English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 291
Total Views: 83 149 863
topics: 11 425
replies: 137 567
views: 39 289 071
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

TELKOM!!!!

replies: 22
views: 435
08 Apr 2020 @ 12:39:11 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het seker so twee weke gelede by Telkom aansoek gedoen om 'n optiese veseldiens na Vumatel kabels by ons gelê het.  Ek het dit by Telkom gedoen omdat hulle prys die laagste was en omdat ek my Telkom eposadres wil behou. Ek het verwag om tot na die opheffing van die inperking te wag vir die uitvoering daarvan, maar op 1 April bel hulle sowaar en ons bekling die kontrak.    Op 5 April laat weet Vumatel my hulle kom op 6 April die netwerk in my huis installeer, en 8 uur gister oggend is hulle ook hier, baie vriendelik en bekwaam, en doen die installasie.  Telkom het op 1 April gesê ek moet 10210 skakel sodra die installasie gedoen is om my telefoon en ADSL te kanselleer- geen verdere inligting nie.  Ek bel hulle en kom eers na 'n lang ruk by 'n agent uit.  Sy sê ek moet ook die diens laat aktiveer, maar daarvoor moet en 10213 skakel.  Dis Verkope. Daar kom ek by 'n persoon uit wat my terugverwys na 10210- ek moet 'n 'Active TIN' kry, wat dit ookal is.  Ek kan nie onthou hoeveel oproepe ek sederdien gemaak het nie.  Ek is onder andere ook aangeraai om 'n aantekennaam en PIN te kry- waar weet ek nie.  Toe ek weer later by 10213 uitkom, word ek deur 'n rekenaar meegedeel dat agente nie besikbaar is nie- ek moet 'n epos na 'n sekere adres stuur en hulle sal my terugbel.  Ek wag steeds vir die oproep.  Ek het ook vanoggend die router gekry wat deel van my pakket is.  Ek moet ook 'n data SIM kaart kry, maar dit was nie in die pakkie nie.  Ek weet nie hoe ek dit moet kry nie, en ek sien op om weer vir 'n halfuur aan te hoe en net weer na iemand anders verwys te word.  Op internet kry ek ook nie antwoorde nie.

Ek is met een woord g*tvol vir Telkom.  Hoekom kan hulle nie net êrens op hulle webbladsy, of dalk met 'n epos aan my as verbruiker, meedeel wat ek moet doen nie.  Hoekom moet ek enigsins oproepe maak?  Ek het so 'n paar maade gelede by Vodacom 'n datakontrak uitgeneem.  Binne minute was die administrasie afgehandel en ek is huistoe met my werkende modem.  Ek moes geen oproepe maak nie.  Waarom is Telkom so hopeloos?  Geen wonder hulle bodem is besig om uit te val nie!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 21:19:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek is tans by n diensverskaffer waar ek weet ek te veel betaal vir data en spoed wat ek kry. Maar ek is nou al 3.5 jaar by hulle en in die tyd was hulle 2x vir n uur "offline" waarvan die eenkeer hulle vooraf laat weet het want hulle sou aan toerusting werk.  Spoed ook altyd bevredigend volgens spoed op kontrak. Dan lees ek daagliks hoe mense sukkel met verskeie diensverskaffers, dan besef ek dis nie die besparing werd om te skuif en dan met hoë bloeddruk te sit nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 06:21:02 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 558
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek het Telkom ook uit my huis geskop en n ander verskaffer gekry, baie beter, bloedruk normaal, vloek minder, lewe is n lied.

Telkom is besig om dieselfde pad te stap as die ander SBE's, hulle personeel is n clueless onopgeleide samestelling en klasieke voorbeeld van job creation.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 08:12:06 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Nog 'n rede waarom ek besluit het om by Telkom te bly, is dat my ondervinding met die herstel van foute baie goed was.  Ek kan net onthou van driemaal wat ek probleme ondervind het, en elke keer was die tegnikus by my huis binne 24 uur.  Dit was elke keer dieselfde persoon wat baie vriendelik, hulpvaardig en professioneel was.  Ek het elke keer die fout op Telkom se webwerf gerapporteer. My gevolgtreking was dus dat Telkom tegnies sterk was.  Die adminsitrasie is egter 'n heel ander saak.

