Goeie more.
Ons is n gesin van 5. Nadat ek my vrou se kar verkoop het omdat daar nie 3 karstoele in gepas het nie en net die Amarok behou het dink ek daaraan om die Sedona aan te skaf vir die algemene familie kar. Ons kamp gereeld met ons Xplorer. Ek gaan die Amarok hou vir trippies na meer afgelee plekke soos Kgalagadi en Namibia of n manne jag trip.
So nou is my vraag of daar iemand is met enige sleep ervaring met die sedona? Volgende jaar vat ons weer die lang pad Kruger toe en dan soek mens bietjie spasie vir die 3 kids om hulle besig te hou veral wanneer jy in die park rond ry. Die Amarok sal nogsteeds ons meer gereelde sleep voertuig wees maar ek wil ook die vrymoedigheid he om die Xplorer agter die Sedona te kan hak. Die Sedona se 2.2L diesel met sy 147kw en 440nm enjin lyk glad nie te sleg op papier nie. Met sy 2 ton gewig is hy ook 200kg plus swaarder as n gelaaide Eplorer. Sien uit daarna om te hoor wat julle te se het?
Sal ook graag wil weet aangesien ek ook n explorer gehad het.
Hi. I have a KiA Sorento, same engine tara 1850 Kg towing a Gypsey Royale gross weight packed about 1300Kg .No problem ,it flies ,although we are only 2 people .
COL has a article not so long a go on the Sedona towing a large caravan and it came out very positive.
I hope this helps.
Thank u very much bushbaby i'm going have a look for it
Het so twee artikels opgespoor en ek moet se hulle praat net met lof van die sedona se sleep vermoe.
Die Sedona klink na ‘n bakgat voertuig 👍
My dogter is nou op haar tweede Grand Sedona. Dis 'n sterk sleepvoertuig met genoeg spasie vir 7 lywe.
Ek sleep nou nie met Sedona nie maar met 'n Sorento en ek dink dis een van die mees onderskate voertuie in die mark. die enjin het genoeg krag en sleep soos 'n droom. die Sedona sal goed werk.
Die Kia voertuie is gemaak vir gemaklike ritte en bietjie sag geveer, dit mag wees dat die Xplorer bietjie swaarder op die gatkant van die Sedona sal le.
Klink na n bullietjie.
Dit klink alles vir my baie goed. Die xplorer le maar swaar op die meeste voeruie se gat so jy moet hom lekker pak met die swaar goed so ver moonlik agter. Jy voel hom op die amarok se gat ook maar hy sleep baie stabiel.
Niks verkeerd met die Kia se sleepvermoe. Ek dink net die neusgewig gaan die Kia bietjie grondtoe druk.
Dit klink alles vir my baie goed. Die xplorer le maar swaar op die meeste voeruie se gat so jy moet hom lekker pak met die swaar goed so ver moonlik agter. Jy voel hom op die amarok se gat ook maar hy sleep baie stabiel.
Moet sê dis wat hy op die Fortuner ook gedoen het.
Ja, die Xplorer het 'n stewige neusgewig.
Ek het jare terug een gery wat toe nog bekend gestaan het as die Carnival. Het toe nog n 2.9l diesel engine gehad. Het my Jurgens classique met hom gesleep. Dit is n wonderlikke sleep voertuig. Durban toe, Wildtuin toe, oos Kaap toe het nie saak gemaak nie, hy het dit met gemak gedoen. Altyd 6 mense wat ouma en oupa ingesluit het.
Laaste trip was Botswana en Namibia toe (7000km) absolute n plesier en geen probleme nie.
Kyk net na die gewig klasifikasies maar ander as dit sal daai Sedona daai wa met 'n glimlag sleep.
Goeie middag
Ons het so 2 weke terug ons demo Grand Sedona EX+ gekry en moe ek se ons is baie impress. Gemiddelde brandstof gebruik oor die +/- 1000km wat ons al gery het staan op 11.5km/L. Hope krag, spasie en gerief. Ons gaan nie sommer met hom sleep nie daarvoor is die bakkie daar. Gaan wel met hom sleep volgende jaar op ons lang trip kruger toe. Ek gaan eers volgende jaar voor die trip vir hom n hak opsit maar ek is nou nuskierig oor hoe hoog die hak sit. Is daar dalk iemand wat n sedona het wat vir my kan se hoe hoog die haak se bal van die grond af is? Dankie lekker aand