) en reis met 'n leë yskas. Alles word in 'n Coleman-houer vervoer. Ons het nog nooit probleme ervaar met eiers wat hetsy breek of kraak nie. Ek vertrou maar daar is nie 'n eerste keer nie.

Ek het enkele jare gelede van daardie plastiekhouers gekoop wat 6 eiers vat, maar dit werk nie vir ons doel nie. As 'n reël koop ons Jumbo eiers (of XL as ons nie Jumbo's kan kry nie) en nie een van laasgenoemde pas in die holtes van die plastiekhouers sodat jy dit nog kan toeknip nie.

Dit is ook selde dat ons geklitste eiers gebruik aangesien dit grotendeels saamgaan vir soggens se sag-gebakte eier saam met brekfis.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 14:25:15 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 548
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Moet nie moed verloor nie Geert. 

Ek is een van die manne wat maar stil is deesdae.  Die meeste topics het met covid en regulasies te doen.  Ek is so g@tvol want dit loop by my ore uit.  Ek probeer maar aangaan met my lewe sonder om my aan reels en regulasies te stuur waar ek kan.   Probeer my lewe , lewe soos voor die deurmekaarspul.

Ek neem graag deel waar daar oor sleepvoertuie, stabiliseerders, ens gepraat word en maak metal notes van tips wat ander forum gebruikers lewer. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 14:29:21 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Baie interessant. Ek glo nie dis 'n "teken van die tye" nie. Ander forums soos 4x4Community is steeds BAIE aktief. Miskien is die gemiddelde lid hier meer senior in jare en minder gepla oor die interweb, ek weet nie.
Die uitleg en voorkoms van die forum is (vir my) bietjie lomp en ouderwets.

Ek stem saam. Die viertrek forum waarna jy verwys is baie woelig, en as iemand hulp benodig of 'n vraag daar vra as gevolg van 'n gebrek aan kundigheid woord hy omtrent  toegegooi met hulp en raad. Amper 'n soort kameraderie soos wat jare gelede die geval was hier. Nog 'n verskil is dat 'n inset daar blitsvinnig verwyder word indien dit kan aanstoot gee. Daar weet deelnemers om in hulle spoor te trap.

'n Ander groot verskil tussen die viertrek forum en hierdie een is dat deelnemers se ouderdomme by elke inset geplaas word. Hier kan jy maar net raai hoe oud die deelnemer is na aanleiding van sy ervaring, wat ook nogal koddig is waar dit voorkom asof kampeer ervaring vanaf hulle in doeke saam met Mamma en Pappa gekamp het gereken word.

Ek raai ouderdom het 'n groot invloed op 'n mens se uitkyk op die lewe, asook met hoe byderwets 'n persoon se siening is, en hoe ontvanklik 'n persoon is vir verandering. Neem maar net die weersin wat baie ouer mense het in tegnologie.

My ervaring, veral as ek na oumas en oupas kyk, is dat baie van hulle nie geduld het met die keingoed nie. Verdraagsaamheid en geduld is seker maar nie elkeen se sterk punt nie. Ek en my een oupa was nie gaande oor mekaar nie, want ek het daarvan gehou om in sy vrugtebome te klim, en hy het nie daarvan gehou nie. sealed

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 14:32:41 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 322
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years

Geert.

Ek dink nie jy moet die terugvoer persoonlik opneem nie. Die mense het seker nog nie probleme ondervind met die vervoer van eiers nie. Myne vervoer ek ek 'n plastiekhouer in die yskas. Ek verstaan egter wat jy bedoel met die inhoud van die kommentaar, maar mens moet maar aanvaar dat die kommentaar nie negatief bedoel was nie. Ek het my ook onlangs vervies vir kommentaar op een van my insette, maar het later besef dat dit waarskynlik nie so bedoel was as wat ek gedink het nie. Ons is maar almal effe korter van draad as gewoonlik met die kamponthouding.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 14:37:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het byvoorbeeld hier op forum en op facebook dieselfde plasing gesit....idee om te verhoed dat eiers breek. Hier op forum is daar basies nog net negatief op reageer terwyl op facebook nog nie een negatiewiteit teenoor idee nie gemaak is nie....heelwat mense wat idee al gereeld doen (en happy is) en baie ander kampeerders  die idee verwelkom. Dan wonder mens of dit moeite werd is om hier te plaas. Miskien voel ander lede dieselfde en bly maar liewer stil of gesels maar elders. Weet nie....?

Ek weet almal is geregtig op sy eie opinie....en dis goed so....almal kamp verskillend, so verskillende idees gaan vir mense werk. Ek verwag nie dat mense van die idee moet hou nie, maar dit was net vir my opmerkend hoe dit verskil hier en daar. Geen probleem....as dit nie vir een werk nie, verstaan ek. Ek self gaan miskien nie die idee gebruik nie, maar dit mag dalk dalk n mede kampeerder sinvol wees....net gedeel. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 14:37:43 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 548
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Geldige punt Max.   Ek probeer ook maar die humor kant van 'n kommetaar sien voor ek kwaad word.   Ons moet weer begin lag vir jouself en ook vir mede kampers sonder om kwaad te word.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 16:05:50 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3482
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Pieter, Jy veralgemeen darem bietjie kwaai oor ouer mense se weerstand teen tegnologie.  Ek is 70, seker nie so oud nie, maar ek bly by met die tegnologie wat my raak.  Ek het al meer as dertig jaar gelede begin belangstel in rekenaars toe die eerste 286 (korrek?) modelle verskyn het en sederdien bygebly.  Ons het 'n vriendin van 86 wat heel bekwaam is met haar selfoon en sy het maar onlangs daarmee begin werk.  Ek ken ook jong mense, wat geen erg aan nuwe tegnologie het nie en maar so te sê net op hulle selfone kan teks. Ek dink sommige mense, oud of jonk, is ontvanklik vir nuwe tegnologie en ander nie.  Ek glo nie dit het iets met ouderdom te doen nie. As jy nie seniel is nie, kan jy wel nuwe trieks leer.

So terloops, wat het hierdie draad met die prys van eiers te doen?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za