As jy ander probleme het en hulle moet skakel, is dit nag!.  Ek het 'n paar jaar gelede vir maande gesukkel om 'n wysiging van my pakket reg deurgevoer te kry. Behalwe vir die talle oproepe waartydens ek letterlik in totaal ure gewag het net om met 'n mens te praat, was ek verskeie kere by die Telkom winkel waar ek telkens verseker is die probleem is opgelos net om later te vind dit was net weer verkeerd verander.  'n Mens skuif maar sulke onaangenaamhede in die agtergrond want as ek nou weer daaraan dink, wonder ek of ek nie dalk dom was om nou by hulle te bly nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 08:24:47 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1236
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het dit by Telkom gedoen omdat hulle prys die laagste was en omdat ek my Telkom eposadres wil behou

My vrou het vir etlike jare, nadat ons weggeskuif het van Telkom af, nog haar "telkomsa.net" e-pos adres behou. Dit is moontlik teen 'n geringe koste per maand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 08:34:52 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Jammer dat ek nie hiervan geweet het nie. Wonder hoeveel boodskappe is in my inbox sedert ek oorgeskuif het na Vodacom.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 09:06:21 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Chris, Ek was bewus hiervan en het dit oorweeg.  Dit is vir my belangrik om die epos-adres te behou om verskeie redes en met die probleme wat ek hierbo met Telkom beskryf, kon ek myself nie heeltemal oortuig dat so 'n verandering suksesvol deur Telkom deurgevoer sal word nie.  Ek het op internet gelees van probleme wat gebruikers hiermee ondervind het. As die optiese vesel netwerk net eers werk, vertrou ek dat dit, soos my ADSL netwerk, redelik foutvry sal werk.  Die netwerk tot net voor die router behoort immers aan Vumatel en nie Telkom nie en Vumatel is verantwoordelik vir die onderhoud daarvan.   Enige tegniese foute sal waarskynlik met die skakeling tussen Vuma en Telkom wees en dit sal nie my probleem wees nie- Vumatel en Telkom sal dit tussen hulle uitsorteer.  Vumatel behoort immers aan Remgrow, in die Rupert-stal. As die netwerk wel so nou en dan afgaan, is ek nie gestrand nie.  Dan gebruik ek net tydelik 4G(LTE), soos huidiglik ook.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 10:16:49 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Na baie jare as n Telkom klient het ek ook Februarie opgegee en my diens by hulle gekanselleer. Die frustrasie was net te veel en nie meer die moeite werd nie. Die opskorting van my diens gaan ook maar nie sonder frustrasie gepaard nie. Dit het vir my gevoel soos om van jou jarelange getroue bank of dokter weg te beweeg. Heeltemal onlekker maar onhoudbaar met sulke swak en ongeergde diens indien daar een bestaan.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 10:34:21 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4656
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Met swak diens skuif n ou later maar na n ander service provider sterkte Fred ek ken daai gevoel

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 13:03:35 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Chris, Ek was bewus hiervan en het dit oorweeg.  Dit is vir my belangrik om die epos-adres te behou om verskeie redes en met die probleme wat ek hierbo met Telkom beskryf, kon ek myself nie heeltemal oortuig dat so 'n verandering suksesvol deur Telkom deurgevoer sal word nie.  Ek het op internet gelees van probleme wat gebruikers hiermee ondervind het. As die optiese vesel netwerk net eers werk, vertrou ek dat dit, soos my ADSL netwerk, redelik foutvry sal werk.  Die netwerk tot net voor die router behoort immers aan Vumatel en nie Telkom nie en Vumatel is verantwoordelik vir die onderhoud daarvan.   Enige tegniese foute sal waarskynlik met die skakeling tussen Vuma en Telkom wees en dit sal nie my probleem wees nie- Vumatel en Telkom sal dit tussen hulle uitsorteer.  Vumatel behoort immers aan Remgrow, in die Rupert-stal. As die netwerk wel so nou en dan afgaan, is ek nie gestrand nie.  Dan gebruik ek net tydelik 4G(LTE), soos huidiglik ook.

Ek hoop nie dit gaan 'n geval wees waar mens 'n fout rapporteer aan die ISP (Telkom) en hulle sloer wanneer dit 'n "lyn" probleem is nie. Ek aanvaar alle kommunikasie is via die ISP.

Ek se dit in die lig dat Telkom se diens is reeds so swak.

Sterkte met Telkom Fred.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2020 @ 08:34:11 am
Jaada
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 11 Jun 2014
Experience: 59 years

Julle moet onthou meeste van die expertees by Telkom het reeds pakkette gevat en geloop. Persoonlike ondervinding - bly weg, raai ook niemand aan om 'n diens by hulle te vat nie. Het te veel "inside" info op hulle netwerk. Dit is goeie praktyd om nie 'n email adres te he wat gekoppel is aan 'n service provider, gee jou meer flexibility - weet nooit wat gebeur in die toekoms (jy trek dalk/ service provider bankrot . . . )

Kamp groete
Kobus & Ada
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2020 @ 09:10:33 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die enkele kere wat ek met ADSL probleme ondervinbd het, was dit maar kabelprobleme, oa die weerlig eenmaal wat die kabel beskadig het.  Nou is die verbinding 'n optiese vesel en boonop nie onder Telkom se beheer nie, so ek is nogal optimisties dat dit voortaan kommervry sal wees.  Tyd sal leer.  Ek het ook 'n tweede gratis Gmail adres, maar die probleem is dat ek nie kan onthou by watter instansies ek almal my Telkomadres aangegee het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2020 @ 11:42:01 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Terloops, die Vumatel mense het aan my gesê dat lynfoute direk na hulle gekannaliseer kan word.  Hulle het 'n sogenaamde 'portal' om dit te rapporteer.  Dit gaan dalk moeilik wees om te weet wanneer dit 'n lynfout is en wanneer die fout by Telkom lê.  Tensy my router, wat van Telkom af kom, duidelik die gees gegee het, dink ek dit sal dalk raadsaam wees om die fout by Vumatel te rapporteer.  Hulle sal waarskynlik die fout ondersoek en regstel of aan my terugrapporteer dat die fout aan Telkom se kan lê.  Dit kan ek gelukkig ook per internet rapporteer. Miskien is ek te optimisties, maar die toekoms wat internet betref, lyk dus vir my blink.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2020 @ 17:48:19 pm
NicoSmit
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 02 Jan 2020
Experience: 18 years

Ek is een van daai 3000 mense wat die pakket gevat het.Voorheen het ek maar self my foute uitgesorteer . Die probleem is al die mense wat kon help het ook pad gevat nou hoop ek maar dat my adsl lyn hou .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 08:18:22 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het uiteindelik gister my lyn aan die gang gekry.  Dit was nie 'n tegniese fout nie, maar inligting wat ek kortgekom het en wat Telkom nie aan my verskaf het nie nieteenstaande verskeie optroepe en eposse.  Dit is eintlik 'n geval van verkeerde inligting wat hulle verskaf het, wat my op die verkeerde spoor geplaas het. As hulle net die moeite wil doen om 'n kort handleidingtjie te verskaf, miskien 'n epos, sal die die probleem opgelos het.  Dit sal minder a 'n bladsy wees.  Dis baie maklik as jy weet hoe, maar duister indien nie.  Ek moet net byvoeg dat ek goed oor die wegkom met rekenaars en tegnologie, maar sonder essensiële inligting kom jy nêrens.  Jy kan hoe goed bestuur, maar as jy nie weet waar Punt B is nie, sal jy nie vanaf Punt A daar uitkom nie.

My aflaaispoed behoort 20Gb/sek te wees, maar ek kry slegs 11.  Ek sal dit maar aanspreek na die inperking wanneer dit hopelik mmakliker sal wees om hulp te kry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 09:14:14 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Jy bedoel seker 20 Mbps ?

Mbits/sec is die eenheid vir internet spoed.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 10:18:18 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja natuurlik!  My fout. Sulke spoed bestaan nog nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 12:46:35 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ja natuurlik!  My fout. Sulke spoed bestaan nog nie.

Nie baie jare nie dan praat ons Gbps.smile

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 13:33:32 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Sekerlik.  Ek het ek dink in 1992 my eerste rekenaar gekoop met 2Mb se geheue.  Ek het later nog 2 Mb bygevoeg teen R135 stuk.  Teen daardie pryse sou my huidige geheue meer as 2 miljoen rand gekos het as ek reg uitgewerk het!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 09:49:34 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1191
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

My eerste rekenaar was 'n Zinclair .... jy skryf jou eie program elke keer as jy dit wil gebruik (geen geheue wat gestoor kon word nie). R650

My volgende (regte!) rekenaar het 2 floppies gebruik - 350mb elk, een vir die program, die ander vir die data - @ R3900!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 10:31:04 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Vandag se gewone rekenaars is waarskynlik so kragtig soos die negentiger jare se super rekenaars. Die prys wat jy destyds vir jou 'regte' rekenaar betaal het, kan nou 'n goeie intree skootrekenaar koop, en R3900 is nou ook relatief BAIE minder werd as destyds.  Rekenaarstudente moes so veertig jaar gelede plek bespreek op die universiteit se terminale en dit was enige tyd van die dag of nag, wanneer jy ookal plek kon kry.  'Regte' rekenaars waarop jy ernstig kon programmeer, was net nie in privaatbesit nie.

Toe TV in 1994 of 1995 gekom het, het 'n groot TV R1000 gekos. En dit was maar 'n primitiewe affêre.  Met inflasie bygereken, is R1000 van destyds minstens R100,000 vandag!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 10:40:47 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

My eerste rekenaar was 'n Zinclair .... jy skryf jou eie program elke keer as jy dit wil gebruik (geen geheue wat gestoor kon word nie). R650

My volgende (regte!) rekenaar het 2 floppies gebruik - 350mb elk, een vir die program, die ander vir die data - @ R3900!!

Ek het nog my Sinclair ZX Specrum met 64K RAM. Tot redelik onlangs het ek dit nou en dan aan die gang gekry om die kleinkinders te vermaak. Gunsteling speletjie was "Horace goes Skiing". Dit het so 3 minute geneem om dit op te laai met 'n kassetspeler.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 06:40:50 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sekerlik.  Ek het ek dink in 1992 my eerste rekenaar gekoop met 2Mb se geheue.  Ek het later nog 2 Mb bygevoeg teen R135 stuk.  Teen daardie pryse sou my huidige geheue meer as 2 miljoen rand gekos het as ek reg uitgewerk het!

Ek kan nie datum presies onthou nie, maar moes ook seker in hierdie tyd gewees het. My pa het vir ons n rekenaar gekoop wat 20mb geheue gehad het. Vriende het aanmerkings gemaak hoekom my pa so n verskriklike duur rekenaar moes koop.....want lyk my grootte spasie het seker baie met die prys te doen gehad. Dit het hul verstand te bowe gegaan hoekom so n groot geheue....20mb!!!!. Hulle het gereken my pa sou nie naby n kwart eers kon vol maak nie, en ek dink hulle was reg. Die hoof program was Wordperfect sover ek kan onthou. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za